20191110 Lynnwoorde

Page 1

10 NOVEMBER 09:00 Erediens Peet Crous Verbond!

Gen. 9

18:00 Aanddiens Immanuel van Tonder God se deur staan altyd oop!

Op 3:7-13

17 NOVEMBER 09:00 Erediens – Gemeenteverjaarsdag! Barry van der Merwe 18:00 Aanddiens Liani Louw

Voorbidding: Johann du Toit, Oberon Park 4, Oberonlaan, Faerie Glen, 083 264 6184 – herstel na operasie. Buks en Yvonné Lombard, Brummeria Renaissance 151, Piet Groblerlaan 44, Brummeria, 082 575 5693 – Buks se susterskind oorlede. Begrafnis was gister.

Kerssangdiens 24 November 2019 om 09:30 by Lynnwood Oord.

Dankiemaand strek tot einde November 2019. Ons wil graag vir lidmate aanmoedig en die geleentheid gee om tot die einde van November 'n finansiële bydrae te maak bo en behalwe hul maandelikse bydrae. Hiervoor kan u enige van die betaalmetodes gebruik. Dit sal ons met die administratiewe proses baie help as u duidelik aandui dat u bydrae vir die dankiemaand is.


Dinsdag:

Bybelstudie 08:30 (A21) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gemeentevroue Groep 4 09:30. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Nuwe Generasie Bybelskool 19:00 (Jeuglokaal) – Jeanri Bezuidenhout 074 893 2836.

Woensdag:

Kleingroep vir Mammas met babas en kleuters 10:00 – 11:30 (in die jeugsentrum) – Liesel Strasheim 082 344 4323 / Marina de Wet 082 505 2616. Kontak gerus vir Marina indien jy ondersteuning wou ontvang of sommer net gesels. Gasvryheidbediening vergadering 17:00 (A21). Kerkraadagenda sluit.

Donderdag:

Bybelstudie 09:30 (Lynnwood Oord) – Michiel Botha. Tabita Naaldwerkklasse 14:00 (Kerksaal) – Selma du Preez 082 448 6413. Bybelstudie 08:00 (Kapel) – Eric Scholtz 082 856 5959. Gebedsgroep 09:30 (B5). Hanthi 083 293 0263 | Peet 079 893 5572 met gebedsversoeke.

Vrydag:

Dertig jaar gelede, op 9 November 1989, het die Berlynse muur geval. Daardeur het die koue oorlog tussen die Ooste en die Weste tot 'n einde gekom. Stukke van die muur is afgebreek en as herinnering gehou dat dit nie weer moet gebeur nie. Oorkant St Georges Katedraal in Kaapstad is daar 'n stuk van die oorspronklike Berlynse muur te sien. Dit staan as 'n monument daar om ons te herinner om brûe eerder as mure te bou. My skoonma van Oos-Duitse afkoms het 4 maande gelede vir ons gruverhale vertel wat hulle beleef het toe hulle moes vlug van die soldate. Die lyding en verskeurde samelewing wat dit tot stand gebring het was hartverskeurend. Mure breek mense af. Jesus het brûe gebou, nie mure nie. Alhoewel mense verdeeld was in hulle opinies oor hom, was die duidelikste boodskap van Jesus dat hy brûe gebou het oor sosiale en godsdienstige grense heen. Jesus het mense met God en met mekaar versoen; brûe gebou, nie mure nie. Tydens Jesus se dood het die voorhangsel in die tempel van bo na onder geskeur (Mat 27:51). Hy breek die skeidsmuur van vyandigheid af tussen Jood en Griek, man en vrou, slawe en vryes, want ons is almal een in Christus Jesus. (Ef 2:14 & Gal 3:28). Die feit dat jy nou vrye toegang tot God se genade het, skep die kapasiteit in jou om ook brûe te bou na die mense om jou. Hoe kan jy aanhou om mure te bou as Jesus mure afbreek? In sommige verhoudings is dit maklik om die verhouding te bou. Ander meer uitdagende verhoudinge vra dat jy jou eie-ek en ego kruisig, sodat jy die eerste tree op die brug na 'n herstelde verhouding kan gee. Wil jy regtig aanhou om jouself toe te kluister met die mure van vooroordeel, vrees en veroordeling? Jesus wys die pad om vreesloos en egoloos die versoening van God 'n werklikheid te maak deur brûe te bou. Dit is ware gasvryheid! Groete Immanuel van Tonder (Namens die predikantespan)


Bessie Bezuidenhout, Day Court ws 4, The Link, Lynnwood, 079 572 3958, was op Saterdag, 2 November 93 jaar oud. Jeanri het tannie Bessie geluk gaan wens.

Senior kuiergeleentheid WhatsApp gerus foto's aan 063 481 3864

Jakaranda Kinderhuis (Huis 6) Liggiefees koffiestalletjie! Kan jy help met iets op die lysie? 'n Verantwoordelike persoon/egpaar wat vir elk van die vier weke van Desember leiding kan neem. Dui asseblief so aan op die kennisgewing by die hoofingang. Of help deur skenkings van Cappuccino sakkies (Nescafé), gewone kitskoffie (Jacobs of Nescafé), tee, suiker, versoeters en veral langlewemelk, Hot Chocolate, botteltjies water, koppies en lepeltjies sal aangekoop word vir eenvormigheid (enige kontant hiervoor sal waardeer word) in die houer by die hoofingang of by Bets in die kantoor te laat. Kontak Thea Smit (083 780 4156). Anneke Doms (082 376 2604) of Chris Strydom (079 871 7079) – baie dankie vir almal se gewaardeerde ondersteuning!

Vanjaar se kuiergeleentheid vir senior lidmate vind op Dinsdag, 26 November (11:30 vir 12:00) plaas. Indien jy die geleentheid gaan bywoon, gee asseblief jou naam op by die kerkkantoor (gedurende die week) of by die Infotoonbank op Sondae na die oggenddiens. Ons maak voorsiening vir 100 mense. Die keerdatum is Donderdag, 21 November.


Lynnwoorde bekendstelling

Gemeenskapsblad Gemeenskapsinligting beskikbaar op ons webblad (www.nglynnwood.co.za), onder andere: Kuns Uniek uitstalling tot 17 November by Chappiesweg 331, Lynnwood. Verblyf beskikbaar, te huur en gevra. Studentewoonstel in Potchefstroom beskikbaar. Onderwys- en skooltaakhulp. Kleinadvertensies: dienste aangebied en benodig. Wondsorg. Tshwane Waterbeperkings en ander inligting.

Iemand het 'n groot bedrag kontant op Sondagoggend 3 November 2019 by die kerk verloor. Indien u dit dalk opgetel het, kan u die Kerkkantoor skakel.

Menlopark Laerskool afsluiting en Graad 7 diens

Oorweeg asseblief biddend 'n dankoffer d.m.v. een van die volgende wyses: koevert, aftrek- of debietorder of elektroniese oorplasing. Bankbesonderhede: NG Lynnwood, ABSA Takkode: 632005, Tjekrekening nr. 540 580 014 (gebruik asseblief u Voorletters en Van as verwysing) en e-pos bewys van betaling aan finansies@nglynnwood.co.za of Snap Scan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.