Helpende Hand Loopbaangids 2011

Page 1



D R O O W R

VOO

Salomo “As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie, staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.” Spr. 20:13

! l a , a t só l e i w b g a r a r o g o y j v t a r w a n a e Do ou d

arde at h d n teke t be i D jou ”. oek s by b a e p d oor wat ie w ou, iet. d h y n gen ki nj t r a i e v u r l aa vo or w dag en w t vo n e o e n d e s n t erk y ie staa as j ou w ses j r k y e u j sal lekk ê “s aie l is, at s b a w v s i e eg erk oord it di ekw s. W d e e r s s p k us et. A r su ‘n o eg h is vi s l i n e r a d aar Daa ‘n a r jy oorw o v o e v aar k di wer en w ie teenoorgestelde is ook waar. As d i he nlik o jy ‘n beroepsrigting kies wat nie o pers

dat

j r e and

Dr. Danie Langner Uitvoerende Direkteur Solidariteit Helpende Hand

D

pas by jou belangstelling en aanleg nie, as jy nie hou van jou werk nie, gaan jy nie jou werk geniet nie. Dan gaan dit ‘n swaar las word, ‘n pligpleging, iets waarteen jy opsien. Die eerste geheim van beroepskeuse is om ‘n beroep of studierigting van jou keuse te kies en dit dan in Afrikaans te doen. In die woord só is ‘n groot geheim opgesluit. As jy nie met hierdie só slim te werk gaan nie, gaan dit waarvan jy hou eendag dalk net ‘n stokperdjie word, terwyl jy iets doen waarvan jy nie hou nie. In die gids gaan jy inligting kry oor beroepe wat skaars en kritiese vaardighede vereis. Indien jy jou aanleg en belangstelling kan kombineer met ‘n skaars en kritiese vaardigheid, gaan jy nie net doen waarvan jy hou nie, jy gaan nie net gelukkig wees in wat jy doen nie, maar ANDER GAAN JOU DAARVOOR BETAAL! Dink net, dan doen jy waarvan jy hou; met die huidige vaardigheidstekort sal jy verseker ‘n werk kry en jy sal boonop betaal word daarvoor. Hierdie só kan ook beteken dat jy eendag jou eie besigheid wil begin om dit te doen waarvan jy hou. Indien jou passie en produk bymekaar pas en jy doen die só op die regte manier, gaan ander jou ook daarvoor betaal. In hierdie gids gaan jy waardevolle wenke kry oor die só van ‘n entrepreneur. Hierdie gids wil jou laat dink, wil moeilike vrae aan jou stel, antwoorde in Afrikaans gee, maar dit wil jou opgewonde maak oor die wêreld van werk. As jy jou roeping gevind het en jou werk vir jou lekker is, is jy al klaar halfpad suksesvol in wat jy doen.

1


E T S N GSDIE

E S N A A N I K I D I R E F A OEPSL BER

V

ir Solidariteit Helpende Hand is die toekoms van kinders baie belangrik en daarom wil ons ʼn gevoel van hoop vir ons kinders skep wanneer hulle aan hul toekoms dink. Om dié rede is die Beroepsleidingsdiens binne Helpende Hand geskep, toegespits om deur “opheffing deur opleiding” die armoedesirkel teen te werk.

“Slegs opvoeding maak jou werklik vry.” Epictetus

Die beroepsleidingsdiens is vanjaar van stapel gestuur om die finale en deeglike afronding in ʼn kind se ontwikkeling en voorbereiding op die grootmenswêreld te verseker. Die beroepsleidingsdiens vorm deel van Helpende Hand se Gemeenskapsdiens afdeling en word gegrond op die vier boustene van Helpende Hand, naamlik roeping, selfstandigheid, verantwoordelikheid en werk. ‘n Wye spektrum van projekte en inisiatiewe is daarop gemik om aan kinders ʼn hoopvolle toekoms te gee. Leerders word dus gelei om die regte beroepskeuses te maak en om hul belangstellings en vermoëns te ontdek. Sodoende word hul bemagtig om die regte keuses aangaande hul roeping en loopbaan te maak en ‘n hoopvolle toekoms vir hulself te verseker. Van die projekte wat deur die beroepsleisleidingsdiens aangebied word, sluit in: • Helpende Hand Loopbaangids - gefokus op skaars en kritieke vaardighede / loopbane • Bobaas beroepe – Weeklikse radioprogram op www. solidariteitradio.co.za • Kinderstrand projek – Lewensvaardighede- en persoonlike ontwikkeling van kinders • Beroepsnuus op die web – www.helpendehand.co.za • Jongeren projek – Nederlandse uitruilskema vir studente met potensiaal

• Konferensie vir Afrikaanse entrepreneurs • Professionele beroepsvoorligting - Kinders word

die geleentheid gebied om hulself te leer ken en beroepe te oorweeg met die agtergrond van hul persoonlikheid, belangstelling, vermoëns en roeping.

Helpende Hand se beroepsleidingsdienste maak gebruik van ‘n deskundige wat dertig jaar ondervinding het in beroepsvoorligting. Werkswinkels oor beroepsleiding, vakkeuses en/of studiemetodes word ook aangebied vir groter groepe kinders. Die beroepsleidingaanbod sluit die volgende in: • Toetsing van Aanleg en verstandsvermoë toetse, Persoonlikheid evaluering, Belangstelling en Selfkonsep (afleg neem ongeveer 3 ure) • ‘n Terugvoersessie van ongeveer 1 uur met die kind en een of albei die ouers • ‘n Verslag wat die kind kan saamneem vir terugverwysing. •

2

Koste an toetsing kan van die medies terug geëis word.

Kontak Helpende Hand vandag nog vir meer inligting by 012 6444390 of stuur ‘n epos na diens@helpendehand.co.za


E W A G P O S D HOU

IN

“As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.” Spreuke 20:13

IS DAAR ‘N TOEKOMS IN Suid-Afrika?

• • • • •

Daar is ‘n toekoms vir alle jongmense in SA Regstellende aksie en my beroepskeuse Die vaardigheidskrisis in SA en jou loopbaankeuse Skaars en kritieke vaardighede – jou sleutel tot ‘n blink toekoms Hoe gaan ek vir my studies betaal? Afrikaanse Beursinstituut van Helpende Hand

• • • • •

Hoe maak ek ‘n beroepskeuse? Hoe maak ek vakkeuses? Die keuse tussen Wiskunde en Wiskunde geletterdheid? Hoe kies ek ‘n studierigting? Studiemetodes se rol in my toekoms

HOE KIES EK ‘N BEROEP/LOOPBAAN

WAT AS EK NOG ONSEKER IS?

• • •

Waar pas roeping in? Hoe maak ek onsekerheid minder? Hoe kan ek myself beter leer ken?

DIE LEWE AS LEWENSLANGE LEERPROSES

• • • • • • •

Jy gaan nooit te oud wees om te leer nie Belangrikheid van vakmanskappe ‘n Voorspoedige land het gelowige onderwysers nodig Maatskaplike werk: Geroep om mense in nood te lei Watter rol speel gemeenskapsontwikkelingspraktisyns in SA Waar kan jy in Afrikaans gaan studeer? Watter ander studie/toekomsmoontlikhede is daar?

• • • • • • • •

Riglyne vir CV’s en werksonderhoude Positiewe ingesteldheid tot die werksplek Tien goue reëls om ‘n sukses van jou werksloopbaan te maak Bepaal jou toekoms deur entrepreneuriese denke en vaardighede Entrepreneurskap – Hoe begin ek ʼn eie besigheid? Die vyf groot slaggate in aftreevoorsiening Beskerming in die werksplek Jou verantwoordelikheid teenoor jou gemeenskap en waar Helpende Hand inpas

Mnr. Flip Buys Dr. Dirk Hermann Mnr. Johan Kruger Mnr. Francois Calldo Me. Dinah Theron Prof. Louis Jacobs

Dr. Danie Langner Prof. Louis Jacobs Mnr. Bertus Swanepoel

Me. Karin Venter Me. Elbie Liebenberg Dr. Wikus Buys Me. Elsha Hermann Dr. Johannes Erasmus Prof. Louis Jacobs

DIE WêRELD VAN WERK Mnr. André Vermaak Mnr. Philip Minnaar Mnr. Flip Buys Mnr. Henk Schalekamp Dr. Steve Booysen Mnr. Henk Schalekamp Solidariteit Helpende Hand

3


S G N I NK

A D BE

Dankie aan elke medewerker wat help skryf het aan die gids en bereid was om sy/haar kennis met die jeug van ons land te deel. Verder ook vir elke ondersteuner wat hul insette gelewer het om ‘n verskil te maak met hul talente en om te help skep aan ‘n hoopvolle toekoms in ons land. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan die DAGBREEK TRUST vir hulle finansiële bydrae om hierdie spesiale eerste uitgawe die lig te laat sien!

Saamgestel deur Karin Venter, Helpende Hand Beroepsopleidingsdienste. Uitleg en ontwerp deur Kraal Uitgewers Tel: 051 821 1783 • Faks: 086 580 9189 palberts@telkomsa.net

VOOR JY WEGSPRING ! !

D

it is belangrik dat jy die hele gids sal deurwerk om ‘n totale prentjie te vorm van wat vir jou voorlê in die volgende paar jare. Selfs al voel jy dat daar gedeeltes is wat nie op jou van toepassing is nie, kan jy altyd iets raak lees wat jouself of iemand anders later kan help. Werk een afdeling op ‘n slag deur en beantwoord of deurdink al die vrae wat daar vir jou gevra word. Kry selfs vir jou ‘n werkboekie waarin jy alles kan neerskryf. Dit sal jou soveel meer help om jou gedagtes uit te sorteer en om jou rigting te gee. Daar sal regdeur die gids ikone wees wat “Om te glo is om seker elkeen ‘n ander betekenis het en ‘n ander aksie van te wees van die dinge jou verwag. Wanneer jy wat ons hoop, om by ‘n aksie kom, is dit oortuig te wees van die belangrik om eers ‘n paar dinge wat ons nie sien gedagtes neer te skryf nie.” voordat jy aangaan na Hebreërs 11:1 die volgende deel van die gids.

4

Die ikone lyk so:

?

Beantwoord die vraag in jou werkboek

Deurdink die vraag baie goed. Skryf jou gedagtes hieroor neer in die werkboek

!

Vind uit

Die gids is opgedeel in temas wat jy kan verwag in die volgende paar jare. Jy is nou nog op skool en daarom gaan die grootste gedeelte van die gids oor hoe om keuses op skool te maak wat jou toekoms gaan beïnvloed. Voordat ons stap vir stap deur vakkeuses, studierigtings en onsekerhede gaan, moet jy eers vir jouself besluit of jy hoop het! Hoop gee jou iets om aan vas te hou wanneer tye onseker is en maak jou sterk om verder te werk selfs al weet jy nie wat wag in die toekoms nie.


5


ir v s m o k e o t Daar ís ‘n mense in Suid-Afrika alle jong

D

aar is ‘n groot toekoms vir alle opgeleide jongmense in Suid-Afrika, ongeag velkleur. Die werkloosheidkoers onder jong wittes is byvoorbeeld onder 5%, by verre die laagste onder al die rassegroepe. Die rede hiervoor is die puik onderwys wat julle nog danksy die goeie skole kry. Daarom is dit beslis nie nodig om moedeloos oor die toekoms te wees nie. Te veel hoor mens jong witmense sê: “Wat help dit tog om te studeer, ek sal tog nie werk kry nie”. Dis sommer ‘n simpel redenasie. Gewapen met ‘n goeie kwalifikasie, is jou kanse baie beter om ‘n báie beter werk te kry. Maar sonder kwalifikasies, is jou kanse bitter skraal om werk te kry, al is jou vel nou watter kleur ook al. Die harde werklikheid is dat ‘n mens sonder goeie opleiding nie in diens geneem gaan word nie. Suid-Afrika het ‘n geweldige tekort aan opgeleide mense – van alle kleure. Hierdie tekort is só groot dat werkgewers dit as een van hulle heel grootste probleme beskou. Dis vir baie besighede so groot probleem dat hulle nie kan uitbrei of nuwe projekte begin nie. Daar is net nie genoeg opgeleide mense wat hulle kan aanstel nie! Die gevolg hiervan is dat die land se groeikoers ‘n plafon bereik het. Ten spyte van die baie (swak opgeleide) werkloses, is daar sowat 500 000 oop poste in die ekonomie. Dit kan nie gevul word nie, want daar is nie genoeg opgeleide mense nie.

Onderwys- en opleidingstelsel Die rede hiervoor is dat soveel as 80% van die openbare skole in die land prakties nie in ‘n werkende toestand is nie. Dit beteken dat daardie skole so swak is dat die meerderheid leerders wat daaruit kom nie goed genoeg opgelei is om ‘n werk te kan kry nie. Die meeste se onderwys was so swak dat hulle selfs moeilik verder opgelei kan word. Aan die ander kant meen selfs gesaghebbende tydskrifte soos die Britse Economist dat die histories Afrikaanse skole nog wêreldklas is. Volgens hierdie tydskrif het hulle steeds

6

Flip Buys

‘n prestasiekultuur, ondersteun deur dissipline en kinders wat hard werk. Dit gee die meerderheid Afrikaanse kinders ‘n groot voorsprong as dit by werksoek kom – wat ‘n mens in die statistieke kan sien. Maar dis nie net sekere skole wat probleme het nie. Die naskoolse opleiding het net so ‘n knou gekry as gevolg van swak regeringsbesluite wat die stelsel benadeel het. Terwyl dit ‘n skande is dat veral swart jongmense so deur die staat in die steek gelaat word, beteken dit dat die toekomspad oop is vir jongmense wat bereid is om op te offer en goeie opleiding te gaan soek.

Universiteite Gelukkig is daar nog talle uitstaande universiteite in die land! Daarom wag daar ‘n blink toekoms op jongmense wat ‘n goeie kwalifikasie by ‘n goeie universiteit kry, en bereid is om hard daarvoor te werk. Daar is ongelukkig hopeloos te min wit jongmense wat aan universiteite gaan studeer. Waar daar in Europa 70% van jongmense aan ‘n universiteit studeer, doen minder as 30% wit jongmense in Suid-Afrika dit! Daarom bied SuidAfrika sulke goeie geleenthede, en is die mededinging vir uitsoek-werksgeleenthede nie naastenby so sterk soos oorsee nie. Selfs staatsmaatskappye soos Eskom neem deesdae weer groot getalle wit jongmense in diens.

Kurkprop en grafgrawer Jong gekwalifiseerdes moet net nie bang wees om onder te begin nie. Net ‘n grafgrawer begin bo! Sorg dat jy tydens jou studies ondervinding begin opdoen, en begin onder op die leer as dit moet. Dit is moeilik om sonder ondervinding ‘n goeie pos by ‘n goeie werkgewer te kry, maar as jy jouself bewys kan jy soos ‘n kurkprop boontoe skiet. Mense praat vandag oor die krisis in swart opleiding, en aanvaar dat wit jongmense goeie opleiding kry. Maar die min wit jongmense wat deesdae gaan studeer, is regtig kommerwekkend. Dis onbegryplik hoe iemand dink dat hulle in ‘n ingewikkelde ekonomie sonder opleiding


Spr. 6:10-11 “Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou soos ‘n rower.”

‘n goeie werk kan kry. Die statistieke sê dat ‘n derde van wit jongmense die skool verlaat voordat hulle matriek geslaag het. Nog ‘n derde kry matriek sonder universiteitstoelating. Die ergste is dat van die derde wat wel universiteit toe kan gaan, net minder as die helfte dit wel doen. Natuurlik is dit so dat dit duur is, of dat mense ver van universiteite af bly, of dat jou ouers miskien nie studeer het nie en dat jy moontlik dink jy is nie daarvoor uitgeknip nie. Maar niks in die lewe wat die moeite werd is kom verniet of maklik nie. Die meeste mense wat groot sukses in die lewe behaal het, het groot opofferings gemaak; dit het nie maklik gekom nie. Maar opleiding bly steeds die beste belegging wat jy in jou eie toekoms kan maak. Moet dus nie skaam wees om deeltyds te werk terwyl jy studeer, of deeltyds te studeer terwyl jy werk nie. En moenie ophou as jy klaar studeer het nie. As jy jou werk geniet word die leer lekker! Maak jou gereed vir lewenslange leer, want kennis verouder deesdae blitsvinnig. Moet ook nie net mik vir ‘n goeie werk by ‘n goeie werkgewer nie. Hoekom kan jy nie self eendag ‘n goeie werkgewer word nie? Daar is baie rigtings wat dit vir jou moontlik gaan maak om self ‘n besigheid te begin, as jy regtig wil. Jy hoef nie ‘n tien onderskeidings– kandidaat hiervoor te wees nie. Ja, ‘n mediese dokter kan sy eie praktyk hê, maar net so ook ‘n haarkapper, sweiser of rekenmeester.

ie s k a e d n e l regstel oepskeuse en my ber “Wat help dit om te studeer indien ek in elk geval nie, as gevolg van regstellende aksie, gaan werk kry nie?” Hierdie bykans moedelose vraag word gereeld aan my gevra.

R

egstellende aksie is en bly ‘n kopseer vir veral jong SuidAfrikaners. Hulle voel hulle word onbillik vir die verlede gestraf. Hierdie gevoel is geregverdig. Baie jongmense word drievoudig deur regstellende aksie gestraf. Eerstens sukkel hulle om beurse te kry, tweedens sukkel hulle om toelating vir sekere vakrigtings te kry en derdens sukkel hulle dikwels om toegang tot die arbeidsmark te kry. Jongmense mag dus maar kwaad wees vir regstellende aksie.

Tweede beste Ons voorouers het ‘n leidende rol gespeel om SA die voorste staat op die vasteland te maak. Dis nou ons beurt. Maar om sukses te behaal, moet jy nooit met die tweede beste tevrede wees nie. Veral nie van jouself nie! Jy studeer lankal nie meer vir ‘n onderwyser of jou ouers nie. Jy werk aan jou eie toekoms. As jy nie die beste vir jouself gee en gun nie, gaan niemand anders dit doen nie. Pak daarom die bul by die horings, moenie verskonings van jouself aanvaar nie, al is dit goeies soos armoede, moeilike huislike omstandighede of ander krisisse. Jy skuld dit aan jouself om die beste van jou talente en jou kanse in die lewe te maak. Daarom, gebruik jou talente, leer vir jou ‘n kwalifikasie los, en vervul jou roeping: dan lê die toekoms vir jou oop – veral in SuidAfrika!

?

Miskien besef jy vandag vir die eerste keer dat min mense werklik bo begin! Hoe voel jy oor die feit dat jy nie ‘n grafgrawer gaan wees nie? Harder werk is dus deel van jou toekoms, maar ook jou kans om iets van jouself te maak.. Maar wat van die huidige situasie in Suid-Afrika, kan jy nou wonder. Wat as jy nie ‘n kans gegee word nie? Dirk Hermann sê dan: “Skep ‘n kans vir jouself.”

Dirk Hermann

Die vraag is egter hoe hanteer ‘n jongmens, wat deur die stuk wetgewing benadeel word, regstellende aksie? Die SuidAfrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede het onlang gesê dat wittes bevoordeel word deur regstellende aksie omdat hulle gedwing word om ondernemers te word en om skaars vaardighede aan te leer. Hulle raak dus afhanklik van hulleself. My oproep aan jongmense is om self verantwoordelikheid te neem. Jy mag nooit sê: as gevolg van regstellende aksie het ek nie meer ‘n toekoms nie. Jy moet altyd sê: as gevolg van myself en my eie harde werk, het ek ‘n toekoms hier in Suid-Afrika. Ek wil enkele riglyne vir jongmense neerlê om ten spyte van regstellende aksie ‘n blink toekoms te skep.

7


1. Soek jou roeping: Jy is gekies vir ‘n

spesifieke taak hier op aarde. Jy moet altyd soek na wat dit is. Jy sal jou roeping vind deur te luister na jou natuurlike belangstelling, natuurlike aanleg, deur gebed en die leiding van die Heilige Gees.

2. Kry goeie beroepsvoorligting:

Deel van die soeke na jou roeping is om die wetenskaplike instrumente wat beskikbaar is, te gebruik. Sorg dat jy goeie beroepsvoorligting kry. Dit sal jou help om ‘n passing te vind tussen jou belangstelling, jou aanleg, jou roeping en die vraag in die mark. Die werksplek het te gesofistikeerd geraak om net in te storm.

3. Leer ‘n entrepreneuriese vaardigheid aan: Almal van ons

is nie entrepreneurs nie. Indien jy ‘n entrepreneuriese aanleg het, moet jy dit vertroetel. Om vir jouself te werk is altyd die beste manier om vry te kom van die regstellende aksie bepalings.

4. Kies jou loopbaan sorgvuldig: Sorg

dat jy moeite doen om soveel moontlik inligting te kry oor die beroepsloopbaan wat jy beplan. Ondersoek al die verskillende vertakkings daarvan en kry voor die tyd blootstelling daaraan. Gaan besoek mense wat reeds in praktyk staan.

5. Studeer verder: Kennis verdubbel

elke drie jaar. Jy kan dus nooit dink dat matriek die einde van jou leerpad is nie. Matriek is bloot die begin van jou leerpad. Persone met ‘n kwalifikasie,

hoër as matriek, se werkloosheidsyfer is radikaal laer as persone met bloot matriek.

6. Studeer in die regte rigtings: Indien jy moeite doen om loopbaanrigtings te kies, wat binne jou belangstelling en aanleg val, maar waar daar tekorte in Suid-Afrika is, is jou kans om werk te kry byna 100%. Veral skaars en kritiese vaardighede is in praktyk vry van regstellende aksie. Die arbeidsmark, veral in die privaatomgewing, kyk na nie velkleur indien daar tekorte is nie.

Solidariteit het verskeie veldtogte aan die gang om jong Suid-Afrikaners te bevry van regstellende aksie. Die vakbond poog onder andere om die regstellende aksie-wet te wysig. Indien jy egter studeer en reg studeer, kan jy jouself vry maak van regstellende aksie. Jy moet ook op die Here vertou dat hy vir jou ‘n toekoms sal gee in die rigting waar hy jou roep. Sterkte met jou keuse!

As jy vandag vir die eerste keer gehoor het van skaars en kritiese vaardighede, beteken dit dalk dat jy anders gaan moet begin dink oor die toekoms wat jy vir jouself sover beplan het.

Die volgende gedeelte gaan spesifiek oor huidige tekorte of geleenthede in ons land. Dit is belangrik om te verstaan dat dit een van die dinge is wat jy in gedagte moet hou vir jou uiteindelike keuse.

in s i s i r k s d i use ghe e i k d n r a a a a b v p e o i d u lo o j n e a k i suid-afr

D

ie kies van ʼn loopbaan is vir elke jong mens ʼn unieke tyd en selfs ‘n spanningsvolle tyd. Uiteindelik laat jy die skoolbanke agter en kan jy fokus op ʼn loopbaan wat werklik by jou pas. Hierdie keuse is vir jou ʼn groot stap vorentoe en hierdie besluit is iets wat op die minste ʼn aantal jare jou dag tot dag se verrigtinge sal bepaal. ʼn Belangrike aspek om van kennis te neem in die uitoefening van jou loopbaankeuse is die vaardigheidskrisis wat in Suid-Afrika heers. Die vaardigheidskrisis hou vir ʼn jong mens wat op die punt staan om ʼn loopbaankeuse te maak, belangrike voordele in. Dit is dikwels moeilik vir ʼn jong

8

Johan Kruger

mens om die arbeidsmark te betree nadat hy of sy ʼn bepaalde kwalifikasie bekom het. In Suid-Afrika is daar nog die toepassing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging om mee rekening te hou. Dit is belangrik om ʼn loopbaan te kies wat jou toegang gaan gee tot die arbeidsmark en sal verseker dat jy in aanvraag bly. Dit is juis hierom dat dit belangrik is om kennis te neem van die tekort aan vaardighede wat in ʼn groot aantal sektore in Suid-Afrika bestaan. Om jouself te bekwaam in ʼn loopbaan binne een van hierdie kategorieë van skaars vaardighede kan vir jou groot voordeel inhou wanneer jy die arbeidsmark betree. Natuurlik besef ek dat die keuse van ʼn loopbaan nie alleen gaan om werk te kan


kry nie, maar dit gaan ook oor vervulling van jouself binne ʼn loopbaan wat vir jou as individu gepas is. Tog is dit belangrik om in die Suid-Afrikaanse konteks kennis te neem daarvan dat individue wat sekere vaardighede het eenvoudig makliker werk kry en vorder in hulle loopbaan weens hulle gesogte stel van vaardighede. Indien jy dus jou weg kan oopsien om jouself binne een van hierdie velde van skaars en kritiese vaardighede te kan bekwaam, kan dit vir jou voordelig wees wanneer jy in die toekoms die arbeidsmark betree en jou eie potjie moet krap. ʼn Aantal studies het reeds bevind dat die vaardigheidskrisis in Suid-Afrika ʼn beperking

op ekonomiese groei plaas. Deloite en Touché het byvoorbeeld in Junie 2007 ʼn verslag bekend gemaak wat aandui dat 81% van maatskappye sukkel om gepaste werkers te kry, terwyl 76% van maatskappye sê dat hulle groot probleme ondervind met die werwing van regstellende aksie kandidate. Francois Calldo, ‘n navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut het gedurende 2008 ‘n verslag oor skaars vaardighede geskryf. Die onderstaande paragrawe is uittreksels uit sy verslag. Jongmense wat hulle in ‘n skaars en kritiese vaardigheid kwalifiseer het ‘n blink toekoms wat wag. Die onderstaande beroepsrigtings gee ‘n goeie aanduiding van velde waar daar tekorte is.

E

D E H G I D R A A RITIESE V

K N E S EKOMS R O T A A K K N I S L B L TOT ‘N

Francois Calldo

E

-JOU SLEUT

• Verpleegkunde Daar is ʼn tekort van meer as 30 000 geregistreerde verpleegkundiges in die openbare gesondheidsektor, met ʼn verdere tekort in die privaatsektor. Indien die planne deurgevoer word om openbare hospitale reg te ruk, gaan hierdie tekort net verder groei. Dit is, soos maatskaplike werk, dikwels ʼn ondankbare werk om te doen, maar dit bly uiters noodsaaklik.

Thomas Edison (1847-1931) “Geleenthede gaan by die meeste mense verby omdat dit ‘n oorpak aanhet en na werk lyk.”

• Maatskaplike werk Daar is volgens die regering ʼn tekort van 5 000 maatskaplike werkers in SuidAfrika. Die huidige korps verteenwoordig slegs een maatskaplike werker vir sowat elke 4 000 mense in Suid-Afrika. Enigiemand wat Solidariteit Helpende Hand se werk volg en ondersteun, sal weet watter maatskaplike nood daar in Suid-Afrika is. Matrikulante wat direk ʼn verskil aan hulpbehoewende mense se lewens wil maak, kan gerus oorweeg om hulself in hierdie gebied te bekwaam. • Dokters Daar is ʼn groot tekort aan Dokters in Suid-Afrika. Die Cape Times het in Desember 2006 reeds berig dat driekwart van algemene praktisyns in Suid-Afrika in die privaatsektor werksaam is en slegs ongeveer 25% van die bevolking bedien. Dieselfde dagblad berig dat die land se plattelandse gesondheid sorgstelsel toekomstig dalk inmekaar kan stort. • Aptekerswese In hierdie rigting, wat ook deel is van die algemene menslikewelsynsektor, is daar spesifiek ʼn tekort aan aptekersassistente,

en volgens die regering word meer as tienduisend persone in hierdie rigting benodig. Die kwalifikasie word deels teoreties en deels prakties aangebied. (Daar moet genoem word dat die aptekersassistentkwalifikasie tans veranderinge ondergaan.) • Rekeningkunde Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters het in 2008 die tekort aan rekeningkundiges op 22 000 beraam (5 300 hiervan spesifiek geoktrooieerde rekenmeesters). Meer onlangse navorsing deur dieselfde instituut het getoon dat ʼn geoktrooieerderekenmeesterskwalifikasie die mees gesogte kwalifikasie in koerantadvertensies vir poste is. ʼn Volle 19% van advertensies in ʼn daaglikse besigheidskoerant se weeklikse bylaag vir posadvertensies het spesifiek ʼn geoktrooieerderekenmeesterskwalifikasie as ʼn vereiste vir indiensname. •

Finansiële professionele persone KPMG het in 2007 beraam dat daar ʼn tekort van ongeveer 500 gekwalifiseerde (sertifikaat in die teorie van rekenmeesterskap {CTA} gegradueerdes beskikbaar sal wees vir werwing deur Suid Afrikaanse belasting en Ouditeursfirmas.

Bestuurders Die Human Sciences Research Council het bevind dat daar ʼn tekort van tussen 350 000 en 500 000 gekwalifiseerde mense wat bestuurs- en tegniese posisies moet vul, bestaan.

9


• Inligtingstegnologie Hoewel die inligtingstegnologiesektor gedurende 2009 ook deur die ekonomiese afswaai geraak is, het die sektor steeds baie groeipotensiaal in Suid-Afrika. Die aansluiting van meer ondersese internasionale internetkabels voorspel ook toekomstige deelname aan die internet deur ʼn baie groter deel van die Suid-Afrikaanse bevolking. Namate daar groter deelname plaasvind, sal die vraag na personeel om die groter kliëntebasis te ondersteun ook groei. Volgens SETA-navorsing is meer as die helfte van vakante poste in hierdie sektor te wyte aan firmas wat mekaar se personeel afrokkel met aanbiedinge van hoër salarisse. • Onderwys Onderwysers, veral in wiskunde en wetenskap, is skaars in Suid-Afrika. Volgens die regering se lys van skaars vaardighede is daar ʼn tekort aan sowat 40 000 onderwysers van verskillende soorte, insluitend dosente by VOO-kolleges. Vir enige land is onderwys ʼn rigting wat altyd belangrik sal wees, aangesien die opleiding van die jeug die enigste manier is om die vooruitgang van die land te verseker. • Ingenieurswese en Tegnici Die jongste opname deur Manpower onder 750 werkgewers in Suid-Afrika toon dat die vakante poste wat die moeilikste is om te vul, dié is wat ingenieursvaardighede vereis. Dit is nie verbasend nie, aangesien Suid-Afrika se aantal ingenieurs per capita ordegroottes laer is as die ooreenstemmende verhouding in lande soos Brasilië en China. Die Suid Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs het in 2006 al aangedui dat 79 van Suid Afrika se 231 plaaslike munisipaliteite nie ʼn enkele Ingenieur, Tegnoloog of Tegnikus in diens het nie. Volgens die Instituut vir Siviele Ingenieurs het Suid - Afrika ongeveer slegs 1 Ingenieur vir elke 3200 mense in vergelyking met byvoorbeeld 1 Ingenieur vir elke 130 mense in China, 1 Ingenieur vir tussen 250 en 300 mense in Europa en 1 Ingenieur vir elke 450 mense in Australië. Suid - Afrika produseer tans gemiddeld 1400 gegradueerde Ingenieurs per jaar. Hierdie syfer sal uitgebrei moet word na 2400 om die huidige tekort aan te spreek. • Vakmanne Solidariteit het verslag gedoen dat SuidAfrika slegs 10% van vakmanne oor het wat dit 20 jaar gelede gehad het. Terselfdertyd word geskat dat die land ongeveer ʼn 40% tekort aan vakmanne het. Dit kan verstaan word as ‘n mens kyk dat in 2006 slegs 3400 leerlinge in opleiding in die metaal industrie was, in vergelyking met ongeveer 13000 in 1982. Die grootste oorsaak hiervan is die afskaffing van die leerlingskap stelsel wat vervang is deur Seta leerlingskappe.

