Oos-Moot Gedenkblad 1967-2017

Page 1

Oos-Moot Gedenkblad

50 jaar reünie uitgawe 1967

14 Oktober

2017

VAN TOEKA SE DAE Van die inligting wat hieronder vervat word, is afkomstig van die 1967 JAARBOEK maar ook van die navorsing wat Derick Ten Krooden gedoen het vir hul 40ste reünie (1970) se blad - wat 'n puik stuk werk is. Die Hoërskool Oos-Moot het aanvanklik in Januarie 1952 as die Derdepoortse Hoërskool tot stand gekom met mnr. Geertsema as hoof. Tot Junie 1953 was die skool gehuisves op die terrein van die Laerskool Pierneef waarna die skool verskuif na die huidige Laerskool Voorpos waar die naam toe verander na die Hoërskool Oos-Moot. Op 11 Maart 1955 word die eerste sooi gespit op die huidige terrein en begin die bouery in alle erns. Die groot trek na die nuwe skoolgebou was op 25 en 26 September 1956. Daar was uiteraard geweldig baie werk wat gedoen moes word, soos die plant van gras, sportvelde, tuine ens. wat mooi geïllustreer word deur die foto waar die seuns soos "ossies" ingespan is om die terrein om te ploeg. Die skoolwapen was ontwerp deur

mnr J S du Toit (houtwerkonderwyser). Die tandratwiel simboliseer werk, die boek kennis, die fakkel lig en die lourierkrans die beloning na oorwinning - die skoolwapen is intussen ietwat gewysig en gemoderniseer soos op die voorblad geïllustreer word. Op 24 April 1959 tydens 'n toespraak by die skool, kondig Mikro (skrywer CH Kühn) aan dat hy Oos-Moot as sy pleegskool aanneem en dat hy voortaan van elke boek wat hy skryf, 'n getekende eksemplaar aan die skoolbiblioteek skenk - die belofte is tot sy dood gestand gedoen. In 1961 is 'n stuk grond van ongeveer 5 morge aan die oostekant van die skool aan die

bestaande terrein toegevoeg, gelykgemaak en met gras beplant. Die atletiekbaan, oop pawiljoene, houtafdak en pakkamers was opgerig. Die eerste rugbywedstryde was toe ook op die skool se nuwe velde gespeel. Op 22 September 1967 is die Republiekmonument voor die skool deur sy edele die Administrateur van Transvaal, mnr S G J van Niekerk onthul – dit het die destydse vier provinsies nl. Transvaal, Natal, Oranje-Vrystaat en Kaapland gesimboliseer.

Mnr CJ Geertsema, gewaardeerde skoolhoof, het aan die einde van 1967 afgetree.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Oos-Moot Gedenkblad 1967-2017 by Marz2804 - Issuu