10

Die Ingenieurs maatskappy Krineker-LTA moet selfs sweisers van Maleisië, Ierland en Indië invoer, terwyl Sasol ongeveer 1300 vakmanne en sweisers uit Thailand moes invoer vir onderhoudswerk by die Secunda sintetiese brandstofaanleg.

• Tegniese vaardighede Soos Solidariteit self besef het, is daar ʼn groot behoefte aan tegniesgekwalifiseerde mense in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Selfs met gedurige uitbreiding kry Solidariteit se eie tegniese opleidingskollege, Sol-Tech, jaar ná jaar meer aansoeke as wat die infrastruktuur kan hanteer. Volgens Manpower se opname is poste wat tegniese vaardighede verg naas ingenieursvaardighede die moeilikste om te vul in Suid-Afrika. Matrikulante moenie dink dat vakmanne soos passers en draaiers, ketelmakers en elektrisiëns laeklas werk doen nie. Hierdie beroepe is hoogs geskoold en persone wat dit beoefen, verdien baie goeie salarisse.

• Argitektuur en Tekenaars Die Suid Afrikaanse Instituut vir Argitekte het in 2008 reeds gesê dat 80% van die land se argitektuur praktyke tekorte van tot 40% ondervind. Volgens die Suid Afrikaanse Instituut vir Tekenaars, lewer Suid-Afrika tans ongeveer ʼn 1000 tekenaars per jaar terwyl die aanvraag in die orde van 5000 per jaar is. • Navorsingskapasiteit Gedurende Augustus 2007 het Professor van Jaarsveld van die National Research Foundation tydens ʼn toespraak by die Johannesburgse pers klub aangedui dat Suid-Afrika ongeveer 6000 wetenskap en tegnologie PhD gegradueerdes per jaar moet oplewer om te verseker dat die land kompeterend bly in die globale kennis ekonomie. Suid-Afrika lewer tans ongeveer een vyfde daarvan op. • Forensiese spesialiste Gedurende November 2006 het die Cape Times berig dat daar ʼn tekort aan forensiese spesialiste in die land bestaan. Privaat Forensiese Konsultant, David Klatzow, is aangehaal dat hy gesê het dat kwaliteit van personeel swak was met chemiese laboratoriums wat slegs deur ongeveer 10% van hulle maandelikse sake lading kom. Nasionale forensiese laboratoriums het op daardie tydstip ongeveer ʼn agterstand van 400 sake per maand gehad. • Die gasvryheid sektor ʼn Vaardigheidsoudit deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme het in 2008 bevind dat die industrie tot en met 2011 ongeveer 24 000 chefs en kokke, 23500 kelners en kelnerinne, 15 000 skoonmakers, ongeveer 8000 kassiere en 8000 bestuurspersoneel sal benodig.


• Lugvaart Suid-Afrika se lugmag het ʼn tekort aan vaardighede. ʼn SABC nuusverslag het in Desember 2006 gewys dat ongeveer 70 Vlieëniers en meer as 500 tegniese personeel by die lugmag bedank het tussen Oktober 2004 en Oktober 2006. Suid - Afrika staan vlieëniers aan buitelandse lugrederye af teen ʼn ongesonde koers. Tony Laubser, Hoof van die Airline Pilots Association of South Africa het in November 2007 gesê dat ten minste 60 Vlieëniers die land sou verlaat tussen November 2007 en Februarie 2008. Hierdie voorbeelde van studie- en beroepsrigtings dek nie al die velde waar Suid-Afrika vaardigheidstekorte tekorte ervaar nie, maar dit is waar sommige van die mees kritieke tekorte is en in die nabye toekoms sal bly.

?

Deur die rigtings van skaars en kritiese vaardighede in ag te neem met die maak van jou loopbaankeuse kan ‘n jong SuidAfrikaner self ‘n toekoms bou. Verder kan jy ook daarmee help om ʼn toekoms vir die res van die land se mense te verseker, of dit nou is deur te sorg vir goeie infrastruktuur, goeie gesondheidsorg, of deur enige ander noodsaaklike diens te lewer. Noudat jy weet watter opsies daar is, kom jy by die volgende vraag: Hoe gaan ek betaal?

al? a t e b s e i d ir my stu de hand

ek v tituut van helpen n a a g e o h e beursins

Dinah Theron

afrikaans

Die doel van Helpende Hand se beursplatform is om alle Afrikaanse jongmense wat dit nie kan bekostig om verder te studeer nie, deur middel van finansiering te help. ‘n Tekort aan geld mag nooit ‘n rede wees waarom ‘n kind met potensiaal nie toegang tot verdere opleiding kan kry nie. Goeie opleiding in ‘n skaars en kritiese vaardigheid stel ‘n kind daartoe in staat om nie net ‘n werk te kry nie, maar om dit te behou.

Agtergrond Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks meer as Een Miljoen Rand om verdienste studente, wat andersins nie kon studeer nie, te help. Hierdie studente bestaan uit lede van die vakbond Solidariteit, persone wat ‘n maandelikse bydrae tot Helpende Hand lewer en hul kinders. Indien u nog nie ‘n lid van Solidariteit of ‘n ondersteuner van Helpende Hand is nie kan u nou aansluit om ook in aanmerking te kom vir ‘n beurslening. Om aan te sluit as lid of ondersteuner, skakel gerus 0861 25 24 23.

Beursbedrag Beursbedrae wat jaarliks aan goedgekeurde aansoeke geallokeer word is R5 000 (Vyf Duisend Rand) of R10 000 (Tien Duisend Rand). Die bedrag word direk aan die universiteit of instansie oorbetaal. Studente moet jaarliks aansoek doen om in aanmerking te kom vir die beurslening. Weens die radikale

uitbreiding en toetrede van onafhanklike beursfondse sal die bedrae verskil afhangende van die student se spesifieke studierigting.

Beurs doelwitte • Skep ‘n geleentheid aan potensiële studente waar verdere studies aangemoedig word; • Ondersteun potensiële studente wat op alle vlakke verder wil studeer en moedig hul aan om die geleentheid te gebruik om sodoende ‘n hoër kwalifikasie te verwerf in hul onderskeie areas; en • Verskaf finansiële ondersteuning aan potensiële studente wat ‘n hoër kwalifikasie wil verwerf om sodoende ‘n positiewe rol te speel in die arbeidsmark.

Beursfondse tans beskikbaar Die Afrikaanse Beurs Instituut bestuur en administreer huidiglik 30 beursfondse wat uit die volgende bestaan: • Solidariteit Eksterne Beurslening – Studente wat hulself in enige studierigting by enige universiteit of geakkrediteerde tersiêre instansie wil bekwaam; • Sol-Tech Studie en Verblyf Beurslening – Studente wat hulself met ‘n ambag wil bekwaam by Sol-Tech Opleidingskollege;

11


• Ikhthus Beurslening – Studente wat hulself in ’n elektriese rigting wil bekwaam; • Tuisversorging Beurslening – Studente wat hulself as tuisversorger wil bekwaam; • Arend J de Kock Beurslening – Studente wat hulself in ’n gespesialiseerde rigting wil bekwaam; • CED Beurslening – Studente wat hulself as ‘n Siviele Ingenieur wil bekwaam; • Dr Steve Booysen Beurslening – Studente wat hulself in fynere kunste wil bekwaam; • Jeanette Lüttig Beurslening – Studente wat hulself as maatskaplike werker wil bekwaam; • Breda Lombard Beurslening – Uitsluitlik vir behoeftige studente; • Rapport Onderwysfonds Beurslenings – Studente wat hulself as onderwyser wil bekwaam; • Gemeenskapsbeurse; en • Verskeie ander onafhanklike beurse. Aansoekvorms: Voornemende en huidige studente asook huidige beursleningshouers wat belangstel om aansoek te doen vir hierdie beurslenings kan jaarliks vanaf 1 Mei aansoekvorms aanvra. Sien kontakbesonderhede hieronder. Terugbetaling van beurslenings: 1. Dit is die student se verantwoordelikheid om na afloop van elke studiejaar ‘n vorderingsverslag aan ons kantoor te versend ten einde ons in staat te stel om kontrole toe te pas rondom die terugbetalingsperiode; 2. Daar sal elke jaar aan die student ‘n hoofskuldbewys gestuur word om aan te dui hoeveel die uitstaande skuld is; 3. Na afloop van die student se studies sal daar aan hom/haar ‘n finale hoofskuldbewys, debietorder en bevestigingskrywe gestuur word. ‘n Keerdatum sal vasgestel word waarin die student verplig sal wees om die beurslening terug te betaal; 4. Na finale afbetaling van die beurslening sal die student ‘n skrywe ontvang met ‘n opbetaalde hoofskuldbewys. Sluitingsdatum: Eksterne en onafhanklike beursfonds aansoeke sluit jaarliks op 31 Oktober om 12:00. Rapport Onderwys Fonds beursfonds aansoeke sluit jaarliks op 31 Augustus om 12:00. Voltooide aansoekvorms moet na gemelde kontakbesonderhede versend word. Studente moet betyds aansoek doen vir die daaropvolgende jaar om teleurstelling te voorkom. Toekomshoop Helpende Hand doen ‘n beroep op die

12

Afrikaanse gemeenskap om te help bou aan die Afrikaanse Beursplatform. Help ‘n jongmens om opgelei te word. Die res is sy/ haar verantwoordelikheid. Individue raak maandeliks deel van die armoede oplossings deur onafhanklike beursfondse te stig. Deur hierdie mense se onbaatsugtige bydraes maak hulle ook ‘n direkte belegging in die toekoms van die land. Hierdie mense is helde van hoop. Die Afrikaanse Beurs Instituut lewer ‘n administratiewe diens aan al die onderskeie beursfondse. Die beteken dat Helpende Hand verskillende beursfondse volgens elkeen se unieke kriteria administreer en bemark. Elke beursfonds behou egter beheer oor sy eie fondse en word bestuur deur sy eie beurskomitee, tensy anders versoek. Die voordeel van die Instituut is dat die voornemende student op een plek kan aansoek doen maar toegang het tot ‘n verskeidenheid van beursfondse. Sodoende kan ‘n maksimum aantal studente finansieël gehelp word om verdere opleiding te kry. Indien u wil deel word van die Afrikaanse Beursplatform is die opsies soos volg:

Skenk ’n enkelbedrag, ’n maandelikse bedrag of skenk deel van u familietrust as beursfonds;

Begin u eie beursfonds en laat so ‘n nalatenskap wat ook ‘n toekomsbelegging agterlaat;

Begin as ‘n gemeenskap of kerk ‘n beursfonds om een of meer student per jaar te help.

Laat ‘n deel van ‘n boedel na vir ‘n beursfonds en so ook ‘n nalatenskap.

“Wanneer jy gee moenie onthou, en as jy ontvang moenie vergeet!” Kontak gerus ons kantoor vir enige navrae. Posadres: Die Beursfondsbestuurder Posbus 8766 Centurion 0046 Tel: 012 644 4428 / 012 644 4390 Faks: 012 664 1295 E-pos: melani@helpendehand.co.za dinah@helpendehand.co.za Ander opsies: Verskeie ander banke en organisasies bied ook beurse. Doen vroegtydig aansoek by alle instansies om seker te maak dat jy ‘n groter kans op sukses het. Vra ook uit oor die tipe prestasiebeurse beskikbaar wanneer jy jou aansoekvorms vir die universiteit en kollege instuur. Die meeste instansies gee eenmalige beurse vir leierskap, akademie of kultuurprestasies op skoolvlak. Daar is ook familiebeurse beskikbaar vir ‘n tweede kind uit een gesin, asook reisbeurse as jy verder as ‘n sekere afstand van die universiteit of kollege bly.

!



ek ‘n k a a m e o h

Louis Jacobs

e? roepskeus

be

Jou eerste stap tot ‘n toekoms, is om te besluit wat jy gaan doen as jy moet begin werk. Om ‘n beroep te kies is nie so eenvoudige taak nie. Daar is baie dinge wat ‘n rol speel in jou keuse en met Prof. Louis Jacobs se leiding sal jy die pad kan vind... Wat wil jy op hierdie stadium van jou lewe word of gaan doen?

B

uiten trou en kinders grootmaak, is die maak van’n beroepskeuse seker een van die belangrikste keuses wat jy in jou lewe sal maak. Die beroep wat jy kies, moet jou vir die res van jou lewe besig hou. Dink so daar aan: geluk in jou beroep kan vir tot 75% van jou lewensgeluk verantwoordelik wees. Daarom is dit so noodsaaklik om die regte beroepskeuse te maak. Hier volg ‘n paar riglyne om in aanmerking te neem vir hierdie belangrike besluit:

1. Aanleg

aanleg

Aanleg kan beskryf word as die verstandsvermoë wat jy besit om in ‘n bepaalde rigting uit te staan. ‘n Mens hoor dikwels dat iemand sal sê: “Daardie seun is absoluut aangelê om ‘n predikant te word”, of “daardie dogter is aangelê om ‘n onderwyseres te word”. Hulle bedoel hiermee dat die seun of meisie se verstandsvermoë sodanig is dat hy/sy ‘n sukses in die rigting behoort te maak. Die Aanlegtoetshandleiding beskryf aanleg as “die potensiële verstandelike vermoëns, aangebore sowel as verkry, waaroor die individu op ‘n sekere stadium beskik wat hom/haar in staat stel om sekere bekwaamhede te ontwikkel”. Aanleg is nie die alfa en omega betreffende uiteindelike sukses nie. Dit gee egter ‘n algemene aanduiding van daardie verstandelike vermoëns van die persoon wat hom/haar in staat stel om spesifieke take baas te raak. Dit is dus belangrik dat jy sal weet waarin jy die hoogste aanleg besit. Deur dit te doen waarin jy die hoogste aanleg het, verhoog jy jou kans op sukses. Indien jy bv. geen tegniese aanleg besit nie, en jy word ‘n ingenieur, elektrisiën of motorwerktuigkundige, kan dit vir jou uiters onaangenaam wees. Jy behoort ook te sukkel om die kursus baas te raak. Aan die ander kant sal rigtings waarin jy ‘n hoë of natuurlike aanleg besit, jou help om daarin te presteer. Dit dra weer by tot positiewe gevoelens. TOELATING – Om vir universiteitstudies te kwalifiseer het jy ‘n Graad 12-sertifikaat nodig met

14

‘n gemiddeld wat jou in staat sal stel om universiteitstoelating of plek in ‘n kollege te kry. Mik vir ‘n gemiddeld van ten minste 55% of hoër. TLP TELLING – Dit is ook belangrik dat jy kennis neem van die universiteit/kollege se Toelatingspunt (TLP)-telling vir die rigting waarin jy belangstel. Verskillende universiteite en kolleges verskil wat die vereiste betref. Kolleges se TLP-vereistes is gewoonlik laer as die van universiteite. Hierdie punt word gewoonlik baie streng toegepas en net een punt te min kan veroorsaak dat jy nie universiteitskeuring kry nie. Maak vroegtydig seker dat jy weet wat die vereistes is en dat jy wel daaraan voldoen - Dit is jou verantwoordelikheid! Die TLP-telling is die totaal van die waardes wat aan vakgemiddeldes gegee word. Kry jou laaste rapport en werk jou huidige TLP-punt uit volgens die waardes in die onderstaande tabel. MY TLP-TELLING = 80 – 100% = 7 70 – 79% = 6 60 – 69% = 5 50 – 59% = 4 40 – 49% = 3 30 – 39% = 2 29 – 0% = 1

?

Hou jou TLP-telling byderhand wanneer jy verder lees oor die verskillende aanlegte. In die algemeen word daar na drie “soorte” verwys, naamlik: 1.1 Geesteswetenskappe Op universiteitsvlak is dit gewoonlik die B.A.-studierigting. Hierdie aanleg dui oor die algemeen op ‘n rigting waar jy met mense gaan saamwerk. Dit kan ook as die sosiale studierigting beskryf word. Die meerderheid van beroepe wat hierdie studierigting as agtergrond het, het met die mens te make.

Tipiese beroepe: joernalistiek, onderwys, sielkunde, teologie, regte, ens. Verpligte vakke: Gewoonlik is daar nie ‘n vereiste rondom vakke wat jy vir graad 12 moet hê om in die


geesteswetenskaplike studierigting te studeer nie. Daar is wel vakke wat aanbeveel kan word vir ‘n beter grondslag. TLP-telling: Vir die meeste BAstudierigtings is ‘n TLP- punt van 28 en hoër nodig.

1.2 Natuurwetenskappe Onder hierdie aanleg word gewoonlik die B.Sc.-studierigtings verstaan. Dit word ook as die meer suiwer wetenskaplike studierigting beskryf en een van die vernaamste komponente van hierdie studierigting is navorsing. Hier val die klem minder op die werk met mense. Dit is so dat mense wel betrokke kan wees, soos in die mediese en paramediese rigtings. Die fokus is egter meer op diagnose en die genesing van die persoon as wat dit oor die persoon se emosies of interaksies gaan. So is die mediese spesialis bv. meer geínteresseerd om die bepaalde siektetoestand te verstaan en gesond te maak, as wat hy/sy geïnteresseerd is om met die persoon se emosies of gevoelens te werk. Persone in hierdie studievlede is gewoonlik meer geneig om introverte, kreatief, perfeksionisties en minder sosiaal te wees. Tipiese beroepe: argitek, ingenieur, bourekenaar, landmeter, bioloog, dierkundige, marinebioloog, biochemikus, mikrobioloog, geneesheer, tandarts, veearts, oogkundige, arbeidsterapeut, fisioterapeut, ens. Verpligte vakke: Om universiteitstoelating te kry, moet jy wiskunde en natuur en skeikunde tot op graad-12 vlak hê. NB! Wiskunde gelettertheid laat jou nie vir universiteitstoelating kwalifiseer nie. Indien jy in die meer tegniese rigtings soos bv. ingenieurswese, en argitektuur belangstel sal vakke soos ingenieursgrafika en ingenieursontwerp en tegniese vakke soos bv. tegnies meganies of tegnies siviel ‘n aanbeveling wees. Dit is egter nie verpligtend nie. As jy meer in die medies, of paramediese rigtings belangstel sal ‘n vak soos lewenswetenskappe weer ‘n pluspunt wees. TLP-telling: In hierdie studierigting is die TLP-telling gewoonlik heelwat hoër as by die ander studierigting - tipies 36 en hoër. ‘n Algemene riglyn hier is om te poog om ten minste 65% vir wiskunde en natuur-en-skeikunde te behaal. 1.3 Handelswetenskappe Die aanleg verwys normaalweg na die B.Com.- studierigtings. Hierdie studierigting handel gewoonlik oor besigheidsbeginsels en handeldryf. Persone in hierdie rigtings kan ekstrovert sowel as introvert wees. So sal aktuarisse en rekenmeesters

oor die algemeen meer introvert wees en personeelbestuurders weer meer ekstrovert. Algemene toepassingsvelde van hierdie rigting is gewoonlik die nywerheid, bemarking, handel, ekonomie ens. Tipiese beroepe: rekenmeester, ouditeur, personeelbestuurder, bedryfsekonoom, ekonoom, aktuaris en bestuurskonsultant. Verpligte vakke: Vir hierdie studierigting is wiskunde gewoonlik ‘n vereiste. Die meeste universiteite erken nie wiskundige geletterdheid as toelatingsvak vir dié rigting nie. Alhoewel nie ‘n vereiste nie, is dit ‘n aanbeveling om rekeningkunde as vak te hê. Ander ondersteunende vakke vir hierdie studierigting is ekonomie en besigheidstudies. TLP-telling: Die verlangde TLP- telling begin gewoonlik by 32. Tegniese studierigting 1.4 ‘n Aanleg in ‘n tegniese rigting dui gewoonlik daarop dat jy met jou hande wil werk, d.w.s. jy wil goed bou, regmaak, ontwerp ens. Persone in hierdie rigting neig gewoonlik om meer introvert van geaardheid te wees. Hulle is meer gefokus op “dinge” en hoe dit werk as op mense. Tipiese beroepe: Ingenieurs, tegnici soos passer en draaiers, gereedskapmakers, ketelmakers, elektrisiëns, motorwerktuigkundiges, sweisers, ens. Verpligte vakke: Wiskunde en fisiese wetenskappe is verpligtend. Die vakke wat aanbeveel word sluit in ingenieursgrafika en -ontwerp, tegnika meganies en tegnika siviel. Waar dink JY lê jou aanleg? Is jou TLP-telling hoog genoeg op die oomblik of sal jy harder moet begin werk?

?

persoonlikheid 2. Persoonlikheid

Die term persoonlikheid is ‘n wye begrip, wat heelwat verskillende elemente van ‘n mens se gedrag bevat. Die handleiding van die persoonlikheidstoets noem die volgende twee aspekte wat van belang is: “Dit sluit die persoonlikheidsdimensies van die algemene persoonlikheidsfeer in, waarvan die bestaan reeds deur navorsing gestaaf is”, en “die toetsresultate verskaf ‘n insigvolle begrip van daardie aspekte van ‘n persoon se persoonlikheid wat bydra tot (of afbreuk doen aan) sy/haar werkverrigting in sy/haar omgewing”. Die hoof kriteria wat gewoonlik deur persoonlikheidstoetse gemeet word, is:

15


1.5 Ekstrovert / introvert Ekstroversie dui op ‘n voorliefde vir kontak met mense. Hierdie persoon wil gewoonlik tussen mense wees en met mense werk. Dit word ook as die sosiale persoonlikheid beskryf en hierdie tipe persoon funksioneer optimaal tussen mense. Ekstroverte word gewoonlik gekenmerk deur hartlikheid, selfvertroue, spontaniteit, opgeruimdheid, vrypostigheid, lewenslus, geesdrif en warmhartigheid. Hulle word dikwels beskryf as die “siel” van ‘n partytjie. Introversie dui weer meer individualisme, terughoudendheid, erns, sensitiwiteit, swygsaamheid, emosie, gespannenheid, geneigdheid tot skuldgevoelens en ‘n meer konserwatiewe geaardheid. Hulle hou meestal daarvan om alleen hulle eie ding te doen. Voorbeelde van beroepe waarin introverte kan uitblink, is navorser, rekenaartegnikus, programmeerder, aktuaris en tekenaar. 1.6 Emosioneel / onemosioneel Emosionele mense se besluitneming word gewoonlik deur hulle emosies beïnvloed. By mense wat emosionaliteit as deel van hulle samestelling besit, kom gewoonlik dinge soos gespannenheid, gejaagdheid, onsekerheid, sensitiwiteit, perfeksionisme, teerhartigheid, bekommernis en angstigheid voor. Dit is vir hulle belangrik om die “regte” ding te doen - dit wat deur die gemeenskap as “reg” aanvaar word. Mense met hierdie karaktertrek moet versigtig wees om beroepe te kies wat baie emosioneel van aard is, soos bv. ‘n veearts wat diere moet kan uit sit of ‘n mediese dokter wat vir die pasiënt moet kan sê dat daar niks meer is wat vir hom/haar gedoen kan word nie. Die meer onemosionele pesoon kan beskryf word as ‘n persoon wat nie deur sy/haar emosies gedryf word nie. Hierdie tipe persoon kan besluite neem sonder dat dit deur emosies beïnvloed word, bv. dit is nou die regte tyd om die dier uit te sit aangesien hy net ly. Hierdie tipe persoon pas tipies goed in beroepe waar die rasionele eerder as die emosionele belangrik is. Voorbeelde van sulke beroepe is ingenieur, medikus, veearts en verpleegster. 1.7 Saggeaard / selfgeldend Saggeaarde mense is gewoonlik goeie volgelinge. Hulle hou daarvan om binne ‘n bepaalde veilige struktuur te funksioneer. Besluitneming kan vir hulle moeilik wees en hulle skram dus gewoonlik weg van situasies waar hulle baie verantwoordelikheid moet dra. Hierdie tipe persoon is gewoonlik sensitief en word maklik deur emosies beïnvloed. Indien hy/sy saam met ‘n sterk persoonlikheid werk, voel hy/ sy gewoonlik veilig en kan dan sy/haar beste lewer.

16

Die selfgeldende persoon is gewoonlik die leier in sy/haar groep. Dit is die persoon wat maklik leiding neem en besluite kan neem. Hulle is gewoonlik meer aggressief en word nie so maklik deur emosies beïnvloed nie. Mense met hierdie karaktertrek wys ook nie maklik hulle emosies nie. 1.8 Skaam, teruggetrokke / avontuurlustig Die skaam, teruggetrokke persoon is lief om eerder op sy/haar eie te werk en nuwe uitdagings laat hulle dikwels ongemaklik voel. ‘n Vasgestelde struktuur help hulle om optimaal te funksioneer. Die avontuurlustige persoon hou daarvan om nuwe dinge te doen en te ontdek. Hulle hou van nuwe uitdagings en wil binne ‘n gedurig veranderende omgewing werk. Hulle raak maklik verveeld en soek voortdurend nuwe dinge om hulself mee uit te daag. 1.9 Gespanne / ontspanne Gespanne persone hou van ‘n veilige, nie-veranderende omgewing. Hulle wil veilig voel binne die omgewing waarin hulle werk. Vaste riglyne en strukture gee aan hulle die veiligheid en sekerheid wat hulle graag wil hê. Ontspanne persone raak nie maklik ontsteld nie. Hulle hou van uitdagings en om nuwe dinge aan te pak. Hulle word nie maklik van stryk gebring nie en geniet dit om voor uitdagings te staan te kom. Hulle wys nie maklik hulle emosies nie. Bogenoemde is geensins ‘n volledige beskrywing van persoonlikheid nie. Dit kan alleen as ‘n riglyn gebruik word in die besluitnemingsproses rondom beroepskeuse. Dit is baie belangrik om daarop te let dat daar geen “regte” of “verkeerde” persoonlikheid bestaan nie. Dit is bv. nie verkeerd om ‘n introvert te wees nie. ‘n Introvert hoef nie te probeer om meer ekstrovert te word nie. ‘n Introvert mag ‘n uitstekende navorser, ingenieur, aktuaris, ens. wees. Ekstroverte wat van mense om hulle hou, sal op hul beurt dit weer nie geniet om alleen in ‘n laboratorium te sit en navorsing doen nie. Dit is belangrik om te kyk na die “tipe” persoonlikheid wat vir ‘n bepaalde beroep belangrik is, en dan te kyk hoe jou persoonlikheid daarby pas.

?

Watter van die vyf woorde hierbo beskryf jou persoonlikheid die beste? Watter ander eienskappe, dink jy, beskryf jou goed?

belangstelling 3. Belangstelling

Belangstelling word in die handleiding soos volg beskryf: “Die vrae in die vraelys het betrekking op die beoefening van aktiwiteite wat onderliggend


is aan ‘n aantal van die belangrikste breë beroepsrigtings. Die kind se gerigtheid ten opsigte van ‘n sekere groep aktiwiteite behoort dan ‘n aanduiding te gee van sy/ haar belangstelling in díe beroepsrigting of –rigtings waarvan die aktiwiteite die basis vorm.” Van die drie aspekte, aanleg, persoonlikheid en belangstelling, is belangstelling die een wat die maklikste kan verander. Dit verander deur die jare soos wat ‘n persoon se blootstelling verander. As jy bv. nog nooit aan die mediese veld blootgestel is nie, is dit baie moeilik om daarin belang te stel. Jy kan dus nie werklik in iets belangstel waarmee jy nog nooit kennis gemaak het nie. In hierdie sin is belangstelling dus baie nou gekoppel aan jou ervaringsen bewussynsvlak. Dit is ook een van die redes waarom die belangstelling so veranderbaar is. Dit is dus ‘n goeie plan om jou aanleg en persoonlikheid te ken, en dan daarvolgens navorsing te doen om te sien waarin jy spesifiek belangstel. Alhoewel belangstelling baie veranderlik van aard is, is dit geensins onbelangrik nie. Belangstelling is verantwoordelik vir motivering. As jy geen belangstelling in ‘n bepaalde rigting het nie, sal dit moeilik wees om jouself te motiveer om in dié spesifieke rigting te studeer. Dit is een van die belangrikste redes waarom studente in hulle kursusse uitsak. Hulle begin in ‘n bepaalde rigting studeer, maar weet nie genoeg daaromtrent nie. Met die eerste reeks swak punte of probleme, skop hulle op want daar is nie die nodige belangstelling om deur te druk nie. Kennis van die studierigting is dus uiters noodsaaklik vir die vorming van ‘n spesifieke belangstelling. Samevattend kan die volgende beeldspraak gebruik word: Die mens kan met ‘n boot vergelyk word • Die romp van die boot die stel persoonlikheid voor. Party mense se persoonlikheid lyk soos die romp van ‘n groot luukse passasierskip - vol liggies en allerlei besienswaardighede. Hierdie beeld verteenwoordig die ekstroverte. Dit is die groot leiers in die gemeenskap. Almal weet van hulle en sien op na hulle. Hulle is die voorlopers. Ander se persoonlikhede kan moontlik weer met die romp van van ‘n seil- of roeibootjie vergelyk word. Hulle is nie die voorlopers en die praters nie, maar eerder die doeners. Hierdie is die meer stil introverte wat rustig op hulle eie tyd alleen die take afhandel. Alhoewel hulle nie so maklik raakgesien word nie, doen hulle op hul beskeie manier hulle ding. •

Die enjin van die boot stel intellektuele vermoëns voor. Party mense is intellektuele reuse, wat met ‘n kragboot met ‘n groot

enjin vergelyk kan word. Hierdie bote beweeg blitsig oor die water en die “gewone” bote kan gewoonlik nie by bly nie. Hierdie beeld stel die ingenieurs, dokters, spesialiste, advokate ens. van die gemeenskap voor. Ander persone kan vergelyk word met ‘n klein bootjie met ‘n kleinerige enjin. Hierdie bootjie beweeg stadiger, maar kom ook op die ou end uit waar dit wil. Hierdie is nie die intellektuele reuse in die gemeenskap nie, maar dit is die mense wat goed gedoen kry. Hulle werk op hulle eie tyd en lewer op hulle manier ‘n waardevolle bydrae tot die gemeenskap. •

Die roer van die boot is sy rigtinggewer. Sonder die roer kan die vinnigste motorboot of die pragtigste passasiersskip na nêrens vaar nie. Die roer van die boot kan met belangstelling vergelyk word. As jy geen belangstelling in ‘n bepaalde rigting het nie, sal jy net soos ‘n boot sonder roer bloot rigtingloos voortdobber sonder om ooit by jou bestemming uit te kom.

opsommend

Opsommend

Ons kan dus sê dat jy die volgende aspekte die hele tyd in gedagte moet hou terwyl jy ‘n beroepskeuse maak: 1. Aanleg 2. Persoonlikheid 3. Belangstelling 4. Vakkeuses 5. Skoolkeuses 6. Punte 7. Toelatingsvereistes van die bepaalde inrigting, bv die TPL-telling 8. Kennis van die bepaalde beroep en 9. Skaarsheid en aanvraag vir die tipe dienste wat die beroepsveld bied. Saam speel al hierdie aspekte ‘n belangrike rol in die maak van ‘n suksesvolle beroepskeuse. As jy een uit die oog verloor, verminder dit jou kanse om ’n goeie beroepskeuse uit oefen aansienlik.

?

Waarin stel jy belang? Wat is jou stokperdjies?

Wat dink jy is die verskil tussen ‘n mens se belangstellings en stokperdjies?

Die volgende gedeelte gaan oor vakkeuses. As jy reeds vakke gekies het, kan jy sien of jy die regte kombinasie van vakke het vir die rigting waarin jy belangstel.

17


?

hoe

es s u e k k a v maak ek

D

ie maak van korrekte vakkeuses is die eerste belangrike stap in die maak van die korrekte beroepskeuse. Ongelukkig word hierdie belangrike keuse reeds gedurende graad 9 gedoen wanneer die meeste dertien- of veertienjariges nog baie min aan ‘n beroepskeuse gedink het. Dit kan dus maklik gebeur dat vakkeuses beïnvloed word deur faktore wat nie van belang gaan wees oor 5 jaar nie, bv. daar is min tyd vir sport as jy ‘n moeiliker vak soos wiskunde kies. Miskien gaan jy harder moet leer as jou maats en dalk gaan jy nie so dikwels soos hulle kan gaan rondloop in winkelsentrums nie, maar binne die groter prentjie gaan jy op die langtermyn die een wees wat bevoordeel word. ’n Ander moontlikheid is dat vakke gekies word op grond van die onderwyser wat dit aanbied. Die fout wat leerders maak, is om vakke te los, omdat hulle nie met ‘n spesifieke onderwyser oor die weg kom nie. Die kern hier is om te bepaal of jy die aanleg en verstandelike vermoëns het om die vak baas te raak. Indien jy dit kan doen, sal jy moet probeer om ongeag die onderwyser deur te druk. Daar is altyd ‘n plan wat jy kan maak, bv. die neem van privaat ekstra klasse. Om ‘n vak te los net omdat dit deur ‘n kwaai onderwyser of ‘n onderwyser waarmee jy nie oor die weg kom nie, aangebied word, is nie die antwoord nie. Jy benadeel net jouself daardeur. Baie leerders maak ook besluite op grond van die opinies van hul maats. Indien jy na hierdie hoorsê sou luister, kan dit gebeur dat jy dalk besluit om nie die vak te neem nie. Sit eerder saam met jou ouers of ‘n ouer broer/suster en gesels oor die implikasies van jou keuses; maak ingeligte keuses en neem verantwoordelikheid vir jou eie toekoms!

Hoekom is vakkeuses so belangrik? Wanneer jy in graad 12 ernstig oorweging gee aan ‘n studierigting kan jy moontlik in ‘n situasie wees waar jy ‘n noodsaaklike vak vir die studierigting wat jy wil volg, nooit geneem het nie. Om dit reg te stel kan tot twee jaar neem, en sal jy moontlik die vak op graad 10,11 en 12 vlak by ‘n kollege moet voltooi. Ten einde sinvolle vakkeuses te kan maak is dit noodsaaklik dat jy sal weet wat die vereistes is wat universiteite en kolleges vir ‘n bepaalde studierigting stel. Wanneer jy

18

die dag voor die groot besluit van vakkeuses te staan kom, hou die studierigting waarin jy mik, in gedagte. Vakkeuses volgens studierigtings: • Geesteswetenskappe Vir hierdie studierigting is geen spesifieke vakke nodig nie. Die TPL-vereiste vir toelating is die belangrikste oorwegende faktor. • Natuurwetenskappe Wiskunde en natuur- en skeikunde is verpligtend. Wiskundige geletterdheid word nie vir hierdie studierigting aanvaar nie. ‘n Punt van 60% en hoër vir hierdie vakke word gewoonlik vereis. Vind uit watter vakke aanbeveel word of tot jou voordeel sal wees vir die beroepsrigting waarin jy belangstel. Vir ‘n wetenskaplike studierigting, kan jy die volgende vakkeuse oorweeg: • Afrikaans • Engels • Lewensoriëngtering • Wiskunde • Natuur- en skeikunde • Lewenswetenskap • Rekeningkunde, bedryfstudies of ekonomie. • Handelswetenskappe Wiskunde is ‘n vereiste. Sommige universiteite erken wel wiskundige geletterdheid as vak vir die rigting. Alhoewel rekeningkunde nie ‘n vereiste is nie, sal dit tot jou voordeel wees om dit as vak te hê. Indien jy oortuig is dat jy ‘n handelsrigting wil volg, kan jy die volgende vakkeuse oorweeg: • Afrikaans • Engels • Lewensoriëntering • Wiskunde • Rekeningkunde • Ekonomie • Bedryfstudies • Tegniese rigting Indien jy seker is dat jy in ‘n tegniese rigting wil studeer, oorweeg dit dan om na ‘n tegniese hoërskool te gaan. Die volgende vakke word aanbeveel: • Afrikaans • Engels • Lewensoriëntering • Wiskunde • Natuur- en skeikunde en


Ingenieursgrafika en –ontwerp • Tegnika siviel of tegnika meganies Hoe maak mens as jy nog glad nie sekerheid het oor die rigting waarin jy gaan studeer nie? Indien jy nog totaal onseker is wat jy eendag wil gaan doen en oor ‘n gemiddelde of bogemiddelde verstandelike vermoë beskik, kan die volgende vakkeuse as ‘n veilige opsie beskou word: • • • • • • •

Afrikaans Engels Lewensoriëntering Wiskunde Natuur- en skeikunde Lewenswetenskap Rekeningkunde

Hierdie vakkeuse maak dit vir jou moontlik om enige van die basiese studierigtings te volg. Let dat jy steeds die nodige punte moet behaal. In hierdie verband steun die universiteite baie swaar op die TPL-telling. Sorg dus dat jy ook aan dié vereiste voldoen. Die belangrikste aspek wat by die maak van jou vakkeuses in gedagte gehou moet word, is dat jy die vertroue moet hê dat jy jou vakke sal kan baasraak. Met jou toekomstige loopbaan die hele tyd in gedagte, kan jy dan gemotiveerd en voluit daarvoor werk! Hopelik het jy nou meer duidelikheid oor hoe om vakkeuses te maak volgens die studierigting wat jy beplan. In die vorige afdeling is daar egter gepraat van skaars en kritiese vaardighede en hoekom dit so belangrik is. As jy dus belangstel om verder te gaan studeer in een van die genoemde rigtings, kyk mooi na die volgende lys waarin al die vaardighede genoem word, asook die vakke wat jy nodig gaan hê vir daardie rigting. Vakkeuses volgens ‘n spesifieke skaars en kritiese vaardigheid: Rekeningkunde Graad: B.Com. word by alle universiteite aangebied Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde en rekeningkunde. Goeie punte in wiskunde en rekeningkunde sal help om gekeur te word. TLP-telling: 28 en hoër. Vakke aanbeveel op skoolvlak: Ekonomie en besigheidstudies.

Die graad volg na ‘n diploma van drie jaar. Vakke aanbeveel op skoolvlak: Wiskunde, inligtingstegnologie (IT) en CAT Onderwys Onderwys kan aan enige universiteit gevolg word. Toelatingsvereistes: Matriek met vrystelling. Daar is geen verpligte vakke wat nodig is vir keuring nie. Indien die student egter ‘n spesialiteitsrigting wil volg, sal dit raadsaam wees om die vakke as matriekvakke te neem, bv. • • • •

Wiskunde/ Fisiese wetenskappeonderrig: Wiskunde en wetenskap. Rekeningkunde-onderrig: Rekeningkunde, ekonomie, bedryfstudies. Tegniese onderrig: Wiskunde, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en –ontwerp en tegnika siviel of meganies Tale onderrig: Duits, Frans, enige Afrika-taal

Maatskaplike werk Kan by alle universiteite studeer word. Toelatingsvereistes: Matriek met vrystelling en TLP-vereiste wat verskil by elke universiteit. Hier is geen spesifieke vakke nodig nie. Verpleegkunde Word aangebied by die meeste groot universiteite. Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde, fisiese- en lewenswetenskappe. Veral wiskunde en lewenswetenskappe is van belang. Aptekerswese Aptekerswese word net deur Potchefstroom en die Universiteit van die Witwatersrand aangebied. Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde, fisiese- en lewenswetenskappe Goeie punte in bogenoemde drie vakke sal baie help om gekeur te word. TLP-telling: Dit is gewoonlik 32 en hoër.

NB! Die meeste universiteite vereis dat jy gewone wiskunde moet hê, dus tel wiskunde geletterdheid nie. Slegs Potchefstroom aanvaar huidig wiskunde geletterdheid as toegang tot ‘n B.Com.- graad.

Dokters Mediese studies word deur al die universiteite wat verbonde is aan ‘n staatshospitaal, aangebied, soos bv. Pretoria, Bloemfontein, Stellenbosch, Witwatersrand, Kaapstad, ens. Die keuringvereistes is baie hoog en gewoonlik word ‘n TPL-telling van 36 vereis, dit beteken ‘n gemiddeld van ten minste 80% in die graad 12-eksamen. Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde, fisiese- en lewenswetenskappe

Inligtingstegnologie Die meeste universiteite bied ‘n graad in inligtingstegnologie aan. Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde Studente kan ook ‘n diploma-kursus aan ‘n universiteit van tegnologie (oud tegniese kolleges) volg. Indien hulle dan ‘n graad wil hê, doen hulle gewoonlik die B.Tech.- graad.

Navorsing Navorsers werk gewoonlik by universiteite, staatsinstansies en semi- staatsinstansies soos bv die RGN of WNNR. Daar is geen spesifieke opleiding vir navorsers nie. Die opleiding is gewoonlik nagraadse kwalifikasies in ‘n spesifieke vakgebied.

19


Ingenieurswese Ingenieurswese kan by die meeste universiteite studeer word. Die keuring is baie streng dus hoe hoër jou graad 12-punte is, hoe beter. Verpligte skoolvakke vir toelating: Wiskunde en fisiese wetenskappe Vakke wat ‘n aanbeveling sal wees: • Ingenieursgrafika en –ontwerp • Tegnika siviel of tegnika meganies • Rekenaartoepassingstegnologie • Wiskunde derde vraestel • Alfa wiskunde Argitektuur Word by groot universiteite in Pretoria en Bloemfontein aangebied, sowel as by die universiteite van tegnologie – dit is die voormalige technikons. Verpligte skoolvakke vir toelating: Wiskunde en fisiese wetenskappe Vakke wat ‘n aanbeveling sal wees: • Ingenieursgrafika en –ontwerp • Tegnika siviel of tegnika meganies • Rekenaartoepassingtegnologie. Tekenaars Vir tekenaars is dieselfde vakkeuse as vir argitektuur. Opleiding vir tekenaars word gewoonklik deur universiteite van tegnologie gedoen. Vakmanne Om in ‘n tegniese rigting te studeer en as ‘n vakman te kwalifiseer, is die volgende vakke verpligtend: Wiskunde en fisiese wetenskappe Studente wat hulle as vakmanne wil kwalifiseer is gewoonlik in ‘n tegniese skool, wat ook die volgende aanbevole vakke bied: Ingenieursgrafika- en ontwerp Tegniese vak bv. pas & draai, ketelmaker, motorwerktuigkunde, elektries ens. Vakmanne word gewoonlik deur tegniese kolleges opgelei. Dit is gewoonlik ‘n drie jaar kursus na graad 12, waarna die kandidaat ‘n vaktoets moet skryf. As hy/ sy dit slaag, is hy/sy ‘n gekwalifiseerde vakman. Tegnici en ingenieurs Dieselfde vakkeuses as vir ingenieurs en vakmanne. Opleiding word gewoonlik ook deur universiteite van tegnologie gedoen. Finansiële professionele persone Die opleiding is dieselfde as vir bestuurders. Die vakkeuses is ook dieselfde. Bestuurders Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde en rekeningkunde. Vakke aanbeveel op skoolvlak: Ekonomie en bedryfsekonomie Die gewildste kwalifikasie vir bestuurders is ‘n B.Com.-graad met vakke soos: • Rekeningkunde • Ekonomie • Bedryfsekonomie • Enterpreneurskap • Statistiek.

20

‘n Bykomende nagraadse kwalifikasie word partykeer ook gedoen, bv ‘n MBL of MBAgraad. Die gasvryheidsektor Opleiding as chefs en kokke word gewoonlik deur hotelskole aangebied. Hierdie is private instellings en die beste is om by hulle te verneem spesifiek wat hulle toelatingsvereistes is. Vakke aanbeveel op skoolvlak: Hotel en spyseniering, toerisme en gasvryheidstudies. Kelners en kenerinne word gewoonlik deur restaurante en hotelskole opgelei. Gewoonlik is daar nie spesifieke vakkeuses voor nodig nie. Die meeste instansies verwag ‘n graad 12-sertifikaat, terwyl daar enkeles is wat ook toelating gee op grond van ‘n graad 10-sertifikaat. Forensiese spesialiste Hierdie is ‘n hoogs gespesialiseerde rigting. Gewoonlik volg studente ‘n B.Sc.- studierigting waar veral die vak chemie belangrik is. Hierdie studierigting kombineer fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe met mekaar. Na die voltooiing van ‘n basiese B.Sc.-graad, word verdere praktiese opleiding gewoonlik in forensiese laboratoriums gedoen. Baie van hierdie studente sluit by die polisie aan, en doen dan hulle verdere praktiese opleiding deur die polisiemag, aangesien speurwerk hier ook ‘n belangrike rol speel. Verpligte vakke vir toelating: Wiskunde, fisiese- en lewenswetenskappe Lugvaart Geen spesifieke studierigting is vir ‘n loods nodig nie. Aangesien die keuring vir loodse so streng is, veral mediese keuring, volg baie studente eers ‘n ingenieursrigting in meganies of elektronika en begin dan met hulle vliegopleiding. Indien iets later met hulle gesondheid verkeerd gaan, het hulle dan ‘n spesialisrigting om op terug te val. Verpligte skoolvakke vir toelating: Wiskunde en fisiese wetenskappe Vakke wat ‘n aanbeveling sal wees: • Ingenieursgrafika en –ontwerp • Geografie. Op op te som: As jy soveel moontlike studierigtings vir jouself wil oophou, kies die volgende: . Afrikaans . Engels . Lewensoriëntering . Wiskunde . Fisiese wetenskap en . Rekeningkunde. Vir ‘n spesifiek tegniese rigting, kies: . Wiskunde . Fisiese wetenskappe . Ingenieursgrafika en –ontwerp . Tegnika meganies of tegnika siviel


Vir ‘n spesifieke rekeningkundige of handelswetenskaplike rigting, kies . Wiskunde . Rekeningkunde . Ekonomie . Bedryfstudie

?

Vir graad 8 en 9 : Watter vakke gaan jy nodig hê? Vir graad 10, 11 of 12: Het jy die regte vakke vir die rigting waarin jy wil gaan studeer?

?

Het jy die regte vakke om vir ‘n spesifieke beroep, waarin jy belangstel, te studeer? As jy nie die regte vakke het nie, wat gaan jy moet verander?

Een van die grootse keuses wat jy gaan moet maak, is om te besluit of jy wiskunde of wiskunde geletterdheid gaan vat. Daar is nog baie leerlinge wat nie heeltemal verstaan wat die verskil tussen die twee vakke is nie. Lees die volgende gedeelte mooi deur en maak seker jy weet watter gevolge jou keuse gaan hê.

de en n u k s i w n sse u t e s u e k eid h die d r e t t e l ge wiskunde

O

m ʼn ingeligte keuse tussen wiskunde en wiskundige geletterdheid te kan maak, is dit nodig dat jy sal verstaan presies wat elkeen van die vakke behels. Jy sal ook moet weet wat die vereistes vir die vakke is. Dit help ook om kennis te dra van die deure wat elke vak vir jou sal oopmaak. Die volgende beskrywings kan jou help in die maak van ʼn keuse:

WAT IS Wiskunde? Wiskunde verwys na die logiese en kritiese beredenering van probleme. Dit verwys spesifiek na die vermoë om ingewikkelde probleme deur middel van bepaalde formules en redenasie op te los. Dit behels die waarneming, voorstelling en ondersoek van bepaalde onderliggende patrone en verwantskappe in ʼn fisiese en sosiale konteks. Die leerder moet in staat wees om onderliggende verbande tussen wiskundige begrippe, formules en stellings te ondersoek. Die doel is om vas te stel of hierdie verbande wel wetenskaplik verantwoord kan word. Die werkswyse wat gevolg word, omvat die beskrywing van numeriese, meetkundige en grafiese verwantskappe. Die leerder moet dus gemaklik wees met numeriese berekenings, meetkundige stellings en grafieke. Die leerder moet dit kan bereken, teken en interpreteer. Ons kan dus sê dat wiskunde gebaseer is op die waarneming van sekere patrone en die berekening daarvan. Dit kan weer lei tot die ontwikkeling van nuwe wiskundige idees en insigte. Gewoonlik word die volgende in die wiskunde leerplan gedek: • Algebra: Produkte en faktore

Algebraïese breuke Oplos van vergelykings Oplos van ongelykhede Skets en interpretasie van grafieke Getalle en getalpatrone Finansiële wiskunde en rente berekening

• . •

Meetkunde: Volume en oppervlakte van figure Skaaltekeninge, kaarte en bouplanne Driehoeke en vierhoeke Analitiese meetkunde Transformasiemeetkunde

Datahantering: Insameling, opsomming en voorstelling van data Sentrale neigingsmetings en verspreidingsmetings Frekwensie en waarskynlikheid Venn-diagramme en waarskynlikheid

Trigonometrie: Inleiding tot trigonometrie Trigonometriese grafieke Oplos van driehoeke

WAT IS Wiskundige geletterdheid? Wiskundige geletterdheid is ʼn afsonderlike vak en hou glad nie met “gewone” wiskunde verband nie. Wiskundige geletterdheid kan gesien word as die praktiese toepassing van wiskundige beginsels in die moderne wêreld. Dit poog om die leerder te help om die wêreld van syfers rondom hom te verstaan en te interpreteer. Hier kry die leerder geleentheid om wiskunde in alledaagse probleemsituasies toe te pas. Wiskundige geletterdheid ontwikkel die leerder se vermoë om alledaagse probleme numeries te interpreteer en krities te analiseer. Die gevolg is verbeterde probleemoplossingsvaardighede.

21


Wiskundige geletterdheid ontwikkel die volgende vaardighede: • die vermoë om basiese wiskundige berekenings te gebruik om alledaagse probleme op te los. • die vermoë om inligting te verstaan wat wiskundig of syferkundig voorgestel word. • die vermoë om logiese argumente te volg. • die vermoë om wiskundig te kan kommunikeer - om syfers te kan verstaan, en sin daaruit te kan maak. Gewoonlik behels die wiskundige geletterdheidsleerplan die volgende: • getalle en patrone • breuke, desimale breuke en persentasies • rentekoerse en verhoudings • direkte en indirekte eweredigheid • meting van lengtes en afstande en die herleiding tussen eenhede • berekening van volume, oppervlakte en omtrek • wetenskaplike notasie • finansiële wiskunde • skets van grafieke en interpretasie daarvan • driehoeke, vierhoeke en prismas • skaaltekeninge • datahantering

Die mees onverstaanbare ding oor die wêreld is dat alles eintlik verstaanbaar is. Albert Einstein (1879-1955) HOE kies ek tussen wiskunde en wiskundige geletterdheid? Wiskundige geletterdheid kan nie vergelyk word met die “ou” standaardgraad wiskunde nie. Wiskunde bestaan tans net op een vlak, aangesien daar nie meer ʼn hoër of standaardgraad is nie. Wiskundige geletterdheid word nie geneem, omdat dit effens makliker as “gewone” wiskunde is nie. Dit is nie ʼn laer of “swakker” weergawe van wiskunde nie. Wiskundige geletterdheid is ʼn selfstandige vak in eie reg. Wat belangrik is, is dat alle leerders of wiskunde of wiskundige geletterdheid vir

22

die graad 12 sertifikaat moet neem. Die volgende riglyne kan gebruik word wanneer tussen die twee vakke gekies moet word: • Aanleg en verstandelike vermoëns Jy kan maklik vasstel of jy wel in staat is om wiskunde te kan doen. Die resultate van ʼn aanleg of verstandsvermoë toets, sal ’n goeie aanduiding gee of jy die vak sal kan baasraak of nie. Die goue reël om in gedagte te hou, is dat indien jy die vermoë het om wiskunde te doen, jy dit wel as vak sal neem. Selfs al beteken dit dat jy harde werk en lang ure gaan moet insit. Dit maak net soveel meer rigtings en beroepsvelde vir jou oop. Indien jy nie die vermoë het om wiskunde te kan doen nie, moet jy wiskundige geletterdheid neem. Mense wat meer kunstig, taalkundig en mensgerig aangelê is, hoef in die meeste gevalle nie ʼn buitengewone wiskundige aanleg te hê nie. • Die studie of beroepsrigting wat jy wil volg Nadat jy bepaal het of jy oor die nodige vermoëns beskik om wiskunde te doen, moet jy bepaal of jou gekose studierigting wel wiskunde vereis. Die riglyn is dat wiskunde verpligtend is vir natuurwetenskaplike en handelswetenskaplike studierigtings. Indien jy wiskundige geletterdheid as vak neem, moet jy liefs vakke soos natuur- en skeikunde, ingenieursgrafika en ingenieursontwerp en tegnika meganies of tegnika siviel vermy. Hierdie vakke vereis ʼn sterk wiskundige onderbou. Neem dus vakke wat aanvullend is tot wiskunde geletterdheid en wat jou ‘n goeie agtergrond vir verdere studies in jou belangstellingsveld kan gee.

?

Gaan jy wiskunde of wiskunde geletterdheid nodig hê vir jou toekomskeuse? Kies jy met jou verstand of met jou emosies? Maak seker dat jy nie ‘n verkeerde keuse maak omdat jy sekere vrese of persepsies het nie.


G?

GTIN I R E I D U T S S EK ‘N

HOE KIE

D

ie keuse van ʼn studierigting is net so belangrik soos ʼn beroepskeuse. Dit is immers wat jy vir die res van jou lewe gaan doen! ʼn Verkeerde studierigting sal beteken dat jy ook die verkeerde beroepskeuse maak. Dit sal veroorsaak dat jy vir ʼn groot gedeelte van jou lewe ongelukkig sal wees. Om ‘n verkeerde keuse reg te stel, kan baie geld kos. Jy kan moontlik ook heelwat tyd verloor en dit het natuurlik ʼn direkte effek op jou toekomsplanne. Jy het nou jou aanleg, persoonlikheid en belangstelling laat toets. Jy weet dus waar jou sterk en swak punte lê. Op grond hiervan moet jy nou ʼn bepaalde studierigting kies. Die volgende riglyne kan in die verband gebruik word: •

• •

Wat persoonlikheid betref is die beginpunt om te bepaal of jy meer introvert of ekstrovert is: – Ekstrovert sal daarvan hou om met mense, of tussen mense te werk. Hierdie persoonlikheidstipe hou nie daarvan om alleen op sy/haar eie te funksioneer nie. Interaksie met ander mense is hier baie belangrik. – Die meer introverte persoonlikheidstipe hou weer daarvan om op sy/haar eie, met min interaksie met ander mense te werk. Kyk ook na jou ander persoonlikheidseienskappe soos bv. sensitiwiteit, avontuurlustigheid, kreatiwiteit, saggeaardheid, gespannenheid, ens. Neem jou sterkste aanleg en vergelyk dit met jou persoonlikheid. Jou aanleg sal binne een van die volgende studierigtings val: – Geesteswetenskaplik – waar jy hoofsaaklik met en tussen mense werk. – Natuurwetenskaplik – waar jy hoofsaaklik op jou eie sal werk. – Handelwetenskaplik – waar jy tussen of saam met mense sal werk. – Tegnies – waar jy hoofsaaklik met “dinge” sal werk. Let ook op na hoe sterk jou aanlegte is. Dit sal jou help om te besluit of jy na ʼn universiteit of kollege toe moet gaan. Die volgende stap is om te bepaal of jy na ʼn universiteit of kollege toe wil gaan. Kyk na die onderskeie toelatingsvereistes en kyk of jy daaraan voldoen. ʼn Verdere wenk is om te probeer om in

jou gekose studierigting, vir meer as een beroepsrigting voorsiening te maak. Kyk na die volgende voorbeeld: Indien die BCom-algemeen (ook genoem eie keuse) gekies word, beteken dit dat jy, binne die toegelate vakke, jou eie vakkeuses kan maak. Die volgende vakkeuses maak bv. drie professionele beroepsrigtings vir jou oop: • Bedryfsielkunde • Rekeningkunde • Ekonomie • Bedryfsekonomie • Statistiek • Handelsreg • Kontrakte reg Na die voltooiing van die BCom-graad kan jy nou in die volgende beroepsrigtings spesialiseer: Bedryfsielkunde: 1. Bedryfsielkunde tot op derdejaarsvlak (As deel van jou graadkursus) 2. BCom Honneurs 3. MCom (Meestersgraad) 4. Plus 1 jaar internskap 5. Bedryfsielkundige Rekeningkunde: 1. Rekeningkunde tot op derdejaarsvlak (As deel van jou graadkursus) 2. BCom Honneurs 3. Drie jaar werksondervinding 4. Kwalifiseer as CA 5. Rekenmeester Regte: 1. Regte tot op derdejaarsvlak (As deel van jou graadkursus) 2. LLB 3. Voltooi 1 jaar klerkskap 4. Prokureur of Advokaat As jy BA Algemeen of eie keuse neem, word die volgende vakke aanbeveel: • Sielkunde • Kriminologie • Opvoedkunde • ‘n Skoolvak soos bv Wiskunde, Engels, Biologie • ‘n Regsvak Soos wat jy nou met die graad vorder, kan jy sien waarin jou belangstelling lê. Met hierdie kombinasie vakke kan jy verder in die volgende rigtings spesialiseer: BA Algemeen met Sielkunde: • ‘n Kliniese sielkundige • ‘n Voorligtingsielkundige

23


• •

‘n Opvoedkundige sielkundige ‘n Forensiese sielkundige

Indien jy BA Algemeen met Kriminologie saam met sielkunde neem, kan jy bv ‘n kriminoloog of forensiese kriominoloog word. Neem BA Algemeen met Opvoedkunde saam met ‘n skool vak om ‘n onderwyser te word. BA Algemeen met regsvakke maak die deure oop vir ‘n beroep as prokureer of advokaat. Indien jy belangstel om verder in die BSc studierigting te studeer, onthou dat BSc uit twee bene bestaan, naamlik: 1. BSc met Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Fisika en Chemie Met die studierigting kan jy in die volgende rigtings verder studeer: • Ingenieurs rigtings • Argitektuur • Landmeter • Tekenaar • Bourekenaar • Geologie • Sterrekunde, ens 2. Die BSc met Biologie en Plant- en Dierkunde Die kombinasie maak weer die volgende studierigtings oop: • Medies • Tandarts, • Veearts • Fisioterapie • Arbeidsterapie • Radiografis • Optemetrie • Biochemikus • Mikrobilologie, ens.

e

ES s D O T E M E I D STU

Om jou te help om ʼn ingeligte besluit te kan maak, is daar hulpmiddels soos aanlegtoetse, persoonlikheidsen belangstellingsvraelyste. Dit sal jou ook loon om hierdie resultate met jou ouers en enige ander ingeligte persoon wat jy vertrou, te bespreek. Hulle kan moontlik aspekte raaksien waaraan jy nooit gedink het nie.

s m o k e o t y rol in m

I

n die voorafgaande stukke is daar telkens klem gelê op die belangrikheid van goeie punte. Nie alleen is dit belangrik om toelating tot jou bepaalde studierigting te kry nie, maar dit kan ook vir jou ‘n voordeel gee wanneer dit kom by beursaansoeke. Wat die toelatingsvereistes van die verskillende studierigtings betref kan jy die volgende in gedagte hou: • Die B.A.- studierigting ’n Algemene riglyn hier is ‘n gemiddeld in jou finale eksamen van ten minste 55% tot 60%. Geen spesifieke vakke word vereis nie.

24

Omdat jy jou aanleg en persoonlikheid nou ken, sal jy weet watter tipe studierigting die regte een vir jou sal wees. Deur die vakkeuse goed te deurdink, kan jy sorg dat meer as een beroepsrigting vir jou oopgesluit lê. Onthou om laastens jou belangstelling ook hierby in berekening te bring. Soos reeds gesê, is jou belangstelling die motivering of roer wat jou in die regte rigting sal stuur. Nadat jy jou keuses gemaak het, is dit ʼn goeie plan om na sommige van hierdie beroepe in die praktyk te gaan kyk. Reël bv. dat jy ʼn dag of twee saam met iemand wat die besondere beroep beoefen, deurbring. Sodoende sal jy waardevolle ervaring opdoen en agterkom wat die grootste gedeelte van die persoon se dag uitmaak. Jy kan nou besluit of jy daarvan sal hou om dit vir die res van jou lewe te doen. Die keuse van ʼn studierigting is nie maar ʼn vinnige of oppervlakkige besluit nie. Te veel studente kies nog studierigtings, omdat hulle vriende in dié rigting studeer. Dit is die verkeerdste ding wat jy kan doen. Die maak van ʼn studiekeuse is ʼn persoonlike saak waaroor net jy kan besluit.

• Die B.Sc.- studierigting ‘n Gemiddeld van tussen 60% en 65% behoort vir jou toegang te gee tot hierdie rigting. Vakke wat veral hier belangrik is, is wiskunde, natuur- en skeikunde en lewenswetenskap. Hoe hoër jou punte in hierdie vakke is, hoe beter. • Die B.Com.- studierigting Weer eens is ‘n gemiddeld van tussen 60% en 65% ‘n goeie riglyn. Vakke wat hier belangrik is, is wiskunde en rekeningkunde. Probeer om in hierdie vakke meer as 60% te behaal.


Jy het nou jou vakke reg gekies. Jy weet watter studierigting jy wil volg. Op hierdie stadium behoort jy ook te weet dat jy die nodige aanleg, persoonlikheid en belangstelling in hierdie rigting besit. Wat nou gemaak as jou punte is nie goed is nie? Dit kan moontlik wees dat jy nie genoeg leer nie, of selfs glad nie leer nie. Ten einde hierdie probleem te oorkom, kan jy oorweeg om na ‘n voorligting sielkundige of ‘n opvoedkundige sielkundige te gaan om jou met jou studiemetodes te help. Gewoonlik kan lae punte direk terug herlei word na swak of onvoldoende studiemetodes. Die algemeenste studiemetodes is: • opsommings • breinkaarte • vraag/antwoord sisteem.

“Sukses word behaal deur elke tree in ‘n doel te verander en elke doel ‘n nuwe tree!” Carlos Cortés

Die studiemetode wat vir jou gaan werk moet by jou persoonlike leerstyl aanpas. Om uit te vind watter studiemetode spesifiek by jou sal pas kan jy ‘n afspraak by ‘n sielkundige maak om, deur middel van psigometriese evaluering, vas te stel wat jou persoonlike leerstyl is. Daar is egter geen plaasvervanger vir tyd en werk wanneer dit by studies kom nie. Daar is geen towerformule waarvolgens jy die werk, in ‘n kits, in jou kop sal kry nie. Al besit jy bogemiddelde verstandelike vermoëns, is dit steeds harde werk om die feite te bemeester en te memoriseer. Studeer is ‘n aktiewe proses. Om op jou bed lê en die werk deur te lees is nie noodwendig studie nie. In hierdie verband kan ons ‘n vergelyking tref tussen studeer en sport. Indien jy rugby of netbal speel, sal dit nie veel help as jy vir oefening op jou bed lê en ‘n rugby- of netbalboek deurlees nie. Nee, om sport te oefen, beteken jy moet aktief op die veld wees en daaraan deelneem. In alle sportsoorte is daar oefenprogramme, gewoonlik met vasgestelde tye daaraan gekoppel. Daar is ook ‘n afrigter betrokke. Die afrigter leer jou die fyner kunsies van die spel, en sorg dat jy wel oefen. Hierdie aktiewe oefenproses is net so op studie van toepassing. Selfs as jy die beste studiemetode in die wêred het, kan ‘n afrigter en ‘n vaste studierooster steeds baie waarde toevoeg. Die rede waarom baie leerders sê dat studiemetodes nie werk nie, is omdat hulle dit nie volgens ‘n spesifieke rooster oefen nie. Jou pa, ma of voog kan die rol van afrigter vervul deur jou by te staan om getrou die rooster te volg. Die volgende is ‘n algemene voorbeeld van ‘n studierooster: • Maandag: 15:00 – 16:30 wiskunde • Dinsdag:

16:00 – 17:30 natuur- en skeikunde

• Woensdag: 15:00 – 16:30 lewenswetenskap

• Donderdag: 19:00 – 20:30 afrikaans • Vrydag:

14:00 – 15:30 engels

• Sondag:

Jou dag af

• Saterdag:

15:00 – 16:30 rekeningkunde

Op Maandag neem jy bv. al die wiskunde van verlede Maandag tot hierdie Maandag en som die reëls, formules, stappe en voorbeelde op. Die res van die tyd kan jy gebruik om dit te oefen. So maak jy dan met elke vak. Maak van opsommings, breinkaarte, of ‘n ander studiemetode gebruik om die feite op skrif te stel. Daarna kan jy dit leer. Teen Saterdagaand behoort die voorafgaande week se werk opgesom en geleer te wees. Jy gebruik dus hierdie daaglikse studietye as “oefentye” soos wat jy sou doen vir ‘n rugby- of netbaloefening. Jou “afrigter” sal toesien dat die “oefening” vir die bepaalde vak vir daardie dag afgehandel is. Indien jy op enige tyd agter raak, moet dit oor naweke opgevang word. Elke Maandag word daar met ‘n nuwe week se werk begin. Indien jy hierdie werkswyse volg, sal dit verseker dat jou leerwerk altyd op datum is. Wanneer jy dan ‘n toets of eksamen skryf, is dit slegs nodig om hersiening te doen. Geniet jou studies! Dit maak die wêreld vir jou oop en onthou: Noudat jy ‘n paar wenke gekry het oor hoe om te studeer, moet jy self nadink oor die manier w aarop jy studeer. As jy weet jy leer nie hard genoeg nie sal jy aanpassings in jou program moet maak om seker te maak dat jy ‘n toekoms gaan hê na skool. Een van die grootste probleme met studiemetodes, is dat baie leerlinge nie seker is hoe om te leer nie. Dit is waarskynlik ook een van die redes waarom baie leerlinge wiskunde as vak so gou as moontlik los. Vir die rede is daar ‘n hele gedeelte wat verduidelik hoe om wiskunde te leer..

HOE LEER EK WISKUNDE ‘n Mens hoor baie keer dat iemand sê, “Ek kan nie wiskunde leer nie. Dit is ‘n verstaan-vak en ek verstaan dit eenvoudig nie”. Alhoewel party mense meer sukkel met wiskunde, is dit nie heeltemaal waar nie. Wiskunde verskil tog van ander leer-vakke omdat dit ‘n verstaan-vak ook is. Maar dat dit nie geleer kan word nie, is nie die waarheid nie. Soos met alles in die lewe, het ‘n mens ‘n sekere mate van kennis nodig om take te kan afhandel. Sonder kennis sal die beste

25


wiskundige nie alle probleme kan oplos nie. As ons praat van kennis, bedoel ons dat daar bepaalde feite is wat jy moet leer en onthou, voordat jy die wiskundige berekening kan doen. Daardie feite sluit in: reëls, formules, stellings, ens. Met sommige probleemoplossings moet daar ‘n spesifieke werkswyse gevolg word. Kyk bv. na die volgende kennis en werkswyses wat gevolg moet word wanneer jy met hakies werk: Wat word met ‘n hakie bedoel? Hakies word gewoonlik gebruik om getalle saam te bind, sodat dit as ‘n eenheid beskou kan word. Dit wat binne die hakies is, is word as ‘n enkele hoeveelheid beskou. Kyk na die volgende geval: 13 – (6 + 2) beteken dat 13 verminder moet word met dit wat binne die hakies is, naamlik (6 + 2) = 8, dus 13 – (8) = 5. Dit is iets anders as 13 – 6 + 2. In hierdie geval beteken dit dat 13 met 6 verminder moet word = 7. Hierna moet 2 weer bygetel word. Die antwoord is dus 9.

1 2

Die eerste reël is dus dat al die bewerkings binne die hakies eers gedoen moet word. Daarna word die ander berekenings gedoen.

Die tweede reël hou verband met vermenigvuldiging en deling. Dit impliseer dat alle berekenings binne die hakies eers voltooi moet word, voordat daar vermenigvuldig of gedeel word, bv:

10 (4 – 2) beteken dat jy eers die bewerking binne die hakies voltooi en dit dan met 10 vermenigvuldig, dus 10 (2) = 10 x 2 = 20 Dit verskil ook weer van 10 x 4 – 2, wat beteken 10 x 4 = 40 – 2 = 38.

3

Die derde reël is dat jy eers alle vermenigvuldiging en deling afhandel, voordat jy bytel of aftrek. Wat jy verder moet weet is dat vermenigvuldiging op ‘n paar maniere geskryf kan word, naamlik:

xy beteken : x vermenigvuldig met y x.y beteken : x vermenigvuldig met y x(y) beteken: x vermenigvuldig met y Hierdie is belangrik om te weet wanneer jy ‘n probleem soos die volgende moet oplos: 2(x).3

26

Dit beteken 2 vermenigvuldig met x en weer vermenigvuldig met 3, dus 6x. • Die oomblik dat jy weer met alfabetiese veranderlikes (simbole) begin werk, geld nog ‘n ander stel reêls, bv: x + x = 2x, maar x . x = x² •

‘n Volgende reël dek die situasie van vermenigvulging waar beide syfers en simbole betrokke is. Syfers word met mekaar vermenigvuldig, terwyl die simbole by vermenigvuldiging tot die 2de, 3de mag, ens. geskryf word, soos in die onderstaande geval: 2 x 3x(x . 4)

Eerstens doen ons die bewerkings binne die hakies, naamlik (x.4) = (4x) Nou word die antwoord met dit wat direk voor die hakie staan vermenigvuldig, dus 2 x 3x x 4x = 2 x 12x² Laastens word die antwoord weer met 2x vermenigvuldig. Die finale antwoord is dus 24x². Bogenoemde voorbeelde wys dus duidelik dat daar heelwat dinge is wat in wiskunde geleer kan word. As jy een van hierdie reëls nie ken nie en jy kry dit nodig tydens probleemoplossing, sal jy nie by die regte antwoord kan uitkom nie. Dit is gewoonlik in só ‘n geval dat jy vir jou maats en/of ouers sal sê dat jy nie wiskunde verstaan of kan doen nie. Die werklike rede is dan eintlik dat jy nie jou reëls ken nie, en daarom nie die wiskunde kan doen nie. Om saam te vat: 1. Maak ‘n lys van: a. reëls b. formules c. volgorde van bewerking 2. Skryf nou ‘n voorbeeld of voorbeelde neer wat hierdie inligting duidelik illustreer. 3. Oefen nou hierdie werk, nadat jy dit opgesom en geleer het. Volgende keer wanneer jy wil sê dat jy nie wiskunde kan doen nie, maak seker dat jy al hierdie stappe noukeurig uitgevoer het. Die meeste van die tyd sal jy sien dat wiskunde glad nie so moeilik is nie. Indien jy dan wel hulp nodig het, kan jy vir die onderwyser presies wys wat jy opgesom en geleer het. Hy/sy kan dan onmiddellik sien waar jy verkeerd gaan en jou help.


: S Y L E : S A Y L R VVRAE Watter tipe beroep kan ek volg? Die volgende vrae sal jou ‘n aanduiding gee van die soort beroepe of studierigtings waarin jy

belangstel. Onthou: Hierdie is nie ‘n wetenskaplike meetsinstrument nie, maar bied bloot riglyne waarbinne jy verder navorsing oor jouself en jou beroepskeuse kan doen.

GEESTESWETENSKAPPE Werk tussen mense en nie soseer met hulle nie: Ja

Nee

Ek hou daarvan om te teken of sketse te maak. Ek hou daarvan om gedigte voor te dra.

Ek hou van dramas en verhoogoptredes.

Ek hou daarvan om opstelle en kortverhale te skryf.

Ek hou daarvan om na geskiedkundige plekke te gaan. Ek hou van museums.

Ek hou van teater en musiek-uitvoerings.

Ek hou van fotografie en video-opnames. Ek hou daarvan om toneel te speel.

Ek hou van grafiese ontwerp en advertensies. Indien jy 6 of meer keer “ja” geantwoord het, dui dit daarop dat jy ‘n belangstelling in die kunste, tale en drama het.

Moontlike beroepe:Grafiese ontwerper, joernalis, fotograaf, binnehuisversierder, ens.

Werk met mense:

Ja

Nee

Ek hou daarvan om mense in nood te help.

Ek wil graag iets vir mense doen wat swaar kry. Ek luister graag na mense se probleme.

Ek wil die meeste van my dag saam met mense deur bring. Dit is vir my baie moeilik om alleen te wees.

27


Ek hou daarvan om voor mense op te tree en te praat. Ek hou van debatvoering en redenering. Ek wil mense help wat arm is.

Ek hou daarvan om hofsake te volg.

Reg en geregtigheid is vir my baie belangrik. Meer as 6 “ja’s” dui daarop dat jy belangstel om met mense te werk.

Moontlike beroepe:Sielkundige, onderwyser, maatskaplike werker, predikant, prokureur, ens.

NATUURWETENSKAPPE

Ja

NEe

Ek hou daarvan om oplossings vir probleme te vind.

Ek wil graag nuwe tegnologie ontwikkel wat die mensdom kan help. Ek hou daarvan om wetenskaplike beginsels prakties toe te pas. Ek wil meer uitvind oor die werking van die menslike liggaam. Wiskunde, wetenskap en biologie is my gunstelingvakke. Ek hou daarvan om dinge reg te maak.

Ek hou daarvan om televisies en videomasjiene uitmekaar te haal om te sien hoe dit werk

Ek sal ou rekenaars se onderdele gebruik en ‘n nuwe een bou. Ek hou daarvan om dinge te ontwerp en dan te bou. Ek hou daarvan om wiskundige probleme op te los.

Meer as 6 “ja’s” dui op ‘n natuurwetenskaplike belangstelling in rigtings.

Moontlike beroepe:Ingenieurswese, argitektuur, medies, paramedies, ens

HANDELSWETENSKAPPE

Ja

Ek hou daarvan om met syfers te werk.

Dit is vir my lekker om boekhouding te doen. Ek hou van koop en verkoop.

Ek hou daarvan om bv by die skool handel te dryf. Ek stel belang in die aandelemark.

Ek hou daarvan om begrotings op te stel,

Ek hou daarvan om ‘n besigheid te bestuur, Ek wil eendag my eie besigheid besit,

Ek lees gereeld die finansiële verslae in koerante, Ek is bewus van die rand/doller-wisselkoers.

Meer as 6 “ja’s” dui daarop dat jy belangstel om in ‘n handelsrigting te studeer. Moontlike beroepe: Rekenmeester, boekhouer, finansiële bestuurder.

28

Nee



in? g n i p e o er i r e s l a g p n r o a j a n w vir ‘ f i r k s g i u – ‘n get NAAM Jefta AGTERGROND Woon aanvanklik in Gilead, maar later in Tob. Die omstandighede in die land was baie gevaarlik. Die grondgebied van Gilead is beset deur die Amoriete wat reeds vir agttien jaar die Israeliete onderdruk en mishandel het. PERSOONLIKE BESONDERHEDE EN OPVOEDING Jefta se pa was ‘n vername gemeenskapsleier. Sy ma was egter ‘n prostituut. Jefta het nie sy ma geken nie en sy pa het hom as buite- egtelike seun grootgemaak. Jefta het ‘n slegte verhouding met sy stiefbroers gehad. Hy het as jong seun in ‘n ouerhuis sonder liefde grootgeword. Sy pa het gereeld buite-egtelike verhoudings gehad en as jong seuntjie is hy deur sy stiefbroers mishandel. Dit was ‘n gesin vol spanning, naywer en agterdog en Jefta is uit die huis weggejaag. As tiener het Jefta verbitterd tussen die leeglêers van Tob beland. Jefta was ‘n bendeleier wat vervreemd geraak het van sy familie en volk. Alhoewel Israel die Here aanbid het, is daar geen aanduiding dat Jefta as jongmens die Here geken het nie. BEROEP Waarskynlik omdat Jefta van kleins af sy man moes staan teen boelies en in ‘n gevaarlike land moes oorleef, het hy ontwikkel tot ‘n gedugte soldaat en leier. KARAKTER Jefta het ‘n reputasie gehad as ‘n onverskrokke vegter. Toe die leiers van Gilead na Jefta kom vir hulp het hy geweet hulle het hom gehaat, maar hy het nie wraak geneem nie. Agter hulle versoek het Jefta God se roepstem gehoor, en hy het daarop geantwoord deur saam met hulle te gaan. Deur dié optrede word Jefta se karakter openbaar. VERWYSING Hierdie buite-egtelike weggooiseuntjie wat liefdeloos grootgeword het, wat vervreemd was van sy gesin en verwerp was deur sy mense, het een van die grootste generaals in Israel geword. In Hebreërs 11 staan sy naam opgeteken in die galery van geloofshelde.

30

Danie Langner

WAT LEER JEFTA ONS OOR ROEPING? Roeping word ontdek of herbevestig wanneer jy God in bepaalde omstandighede of op ‘n spesifieke tyd in jou lewe op ‘n nuwe manier ontmoet. God roep elke mens vir ‘n spesifieke taak of beroep. Dit is nie noodwendig iets groot of belangriks in mense se oë nie, maar in God se oë is dit belangrik en het dit groot waarde. God se roeping is persoonlik. Sy roeping vir jou, is net vir jou. Nietzsche het gesê as ‘n mens ‘n hoekom in die lewe het, kan jy uithou met enige hoe. God kyk nie na omstandighede, afkoms, posisie of agtergrond as hy jou wil gebruik nie. God het ‘n plan vir elke mens omdat Hy lief is vir ons ten spyte van wie ons is of hoe ons CV lyk. Roeping is veel meer as wat ons wil word, ons drome of ons ideale. God se roeping is verrassend anders, gerig op ander, en groter as enige iets wat ons ooit kan dink of droom. God se roeping is altyd gerig op die nood van ander mense. Hy stuur Sy mense met hoop na ‘n wêreld sonder hoop. As God jou roep, vra Hy slegs ‘n gehoorsame antwoord op sy roepstem. Wanneer jy gehoorsaam antwoord, gee God vir jou op die regte tyd alles wat nodig is om die werk te doen waarvoor Hy jou roep. As Hy jou roep, los Hy jou nooit nie. God se roeping hou altyd ‘n toekomsbelofte in. Wie gehoorsaam sy roeping uitleef, ontdek nuwe horisonne. Lees ‘n paar roepingsverhale in die Bybel. Lees veral dié van Josef, Daniël en Ester.

?

Dink jy die mense het nooit getwyfel nie? Dink aan die volgende mense in die Bybel wat God gebruik het, ondanks hul foute: Moses - spraakprobleme Simson - het ‘n swakheid vir vroue gehad en was gebruik as rigter Petrus - het getwyfel en tog bou Christus sy kerk op hom Paulus - het Christus vervolg en hy was gekies om die evangelie te versprei Simon Petrus - het Jesus


verraai en tog was hy ‘n dissipel Jakobus en Johannes - altwee het vurige geaardhede gehad, maar was dissipels Tomas - ongelowig om te glo dat Jesus opgestaan het uit die dood, maar was ‘n dissipel Matteus - ʼn tollenaar en verag deur die Jode Simon die Kananeër - fanatieke politieke Joodse opsteker

die k e k a a m Hoe der? n i m d i e h r onseke

J

y is moontlik al in graad 12, maar nog steeds baie onseker oor wat om met jou toekoms te doen of wat om te gaan studeer. Wat kan jy doen om sekerheid te kry?

Die volgende klompie riglyne kan jou help met die maak van jou keuses:

1 Kor. 9:26 “Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie.”

• Psigometriese toetse Dit is ‘n baie sinvolle beginpunt om na ‘n sielkundige te gaan en ‘n reeks psigometriese toetse af te lê. Die sielkundiges kan jou begelei om jouself beter te verstaan en om vir jou meer duidelikheid te gee oor die belangrikste aspekte van jouself wat jy nodig het om ‘n goeie beroepskeuse te maak. Hierdie toetse behels gewoonlik: • Aanlegtoetse • Persoonlikheidstoetse en • Belangstellingstoetse. Die resultate van hierdie toetse sal jou ‘n goeie aanduiding gee van watter rigtings jy kan oorweeg, soos dit bespreek is in die vorige afdeling: • Geesteswetenskappe • Natuurwetenskappe • Handelswetenskappe of • Tegniese rigting ‘n Toetsprogram kan jou meer leer van jou vaardighede en persoonlikheid: aspekte wat van belang is wanneer jy jou toekoms moet beplan. Onthou egter dat selfkennis die sleutel tot jou toekomsbeplanning is. Indien jy reeds hierdie toetse gedoen het, en nog steeds onseker is, moet jy nie dink dat daar nie meer hoop is nie. Dit gebeur selde dat iemand dadelik presies weet wat hulle wil doen. Een manier om meer duidelikheid te kry oor ‘n spesifieke rigting is om skaduwerk te doen.

?

Skryf ‘n getuigskrif vir jou lewe – volgens dieselfde opskrifte as Jefta s’n. Dink jy die beroep wat jy oorweeg stem ooreen met God se roeping vir jou?

Louis Jacobs

• Skaduwerk Skaduwerk beteken dat jy soos ‘n “skaduwee” iemand volg wat in ‘n sekere beroep staan. Begin deur beroepe te identifiseer waarin jy belangstel en vra dan persone in hierdie beroepe om een of meer dae saam met hulle te werk en te observeer. Dit is die beste manier om presies te sien hoe verloop ‘n “tipiese” werksdag in die beroep. Dit sal jou ook in staat stel om meer ingeligte vrae te kan vra, aangesien jy nou eerstehandse inligting oor die beroep sal hê. Wanneer jy nou saam met die persoon is sy werkplek is, maak seker dat jy notas neem van wat alles gedoen word. Stel vir jouself ‘n lysie op met die volgende vrae as riglyne: • Wat is die belangrikste kwalifikasies wat ek gaan nodig hê? • Watter persoonlikheidseienskappe is belangrik in die beroep? • Moet ek met mense werk, of werk ek hoofsaaklik alleen? • Is spanning in die werksituasie algemeen teenwoordig? • Wat is die werksure? • Watter vergoeding kan ek verwag? • Wat is alles in die vergoedingspakket ingesluit? (bv. medies, pensioen) • Is daar genoeg werksgeleenthede in die veld? • Wat is die bevorderingsmoontlikhede? • Kan ek die beroep ook privaat, op my eie beoefen? Vul die lysie hierbo aan met punte wat vir jou baie belangrik is en vra ook jou ouers vir raad. Dit is egter baie belangrik dat jy aktief sal wees as jy skaduwerk doen. Skaduwerk beteken die meeste as dit ‘n aktiewe, saamdoenpoging is. Na afloop van jou ervaring, vergelyk die werksvereistes met jou aanleg, persoonlikheid en belangstelling. Vra die skadu-persoon se insette en leer uit elke

31


geleentheid wat jy ontvang. Onthou, hoe groter die ooreenkomste, hoe groter is jou kanse op die korrekte beroepskeuse. • Vra, ondersoek en vind uit... Nog ‘n manier om jou onsekerheid te bowe te kom, is om met soveel moontlik mense daaroor te praat. Praat met ‘n onderwyser waarmee jy goed oor die weg kom; vra die buurman wat werk in daardie spesifieke rigting waarin jy belangstel; praat met jou ouers, predikant, famililede, ouers van jou beste vriende, ens. Hoe meer jy praat, hoe meer hoor jy ander persone se menings en hoe meer word jou eie gedagtes georden. Dit help jou ook om voor- en nadele van die beroepe teen mekaar te kan opweeg. Skryf hierdie vooren nadele op ‘n lys neer en vergelyk dit. Sodra jy belangstel in ‘n sekere rigting, moet jy soveel moontlik uitvind oor die rigting. Lees beroepsbylaes in koerante, kyk na opleidingsinstansies se brosjures, gesels met mense in die beroep en soek op die internet vir soveel moontlik inligting. Hoe aktiewer jy hierdie proses benader, hoe doeltreffender sal dit wees. • Lees die loopbaanadvertensies in koerante Die meeste leerders dink nie daaraan om na die advertensies vir werkers in die koerant te kyk nie. In werklikheid is hierdie advertensies ‘n baie goeie bron van inligting. Daarin sal jy baie gou sien watter tipe kwalifikasies die meeste in aanvraag is, watter tipe salarisse die verskillende beroepe betaal of wat die bevorderingsmoontlikhede is. Dit sal jou baie help om ‘n opsomming van elke koerant se advertensies te maak en na afloop van ‘n maand te kyk watter tipe poste die meeste geadverteer word of watter tipe kwalifikasies die meeste vereis word (verwys terug na jou lysie). Jy sal baie gou ‘n goeie verwysingslêer hê wat jou baie sal help in jou besluitneming en selfs later wanneer jy moet kies tussen werke. • Oorbruggingsjaar Baie leerders probeer hierdie besluitnemingsproses met die neem van ‘n oorbruggingsjaar oorkom. In die meeste van die gevalle werk dit nie. Die rede is dat die leerders niks in die jaar inbou wat hulle met hulle keuses gaan help nie. Deur ‘n jaar af te neem, sal beteken dat jy maar net weer aan die einde daarvan voor dieselfde besluite te staan sal kom.

32

‘n Oorbruggingsjaar kan oorweeg word wanneer jy: –

nie die regte graad 12 vakke het nie Indien jy gedurende jou graad 12 jaar uitvind dat jy die verkeerde vakkeuse gemaak het, kan jy gedurende hierdie jaar hierdie twee vakke deur ‘n kollege of deur die pos doen. As jy die vermoë het om in ‘n sekere rigting te studeer, maar jy het nie die regte vakke daarvoor nie, hou moed. Pasop om nie jou drome weg te gooi omdat jy bang is om een jaar te gebruik om 20 jaar daarna baie gelukkig in die regte beroep te wees nie.

persoonlike en/of huislike probleme Indien daar enige persoonlike of huislike probleme is wat ‘n direkte invloed op jou studies kan uitoefen, is dit ook ‘n goeie idee om dit gedurende ‘n oorbruggingsjaar te hanteer. Dit is beter om dit in een jaar te bowe te kom as wat dit jou hele studietydperk beïnvloed..

tydelike werk Jy mag dalk weet wat jy wil studeer, maar is nie seker of die tipe werk daarna vir jou bevredigend gaan wees nie. Jy kan dan gedurende ‘n oorbruggingsjaar poog om ‘n tydelike pos in so ‘n rigting te bekom. Gebruik dan hierdie jaar om te kyk of dit is wat jy eendag sal wil doen. Oorweeg selfs ‘n kort kurses in die tyd wat nogtans waarde tot jou studies kan voeg.

Voordat jy op tydelike werk besluit, is dit dalk goed om eers deur skaduwerk die inligting te verkry. As dit nie werk nie, probeer vakansiewerk as tweede opsie. As dit steeds nie werk nie, oorweeg ‘n oorbruggingsjaar. Probeer dus sover moontlik om ‘n brugjaar te vermy. Indien jy dit wel oorweeg, maak seker dat die jaar volledig beplan is en dat jy gedurende die jaar al jou vrae sal kan beantwoord. Onder geen omstandighede moet jy ‘n oorbruggingsjaar sien as ‘n jaar om af te vat en niks te doen nie. Daarvoor is die lewe te kort en studies te duur!! Bogenoemde is slegs enkele moontlikhede wat jy kan doen as jy onseker is wat jy moet gaan studeer. Die belangrikste boodskap is dat jy aktief betrokke by die hele proses moet wees. Hoe meer aktief betrokke jy is, hoe groter is jou kanse om die regte beroepskeuse te maak!


f l e s y m k e Hoe kan en? k r e e l r e bet

V

oel jy somtyds of jy jouself nie ken nie of dat jy nie seker is wie jy is nie? Dit is dan baie belangrik om te onthou dat om jouself beter te leer ken, ‘n lewenslange proses is. Dit is ‘n reis waar jy voortdurend nuwe dinge oor jouself ontdek. Daar is ‘n konsep wat die Johari-venster genoem word, wat jou kan help om jouself nog beter te ken. Hierdie is maar een manier wat jy kan gebruik om meer van jouself te leer, maar elke bietjie selfkennis wat jy opdoen, help jou om jou plek en roeping beter te verstaan. Soos jy hieronder sal sien, word daar verwys na vier areas of kategorieë van bewustheid oor jouself: 1. Jy weet wat jy weet en ander stem saam

Janee!!

Dit is die dinge wat jy alreeds oor jouself weet. Daar is dinge waaroor jy baie seker is en waarmee die mense rondom jou saamstem. Dink aan dinge soos om voor mense te praat of dat jy baie hou van groot groepe mense. Jy hou dalk baie daarvan om debatte te voer, maar hou minder van sport en almal weet dit. Wees maar versigtig om nie sekere goed af te skryf vir die verkeerde redes nie, soos vakke waarvan jy nie hou nie omdat die huiswerk baie is...

2. Jy weet dinge wat ander nie weet nie

jy sal dit nie glo nie maar...

Jy kan soms iets oor jouself weet wat ander nie weet of hoef te weet nie. As gevolg hiervan aanvaar ander mense moontlik dinge oor jou wat eintlik nie deel uitmaak van die ware jy nie. Dit kan wees dat jy geheime het wat jou terughou om waarlik jouself te wees. Dit is belangrik dat jy met iemand wat jy vertrou oor hierdie dinge gesels. Op so ‘n manier leer jy ook baie oor jouself. Soms kan dit wees dat ouers druk op jou plaas om in ‘n sekere rigting te studeer, terwyl jy weet dit is nie wat jy wil doen nie. In só ‘n geval is dit belangrik dat jy vir jou ouers vertel en eerlik met hulle sal wees.

3. Ander weet iets wat jy nie oor jouself weet nie

wat bedoel jy?

Hier praat ons van ‘n tipiese blindekol waar ander mense rondom jou sekere

Bertus Swanepoel

dinge in jou raaksien wat jy nie noodwendig self van weet of raaksien nie. Dit kan mense wees soos vriende of familie wat jou baie goed ken. Dit is belangrik dat jy hierdie mense uitvra oor hoe hulle jou beleef en watter tipe werk hulle jou sien doen. Verhoudings met ander mense is dus ‘n baie effektiewe manier om jouself beter te leer ken. 4. Jy weet nie wat jy nie weet nie en ander ook nie

wie is ek?

Dit is die onbekende of onontdekte deel van jouself wat jy nie ken nie, omdat jy nog nie blootgestel is aan onbekende dinge nie. Jy sal byvoorbeeld nie weet of jy van ysskaats hou as jy dit nog nie self gaan probeer doen het nie. Probeer dus om gereeld nuwe dinge te doen waardeur jy kan leer en groei in jouself.

Daar is baie geleenthede wat kinders laat verby gaan omdat hulle bang is of onseker is van hulself, maar op die ou end is daar net een manier om uit te vind en dit is om te DOEN. Miskien kan jy deel word van ‘n gemeenskapsprojek of dalk ‘n oudisie gaan doen vir die skool se toneelgroep. As jy jou lewe kan leef met die riglyne hierbo in gedagte, sal jy genoeg dinge van jouself leer om jou lewenspad met passie en doelgerigtheid aan te durf. Hou ook die woorde wat jou persoonlikheid die beste beskryf in gedagte en skryf kernwoorde en gedagtes oor jouself neer. Dit sal jou ook help Terugblik op ONSEKERHEDE: Roeping Wat dink jy beplan God vir JOU toekoms?

?

Glo jy werklik dat jy die potensiaal het om deur jou werk, lewens te verander?

Minder onsekerheid...

?

Wat het jy van jouself geweet voor die toetse, wat die toetse net vir jou bewys het?

33


? ? ? ? ? ? ?

Waaroor is jy verbaas om uit te vind van jouself?

Waarmee stem jy nie heeltemal saam nie?

Wie ken jy waar jy kan gaan skaduwerk doen?

Wie kan jy nog gaan uitvra oor die rigting waarin jy belangstel?

Is jy aktief genoeg in die proses om ‘n toekoms te beplan?

Waaroor is jy nog onseker of bang voor?

Ken jy jouself werklik?

Weet jy dat God jou wonderbaarlik geskep het?

Selfkennis..

? ? ?

positief

d n e k r e w d r a h

Wat weet jy van jouself wat ander ook weet?

Watter dinge is daar wat ander nie van jou weet nie en wat ‘n invloed op jou lewe het?

vasberade

Wie kan jy vra om vir jou dinge oor jouself te vertel wat jy dalk nie wil hoor nie?

gefokus

Dink jy dit is beter om in jou gemaksone te bly waar jy alles regkry, of sal jy jouself graag meer wil begin uitdaag? Hoe gaan jy begin?

effektiefdoelgerig

34



ees w d u o e t oit o n n a a g y j nie r e e l e t m o

K

ennis is iets wat heeltyd meer word en om seker te maak dat ‘n mens nie agterbly nie, gaan jy nie klaar wees met studeer sodra jy matriek of selfs ‘n graad het nie. Heel moontlik gaan jy deur verskillende situasies in jou lewe gaan waaruit jy gaan moet leer om uit te kom op die plek wat God vir jou beplan het. Onthou net om altyd gewillig te bly om te leer en hou aan om kursusse te doen om meer ervaring op te doen en meer kennis te verkry sodat jy kan uitstaan bo die res. Fokus daarop om vaardighede baas te raak wat die meeste mense nie kan doen nie en hou altyd die skaars vaardighede in berekening.. Fokus op spesifieke skaars en kritieke vaardighede: Volgens die Nasionale Lys van Skaars Vaardighede van die Departement van Arbeid word skaars vaardighede omskryf as ʼn absolute of relatiewe vraag, huidig of in die toekoms, na gekwalifiseerde en ervare mense om spesifieke rolle, beroepe of gespesialiseerde rigtings in die arbeidsmark te vul. Die tekorte is meestal die gevolg van ʼn tekort of algehele gebrek aan mense met die nodige vaardighede.

om in gesogte rigtings te studeer. Verder maak al hoe minder leerlinge dit tot op universiteit. ʼn Groot probleem wat tot vaardigheidstekorte bydra, is dat kinders op skoolvlak verkeerde vakkeuses maak en later dus nie die regte vakke het om universiteitsvrystelling te kry of om in hulle gekose rigting te studeer nie. Volgens Moneyweb was daar in 2006 ‘n totaal van 66 900 wit kinders van matriekouderdom. Slegs 46 434 van hierdie kinders het tot in matriek gevorder, waarvan net 45 883 geslaag het. Verder het net ongeveer 24 000 leerlinge met universiteitsvrystelling geslaag, dit is ‘n skrale 51.6%. As mens in gedagte hou dat daar 500 000 poste in die ekonomie is vir wie daar nie opgeleide mense is nie, besef mens daar is werk. In die afdeling gaan ons in diepte na drie belangrike rigtings kyk, asook instansies waar jy in die rigtings kan studeer as vakman, onderwyser of maatskaplike werker.

• Hoofvaardighede wat kognitiewe vaardighede, taalvaardighede, geletterheidsvaardighede, wiskundige vaardighede en die vaardigheid om in groepe te werk insluit. • Beroepspesifieke vaardighede wat benodig word vir prestasie binne ʼn beroep en om ʼn vaardigheidsgaping te vul wat veroorsaak is deur tegnologiese vooruitgang of nuwe werksmetodes. Produktiwiteit speel ook ʼn rol asook die prys van so ʼn vaardigheid.

VAKMANNE Volgens die Suid-Afrikaanse regering se National Scarce Skills List (2007) benodig Suid-Afrika in die industriesektor onder andere 45 000 ambagslui en 8 800 ander geskoolde tegnici en tekenaars. In 1977 was meer 25 000 Afrikaanse jongmense as ambagslui gekwalifiseer, maar die vorige jaar het minder as 300 gekwalifiseer. Daar is dus ‘n dringende tekort aan gekwalifiseerde werkers met ervaring. Leerderskappe wat die plek van “apprenticeships” oorgeneem het, los in ‘n groot mate die probleem op. Die rede is eenvoudig dat die dubbel-sisteem van leer begin werk het, dus het persone wat kwalifiseer nie net teoretiese kennis nie, maar ook heelwat praktiese ervaring. Lees meer oor die belang van leerlingskappe vir die opleiding van vakmanne in die volgende artikel. SolTech, Solidariteit se technicon is ‘n instansie waar jy op die beginsel opgelei word en verseker kan wees van ‘n plasing na afloop van jou studies.

Baie van die tekorte aan vaardighede op ʼn hoë vlak word veroorsaak deurdat slegs ʼn klein groep matrieks die regte punte behaal en die regte vakke geneem het

ONDERWYS Dit wil voorkom asof daar nie ‘n tekort aan onderwysers in geheel is nie. Die probleem is om onderwysers te kry wat

Kritieke vaardighede verwys na spesifieke vaardighede wat binne ʼn beroep benodig word. In die Suid-Afrikaanse konteks sluit dit die volgende twee groepe in:

36

Karin Venter


goed gekwalifiseerd is en hoë gehalte onderwys kan bied. Daar is ook tekorte aan onderwysers wat spesifieke vaardighede het in die natuur-wetenskaplike rigtings, veral wiskunde en wetenskap. Daar is ook ‘n groot tekort aan nuwe manlike personeel wat moontlik ‘n bydrae kan lewer tot die huidige dissiplinêre probleme in veral hoërskole. Pre-primêre onderwysers is ook te min vir die huidige aanvraag en om seker te maak dat elke kind aandag kry moet daar ‘n verhouding van 1 onderwyser vir elke 35 kinders gehandhaaf word. Indien jy dus belangstel om onderwys te gaan studeer, sorg dat jy vaardighede aanleer waarin daar huidige tekorte is en dat jy goed gekwalifiseer is. Ervaring speel ook ‘n groot rol, en daarom bied AROS hul studente die geleentheid om tydens opleiding, ook ervaring op te doen. Sodoende is hul studente net meer gereed vir die toekoms. MAATSKAPLIKE DIENSTE Die land se kommer oor ‘n tekort aan maatskaplike dienste is nie sonder rede nie. Die land se welsynsbehoeftes het in die laaste paar jare aansienlik verander en die nood het heelwat toegeneem. Huidig is die hoeveelheid maatskaplike werkers

VAN D I E H K I R G BELAN PE P A K S N A M VAK

S

uid-Afrika het tans slegs nagenoeg 10% van die ambagslui oor wat dit 20 jaar gelede gehad het. Volgens die vakbond Solidariteit is dit kommerwekkend en ʼn duidelike bewys dat dié geweldige leemte in die SuidAfrikaanse arbeidsmark reeds kritieke vlakke bereik het.

Ambagslui: So lyk die prentjie • Suid-Afrika lei in teen 1986 nagenoeg 26 500 ambagslui op. • Die Mining Qualifications Authority het in 2008 slegs 1 034 registrasies vir ambagslui gehad. • Die gemiddelde ouderdom van opgeleide ambagslui in Suid-Afrika is na berekening tussen 50 en 58 jaar. • Vanweë die tekorte aan ambagslui kan Suid-Afrika nie werklik optimaal deel in die vooruitgang in bedrywe soos die mynbedryf nie.

Twee dekades later. . . Die toenemende tekorte aan opgeleide ambagslui het waarlik in die afgelope twee dekades voor die oë van belangrike

wat benodig word net mooi dubbel as wat daar beskikbaar is. Verder is daar op enige gegewe oomblik minder maatskaplike werkers aktief in die arbeidsmark as die hoeveelheid wat geregistreer is. Baie van die maatskaplike werkers hou dus op met werk terwyl hulle nog eintlik kan. Die regering is ook bewus van die tekorte en beweer dat dat daar ‘n kapasiteitstekort is om die huidige nasionale krisisse van armoede, werkloosheid en HIV/ Vigs effektief aan te spreek. Daar sal ook werklik gekyk moet word na die behoeftes van maatskaplike werkers om hul werk effektief te kan doen. Ten spyte van die uitdagings wat die werkers in die gesig staar, is maatskaplike werk ‘n beroep waarin passievolle mense gaan werk. Dit is ‘n roepingsgedrewe werk waar jy jou vreugde uit jou arbeid kry en uit die wete dat jy elke dag die geleentheid het om ‘n reuse verskil in iemand se lewe te maak! Hugenote- Kollege in Wellington spesialiseer in die opleiding van gemeenskapsontwikkelingpraktisyns, waaronder maatskaplike werkers, gemeenskapsontwikkeling en spelterapie val. Lees gerus meer in die volgende artikels.

Elbie Liebenberg

rolspelers in die bedryf afgespeel. Volgens Brain Angus was daar teen die tyd wat hy as uitvoerende hoof van die Steel and Engineering Industries Federation of South Africa (Seifsa) aangestel is in 1987, nagenoeg 15 000 vakleerlinge by staal-, metaal- en ingenieursmaatskappye regoor Suid-Afrika. Verdere inligting toon dat SuidAfrika in die 1970’s tot soveel as 30 000 nuwe ambagslui per jaar opgelei het. Die prentjie het egter sedertdien drasties verander. Angus bevestig dat dié syfer in slegs 20 jaar tot skaars 3 000 vakleerlinge gedaal het. Dié syfer het egter onlangs stadig verbeter tot nagenoeg 3 500 vakleerlinge. Hy hou vol dat die kritieke tekorte aan opgeleide vakmanne as een van die grootste struikelblokke in die bedryf beskou kan word.

Veroudering van ambagslui Die daling van die aantal ambagslui wat in Suid-Afrika opgelei word, het intussen daartoe gelei dat ʼn geweldige veroudering in die beroep plaasgevind het. Volgens data van 2008 was die gemiddelde ouderdom van ʼn opgeleide ambagsman in Suid-Afrika 56 jaar. Dit beteken dat die bedrywe waarin ambagslui werk binnekort ʼn ernstige tekort

37


aan kundiges met die nodige ervaring sal beleef.

Vaardighede word ʼn waardevolle artikel

kan Suid-Afrika ook nie genoeg kundiges in die veld oplei om vir groei in die bedryf voorsiening te maak nie.

Sol-Tech bied die antwoord

Juis vanweë die ernstige tekorte wat reeds die afgelope paar jaar plaaslik aan opgeleide en kundige ambagslui ervaar word, het dié met vaardighede weliswaar uiters waardevol geword. Groot maatskappye soos GrinakerLTA het ʼn paar jaar gelede die druk weens tekorte ervaar en daarom besluit om kundiges uit onder meer Maleisië, Ierland en Indië in te voer. So ook het Sasol in Junie 2006 aangekondig dat die maatskappy beplan om nagenoeg 1 300 Thaise ambagslui in te voer om instandhoudingswerk by die maatskappy se Secunda-aanleg te doen.

Baie harde werk lê voor Om die dringende tekorte aan opgeleide ambagslui te pak, gaan baie harde werk verg. In Maart 2008 is gereken dat die tekort aan ambagslui in Suid-Afrika nou so groot is dat die land teen vanjaar sowat 50 000 mense in dié rigtings moet oplei om aan die vraag te voldoen. In dié stadium het slegs China en Indië genoeg ambagslui opgelewer om in hul eie behoeftes te voorsien. Die Landelahni Mynbou-opname het ook in 2008 getoon dat Suid-Afrika in die daaropvolgende vier jaar, dus tot en met 2012, jaarliks sowat 12 500 ambagslui moet oplei.

Ambagstekorte in 2010 Suid-Afrika staan tans, soos die res van die wêreld, nog swaar op uit die neerdrukkende resessie wat die afgelope jaar gewoed het. Hoewel dié ekonomiese afswaai derduisende werksverliese in Suid-Afrika tot gevolg gehad het, is die vraag na ambagslui weer net so dringend soos voorheen. Die Landelahni Mynbou-opname vir 2009 het vroeër vanjaar getoon dat hoewel Suid-Afrika meer mynbou-ingenieurs oplei as al die ander Engelssprekende lande gesamentlik, Suid-Afrika steeds nie genoeg kundiges oplei om die verouderende ingenieurs en ambagslui te vervang nie. Dus

Solidariteit het egter deur middel van sy eie tegniese opleidingskollege, Sol-Tech, die geleentheid vir die opleiding van ambagslui aangegryp. Sol-Tech is dus direk betrokke by die soeke na ʼn oplossing vir die vaardigheidstekort in die tegniese veld. Sol-Tech bied tans kursusse in elektries, meulmaker, pas en draai en dieselwerktuigkunde aan. Vakleerlingopleiding duur normaalweg drie jaar, waarna ’n vaktoets vir die kwalifikasie afgelê word. Elke vlak behels ongeveer ses maande se teoretiese opleiding by SolTech in ’n gesimuleerde werksomgewing. Studente word elke jaar deur ‘n plasingsmaatskappy by diensverskaffers geplaas vir ses maande praktiese opleiding. Die vaktoets word afgelê sodra die studente gereed is. Vyf redes waarom Sol-Tech die ideale opleiding aan ambagslui bied: • Dit is doeltreffend omdat die studente vinnig gewoond raak aan intensiewe opleiding in ’n opleidingsomgewing. • Die studente word deurlopend aan nuwe vaardighede blootgestel en hulle word uitgedaag om meer gevorderde vaardighede aan te leer. • Die lektore is fyn ingestel op die studente se belangstellings, voorkeure en afkeure. Hierdie insig en kennis word aangewend om die studente se entoesiasme aan te wakker. • Na ongeveer ses maande se opleiding het die studente reeds ’n string vaardighede baasgeraak wat hulle baie waardevol maak vir werkgewers. • Hoewel studente tydens die periode van praktiese opleiding betaling ontvang, het hulle werkgewers geen finansiële verpligting teenoor hulle nie. Studente kan dus na afloop van hulle praktiese opleiding terugkeer na Sol-Tech vir die volgende periode van institusionele opleiding.

ntrum

dingse i e l p o s a TECH

SOL-

Agtergrond Sol-Tech is ‘n Christelike Afrikaanse opleidingskollege, gestig deur die vakbond Solidariteit. Sol-Techstudente is outomaties meer aanstelbaar omdat hulle opleiding in skaars vaardighede ontvang. Hulle het

38


gevolglik toegang tot werksgeleenthede ten spyte van regstellende aksie in SuidAfrika en kan ‘n bydrae lewer om die groeiende vaardigheidskrisis in die land hok te slaan.

Missie

Sol-Tech bied in samewerking met alle rolspelers in die opleidingsbedryf, opleidingsprogramme van hoë gehalte aan. Ten einde hierdie doel te verwesenlik, het die kollege goeie verhoudinge gevestig met rolspelers in die SuidAfrikaanse opleidingsbedryf wat deurentyd verseker dat opleiding van die hoogste gehalte verskaf word. Sol-Tech het akkreditasie en/ of programgoedkeuring by die ESETA, Dienste –SETA en MERSETA. OPLEIDINGSMODEL Vakleerlingopleiding duur normaalweg drie jaar, waarna ‘n vaktoets vir die kwalifikasie afgelê word. Elke vlak (vlak 1, 2 en 3) behels ongeveer ses maande se teoretiese opleiding by Sol-tech in ‘n gesimuleerde werksomgewing. Hierna plaas Ajani Plasingsmaatskappy studente by diensverskaffers vir ses maande se praktiese opleiding. Die student word voorberei totdat hy/sy gereed is om ‘n vaktoets af te lê. lê (Rooiseëlkwalifikasie)

Kwalifikasie Studente verwerf die Rooiseël

Studierigtings Sol-Tech bied kursusse in die volgende studierigtings aan: • Elektries • Meulmaker • Pas-en Draai • Dieselwerktuigkunde

Onderrigmetodiek Die onderrigmedium is Afrikaans, alhoewel sommige studiemateriaal slegs in Engels beskikbaar is . Sommige handboeke is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Toetse word tweetalig opgestel. Klasse word daagliks van 8:00 tot 16:30 aangebied. Soms word daar in skofte gewerk en studente mag dalk na 16:30 nog besig wees. Eie vervoer is ‘n aanbeveling.

Toelatingsvereistes

• •

‘n Keuringstoets moet afgelê en geslaag word om te kan inskryf Keuringstoetse word tydens SolTech se ope dag afgelê of interim soos studente benodig word (hou die webwerf dop vir datums) ‘n Registrasie-fooi is betaalbaar by ‘n spesifieke datum (tans R1 500; nieverhaalbaar) ʼn Bedrag van R500 is ook betaalbaar as deposito op veiligheidsklere. Hierdie bedrag word egter van die kursusgeld afgetrek by die aanvang van die kursus. Indien ʼn student nie opdaag nie is die bedrag nie terugbetaalbaar Registrasie vind gewoonlik vroeg in Februarie of in Julie plaas Geen laat inskrywings word aanvaar nie

Buite-kurrikulêr Studente word die geleentheid gegun om rugby te speel. Daar word jaarliks ook ʼn persoonlikheidsontwikkelingskamp gehou vir studente waar hulle meer van hulself leer. Geestelike verryking vind weekliks plaas. BEURSE EN LENINGS Indien ‘n Sol-Tech-student vir ‘n beurs of lening wil aansoek doen, moet òf hul ouers òf ‘n wettige voog ‘n opbetaalde lid van Solidariteit wees. Kontak Helpende Hand se Beursinstituut vir navrae by dinah@helpendehand.co.za KONTAKBESONDERHEDE • Booysenskampus (Administrasie, Elektries en Motorwerktuigkunde) •

Fisiese adres: Posadres: Hillview Industrial Posbus 11760 Park Centurion Maliestraat 1154 0157 Booysens E-pos: Tel: Faks: Webadres:

soltech@solidariteit.co.za 012-7555687 (Maandae tot Vrydae) 012-7557148 086 6634805 www.sol-tech.co.za

Hermanstadkampus (Meulmaker en Pas-en Draai) Fisiese adres: Gebou 714 Werkswinkels 3 & 4 H/v Hendrik- en Taljaardstraat Hermanstad Tel:

012-7557118

• Die minimum vereiste is graad

10 met Wiskunde en/of Fisiese Wetenskap

39


et h d n a l e g edi ‘n voorspoonderwysers nodig gelowige

D

Albert Einstein (1879-1955) “Die deel van opvoeding moet wees die opleiding tot onafhanklike optrede en denkprosesse by individue wat diens aan die samelewing as hul hoogste lewensprestasie nastreef.”

40

ie bydrae wat Christenonderwysers kan maak in kinders se lewe kan nooit onderskat word nie. Kinders wat van vroegs af leer dat God in alles gedien en geëer moet word, word later groot mense in ‘n land wat God wil eer. ‘n Christen-onderwyser het ‘n paar uitstaande kenmerke: •

Ten eerste is so ‘n onderwyser roepingsgedrewe

Hy of sy sien hulle onderwysberoep as ‘n roeping van God af. Hulle aanvaar die verantwoordelikheid dat kinders soos klei in hulle hande is. Hulle wil ook daardie kinders so opvoed dat roeping en verantwoordelikheid ook deel van hulle leerlinge se lewens sal wees.

‘n Christen-onderwyser streef altyd na uitnemendheid

Die Christen-onderwyser wil altyd op die voorpunt wees van nuwe en innoverende denke. Die allerbeste vir die Allerhoogste. Ook hierdie gedagte word in die alledaagse omgang met die leerlinge oorgedra. Die Christenonderwyser berei die kinders dus gedurig voor om hulle plek in die samelewing vol te staan.

‘n Christen-onderwyser stel altyd ‘n voorbeeld

‘n Christen-onderwyser is nie alleen ‘n groot meningsvormer in die gemeenskap nie, maar is ook daarop ingestel om ‘n navolgenswaardige voorbeeld vir die hele gemeenskap te wees. Hierdie ingesteldheid is ‘n lewenshouding wat op kinders oorgedra word. ‘n Gelowige gemeenskap leef op ‘n bepaalde manier voor God en teenoor mekaar.

Wikus Buys

Die toekoms behoort ook aan die jeug. Langtermyn probleme moet met langtermyn oplossings aangespreek word. Christen-onderwys en die opleiding van Christen-onderwysers is deel van so ‘n strategie om die samelewing diepgaande en wesenlik te beïnvloed. Alles moet in die stryd gewerp word om Christenonderwys se hande sterk te maak. Daarvoor is ten eerste nodig dat daar ‘n konstante stroom matrieks moet wees wat hulle self aanmeld om as onderwysers bekwaam te word. Om deel te wees van hierdie ideaal is baie bevredigend. Uitdagings gaan daar wel wees. Struikelblokke en teëspoed kan seker nie vermy word nie, maar om te weet dat jou beroep – as roeping – ‘n groot verskil maak in die toekoms van ‘n land, bied sy eie bekoring. Christen-onderwys getuig van ‘n bepaalde norme- en waardesisteem. Dit beteken dat alles in die onderwys vanuit ‘n bepaalde oogpunt gedoen wil word. Daardie standaard is die Bybel as God se Woord. Om alle onderwys Bybelgefundeerd te benader is ‘n omvattende saak. Dit bring natuurlik ook konflik met ander ideologieë mee. Die noodsaak dat ‘n land se inwoners verantwoordelik voor God lewe en hulleself goed gedra teenoor mekaar: dit kan net werklik aangespreek word as die onderwys reg hanteer word. Bestaande Christen-onderwysers en voornemende Christen-onderwysers speel hierin ‘n deurslaggewende rol. “Uit God en deur God en tot God is alle dinge”. ‘n Land wat sy kinders dít leer sal ‘n voorspoedige toekoms hê. Na raming was tussen 71 000 en 80 000 onderwysstudente teen 1994 in opleiding by kolleges, terwyl dit teen 2000 tot 15 000 gedaal het. Dit sê dat daar êrens ’n tekort aan onderwysers is. ’n Groot tekort! Waar pas jy in die prentjie..?


G

E

STELIK I R H C – S O AR

EIDIN L P O S Y W R ONDE

A

ros bied jou die unieke geleentheid om by ’n Chrisitelike instansie te swot wat hoë gehalte opleiding gee en ’n unieke opleidingsmodel bied. As kinders van die Here het elkeen van ons ’n roeping om in alles in ons lewe die wil van die Here te soek en te doen. Dit is binne hierdie roeping, spesifiek in Suid-Afrika, wat Aros jou wil toerus en oplei.

Wat/wie is Aros?

2 Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat ‘n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede saam met almal wat uit ‘n rein hart die Here aanroep.”

Akademiese Reformatoriese Opleiding en studies, in Pretoria. Aros is ’n onafhanklike, privaat akademie wat as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer is by S.A. Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (NPO032212) en in 2004 as ’n afleweringslokaliteit van NWU begin funksioneer het.

Wat doen Aros? Aros lei kundige en gelowige onderwysers op en het die Bybel en die Drie Formuliere van Eenheid as grondslag. Visie: Aros streef daarna om ‘n voortreflike onderwysersopleidingsinstansie in Afrika te wees, gedrewe om ware kennis en innovering aan voornemende onderwysers oor te dra.

Die Aros- opleidingsmodel ‘n Saamgestelde model van kontaksessies en selfstudie word gevolg. Die kursus sluit ook ‘n aantal modules (normatiewe modules) in wat aan studente ’n goeie Bybelgebaseerde grondslag verleen. Daar is ook ‘n aantal nie-verpligte modules, nl. Kerkgeskiedenis en Reformatoriese Filosofie. Studente wat hierdie nieverpligte jaarmodules suksesvol voltooi, ontvang sertifikate van die Gereformeerde Hoogeschool, Zwolle, Nederland. Die graadkursus duur ’n minimum van vier jaar en ’n maksimum van ses jaar.

Onderrigmetodiek Die onderrigmedium is Afrikaans, alhoewel sommige handboeke slegs in Engels beskikbaar is. Studiegidse

is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Die onderrigmetode bestaan uit ’n kombinasie van selfstandige studie en regstreekse skakeling tussen die dosente en studente.

Watter kwalifikasie sal ek ontvang? Studente ontvang ’n B.Ed.-graad. Die volgende rigtings is binne die B.Ed.program vervat: · B.Ed. (Grondslagfase) Hierdie fase is spesifiek bedoel vir die voorskoolse en graad 1-3 onderwysers. Dit behels ’n vaste kurrikulum met verpligte en kernmodules, met geen keuse van hoofvakke nie. Addisionele modules kan bykomend geneem word*. · B.Ed. (Intermediêr en Senior Fase) Hierdie fase is spesifiek bedoel vir die graad 4-9 onderwysers. Binne hierdie fase is daar verpligte modules en moet daar ook ’n keuse van een hoofvak gemaak word. * · B.Ed. (Senior en Verdere Onderwys en Opleiding Fase) Hierdie fase is spesifiek bedoel vir die graad 8-12 onderwysers. Binne hierdie fase is daar verpligte modules en moet daar ’n keuse van twee hoofvakke gemaak word.*

Wat maak Aros anders? Jy kan ‘n inkomste verdien terwyl jy studeer. Aros het in die afgelope ses jaar ‘n model ontwikkel waarvolgens jy ‘n erkende B.Ed.-graad verwerf deur Saterdae te kom klas loop en werksdae te studeer en by ‘n skool as leerlingonderwyser ingeskryf te wees. DUS kan jy SWOT en ‘n inkomste verdien- op dieselfde tyd! Jy doen ook vier jaar se praktiese ondervinding op wat nie altyd by ander instansies moontlik is nie. Beurse en lenings Aros-studente kan aansoek doen vir beurse by Solidariteit Helpende Hand. Alle reëlings in die verband is die student se eie verantwoordelikheid. Kom, skryf in by Aros, 300 ander het reeds! Fisiese adres: Dickensonlaan 1180 Waverley, Pretoria, 0186 E-pos: karin.buys@aros.ac.za Tel: 012 332 3227/8 08:00 – 16:00 (Maandae – Vrydae)

41


rk e w roepings l e u k h i t l o p t a i e l maatsk in nood te

Elsha Hermann

ense

mm – geroep o

B

yna 31,1% van Suid-Afrika se bevolking is werkloos. Die invloed daarvan op die gemeenskap is onmeetbaar. Ontwrigte gesinne, misdaad teen kinders, misdaad in die algemeen, seksmisdade en -misbruike en ander maatskaplike uitdagings raak eerder die reël as die uitsondering. Onder die wit en die Afrikaanse gemeenskap groei armoede en die gepaardgaande probleme ook baie vinnig. Ten spyte van die groeiende nood in dié gemeenskap verswak die ondersteunde strukture. In die SuidAfrikaanse gemeenskap in die algemeen en die Afrikaanse gemeenskap in die besonder is daar ʼn hulpkreet. Maatskaplike werkers se rol is meer relevant as ooit vantevore. Hoe groter die nood, hoe groter raak die noodsaak vir roepingsgedrewe maatskaplike werkers. Roepingsgedrewe maatskaplike werkers is mense wat glo dat hulle Godgegewe taak is om mense in nood te help, maar veral om hulle uit die nood te lei. Roepingsgedrewe maatskaplike werkers glo nie daaraan om bloot kospakkies uit te deel en mishandelde kinders uit ʼn negatiewe omgewing te verwyder nie. Christelike maatskaplike werkers glo ook nie daarin dat noodverligting bloot deur subsidies en die uitdeel van middele kan geskied nie. Christelike maatskaplike werkers glo daarin om mense in nood daartoe te lei om hulle roepings na te streef. Indien jy hiertoe geroepe voel, vertrou ek dat hierdie artikel jou sal help om ʼn ingeligte besluit te neem sodat jy suksesvol jou roeping tot maatskaplike werk kan uitleef.

Wat is maatskaplike werk?

42

Maatskaplike werk is ʼn beroep waar jy werklik jou roeping en die begeerte om verandering in mense se lewe te maak, kan uitleef. ʼn Loopbaan in maatskaplike werk is daarop gemik om die lewensgehalte van individue te verhoog en hulle te help om hul volle potensiaal te bereik asook om hulle te bemagtig om hul eie lewens te verryk. Maatskaplike werk kan beskryf word as professionele handelinge om individue, groepe of gemeenskappe te help om hul maatskaplike funksionering te verbeter of te herstel, en om gemeenskapsomstandighede te skep wat tot die bevordering van die gemeenskap se doelwitte strek.

David Palmer het dit as volg gestel:

To be listened to & to be heard.... To be supported while you gather your forces & get your bearings. A fresh look at alternatives & some new insights; Learning some needed skills. To face your lion – your fears. To come to a decision – & the courage to act on it & to take the risks, that living demands.

Opleiding ʼn B.A.-graad in maatskaplike werk word vir ʼn loopbaan in hierdie rigting vereis. Die kursus strek gewoonlik oor vier jaar, waarin die student in al drie die primêre metodes van hulpverlening opleiding ontvang. Die drie primêre metodes is: • • •

Gevallewerk Groepwerk Gemeenskapswerk.

Sekondêre metodes sluit in supervisie, administrasie, navorsing en opleiding. Studente ontvang ook al vanaf hul eerste jaar praktiese opleiding. Sodoende kry studente blootstelling aan die veld en word hulle praktiese en teoretiese werk geïntegreer. ʼn Verdere vereiste is dat studente vanaf hul tweede jaar, net soos enige praktiserende maatskaplike werker, by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe geregistreer moet wees. Nagraadse studies in maatskaplike werk word sterk aanbeveel omdat dit nie net die kennis verbreed nie, maar ook vergoedingsmoontlikhede verhoog. Daar is verskeie spesialiseringsvelde in maatskaplike werk, dus kan jy ook jou roeping uitleef.

Spesialiseringsvelde Maatskaplike werk bied aan ʼn persoon baie geleenthede en verskeie spesialiseringsrigtings: • Bejaardesorg • Spelterapie (terapie met kinders) of tienerterapie • Huweliksberading • Alkohol- en ander verslawings • Ongehude moeders, aannemings en pleegsorg • Gemeenskapswerk


Bedryfsmaatskaplike werk.

Maatskaplike werkers kan voorts ondersteuning bied met betrekking tot emosionele uitdagings, beroepsbesluite, verhoudingsprobleme en traumatiese ondervindings. ʼn Maatskaplike werker kan ook sy/ haar eie privaat praktyk stig en dus sy/ haar eie werksure en salaris bepaal. Hierdie beroepsveld kan ook deure oop-maak wat na baie ander beroepe kan lei. Die groot instellings wat maatskaplike werkers in diens neem, is groot maatskappye, nie-regeringsorganisasies en die staatsdiens. Daar is boonop talle internasionale werksgeleenthede beskikbaar.

Eienskappe van ʼn maatskaplike werker Om ʼn maatskaplike werker te word, moet jy oor sekere eienskappe beskik. Baie van die eienskappe kan aangeleer word, terwyl sommige eienskappe is waarmee sommige mense gebore word. Tydens opleiding word jy ook blootgestel aan situasies wat hierdie eienskappe na vore bring. Hier is van die belangrikste eienskappe: • • • • •

ʼn Passie vir mense is egter een van die belangrikste eienskappe waaroor ʼn maatskaplike werker moet beskik Maatskaplike werk is nie net ʼn beroep nie; jy moet geroepe voel om hierdie werk te doen Goeie kommunikasievaardighede en onderhandelingsvermoë is van belang Die vermoë om empaties te luister. Vaste waardes en beginsels is nodig

• • • •

omdat die werk jou aan talle uitdagende situasies blootstel. ʼn Kreatiewe gees en probleemoplossende vermoëns. Wees sensitief in jou werk, maar nie oor-emosioneel nie. Gesonde nuuskierigheid en weetgierigheid kan jou handig te pas kom Jy moet groot drome hê, maar realistiese doelwitte.

Voor- en nadele van die beroep Maatskaplike werk is een van die skaars vaardighede in Suid-Afrika. Daar word byvoorbeeld 16 000 maatskaplike werkers vir die toepassing van die nuwe Kindersorgwet benodig, terwyl daar slegs 11 000 maatskaplike werkers in die land is. Die voordeel hiervan is dat daar ʼn groot vraag is na opgeleide maatskaplike werkers. Werkers word ook deur talle nuwe uitdagings en geleenthede in die gesig gestaar as gevolg van die groot veranderinge wat die afgelope jare in SuidAfrika plaasgevind het. ʼn Nadeel van die beroep is die hoë werkslading, veral by nie-regering welsynsorganisasies wat tot uitbranding kan lei. Salarisse by die instellings kan ook baie swak wees. Daar word egter tans ernstige debat gevoer oor die vergoeding van maatskaplike werkers. Veral in die korporatiewe omgewings is die probleem al grootliks reggestel. Hofwerk kan ook veeleisend wees en baie druk op ʼn mens plaas. Dit is egter baie vervullend indien jy ʼn verskil in iemand se lewe kon maak en die positiewe gevolge van jou harde werk sien.

psa k s n e e m e ika lg r e f e a p s d i l u o s r Watter lingpraktisyns in ontwikke

I

n ons land word ons daagliks deur geweldige uitdagings in die oë gestaar. Pogings om hierdie uitdagings die hoof te bied word aan bande gelê deur beide eksterne en interne faktore. Eksterne faktore soos MIV en Vigs, swak beleidsontwikkeling en uitvoering, gebrek aan dienslewering en ekstreme sosio-ekonomiese omstandighede kniehalter vooruitgang. Aan die ander kant is interne faktore wat negatief inwerk, bv. befondsing, swak administrasie en infrastruktuur wat simptomaties is van baie programme wat op gemeenskapsvlak funksioneer. Op internasionale front verskaf die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte die breër agtergrond waarteen die internasionale

Johannes Erasmus en Hannelie Yates

gemeenskap verantwoordelikheid neem vir ontwikkelingsuitdagings wat insluit: • • •

Erkenning van interafhanklikheid Uitwissing van armoede Volhoubare ontwikkeling

Hoër onderwys (universiteite) het ‘n baie spesifieke sosiale verantwoordelikheid in hierdie opsig nl. opleiding van studente om hierdie dinamika te verstaan. Die studente moet eindelik waarde toevoeg én navorsing onderneem wat unieke oplossings tot gevolg sal hê.

WAAR is die oplossings? Om positief oor die uitdagings te dink, lê die oplossing van meeste probleme wat met

43


“Wat ‘n mens in hierdie lewe die allernodigste het, is iets om te doen, iets om lief te hê en iets waarop hy kan hoop.” Joseph Addison

armoede verband hou, op twee vlakke. Die eerste is dat informasie beskikbaar moet wees sodat die probleem beskryf kan word met ‘n “menslike gesig”. Die tweede is dat alle partye wat betrokke is, gemotiveer word om binne ‘n netwerk van verhoudinge die probleem aan te spreek. Die probleem kan op die langtermyn opgelos word indien sterk insette van plaaslike gemeenskappe self kom. Die proses wat pas beskryf is, plaas gemeenskapsontwikkeling en dus gemeenskapsontwikkelingpraktisyns sentraal. ‘n Volgende belangrike aspek om aan te raak is die verskuiwing in benadering sedert 1994. Ná 1994 word ‘n ontwikkelingsbenadering gevolg waarin beide sosiale- en ekonomiese uitdagings in gemeenskappe geïntergreerd aangespreek word. Die staat en gemeenskapsgebaseerde organisasies is die primêre rolspelers hierin. Die nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het onlangs met ‘n proses begin om gemeenskapsontwikkeling te professionaliseer. Een uitkoms hiervan is die ontstaan van die gemeenskapsontwikkelingpraktisyn as beroepskeuse. Die relevansie en strategiese belang van gemeenskapsontwikkeling word verder onderstreep deurdat byna elke staatsdepartement programme het waarin gemeenskapsontwikkelingpraktisyns in diens geneem word. Indien jy ‘n loopbaan as ‘n gemeenskapsontwikkelingpraktisyn kies, sal dit ‘n deel van die kollektiewe groep van sosiale diensprofessies vorm.

Wat doen gemeenskapsontwikkelingpraktisyns? Gemeenskapsontwikkeling, in ‘n neutdop, gaan oor die fasilitering van die ontwikkeling van mense in gemeenskappe. ‘n Gemeenskapsontwikkelaar tree in vennootskap met ‘n gemeenskap met die doel om sosiale en menslike kapitaal te ontsluit. ‘n Gemeenskapsontwikkelaar en die gemeenskap werk dan saam om die omstandighede van die gemeenskap (soos geïdentifiseer deur hulself - armoede, werkloosheid, geweld, kindermisbruik, higiëne, jeugproblematiek) te verbeter.

Waar kry gemeenskapsontwikkelingpraktisyns werk? Gemeenskapsontwikkeling vind plaas in drie sektore: staat, besigheid en burgerlike samelewing. Elke sektor het unieke wyses waarop dit ontwikkeling organiseer: •

44

Die staat het staatsdepartemente en munisipaliteite en meeste departmente en munisipaliteite het ontwikkelaars in diens. Die grootste werkgewer is tans die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wat reeds verskeie posvlakke met posbeskrywings in plek gestel het om

gemeenskapsontwikkelaars in diens te neem; •

Die burgerlike samelewing het nieregeringsorganisasies wat rondom behoeftes in ‘n plaaslike gemeenskap organiseer en het ontwikkelaars nodig;

Wat die korporatiewe wêreld betref, het baie maatskappye hulle tot die Corporate Social Responsibilitybeginsel verbind wat vele werksgeleenthede inhou.

Hoe lyk die loopbaan van ‘n gemeenskapsontwikkelingpraktisyn (GOP) Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ‘n beroepspad vir GOP’s verseker deur verskeie posvlakke ooreenkomstig die vlak van opleiding en ervaring daar te stel. Die oorkoepelende doel wat gestel word vir poste in die beroepsveld van gemeenskapsontwikkeling is die fasilitering van geïntegreerde, transformerende ontwikkelingsprogramme in vennootskap met kern rolspelers vir die effektiewe bemagtiging van mense en gemeenskappe deur middel van ‘n gemeenskapsontwikkelingsbenadering tot volhoubare huishoudings. Die opleiding wat vereis word vir hierdie posvlakke is ‘n kwalifikasie verkieslik in Ontwikkelingstudie en/ of Gemeenskapsontwikkeling. Die posbenaming, vereistes en doel van die onderskeie posvlakke sien as volg daarna uit: •

Gemeenskapsontwikkelingassistent: Een jaar opleiding word vereis met die fokus op die verlening van hulp aan die GOP in die fasilitering van ‘n gemeenskapsontwikkelingsproses in gemeenskappe wat geografies of volgens gedeelde belange gedefinieer word.

Gemeenskapsontwikkelingspraktisyn: ‘n Drie jaar kwalifikasie word gestel as vereiste met die doel van die posvlak as die fasilitering van ‘n geïntegreerde ontwikkelingsproses afgestem op volhoubare huishoudings.

Gemeenskapsontwikkeling supervisor: ‘n Drie jaar kwalifikasie met ten minste drie jaar ervaring in gemeenskapsontwikkeling of ‘n verwante veld word vereis vir ‘n supervisor wat primêr verantwoordelik is vir die toesig hou en kwaliteitskontrole van die beplanning, implementering en monitering van die gemeenskapsontwikkelingsproses in ‘n spesifieke konteks.

Assistent-bestuurder: Gemeenskapsontwikkeling:


‘n Drie jaar kwalifikasie met ses of agt jaar toepaslike ervaring in gemeenskapsontwikkeling, insluitend drie tot vyf jaar ervaring in toesighouding met bewese bestuursbevoegdhede, is die vereistes van hierdie posvlak. Koördinering is die sleutelprestasiearea en doel van die assistent-bestuurder. Bestuurder: Gemeenskapsontwikkeling: Ten minste ‘n drie jaar kwalifikasie word vereis met ses tot agt jaar toepaslike ervaring in gemeenskapsontwikkeling,

insluitend drie tot vyf jaar ervaring in middelvlak bestuur met bewese bestuursvaardighede. Die bestuur van ‘n provinsiale of streekskantoor van die departement van Maatskaplike Ontwikkeling se gemeenskapsontwikkelingstrategie is die doel en fokus van hierdie pos. Uit bogenoemde posvlakke wat reeds daargestel is en wat sedert 2007 geadverteer en gevul word, blyk dit dat die regering erns daarvan maak om gemeenskappe deur middel van hierdie beroepsveld te assisteer om ‘n aktiewe rol in hulle eie lewenskwaliteit in te neem.

LLEGE O K E T O N E FRIKA A HUG D I U S , N O T IN WELLING

D

ie Hugenote-Kollege in Wellington, Suid-Afrika, is die akademiese tuiste van gemeenskaps- en ontwikkelingsgerigte diensberoepe soos Maatskaplike Werk, Gemeenskapsontwikkeling en Spelterapie. Die Hugenote-Kollege is die enigste opleidingsinstansie in SuiderAfrika wat uitsluitlik op die opleiding van studente in diensberoepe fokus. Die studente wat aan die Kollege studeer, wil almal binne die konteks van dienslewering ‘n bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap maak. Die Kollege, wat in 1951 geopen is, bied graad– en sertifikaatkursusse aan onder leiding van bekwame akademiese personeel. Sterk klem op navorsing en gemeenskapsdiens, met behoud van ’n Christelike karakter, vorm deel van die Kollege se aanbod.

Beurse en Lenings: Die Hugenote-Kollege bied rentedraende lenings en ‘n aantal beurse vir studie by die Kollege aan. Prestasiebeurse word toegeken asook eenmalige merietetoekennings. Sluitingsdatum vir aansoeke om toelating Aansoeke om toelating tot die Kollege sluit op 31 Oktober. Kontakbesonderhede: Fisiese adres: Posadres: Kollegestraat, Posbus 16, Wellington Wellington, 7654 Telefoon: 021 873 1181 E-posadres: hugenote@hc.sun.ac.za Faks: 021 873 2377 Webadres: www.hugenote.co.za

Praktykgerigte opleiding: Goed gestruktureerde praktika- en supervisieprogramme verseker dat studente deeglik opgelei word om enige praktyksituasie te kan hanteer. Die internskapmodel vir praktikaopleiding van maatskaplikewerkstudente in hul vierde jaar is uniek en onderskei die Kollege van ander soortgelyke opleidingsinstansies.

45



udie / t s r e d r? n a watter oontlikhede is daa toekomsm

D

it gebeur dat soms dat leerlinge nie in die posisie is om universiteit toe te gaan nie. As jy dalk nie universiteitsvrystelling het nie; nie die regte vakke het vir dit wat jy wil gaan studeer nie, of daar is eenvoudig nie finansies beskikbaar vir verdere studies nie: Moet tog nie totaal moed opgee as jy jouself in hierdie posisie bevind nie. Die vraag oor watter ander studie / toekomsmoontlikhede daar is, het ‘n antwoord.. Daar word soms verkeerdelik gedink dat ander opleiding as ‘n universiteitsgraad minderwaardig is. Byna asof mense wat nie universiteit toe gaan nie, minderwaardig is en dus ook minderwaardige opleiding kry. Gelukkig is dit nie die waarheid nie. Alle mense is nie gelukkig genoeg om universiteit by te woon nie, maar alle mense is geroepe om eendag te werk, dit te kan geniet en ‘n bydrae tot die samelewing te maak. As jy nie universiteit toe gaan nie, is daar twee ander opsies om te oorweeg: 1. Kolleges en Sentrums Wanneer daar na die moontlikheid van ander opleiding as ‘n universiteitsgraad gekyk word, is die eerste vraag waar en deur wie hierdie opleiding aangebied word. Daar bestaan verskeie kolleges en leersentrums wat opleiding in ‘n groot verskeidenheid beroepsrigtings bied. Enkele voorbeelde van hierdie kolleges is:. • • • • • •

Intec College Abbotts College Damelin Breinlyn Cambridge Impak

Kursusse kan by hiedie kolleges gevolg word deur die bywoon van klasse; deur middel van korrenspondensie, of deur die internet of pos. Die meeste van hierdie kolleges bied kursusse vanaf graad 10 aan. Leerders wat hulle matriekskoolpunte op die manier verbeter of leerders wat moontlik die skool na graad 9 verlaat het, kan ‘n graad 12-sertifikaat op hierdie wysebekom. Indien ‘n leerder graad 12 suksesvol voltooi, kan die leerder ook in aanmerking kom vir verdere studies aan ‘n universiteit of

Louis Jacobs

kollege, afhangend van wat sy of haar vakkeuses in graad 12 was. Hiedie kolleges bied ook ‘n wye verskeidenheid praktiese of tegniese kursusse aan, soos byvoorbeeld: • • • • • • • • • • • • • • • • • •

Haarkappery IT-rekenaarprogrammering Meganiese-, elektriese- en siviele tegnologie Gasvryheidstudies Quik books Tekenaarskursus Sjef- en kookkursusse Spyseniering Fotografie, Binnehuiseversierder Grafiese ontwerper Nywerheidsontwerper Kleurkonsultant Mode-ontwerper Teatertegnikus Ingenieurstegnici Telekommunikasietegnikus Tuinboukundige, ens

Die meeste van hierdie kursusse sluit ook ‘n praktiese gedeelte in waardeur die praktiese of tegniese vaardighede aangeleer word. Hierdie opleiding staan geensins terug vir enige universiteitsopleiding nie. Indien jy meer prakties of tegnies aangelê is, sal hierdie opleiding jou in staat stel om ‘n goeie en genotvolle beroep te beoefen. 2. Indiensopleiding Vir die leerders wat nie na ‘n formele kollege wil gaan nie, maar steeds verder opgelei wil word, is daar ‘n groot verskeidenheid indiensopleidingsgeleenthede beskikbaar. Dit word veral in die tegnies/handvaardige beroepe aangetref. In die werksomgewing staan hierdie tipe opleiding as vakleerling-skappe bekend. Dit beteken dat jy in die bepaalde rigting begin werk as ‘n vakleerling en deur middel van praktiese opleiding die nodige vaardigheid aanleer. Beroepsrigtings wat veral van hierdie metode van opleiding gebruik maak, is: • • • • •

Ketelmakers Passer en draaier Plaatmetaalwerker Elektrisiën Motorwerktuigkundige

47


Salomo “Kinders, neem die opvoeding wat ‘n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is...” Spr. 4:1

• • • • • • • • • • • • •

Paneelklopper Fotograaf Meulenaar Diamantslyper Haarkapper Instrumentmeganikus Sweiser Dieselwerktuigkundige Skrynwerker Loodgieter Boekbinder Slagter en blokman Goudsmid en juwelier.

In hierdie studierigtings begin die leerder gewoonlik as ‘n vakleerling werk. Die teoretiese kennis word óf gedurende aandklasse óf tydens bloksessies geleer. Aan die einde van ‘n bepaalde tydperk, gewoonlik 4 tot 5 jaar, gaan skryf die leerder sy of haar vaktoets en doen ‘n praktiese eksamen. Indien dit suksesvol geslaag word, kwalifiseer hy of sy as ambagspersoon. Dit is nie net in die geval van tegniese rigtings waar opleiding buite

universiteitsverband plaasvind nie. In die handelswetenskappe is daar ook ‘n verskeidenheid studierigtings waarvoor ‘n universiteitsgraad nie ‘n vereiste is nie. Enkele voorbeelde van beroepe hier is: • • • • • • •

Projekbestuur Bemarking en verkopeMenslike hulpbronnebestuur Boekhouer Sekretariёle werk Finasiële beplanner Assessor Algemene bestuur, ens

Hierdie tipe kursusse duur gewoonlik vanaf 3 maande tot 3 jaar, afhangende van die tipe kwalifikasie wat jy wil behaal. Na voltooiing van hierdie kursusse is die leerder gereed om die wêreld van werk te betree. Hou die kritieke vaardighede hier in gedagte, want dit is vaardighede binne die werksomgewing waaraan daar groot tekorte in die arbeidsmark is.

VAN G N I L E D N I ALGEMENEE BEROEPE MOONTLIK

I

ntec College gee die volgende algemene indeling van kursusse wat deur hulle aangebied word. Hierdie is ‘n baie praktiese rangskikking van die verskillende beroepsrigtings en bied met een oogopslag ‘n goeie algemene indruk van waaran leerderskan dink.

1. Besigheidskool Hieronder val die handelswetenskaplike rigtings soos: • • • • • • • • •

Algemene bestuur Projekbestuur Menslike hulpbrombestuur Arbeidsverhouding Besigheidsadministrasie Geleentheidskoördineerder Skakelwerk Boekhouer Persoonlike assistent, ens.

2. Beroepskool Hieronder word beroepe soos die volgende behandel: • • •

48

Fiksheid en dieetkunde Babasorg Kreatiewe skryfkuns

• • • • • • •

Vroeë kinderontwikkeling Toerisme Hotelbestuur Kantoor-administrasie Professionele spyseniering Aptekersassistent Mediese en tandartsontvangs, ens.

3. Kreatiwiteitskool Hieronder word die volgende tipe rigtings gebied: • • • • • • • • • •

Mode-onwerp Binnehuisversiering Geleentheidsorganiseerder Tuinuitleg en -ontwerp Film en televisieredigering Fotografie Blommerangskikking Skoonheidsterapie Modelwerk Troue-organiseerder, ens.

4. Rekenaarskool Hieronder word die volgende tipe beroepe gevind: • • • •

Inleiding tot programmering Web tuiste-ontwikkeling IT-tegnologie Multimedia


• • •

Rekenaargrafiese kuns Speletjie-ontwerp Data-analise, ens.

5. Tegniese skool Hieronder is veral tegniese en ambagte van belang, soos bv: • • •

• • • • • • • • •

Alarm- en sekuriteitstelsels Elektroniese tegnikus Bou-konstruksie en bouwerk Lugversorging en -verkoeling Motorwerktuigkundige Ketelmaker Passer en draaier Dieselwerktuigkundige Argitekstekenaar, ens.

Meubel- en kabinetmaker Elektrisiën Televisie en video-herstelwerk

S DIE N E G L O V S VAKKEUSE NDE STUDIERIGTINGS VERSKILLE

D

Jes. 58:11 “Die Here sal jou altyddeur lei; Hy sal in jou behoeftes voorsien”

it is nie net vir universiteitstudies waarvoor die regte vakke gekies moet word nie. Dit is ook belangrik om ernstig aandag te gee aan jou vakkeuse ook as jy nie universiteitsopleiding oorweeg nie. Die volgende basiese riglyne kan hier gestel word: 1. Tegniese studierigting Indien jy handvaardig is en ‘n tegniese studierigting oorweeg, is dit belangrik om die volgende vakke te neem: • • • •

Wiskunde Natuur- en skeikunde Ingenieursgrafika- en ontwerp Tegnika siviel of meganies

‘n Goeie idee is om vanaf graad 8 of graad 9 na ‘n tegniese hoërskool te gaan. Die verpligte vakke by so ‘n skool is gewoonlik dieselfde as hierbo genoem. Indien jy ‘n tegniese rigting oorweeg, moet jy verkieslik nie die vak Wiskundegeletterdheid neem nie. Dit sal beter wees om Wiskunde tot graad 10 te neem as om Wiskundegeletterdheid tot graad 12 te neem. Vir die meeste tegniese rigtings is Natuur- en Skeikunde verpligtend. 2. Handelsrigting Indien jy in besigheid belangstel, kan jy die volgende skoolvakke oorweeg: • • • • • • •

Wiskunde of Wiskunde-geletterdheid Rekeningkunde Besigheidstudies Ekonomie Rekenaartoepassingstegnologie Gasvryheidstudies Toerisme

Verbruikerstudies.

Rekeningkunde speel ‘n baie belangrike rol. Probeer om dit vir so ver as moontlik op skool te neem. Jy sal dit ook baie goed kan gebruik as jy oorweeg om jou eie besigheid na skool te begin. 3. Kuns en kultuur Indien jy van kuns en kultuur hou en jouself eendag daarin wil bekwaam, kan jy die volgende vakke oorweeg: • • • • • • •

Kuns Kunsgeskiedenis Dansstudies Ontwerp- grafies en skilderkuns Dramatiese kuns – spraak en drama Musiek Visuele kunste

Hier kan jy ook oorweeg om na ‘n kunsskool te gaan, wat spesifiek op die kunste fokus. 4. Landbouwetenskappe Indien jy belangstel in landbou en boerdery, kan jy die volgende vakke oorweeg: • • • •

Landboubestuursprsktyke Landboutegnologie Geografie Lewenswetenskappe.

Ook in dié rigting is daar spesialisskole, byvoorbeeld landbou-skole wat spesifiek op die landbou en boerdery fokus. Bogenoemde is net ‘n kort oorsig om vir jou ‘n kykie te gee in rigtings waaraan jy kan dink indien jy nie universiteit toe gaan nie.

49


Onthou, universiteitstudie is nie die alfa en omega nie. Jy hoef nie universiteit toe te gaan om ‘n goeie werk te kry nie. Die belangrikste is dat jy dít doen wat jy die graagste wil doen; waarin jy ‘n aanleg het en wat met jou persoonlikheid ooreenkom. Dan sal jy ‘n sukses van jou beroep maak!

? ?

Watter opsie tussen ‘n Kollege of indiensopleiding gaan die beste werk vir die beroep wat jy in gedagte het? Watter besighede in jou omgewing bied geleenthede vir indiensopleiding? Is jy bereid om jouself die kans te gee om die beste te maak van die geleenthede wat jy het?



x

de

erhou d n o s k r e en w

André Vermaak

cv’s r i v ede.. e h n k i y l l i e o rig m ies en en

Moets, mo

Jou Curriculum Vitae

Die dokument wat jy sorgvuldig saamgestel het is die manier waarop potensiële werkgewers jou gaan ontmoet. Hou daarom die volgende in gedagte wanneer jy begin om jou CV uit te stuur vir werksaansoeke: Maak so: • As jy jou CV e-pos, bevestig of dit ontvang en oopgemaak is • Dui duidelik aan om watter pos jy aansoek doen, die presiese posbenaming, waar jy die advertensie gesien het, kontakpersoon en die verwysingsnommer • Doen navorsing oor die werkgewer en/ of personeelagentskap en kyk hoe die kennis jou aansoek kan laat uitstaan • Hou ‘n afskrif van elke aansoek asook alle korrespondensie wat gevoer word • Bring vorige verwysings in jou CV aan. Moenies: • Aansoek doen om poste as jy nie aan die vereistes voldoen nie • ‘n Reeksaansoeker word nie; werkgewers gaan jou begin ignoreer • Jou CV pos of faks nie. E-pos eerder en wees seker jou CV is duidelik leesbaar • ‘n Voorblad maak met net jou naam en prentjies of foto’s daarop nie • ‘n Uitgebreide dekbrief aanheg nie; hou dit kort en op die man af • Vreemde lettertipes gebruik nie en ook nie jou hele CV in hoofletters tik nie • Rame om elke bladsy en of kolomme maak nie • Dieselfde CV aanstuur vir elke pos waarvoor jy aansoek doen nie. Jou CV moet verband hou met die pos waarvoor jy aansoek doen • Jou CV te lank maak nie. Dit is belangrik dat jou CV uitstaan bo die ander. Werksonderhoude

As ‘n voornemende werkgewer jou vir ‘n onderhoud genooi het, beteken dit dat die werwingsmaatskappy en/of jyself hul werk gedoen het en jou op papier verkoop het. Hulle het van jou CV gehou en hulle wil jou ontmoet. Wat nou? Dit is normaal om tydens ‘n onderhoud benoud te wees. Hoe meer selfvertroue jy egter uitstraal, hoe beter is jou kans

52

om die werk te kry. Doen daarom goeie voorbereiding. Voor die onderhoud: • Doen navorsing Vind alles moontlik uit omtrent die maatskappy • Wees goed versorg Dit is belangrik om ‘n goeie eerste indruk te skep en netjiese, deftige kleredrag is ‘n goeie begin. Jou algemene voorkoms is ook belangrik. • Wees betyds! Om laat te wees, sal ‘n swak indruk skep. Maak dus seker dat jy presies weet waar die onderhoud plaasvind, hoe lank dit sal neem om daar te kom en wie jy moet ontmoet. Hou ook ‘n kontaknommer byderhand vir ingeval jy dit nodig kry. • Wees voorbereid Verskillende onderhoudvoerders vra verskillende vrae. Daar is egter ‘n paar tipiese vra wat jy kan bestudeer en dink solank aan hoe jy dit sal beantwoord. • Dokumentasie Maak gewaarmerkte afskrifte van al jou stawende dokumente en neem dit na die onderhoud in ‘n lêer of omslag. Hou ‘n ekstra CV byderhand vir ingeval. Tydens die onderhoud: • Gee die onderhoudvoerders ‘n ferm handdruk as jy hulle ontmoet en stel jouself duidelik voor • Behou oogkontak met die onderhoudvoerder • Maak seker dat jy die persone se name en posisies onthou • Moenie sit tensy jy genooi word nie en sit regop • Praat stadig en duidelik • Moenie rook nie, selfs indien jy die geleentheid gegun word • Moenie die onderhoudvoerder onderbreek nie. Die doel van die onderhoud is nie vir die onderhoudvoerder om jou oor jouself uit te vra nie, maar ook vir jou meer oor die maatskappy en die pos uit te vind. Moet egter nie die onderhoud domineer nie. Bespreek eerder net die salarispakket as die onderhoudvoerder eerste daaroor praat. Wys vir eers aan die onderhoudvoerder dat jy meer op die werk as die voordele gefokus is.


Voltaire (1694-1778) “Werk verban daardie 3 groot euwels: verveling, verdorwenheid en armoede.” Franse Filosoof & historikus

Spog ‘n bietjie. Moenie skaam wees om vir die onderhoudvoerder van jou suksesse te vertel nie. Hou egter by die werk wat ter sprake is. Gee slegs antwoorde wat relevant is vir die betrokke pos. Bly gefokus en moenie dat die onderhoudvoerder verveeld raak nie. Dit is ook belangrik om die waarheid te praat. Daar is geen nut om leuens of halwe waarhede oor jou werksondervinding te vertel nie. Jou verwysings sal nagegaan word. Aan die einde van die onderhoud is dit belangrik om eerder te luister wat hulle wil sê. Bedank die onderhoudvoerder vir sy/haar tyd, maar vra dan vir opvolginligting soos wanneer jy kan verwag om weer van hulle te hoor en of hulle nog inligting benodig. Dit wys dat jy ernstig oor jou werksaansoek is. Moet egter nie aggressief wees as hulle vaag is of nie vir jou die werk aanbied nie.

• • • • • • •

Waarom het jy vir die pos aansoek gedoen? Hoekom moet ons vir jou hierdie werk gee? Waar sien jy jouself oor vyf jaar? Vertel my van ‘n voorstel wat jy gemaak het en hoe dit uitgedraai het Watter konfliksituasies moes jy al ontlont? Wat motiveer jou? Is jy bereid om in jou eie tyd te studeer?

As jy hierdie paar basiese vrae gebruik vir voorbereiding, sal jy outomaties meer gerus voel. Onthou om in jouself te glo en leer uit elke geleentheid wat jy gebied word. Voorspoed!

Tipiese vrae wat jy kan verwag: • Vertel my meer omtrent jouself • Noem jou beste en slegste eienskap • Waarom het jy jou laaste werk verlaat?

?

eid h d l e t s e g in POSITIEWE rksplek tot die we

M

in nuwelinge pas gou en gemaklik aan wanneer hulle vir die eerste keer by ‘n nuwe werkplek instap. Die groter meerderheid ervaar die werksomgewing as ʼn ontnugtering wanneer hulle die eerste keer daarmee kennis maak. Die neem verder ʼn redelike tyd om die heersende werkskultuur van ‘n spesifieke organisasie op te som. Eerstens kan daar sterk tekens wees van werkers wat vyandig teenoor mekaar is deur onder meer kritiek, onderdrukte aggressie, angstigheid, verontwaardiging en ʼn siniese lewensuitkyk, asook die eise wat die werk aan ‘n persoon stel. Aan die anderkant mag werkers ʼn onbetrokkenheid uitstraal wat onder andere ook saamval met moedeloosheid, geskinder, negatiwiteit met ʼn moontlike depressiewe voorkoms, en ʼn voortdurende soektog na ʼn beter werksgeleentheid. Albei hierdie ingesteldhede van werkers werk egter teen die produktiwiteit van die organisasie, dus behoort daar gestreef te word na ʼn alternatiewe werkskultuur waar daar wedersydse respek tussen alle werkers bestaan. Hierdie tipe werkskultuur gebeur nie vanself nie en werkers behoort dit doelbewus op te bou en dan in standhou. Dit kan net gebeur wanneer werkers oor die nodige selfinsig beskik.

Philip Minnaar

Persone wat eerste kop verloor in ʼn situasie, is gewoonlik die laaste wat dit agterkom, mits hulle oor insig beskik. Iemand het eenmaal gesê: ʼn geleerde persoon, sonder wysheid, is net ʼn geleerde domkop. Hoe kan jong mense dan probeer voorkom dat hulle eendag in die situasie beland waar hulle met baie boekekennis sit, maar nie insigte in die groter werksprentjie het nie? Hoe kry mens dan die insig? • Algemene eerste ervarings van die werksplek

Hoewel nuwelinge in die werkplek ander ervaringe ook kan hê wanneer hulle die eerste keer by ‘n nuwe werk aanmeld, is daar wel belewenisse wat algemeen eenvormig voorkom en word kortliks verduidelik:

• Ingeperkte persoonlike bevoegdheid

Ingeperkte persoonlike bevoegdheid kan lei tot emosionele angs in verhoudings met ander. Dit mag dan meebring dat nuweling-werkers sonder om na te dink, enige opdrag of versoek van ander personeel uitvoer omdat hulle nie weet wat ʼn redelike en billike versoek deur senior persone behels nie.

Verder beleef hulle angstigheid wat die vermoë om oplossings vir situasies

53


te soek of te vind, kan beperk of verminder. Alternatiewelik mag nuwelinge onbewustelik begin om ander se guns te soek, om deur gunste hulle gesindheid te probeer wen of telkens verskoning te bied vir enige gedrag en besluite wat hulle sonder bevestigde toestemming van hoër gesag uitgeoefen het.

CJ Langenhoven het gesê: “As jy jou werk sleg doen omdat jy jou loon te min behou, sal jy nooit goeie werk doen nie: want jy sal nooit genoeg loon kry na jou eie sin nie.”

• Minimale vermoë om ander te oortuig Nuwelinge in die werkplek mag verder ervaar dat hulle vermoë om ander te oortuig en te oorreed, ingeperk is. Hierdie belewenis mag nuwelinge onseker, onveilig en blootgestel laat voel. Dit kan weer daartoe lei dat nuwelinge ‘n aanhoudende behoefte het om meer persone aan hulle kant te kry. Verder kan hulle agterdog begin koester teenoor sommige persone se motiewe teenoor hulle en mag ervaar dat enige verkeerde optrede aan hulle kant baie streng deur ʼn zero toleransie benadering van toesighouers hanteer sal word. Werkverwagtinge word dan dikwels as oorweldigend deur die nuweling beleef en stres neem toe. Frustrasie en kommer begin opbou dat hulle dalk nie aan verwagtinge sal kan voldoen nie, en ʼn vrees mag ontstaan dat hulle die werksgeleentheid en inkomste gaan verloor. Dit kan ʼn oorweldigende moedelose gevoel laat onstaan met ʼn groot innerlike verdeeldheid waar om eerste aan aandag te skenk of sommer net alles te los en tou op te gooi. • Minimale selfvertroue belemmer verhouding In die tweede plek kan ʼn belewenis van minimale selfvertroue in die werkplek belemmerde intra -en interpersoonlike verhoudings tussen die nuweling en ander werkers tot gevolg hê. Op passiewe wyse kan nuwelinge die reg tot voorstelle en keuses in die werkplek aan ander persone oorlaat en oordrewe gewillig by hulle idees of voorstelle inval. Wanneer die oënskynlike inskiklikheid van nuwelinge breekpunt in die werkplek bereik, mag hulle dalk onverskillig oorgaan tot verbale aggressie of hulleself voorneem om wraak te neem teenoor enige persoon wat hulle ervaar hulle dalk te nakom. ʼn Totale passiwiteit of ʼn totale aggressie is dus twee grense wat in die werkomgewing vermy behoort te word. Nuwelinge behoort hulleself voor te berei om selfhandhawend in die werkplek op te tree. Riglyne hoe om dit te doen word later verskaf. • Ongesonde hanteringsmeganismes ten opsigte van realiteitseise Indien nuwelinge nie vooraf deur kundige persone begelei word ten opsigte van moontlike realiteitseise

54

in die werkomgewing nie, mag hulle dit as ʼn plek ervaar waar daar net vir oorlewing geveg moet word. Twee vorme van oorlewing kan plaasvind, naamlik om die probleme as uitdagings te sien en dit tromp-op storm te loop, of net te ontken dat daar enige erge ongemak bestaan en enige emosies rondom dit ook te ontken, met ander woorde ʼn doelgerigte fokus om te vermy of te ontken dat dit bestaan. Deur veralgemening word die ander werkers as die primêre oorsaak van probleme en konflik beskou en die werksituasie word deur ʼn eie kortsigtige egosentriese siening as die enigste objektiewe waarheid beleef, byvoorbeeld nuwelinge wat oortuig voel dat hulle deur ander werkers bespreek of dalk geviktimiseer word. Nodeloos om te noem dat hierdie tipe gedrag nie enige ruimte bied vir insigte by die persoon self of beter werkverhoudings of beter produktiwiteit vir die organisasie nie.

PROAKTIEWE VOORBEREIDING Sommige nuweling-werkers mag dalk ʼn hulpeloosheid ervaar as gevolg van gedrags-kondisionering in hulle vroeëre jare en bou dan op ʼn persepsie dat hulle insette nie enige invloed in die organisasie sal hê nie. Hierdie hulpeloosheid veroorsaak dan ʼn oorafhanklikheid van ander persone se leiding en lei tot frustrasie van albei partye. Die mate waartoe mense negatiewe motiewe aan ander persone toedig, veroorsaak dat hulle later ʼn algemene wantroue van hulleself ook begin koester. Vier aspekte is veral van belang om in die werkplek te kan oorleef, naamlik ʼn goeie selfinsig of selfbewussyn, ʼn interne lokus van beheer, maatreëls om stres en angs te beheer en te bestuur en konstruktiewe kommunikasievaardighede met ander. Dit dien ook as riglyne om selfhandhawend te kan optree en word vervolgens verduidelik. Oorlewing in die werkplek deur selfhandhawing: • Selfbewussyn Die manier hoe persone hulleself evalueer en hulle belewenis van hoe ander mense hulle beleef, is direk verwant aan hulle eie selfbeeld. Selfbewussyn aan die ander kant behels die vermoë van mense om hulle aandag op hulleself te fokus, of beter gestel, die vermoë om jou eie gedrag en denke self as ʼn buitestaander dop te hou. Wanneer iemand se selfbeeld en selfwaarde swak is, is hulle lewensuitkyk ook negatief en word ander persone se optrede as persoonlike aanvalle beleef. As vertrekpunt behoort nuwelinge hulle eie ingesteldheid te bepaal deur


op hulle eie denke bedag te wees. Ongeveer tien persent van mense se aandagspan behoort in enige situasie op hulleself gefokus te wees om eie gedrag so waar te neem. Feitlik alle mense mense word moeilik deur ander oortuig dat hulle vooropgestelde idees oor dinge het, of dat hulle geneig is om altyd die ergste in situasies te verwag. Selfinsig kan dit blootlê. Om te voorkom dat werkers ook nie hoër mik as waartoe hulle in staat is nie, behoort nuwelinge oor deeglike kennis van hulle sterk eienskappe te beskik. Dit hou verband met dit wat persone by hulleself raaksien wanneer hulle hul eie spontane reaksies in situasies dophou; bewus raak van ʼn sterk hunkering na iets; ʼn vermoë om sekere vaardighede buitengewoon vinniger as ander aan te leer of buitengewone plesier wat uit sekere aktiwiteite geput word. ʼn Teensinnigheid om daaraan aandag te skenk is soos om ‘n goeie myn toe te gooi. Dit is dus belangrik dat nuwelinge introspeksie moet doen oor hulle eie gedagtes maar ook later ander persone te vra om terugvoer aan hulle te gee oor hulle optredes. Dit behoort dan vergelyk te word met ander se algemene gedrag en emosies in daardie spesifieke situasie. • Lokus van beheer ʼn Eksterne lokus van beheer dui daarop dat mense hulle werksomgewing beskou as iets waaroor hulle geen beheer het nie, waar hulle slegs slagoffers van omstandighede is. Persone met ʼn interne lokus van beheer wend groter pogings aan om beheer oor hulle werksomgewing te verkry. ‘n Gevoel van beheer verminder stresvlakke omdat hierdie werkers eerder sal oorgaan tot aksie teen die bron wat stres veroorsaak, eerder as om net die simptome en oorsake aan ander se optrede toe te skryf. Dit beteken die vermoë om moontlikhede raak te sien en verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan, betyds te identifiseer. Hieruit vloei ʼn vermoë om ferm besluite te kan neem wat nuwelinge se lewenskoers positief vorentoe kan beïnvloed, solank hulle daarby hou. Wanneer nuwelinge egter teenstand ervaar, is hulle eerste opsie om die oorsaak daarvan by ander persone te soek. Wanneer nuwelinge interaksie met ander in die werkplek het, is dit onvermydelik dat daar by elkeen eiesoortige reaksies en gevoelens ontlok sal word. Die effektiewe hantering berus egter op die verhoogde selfbewussyn van elke persoon in die werkplek. Terloops, kinders wat reeds vroeg deur hulle ouers aangemoedig was om besluite te neem, mag ʼn beter selfbeeld hê as kinders wat vir lang

tydperke van hul ouers se besluite afhanklik was. Persone met ʼn interne lokus van beheer sal voortydig besin eerder as om net instinktief op situasies in die werkplek te reageer. Daar bestaan egter nie ‘n plek wat “moet weet” hoe nuwelinge voel of sal voel wanneer dinge gesê of nie gesê word nie. Dit is die verantwoordelikheid van nuweling-werkers om te beskryf hoe hulle dinge beleef. Wanneer nuwelinge wel gevoelens deel, behoort daar by hulleself uitgeklaar te word of hulle bedoeling is om te blameer, of hulle ten doel het om die situasie te verbeter. • Angs in die werkplek Enige mens, ongeag hulle werkservaring, ervaar ʼn mate van angs wanneer hulle by ʼn nuwe werk begin. Sonder enige uitdagings kan die werkplek ʼn dodelike roetine word, maar in ʼn oorstimulerende situasie mag dinge egter rof raak en te veel angs kan begin opbou. Veral nuweling-werkers kan dan enige kritiek persoonlik opneem. Mense behoort hulle stresvlakke deur individuele persoonlikheidsvraelyste te peil en bewus te wees dat spesifieke situasies verhoogde angs by hulle veroorsaak. Mense het oor die algemeen ʼn behoefte aan aanvaarding (selfs in die werkplek) omdat effektiewe verhoudings ʼn positiewe gevoel van wedersydse vertroue skep en volgehoue leergeleenthede aanmoedig. Dit skep ook ruimte vir individue om betrokke te raak en bied uitdaging tot effektiewer werksuitkomste vir die organisasie. Wanneer werkers hulle egter van die res van die groep isoleer, skep dit verdere verhoogde angs. Nuweling-werkers kan beheer neem deur bewustelik oor die positiewe en negatiewe fasette van elke situasie te besin. Wanneer hulle agterkom dat hulle ʼn geneigdheid tot onttrekking en negatiewe denke het, kan nuwelinge begin om skriftelik dagboek te hou van hoe hulle in situasies reageer en ʼn volgende keer doelbewus probeer om anders daaroor te voel of te reageer, en die vordering weer neer te skryf. Weer eens behels dit ook die observasie en beskrywing van eie gedrag en om onder andere realistiese doelwitte aan jouself te stel. Stel jouself in op positiewe denke. • Kommunikasievaardighede Vir enige persoon om in beheer van hulle kommunikasie te wees, beteken dat hulle verbale sowel as nie-verbale kommunikasie (dit wil sê hulle liggaamshouding en gedrag) ooreen moet stem. Meer kommunikasie vind nie-verbaal plaas tussen mense as verbale gesprek, wat maar ongeveer dertig persent beslaan. Gewoonlik

55


is dit ʼn makliker uitkoms vir die nuweling om net hulle eie gevoelens te onderdruk of ander persone se gevoelens te probeer spaar, maar dit het ʼn manier om op ʼn ander plek weer uit te spring. Wanneer “ek”– boodskappe gegee word, skep dit ʼn veilige omgewing waar ander ook bereid is om kalm en rustig ʼn standpunt te stel terwyl “jy”–boodskappe iemand net op die verdediging plaas en beide partye dan kwetsend begin raak. Nuwelinge behoort vroegtydig daaroor te dink of tyd te versoek voordat hulle sommer net ‘n antwoord aan iemand gee. Wanneer iemand ja in plaas van nee sê, skep dit verwarring vir beide persone omdat die spreker se gedrag sy woorde weerspreek. Dit beteken ook dat iemand ʼn ander persoon se gevoelens belangriker as sy eie ag en interne konflik skep waaroor die persoon dan later skuldgevoelens oor beleef. Terugvoer gee of ontvang

Plato (427-347 v.c) “Die begin is die belangrikste deel van die werk.” Griekse Filosoof

Wanneer eksterne konflik tussen mense ontstaan is dit belangrik om te onthou dat elkeen se doelwitte en verwagtings ten opsigte van die uitkomste verskillend in enige situasie is. Oplossing is nie noodwendig ʼn voorvereiste om die konflik tussen mense op te los nie, maar dat elke party voel dat daar na sy kant van die saak geluister, en dat die meriete daarvan oorweeg word. Hierdie wedersydse begrip beteken dat daar ʼn empatiese ingesteldheid moet

ontstaan wat groeigeleenthede vir elkeen kan skep. Dis belangrik om te onthou dat wanneer terugvoer aan ander mense gegee word, dit nie ‘n persoonlike aanval beteken nie. Dit moet die aanhoorder kan inspireer of positiewe energie by hom of haar aanwakker. Terugvoer behoort egter gefokus te wees op gedrag en nie persoonlikheid nie; op beskrywing en nie veroordeling nie; op ʼn spesifieke situasie en nie ʼn veralgemening nie; nie afgedwing word op iemand nie; en nie meer sê as wat nodig is of wat die persoon kan verwerk nie. Laastens behoort terugvoer te fokus op aksies wat die persoon tot verdere selfinsig kan lei. Ten slotte ʼn Groter selfinsig of selfbewussyn lei tot beter insig by ander persone en skep groter verdraagsaamheid vir mekaar se leefwêreld. Intrapersoonlike vaardighede is die platform waarop interpersoonlike verhoudings in die werkplek gebou behoort te word en nuwelinge wat proaktief hulleself in beheer van hierdie proses plaas, beleef die werkplek as minder intimiderend en kan gouer hulle voete vind om ʼn positiewe produktiewe bydrae tot die organisasie te lewer. Noudat jy ‘n idee het van hoe jongmense die werksplek ervaar, kan jy jouself begin voorberei daarvoor. Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die volgende 10 wenke om ‘n sukses van jou werksomgewing te maak..

an v s e s k u s m ‘n o s l ë e r e aak m e t 10 gou n a a b oop l s k r e w u jo

D

it is vir elke mens moontlik om ‘n sukses van sy of haar loopbaan te maak. Die wel en weë van Solidariteit se meer as honderd duisend werkende lede, het vir Flip Buys die kans gebied om ‘n deeglike studie te maak van die vereistes vir loopbaansukses. As hoof van Solidariteit het hy vir bykans twintig jaar noukeurig gekyk wat die redes is hoekom party mense bo uitkom en ander nie. Hy som sy gevolgtrekkings op in “Tien goue reëls om ‘n sukses van jou werksloopbaan te maak”. 1. Vervul jou roeping Baie mense se loopbane vat net nooit vlam nie omdat hulle nie besig is om

56

Flip Buys

hulle roepings uit te leef nie; hulle werk maar net. As Christen weet ek dat elke mens ‘n lewensroeping het, en dat dit vir ‘n jongmens noodsaaklik is om uit te vind wat dit is. Praat daaroor met jou predikant, dis belangrik. ‘n Mens sonder roepingsbesef werk al sugtende net om te leef, en leef nie ommet lewensvreugde-te- werk nie. Daarom is dit belangrik om nie jou studierigting of werk te kies vir die geld nie. Die “regte” beroep vir die verkeerde mens lei tot mislukking. Jy sal die meeste geld verdien waarin jy die beste is en waartoe jy geroepe voel. Geld is die beloning vir goeie dienslewering. Moenie mik op die geld nie, mik om ‘n verskil te maak. As jy dit regkry, sal jy goed daarvoor – ook in geldelike terme – beloon word. Vervul jou roeping, nie iemand anders s’n nie!


2. Studie is die beste opbrengs op ‘n belegging

“Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.” Spreuke 14:23

Mense vra soms wat die beste belegging is, soos eiendom of aandele. Die regte antwoord is dat die beste opbrengs op belegging baie beslis in ‘n mens se eie opleiding is. ‘n Persoon wat geld en tyd belê in sy eie opleiding, word oor en oor in geldelike en lewensgehalte terme daarvoor vergoed in sy of haar werkslewe. Opleiding kos geld en baie opoffering, maar mense sonder opleiding het baie maal nie geld vir kos nie, en moet baie harder werk en meer opofferings maak sonder die vooruitsig op ‘n beter lewe. Hulle moet lewenslank werk vir hulle geld, en kry nooit genoeg dat hulle geld vir hulle kan werk (en sorg!) nie. Daar is ‘n noue verband tussen jou studie en jou roeping. Daarom moet jy sorg dat jy jouself toerus vir jou totale roeping, en nie net vir jou beroep nie. Prakties beteken dit dat jy nie net die minimum moet doen om jouself te kwalifiseer nie. Nie een van ons wil opereer word deur ‘n dokter wat net 50% gekry het nie, al is hy deur. Begin deur jouself toe te rus met die beste opleiding beskikbaar, presteer so goed jy kan daarin, maar werk ook aan ‘n positiewe lewenshouding, opbouende waardestelsel, en mens- en lewensvaardighede. ‘n Afgeronde mens met ‘n goeie opleiding kan selfs in teenspoed volhard, en is gewaarborg van uiteindelike sukses. Moet ook nie altyd net na die “makliker” rigtings kyk nie; onthou – hoe moeiliker die studie, hoe hoër die uiteindelike opbrengs. Leer dus vir jouself ‘n toekoms oop, dit kom nie vanself nie. Dawerende sukses word altyd voorafgegaan deur stille voorbereiding. Onthou ook dat daar nie goeie of slegte rigtings is nie. Sommige miskien goed vir ander mense, maar sleg vir jou, of anders om. Die beste tuinier met ‘n passie vir tuine, sal lekkerder werk, ‘n landswye tuinbesigheid opbou, en baie meer geld maak as ‘n mediese spesialis wat elke oomblik van sy werk haat en flou voel as hy bloed sien! 3. Werk aan jou sterk punte ‘n Beroemde raadgewer van topsakelui in Amerika, Peter Drücker, het ‘n baie eenvoudige reël vir sukses gegee: vind uit waarin jy goed is, en word die beste daarin. Dit beteken dat jy aan jou sterk punte moet werk, in plaas daarvan om die hele tyd jou swak punte te probeer verbeter. Dit help nie ‘n briljante rugbyspeler probeer heeltyd sy swak krieket verbeter nie. Hy sal net sy plek in die Springbokspan verloor, en ook nie die nasionale Krieketspan haal nie. Niemand is briljant in alle rigtings nie. Sommige mense kom gou agter wat hulle sterk punte is, verbeter dit dan deur harde werk, oefening en studie, en kom so vinnig bo uit. Ander vat jare om hulle sterk en swak punte te ontdek, en fokus nie

op dit waarin hulle die beste is nie. Hulle loopbane is dan soos ‘n vliegtuig wat heen en weer op die aanloopbaan ry maar nooit opstyg nie. Dit beteken nie dat jy moet toelaat dat jou swak punte jou laat struikel nie. Omring jou byvoorbeeld met mense wat jou swak punte aanvul met hulle sterk punte. Dink maar aan hoe Aäron namens Moses moes praat. 4. Volg jou passie Die gemiddelde mens werk sowat 35 jaar, en moet dan daarna leef op die vrugte van daardie loopbaan. Dis ‘n baie lang tyd om iets te doen waaroor jy nie absoluut gaande is nie. As jy nie weet wat jou passie in die lewe is nie, is daar twee dinge wat jy kan doen om uit te vind. Gaan vir goeie beroepsleidingtoetse, of kyk waarna jy van hou om in jou vrye tyd te doen. Die mees suksesvolle mense is die wat betaal word om te doen waaroor hulle buitendien mal is! Luister dus na die raad van jou ouers en vriende, en die wat jou die beste ken. Maar onthou dat dit op die ou end jy is wat daardie werk lewenslank moet doen. Passie is daardie petrol in die tenk wat jou tot bo gaan dryf. 5. Leer jouself ken Ons sien soms makliker ander mense se foute of mooi eienskappe raak as ons eie. Volwassenheid hang nou saam met selfkennis. Iemand wat hom- of haarself ken, weet wat hulle aanleg, belangstellings en sterk punte is en wat nie. Hulle aanvaar hulself, is lief (maar nie verlief!) vir hulself, en is gemaklik in hul eie velle. Baie mense misluk in hulle loopbane ten spyte van ‘n hoë intelligensie, goeie kwalifikasies, harde werk en groot dryfkrag. Hulle word in diens geneem weens hulle vaardighede, maar word weer ontslaan weens hulle emosionele onvolwassenheid of karakterfoute. Daarom sê ervare personeelbestuurders dat ‘n “goeie” vakature beter is as ‘n slegte aanstelling! Dit is soms verbasend dat mense wat in hul middeljare nog rond soek en sukkel na die regte poste, is omdat hulle nie hulself ken nie. Wanneer ‘n goeie mediese spesialis wat nie kan bestuur nie as hoof van ‘n hospitaal aangestel word, kry die hospitaal ‘n swak bestuurder en verloor die mediese professie ‘n goeie spesialis. Dis ‘n verloor-verloor situasie. 6. Lewenslange leer In vandag se snel veranderende wêreld, verouder kennis en ondervinding blitsvinnig. Daarom verstaan mense wat jare lank suksesvol was nie hoekom hulle skielik begin sukkel in hulle werk nie. Stagnasie is die dood in die loopbaanpot. Prakties beteken dit dat ‘n kwalifikasie wel ‘n goeie en noodsaaklike wegspring is, maar dis nie ‘n gewaarborgde wenpaal

57


nie. Die wêreld staan nie stil nie, daarom kan jy ook nie. Suksesvolle maatskappye en mense besef dit ook, en daarom is lewenslange leer vandag die “in” ding. Moenie sug en dink dit beteken jy moet lewenslank nagte om leer vir nog grade nie. Op universiteit leer jy om te leer. Formele studies is en bly altyd goed, maar deur kursusse, konferensies, boeke of net ‘n leeringesteldheid kan jy baie ver kom. Inteendeel, die “universiteit van die lewe” is onontbeerlik vir sukses. En onthou, hou jou oë en ore oop; algemene kennis is toe nie so algemeen nie! 7. Verander van werk en beroep In die ou tyd het mens vir ‘n werk studeer toe jy jonk was, en dan lewenslank dieselfde werk by dieselfde plek gedoen tot met jou aftrede. Later het dit verander, en het mense in hulle loopbane gemiddeld ses keer van werk verander. Maar die wêreld verander al vinniger, en talle mense verander vandag nie net ses keer van werk nie maar ook nog drie keer van beroep! Dit beteken jy kan nie meer bekostig om vir ‘n werk te leer nie, jy moet leer om te leer. Maar dis nie nodig om bang te wees vir die toekoms nie, hou net jou opsies en jou (lerende) oë en ore oop. 8. Deelname aan studentelewe soos ‘n ekstra graad ‘n Universiteit of kollege is nie net ‘n akademiese supermark waar jy net ‘n kwalifikasie kom kry nie. Pasop dat jy nooit in ‘n geleerde barbaar verander nie! Onthou Paul Kruger se wyse woorde, toe hy gesê het dat hy “nie geletterd is nie, maar geleerd”. Iemand het gesê dat deelname in die studentelewe net so goed is as ‘n ekstra graad. My siening is dat ‘n student wat in sy studie net doen wat nodig is, in sy werk dieselfde gaan doen (of

ur oekoms de

nie doen nie!) Deelname aan studenteaktiwiteite ontwikkel jou as mens, en leer jou lewensvaardighede. Neem dus gebalanseerd deel aan alles, en probeer vakansiewerk doen, al kry jy nie daarvoor geld nie. Die ondervinding gaan meer beteken. 9. Taal meer as net taal Probeer alles om in jou moedertaal te studeer, en leer daarna ‘n tweede taal goed aan. Dis nie ‘n taalbeginsel nie, dis ‘n opleidingsbeginsel! ‘n Taal gaan oor meer as net taal. Die suksesvolle lande in die wêreld is waar moedertaal-onderrig gegee word. Daarom het die digter gesê: “Afrikaans is ‘n broodsaak”. 10. Werk aan jou werk Net die beste maatskappye oorleef in vandag se mededingende wêreld. Daarom kan geen maatskappy oorgerus raak nie, en ook nie enige werknemer nie. Daarom – werk aan jou werk, moenie maar net elke dag werk toe kom en jouself afsloof nie. Die enigste verskil tussen ‘n groef en ‘n graf is die diepte. Probeer om nie net harder te werk nie, werk slimmer! Hierdie tien waardevolle reëls is opgestel na jare se ervaring en ondervinding. Leer hieruit en hou dit naby wanneer jy begin werk of ‘n eie besigheid wil begin. Entrepreneurskap is ‘n term waarvan vandag se kinders al op ‘n jong ouderdom leer. Hoekom dink jy is dit so belangrik in vandag se tyd? As jy nog altyd gewonder het waaroor dit so belangrik is, lees verder.

ede

t rdigh bepaal joeuuriese denke en vaa pren entre

E

endag lank, lank gelede was dit moontlik gewees om slegs met ‘n goeie kwalifikasie die volwasse wêreld tegemoet te stap. Dit was maklik om ‘n eerste werk te kry en die omstandighede was so gunstig dat dit selfs somtyds moontlik was om ʼn loopbaan by die werkgewer te volg en eers weer met aftrede daar uit te stap. Die werkgewer het vir jou voorsien deur ʼn aftreeplan en mediese fonds en jy kon sonder kommer jou oudag geniet.

58

Henk Schalekamp

Weg is daardie dae! Verwelkom die dae van verandering, toenemende kompetisie en vermenigvuldiging van inligting. Die werk wat jy oor tien jaar gaan doen mag bes moontlik nog nie vandag bestaan nie. Suid-Afrika het bykomend tot hierdie globale veranderinge in die ekonomie ook in 1994 polities verander. Die Afrikaner is vandag ‘n minderheidsgroep in Suid-Afrika met ‘n Westerse herkoms en kultuur. As groep het ons baie om voor dankbaar te


“Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.” Spr. 16:3

wees. ‘n Geskiedenis van ‘n klein, arm volkie wat suksesvol in Afrika geword het. Die resultaat daarvan is dat ons vandag geleenthede het om te leer, toegang tot kapitaal het en lid is van ‘n gemeenskap wat uitnemendheid en volhoubare vooruitgang omhels. Afrikaners se toekoms word vandag weer soos in die dertiger jare uitgedaag. Die Grondwet se gebrek aan beskerming vir groepe en die ANC se oorheersende ideologie van verteenwoordigheid en die nasionale demokratiese revolusie het tot gevolg dat Afrikaners op hulself aangewese is ten einde ‘n toekoms te verseker. Hierdie omstandighede is glad nie gunstig nie, maar op sigself ‘n geleentheid om ons as groep te vestig as onlosmaaklik deel van Afrika. John Kane-Berman, die uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Instituut op Rasse Verhoudinge (SAIRR) het onlangs by ‘n seminaar van Solidariteit gesê dat Afrikaners die eintlike bevoordeeldes van regstellende aksie is, aangesien hulle uitgaan en suksesvolle entrepreneurs word. ‘n Entrepreneur is iemand wat ‘n geleentheid vir ‘n idee, produk, besigheid of diens identifiseer en dit uitvoer deur self verantwoordelikheid te neem en die volle risiko te dra vir die uitkoms daarvan. ‘n Entrepreneur skep sy eie toekoms ongeag sy omstandighede, omdat hy iets aanbied wat die mark benodig. Die ekonomiese krag van vraag en aanbod is sterker as enige diskriminerende praktyke en die Afrikaner kan dit gebruik om suksesvol te word. ‘n Entrepreneur is egter ‘n spesifieke tipe mens en ons is nie almal entrepreneurs nie. Om suksesvol te wees beteken nie dat ons entrepreneurs moet word nie, maar dat ons baie by entrepreneurs kan leer om self sukses te behaal. Deur hierdie entrepreneuriese denke en vaardighede kan elkeen vir homself ‘n toekoms skep. Vervolgens word sewe entrepreneuriese denke en vaardighede, wat in enige beroep of rigting gebruik kan word, bespreek.

Jou toekoms is in jou eie hande Selfverantwoordelikheid staan sentraal tot die definisie van ‘n entrepreneur. ‘n Entrepreneur is iemand wat verantwoordelikheid neem vir die risiko en geleentheid van sy inisiatief. ‘n Entrepreneur skep sy eie toekoms deur ‘n duidelike langtermyn ideaal daar te stel wat deur die bereiking van ‘n reeks korttermyn doelwitte verwesenlik word. ‘n Entrepreneur werk met ‘n plan en alles in die lewe word benader as ‘n geleentheid en besigheid. Dieselfde geld vir alle Afrikaners.Die individue wat self verantwoordelikheid neem vir hulle dade, beskik oor die vermoë om die toekoms te beïnvloed en te verander, terwyl die

bloot toekoms gebeur met diegene wat nie self verantwoordelikheid aanvaar nie. Die Afrikaner moet homself toenemend posisioneer om die geleentheid in alles raak te sien. ‘n Gekwalifiseerde dokter is byvoorbeeld in die eerste plek ‘n kundige, maar hierdie kundigheid moet met goeie besigheidsin beskikbaar gestel word. Dit is belangrik dat jy jou eie kundigheid as ‘n kommoditeit beskou, en dit soos enige produk suksesvol bemark en bedryf. Selfverantwoordelikheid se tweelingboetie is selfvertroue; dit is absoluut belangrik om ‘n positiewe selfbeeld te handhaaf en so die nodige selfvertroue te kry om jou eie toekoms te beplan en te bou.

?

Neem jy selfverantwoordelikheid vir jou toekoms? Wat is jou plan?

Kundigheid laat die wêreld draai Entrepreneurs is nie altyd daarvoor bekend dat hulle oor goeie kwalifikasies beskik nie, maar alle suksesvolle entrepreneurs is kundige en bekwame mense. In vandag se tyd is daar talle wyses waarop kundigheid bekom kan word. Universiteit toe gaan is nie die enigste wyse waarop jy jou jouself kan bekwaam nie. Dit is vir professionele beroepe die ideaal, maar die wêreld bied soveel meer. Die verskil tussen ‘n loodgieter wat vir ‘n salaris werk en ‘n loodgieter wat aan die stuur van sy eie suksesvolle besigheid staan het ook met kundigheid te make. Die gewone loodgieter is kundig in sy vakgebied maar die ander een het kundigheid bekom oor hoe om suksesvol ‘n besigheid te bestuur. ‘n Goeie suksesvolle mentor help jou om tyd te wen deur te leer uit sy kundigheid. Dit is nie die groot algemene lesse in die lewe wat die verskil maak nie, maar die klein goedjies wat jou onderskei van die res. Mentorskap is ‘n wonderlike manier waarop ‘n mens die kunsies van die lewe goedkoop kan leer.

?

Is jy ingestel om deurlopend te leer? Wie ken jy by wie jy baie kan leer?

Skaarsheid is jou vriend ‘n Suksesvolle entrepreneur omhels skaarsheid as ‘n geleentheid. Dit is baie voordelig vir ‘n entrepreneur om dienste en produkte te bied wat uniek is in die mark en nie beskikbaar is nie. Dit is dieselfde om te studeer in ‘n rigting waardeur jy jouself kan onderskei as iemand met kennis en vaardighede in ‘n rigting wat nie vryelik beskikbaar is nie. Hierdie kundigheid en kennis maak

59


jou gesog. Gevolglik kan jou aanbod van kundigheid nie geignoreer word wanneer die vraag daarna groter as die aanbod is nie.

?

Hoe gaan jy jou unieke talente en vaardighede skaars maak?

‘n Positiewe houding sien die glas half vol Daar is ‘n baie groot verskil tussen die korrekte identifisering van die probleem en die korrekte identifisering van die oplossing. Beide is belangrik, maar dit is die oplossing wat vir ‘n entrepreneur die geleentheid bied om waarde te skep en toe te voeg. Dieselfde geld vir mense wat nie noodwendig entrepreneurs is nie. ‘n Positiewe houding skep die gemoedstoestand en geleentheid om nie net die probleem te identifiseer nie, maar om die oplossings vir die probleme te vind, toe te pas en, in die proses, ‘n verskil te maak. Foute bly deel van die lewe en ons is seker daarvan dat ons foute gaan maak. ‘n Positiewe houding stel ons in staat om uit foute te leer en op te staan wanneer ons gefaal het.

?

Sien jy as eerder die oplossing as die probleem raak?

Deursettingsvermoë en gedetermineerdheid trek die wa deur die drif

Publilius Syrus (c1ste eeu v.C.) “Armoede wek ondernemingsgees.” (Hominem expiri multa paupertasiubet.)

Winston Churchill het gesê dat sukses nie finaal is nie en om te faal nie fataal (die einde) is nie, maar dat dit die durf om aan te gaan is wat tel. Deursettingsvermoë en gedetermineerdheid om suksesvol te wees is een van die kerneienskappe van suksesvolle entrepreneurs. Malcolm Gladwell, die bekende skrywer van The Tipping Point en Blink: The Power of Thinking Without Thinking het in sy onlangse boek Outliers: The Story of Success geskryf dat almal wat vir iets bekend geword het meer as 10 000 ure daaraan spandeer het. Die Beatles het meer as 10 000 ure gesing, Bill Gates het meer as 10 000 ure programmeer en Mozart het meer as 10 000 ure gekomponeer, voordat hy sy meesterstukke gelewer het. Dit beteken dat jy, indien jy twee ure per dag tot jou beskikking het om uitnemendheid te bereik in ‘n spesifieke dissipline, moet jy sewe dae per week vir 13.5 jaar werk aan dit waarin jy uitnemendheid wil bereik. Dit is dus belangrik om te hou van en geroepe te voel in dit wat jy doen. Indien jy dit doen, sal jy soos Gary Player kan sê: “The more I practice the luckier I get.”

?

60

Is jy bereid om hard te werk vir wat jy wil bereik?

Deur georganiseerd en doelgerig te wees wen jy ‘n oorlog Geen land of generaal het nog ooit ‘n oorlog gewen sonder dat hulle uiters georganiseerd en doelgerig was nie. Dieselfde geld vir ‘n entrepreneur wat sukses behaal het; nog nooit was ‘n entrepreneur volhoubaar suksesvol sonder uitnemende georganiseerdheid en doelgerigtheid nie. Om georganiseerd te wees beteken nie jou boeke is netjies op jou lessenaar nie, dit het veel eerder met ‘n bestaanswyse te make. Vir dié wat nie entrepreneurs is nie, beteken georganiseerdheid dat jy weet wat aangaan in jou werk en lewe. Doelgerigtheid beteken dat jy nie jou aandag laat aftrek deur onnodige en onbelangrike sake nie.

?

Is jy georganiseerd in alles wat jy doen?

Handhawing van goeie waardes is jou spoor na sukses Waardes soos eerlikheid, integriteit en opregtheid is kenmerkend van entrepreneurs wat volhoubaar suksesvol is. ‘n Gefundeerde waardestelsel strek verder as entrepreneurskap en is van toepassing op alle aspekte van die lewe. Om by jou waardes te hou beteken soms dat die pad na sukses langer is, maar dit is definitief meer volhoubaar. As Christen is ons gebonde aan ‘n waardestelsel nie omdat ons moet nie, maar omdat ons gebonde wil wees daaraan.

?

Verbind jy jouself daartoe om te alle tye die regte waardes aan te hang as riglyn van jou lewe?

Die toepassing van hierdie sewe riglyne sal jou lewe en toekoms baie makliker maak en jou kans om sukses te behaal dramaties verhoog. Sterkte met die skrywe van jou sprokie!


SKAP: R U E N E R P E GHEID? I S ENTR E B E I E EK ‘N N I G E B E O H

N

a ʼn onderhoud met Dr. Steve Booysen, voorsitter van Efficient Financial Holdings, is die volgende artikel saamgestel. Efficient Financial Holdings is ʼn welvaart- en batebestuurmaatskappy wat glo in persoonlike kontak en dienslewering in jou eie taal. Dr. Steve Booysen is die voormalige groep uitvoerende hoof van Absa Bank. Anders as wat mense dink, is Dr. Booysen nie net ʼn “nommer-vraat” nie; hy besef ook die belangrikheid van die rol wat intuïsie en sosiale sentiment in finansiële markte speel. Hierdie entrepreneur weet ook dat ʼn mens se waardesisteem ongelooflik betekenisvol is en baie bydra tot jou sukses in die lewe. Entrepreneurs lê na aan die hart van ʼn gesonde ekonomie en is een van die grootste drywers van ekonomiese groei. Hierdie sektor moenie onderskat word nie aangesien dit bydra tot die skepping van volhoubare werksgeleenthede. Drie basiese beginsels wat ʼn besigheid suksesvol maak: 1. Wees passievol: Dit is baie belangrik om passievol en toegewyd te wees aan jou besigheid en bo alles te geniet wat jy doen. 2. Bly gefokus: Wees doelgerig en moenie toelaat dat jy voeling verloor met die kern van jou besigheid nie. Geen besigheid wat suksesvol is het baie prioriteite nie. Hou jou doelwitte min, maar maak seker hulle word uitgevoer. 3. Prioritiseer jou hulpbronne: Die belangrikste hulpbronne vir enige besigheid is mense en geld. Maak seker dat jy altyd die beste mense aanstel. Dit is baie belangrik om jou besigheidsuitgawes te prioritiseer en voortdurende evaluasie te doen om vas te stel hoe hierdie uitgawes jou kernbesigheid beïnvloed.

navorsing kan waardevolle behoeftes in jou gemeenskap identifiseer wat ʼn aanduiding sal wees van leemtes in die mark. Dit is egter baie noodsaaklik dat jou produk of diens van hoë gehalte moet wees en altyd konsekwent en voorspelbaar aangebied moet word. •

Probeer om meer te spaar voor jy ʼn nuwe besigheid begin. Dit sal help dat jou skuldlas nie onvolhoubaar groot raak gedurende die groeifase van jou besigheid nie.

Die area waarin jy jou besigheid stig is ʼn sleutel veranderlike tot sukses. Sekere areas beskik oor spesifieke behoeftes wat deur ʼn knap entrepreneur vir besigheidsgewin uitgebuit kan word.

ʼn Entrepreneur moet ook voortdurend bewus wees van die demografiese verandering in sy/haar omgewing en moet altyddeur let op potensiële groeien onwikkelingsmoontlikhede.

Die beginsel van “kontant is koning” is baie relevant. Die oomblik wat jy te veel investeer in voorraad en/ of finansiering van debiteure, kan jy jouself oorlaat vir kontantvloei-druk.

Besigheidsplanne, begrotings en kontantvloei vooruitskattings is noodsaaklik, maar die heel belangrikste is die uitvoering van jou besigheidsplan.

In die besigheidsomgewing gaan daar altyd krisisse wees; bly kalm en moenie emosionele besluite neem nie. Maak gebruik van jou werknemers se insette. Dit sal verseker dat jy ʼn ingeligte besluit neem wat tot jou en jou besigheid se voordeel kan strek.

Dis ook noodsaaklik om die waardestelsels van ʼn besigheid te formuleer, dokumenteer en aan jou werknemers te kommunikeer. Hierdeur kan jy aan die kultuur van die onderneming bou. As leier, is dit uiters belangrik dat jy die waardesisteme van jou besigheid sigbaar uitleef en altyd konsekwent en voorspelbaar wees in jou optredes.

Open ʼn bankrekening vir jou besigheid sodat ʼn geskiedenis van besigheidstransaksies vir jou

Daar is ʼn paar dinge wat belangrik is om in gedagte te hou wanneer jy ʼn besigheid begin. Hierdie faktore kan ʼn daadwerklike impak hê op die besluitmening van die tipe dienste of produkte wat ʼn besigheid moontlik kan bied. •

Maak ingeligte besluite oor die dienste wat jou besigheid sal verskaf of produkte wat dit sal lewer. Deursigtige

Deur Merina Willemse, Ekonoom by Efficient Financial Holdings

61


sukses van die besigheid en is ewe belangrik in die organisasie. Mense vorm as’t ware die handelsmerk van ʼn besigheid en kan maak dat ʼn onderneming sink of swem.

onderneming gehou kan word. Dit kan toekomstige benodigdhede, soos verdere finansiering as gevolg van moontlike uitbreidings tot jou besigheid, vergemaklik. •

ʼn Besigheidseienaar beskik nie oor iets soos ʼn gebalanseerde leefstyl nie. Hier heers ʼn voortdurende balans van kompromie. Dit bly belangrik om jou werk te geniet, na jou gesondheid te kyk, geestelikheid te beoefen, tyd aan jou familie te bestee en om pret te hê. Die lewe is te kort om hierop uit te mis.

Alhoewel dit een van die basiese beginsels is om net die beste mense aan te stel, is daar ʼn paar ander goeie beginsels as dit kom by personeel:

62

Verseker dat jou werknemers goeie moraal het en dit behou. Hierdie faktor het ʼn direkte impak op die kwaliteit van diens wat aan die verbruiker deur gegee word.

Sluit prestasiekontrakte met jou werknemers sodat hulle weet wat van hulle verwag word.

Maak seker dat jy periodiek jou personeel se prestasie evalueer. Prestasie-evaluering moet eerlik en deursigtig aangewend word sodat erkenning en beloning gegee word waar dit nodig is. Ons almal het ontwikkelingsbenodigdhede en as werknemer behoort jy ten minste elke 6 maande in ʼn formele prestasiegesprek te tree. Hier is dit essensieel om eerlike terugvoer te gee en ontwikkelings fokus areas te identifiseer.

ʼn Mens kan nooit genoeg kommunikeer nie. Daar was nog nooit ʼn besigheid waar daar te veel kommunikasie plaasgevind het nie.

Dis goed om toe te laat dat jou werknemers foute maak, want dit is slegs deur foute te maak dat hulle ervaring opdoen. Solank die foute nie herhaal word of van ʼn waardesisteem aard is nie. Waardesisteem foute moet nie geduld word nie.

Verseker dat jou werknemers oor ander vaardighede as jyself beskik. Dit sal bydra dat julle mekaar komplimenteer. Elke persoon in die organisasie dra ewe veel by tot die

Werknemers moet aksie-georiënteerd wees. Hulle moenie net wag vir dinge om te gebeur nie, maar dinge maak gebeur.

In vandag se sakewêreld behoort werkgewers meer buigsaam te wees oor werknemers se werksure. Deur meer buigsame werksure toe te pas kan dit meebring dat werknemers meer produktief is.

Burokrasie en hiërargie demp kreatiwiteit en innovasie. Mense moet bemagtig word en toegelaat word om besluite te neem. Hierdeur moedig jy ʼn mens se aanspreeklikheid en verantwoordelikheidsin aan en dit bevorder produktiwiteit.

Dit behoort nie moeilik te wees om ʼn nuwe besigheid te begin nie. Daar is verskeie hindernisse wat ʼn entrepreneur moet oorkom om ʼn suksesvolle besigheid in Suid-Afrika te bedryf. Streng wetlike nakomingsvereistes plaas ʼn groot demper op die industrie wat eintlik baie meer ontluikend en toeganklik behoort te wees. Banke verstaan ook nie altyd die finansieringsvereistes van entrepreneurs nie. Banke se uitleenpraktyke is tradisioneel geskoei op sekuriteit en nie so seer ten gunste van die potensiaal van onderliggende besigheidsgeleenthede nie. ʼn Tendens wat onlangs baie geslaagd was is familiebesighede. Hierdie besigheidstruktuur het gedurende die laaste paar dekades bewys dat dit van die suksesvolste was. Die rede hiervoor is die verandering in die besigheidsomgewing as gevolg van transformasie en gevolglik die ontoegangklikheid van werksgeleenthede in die Staatsdiens en korporatiewe sakewereld. Entrepreneurskap kan egter onder die moeilikste omstandighede floreer aangesien die basiese boustene daarvan steeds kreatiwiteit en innovasie bly. Hiermee kan enige hindernis oorkom word. Boonop sal deursettingsvermoë en passie vir die onderneming jou sukses waarborg. Alhoewel jy nog ‘n pad het om te loop voor aftrede, is jy nooit te jonk om te begin voorsorg tref daarvoor nie...


TE IN A G G A L S T OO DIE VYF GR SIENING R AFTREEVOO

Henk Schalekamp

A

ftrede is iets waaroor die meeste mense baie keer droom. Die drome rondom aftrede gaan gewoonlik gepaard met die uitleef van lewensideale, soos byvoorbeeld die lank verwagte toer deur die wildernis van Afrika of die voltydse uitleef van ‘n stokperdjie soos houtwerk of visvang. Die hartseer is dat slegs ongeveer 6% van die Suid-Afrikaanse werkende bevolking in staat is om sorgvry af te tree; vir die res is dit nie so maklik om vir vandag en môre te voorsien nie. Die vraag ontstaan waarom die ideale en die werklikheid dan so ver uitmekaar is? Die antwoorde is legio wanneer daar na elkeen se omstandighede gekyk word. Omstandighede verskil en dit het ‘n invloed op mense se lewens, maar dit wat jy daarvan maak is gewoonlik meer deurslaggewend as die omstandighede self. Die redes vir ‘n gebrek aan aftreegeld kan in ‘n paar antwoorde saamgevat word.

“Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.” CJ Langenhoven

af R400 per maand teen 15% begin bydrae tot ‘n aftreefonds. Hy onttrek nooit weer sy geld nie en het hy op die ouderdom 60 toe R2,700 000 vir aftrede beskikbaar. Die hartseer is dat Piet se fondswaarde op 60 jarige ouderdom R5,944 000 sou wees indien hy nooit sy geld laat uitbetaal het nie, en gestop het om vir drie maande by te dra. ‘n Verskil van R3,244,000, dus. 3. Ons begin te laat spaar

1. Ons droom maar voorsien nie

Drome word beperk tot die idilliese, maar om dit ‘n werklikheid te maak het met verantwoordelikheid te doen. Aftreegeld is uitgestelde vergoeding: dit is die doelbewuste besluit om nou met minder oor die weg te kom, sodat daar ‘n inkomste is wanneer daar nie meer gewerk word nie.

2. Ons gebruik aftreegeld voor aftrede

Die gebruik van aftreegeld voor aftrede is DIE grootste rede vir baie se sukkelbestaan na aftrede. Die onttrekking van aftreefondse wanneer diens by ‘n werkgewer vir watter rede ook al beëindig word, skep korttermyn verligting of vreugde, maar veroorsaak ‘n reuse probleem na aftrede. Hier is ‘n eenvoudige voorbeeld om die omvang van so besluit te illustreer. Gestel Piet het op 25 begin om R400 per maand teen 15% opbrengs per jaar te spaar; hy word op 30 afgelê en besluit om sy fondswaarde van R35,800 te laat uitbetaal om hom deur sy krisis te help. Piet is gelukkig en kry werk in drie maande se tyd en hy kon toe weer van nuuts

Dit is ‘n algemene feit dat die groei van aftreegeld oor die laaste vyf jaar van jou beleggingstermyn die vinnigste en meeste groei. Wat minder bekend is, is die feit dat die belangrikste tyd van spaar die eerste vyf jaar van jou aftreevoorsiening is. Die eerste jare van aftreevoorsiening is die harde en moeilike jare. Maar dit is die eerste jare se bydraes wat in die laaste jare die meeste groei. ‘n Ander scenario van die voorbeeld onder punt 2 verduidelik die omvang van hierdie rede. Gestel Piet dra R400 by tot sy afreefonds vanaf ouderdom 25 en hy kry ‘n jaarlikse opbrengs van 15% sal sy fondswaarde R5,944,000 op ouderdom 60 wees. Indien sy maat Jan wag tot op ouderdom 30 voordat daar begin word om R400 te spaar met dieselfde opbrengs sal sy fondswaarde slegs R 2,804,000 op ouderdom 60 wees. Die ergste is dat Piet wat op 25 begin spaar het, slegs R35,800 in sy fonds gehad het toe Jan op ouderdom 30 begin spaar het.

4. Ons spaar te min

Suid-Afrika het ‘n baie swak spaarkultuur. Die feite is dat die meeste van ons nie genoeg spaar vir aftrede nie en eerder ons geld spandeer op verbruiksgoedere soos voertuie en ander uitgawes wat korttermyn vreugde verskaf, maar nie ‘n bate is wat verkoop kan word tydens aftrede nie. Die situasie tans in Suid-Afrika is dat die gemiddelde persoon wat bydrae tot ‘n aftreefonds, aftree op ouderdom 61 met 20 jaar diens in die fonds en gemiddeld slegs 11% van sy vergoeding bygedra het tot sy aftreefonds. Dit beteken dat sy

63


aftreegeld slegs ongeveer 28% van sy laaste salaris sal kan vervang indien die persoon ‘n volhoubare inkomste van sy aftreegeld wil trek. 5. Ons maak dom besluite met ons aftreegeld

Gulsigheid en vrees is die twee basiese motiverings vir beleggings wat ons maak in die mark. Wanneer mens nie ingelig is oor beleggings nie, word mens toenemend meer gedryf deur hierdie twee basiese motiverings. Hoe meer jy jou daarop verlaat, hoe groter is die kans dat jy juis die verkeerde besluite gaan neem en belê wanneer die geleentheid verby is en onttrek net voordat die geleentheid homself voordoen. Sorg dat jy kundige advies inwin rakende jou aftrede–beleggings.

verantwoordelikheid moet neem om te begin spaar vir die oudag. Dit is in hierdie tyd wat jy spaar vir jou oudag belangrik om jou te weerhou daarvan om jou aftreegeld as neseier te gebruik; dat jy so vroeg moontlik begin spaar, dat jy genoeg spaar, en kundige advies inwin rakende jou beleggings. ‘n Ander aspek van werk, wat net so belangrik is, is beskerming. Nie net fisiese veiligheid nie, maar ook beskerming binne die werksplek. Solidariteit is ‘n vakbond wat beskerming binne die werksplek bied, maar ook kyk na die welstand van lede se groter omgewing.

?

Het jy al ooit van vakbonde gehoor? Wat doen vakbonde?

As jy nog altyd gewonder het oor vakbonde en spesifiek Solidariteit, lees verder...

Indien jy wil seker maak dat jy aftree met genoeg inkomste om sorgvry jou drome en ideale uit te leef beteken dit dat jy nou, terwyl jy nog kan, die

k

rkple e w e i d n i ming

Besker

S 64

olidariteit is een van SuidAfrika se oudste en mees dinamiese vakbonde. Die vakbond het sy ontstaan in 1902 in die myne aan die Witwatersrand gehad. In die 1990’s het talle ander vakbonde deel van die Mynwerkersunie geword. Die vakbond se naam is eers na MWU-Solidariteit en later na Solidariteit verander. Solidariteit is ʼn vakbond binne die Christelike vakbondwese in die sin dat dit ʼn Christelike lewensbeskouing volg. Vakbonde binne die Christelike tradisie word gekenmerk deur selfstandigheid en ʼn interne lokus van beheer. Solidariteit neem dus verantwoordelikheid vir sy mense en plaas ʼn sterk klem op selfdoen en selfstandigheid. Sedert 1997, toe Solidariteit se huidige uitvoerende hoof, Flip Buys, in sy pos aangestel is, het die vakbond se ledetal van sowat 30 000 tot ongeveer 140 000 toegeneem. Die vakbond fokus op proaktiewe maniere om sy lede te bemagtig om ekonomies onafhanklik vir hulself ʼn toekoms in Suid-Afrika te skep. Solidariteit se lidmaatskap aan Consawu stel die vakbond verder in staat om op nasionale en internasionale vlak aan die arbeidsdebat deel te neem. Daar is vele maniere waarop Solidariteit sy lede

se belange binne en buite die werkplek beskerm: 1. Werksekerheid – Solidariteit doen alles moontlik om te verseker dat sy lede se werk beskerm word. 2. Die vakbond onderhandel vir beter diensvoorwaardes vir sy lede. 3. Die vakbond onderhandel en veg vir gunstige werksomstandighede vir sy lede. 4. Die vakbond probeer die gehalte van sy lede se werkslewe bevorder. 5. Die vakbond beywer hom om gelyke geleenthede in die werkplek te bevorder en diskriminerende regstellende aksie te beveg. 6. Solidariteit beskerm sy lede se loopbane en veg teen diskriminasie met bevorderings. 7. Die vakbond onderhandel vir opleidingsgeleenthede vir sy lede.


8. Solidariteit verseker dat sy lede op alle forums verteenwoordig word.

21. Solidariteit verskaf maatskaplike hulp aan die gemeenskappe waarin sy lede woon en werk.

9. Solidariteit help lede wat hulle werk verloor om weer werk te kry.

22. Die vakbond is betrokke by gemeenskapsake wat sy lede raak.

10. Solidariteit onderhandel en baklei vir beter gesondheidsorg vir sy lede.

23. Talle finansiële dienste word aan lede gebied, insluitend versekering en aftreebeplanning.

11. Solidariteit neem deel aan en beïnvloed bestuursbesluite wat sy lede mag raak.

24. Solidariteit adviseer lede oor hoe om vir werkloosheidsversekering aansoek te doen.

12. Solidariteit tree op as spreekbuis namens sy lede.

25. Die vakbond skakel ook met owerhede om namens lede te onderhandel.

13. Solidariteit hanteer lede se griewe vinnig en doeltreffend. 14. Solidariteit tree namens sy lede as waghond oor aftreefondse op. 15. Die vakbond bied hulp met dissiplinêre aksies aan lede. 16. Die vakbond bied omvattende arbeidsregshulp aan lede. 17. Solidariteit behartig alle aangeleenthede rakende beroepsgesondheid en -veiligheid namens lede. 18. Die vakbond beding vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes namens lede. 19. Die vakbond bied talle byvoordele aan lede, soos ʼn begrafnisvoordeel en ʼn kraamvoordeel.

26. Stelsels word voortdurend verbeter en kapasiteit word uitgebrei na gelang van lede se behoeftes. 27. Solidariteit tree namens sy lede en hul gemeenskappe op om hul burgerregte te beskerm. 28. Opleiding vir lede en hul kinders word gedoen om te verseker dat hulle gereed is vir die arbeidsmark. 29. Lede word bemagtig met kennis en publikasies word voortdurend beskikbaar gestel. 30. Die vakbond opponeer aktief wetgewing wat teen sy lede diskrimineer en stel wetgewing voor wat lede se belange beter sal beskerm.

20. Deur die verspreiding van inligting en terugvoering is lede altyd goed ingelig oor belangrike sake.

65


e

iteit w i t k a e s riteit

solida

S

olidariteit het tans lede in byna elke bedryf en maatskappy in Suid-Afrika. Die vernaamste bedrywe waarin Solidariteit kollektief georganiseerd is, is metaal- en ingenieurswese, mynbou, die elektriese bedryf, die telekommunikasiebedryf, die chemiese bedryf, landbou, die mediese bedryf en algemene bedrywe, insluitend tersiêre instellings, lugvaart en ander spesialisvelde. Solidariteit is bekend as ʼn vakbond wat sterk op dienslewering toegespits is en het gevolglik die grootste regsafdeling (meer as 30 personeellede, met inbegrip van prokureurs en advokate), die enigste telefoniese vakbondkliëntedienssentrum, die beste administratiewe stelsels, die beste kommunikasiestelsels en ook die beste voordele vir sy lede. Wat bied Solidariteit wat ander vakbonde nie bied nie? • • • • • • • • • •

Kinders

66

ʼn Landswye infrastruktuur met 17 kantore in elke groot sentrum in Suid-Afrika Die grootste regsafdeling van enige vakbond in Suid-Afrika Die grootste maatskaplike program van enige Suid-Afrikaanse vakbond ʼn Eie opleidingskollege wat jongmense in skaars vaardighede oplei ʼn Spesiale werkskeppingsprogram met ʼn eie personeelagentskap ʼn Eie finansiëledienstemaatskappy vir aftreeplanne en korttermynversekering ʼn Eie aftreeplan ʼn Eie burgerregte-inisiatief wat gemeenskapkwessies aanpak ʼn Plan om die negatiewe gevolge van regstellende aksie teen te werk ʼn Navorsinginstituut wat die vakbond help om aan die voorpunt van arbeidsgebeure te bly

Jongmense

Werksoekers

• •

ʼn Tydskrif wat lede op hoogte hou van gebeure in die wêreld van werk ʼn Gratis Doves-begrafnisvoordeel vir elke lid en sy/haar gesinslede

Solidariteit is ook bekend daarvoor dat hy ʼn vakbond is wat vir die gemeenskap omgee. Die vakbond het verder ʼn maatskappy wat korttermynversekering, ʼn aftreeplan en bykomende regsdekking aan lede bied. Express Employment Professionals help werklose lede om weer die arbeidsmark te betree. Die vakbond bied ook opleiding aan honderde jongmense deur sy opleidingsinisiatief, Sol-Tech, terwyl die vakbond se burgerregteinisiatief, AfriForum, maatskaplike en gemeenskapskwessies aanpak. Helpende Hand fokus weer op die opheffing van gemeenskappe deur opleiding. Solidariteit verteenwoordig werknemers, maar het volgens sy waardeketting ʼn verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarin sy lede leef en werk. Dit is Solidariteit se doel om aan elke aspek van die waardeketting ʼn diens te lewer. Solidariteit beskerm die regte van die werknemer. As ʼn persoon werk gekry het, moet hy/sy beskerm word. Dit is Solidariteit se hooffunksie. Solidariteit se leuse is daarom “ons beskerm ons mense” en dit is wat die vakbond elke dag probeer doen.

Werknemers

Afgetredenes


JOU R O O N E E T IKHEID PAS L N I E D D R N O A O H W E T JOU VERAN AP EN WAAR HELPEND GEMEENSK

V

olgens die Solidariteit beweging se waardeketting, het hulle ʼn verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarin sy lede woon en werk. Dit is die Solidariteit Beweging se doel om aan elkeen in die gemeenskap ʼn diens te lewer en dit is hier waar Helpende Hand ʼn belangrike rol speel. Solidariteit Helpende wil graag aan jongmense die geleentheid bied om die armoedesirkel te breek deur verdere opleiding te kry. Die eerste ding wat jy dalk nou aan dink, is wat doen die regering en hoekom help hulle nie? Die regering het wel ‘n rol, maar die werklike vraag wat jy vandag moet beantwoord: WAT DOEN JY?

“Die skuld van liefde is in die hart van ‘n gelowige teenoor sy medemens se sorge en probleme asook ‘n ontferming oor sy lot. Dié liefdesskuld gee aan die beoefenaar daarvan voldoening in die gemoed en vrede in die diepte van sy siel.” JD Kestell

Solidariteit Helpende Hand wil deel wees van die oplossing vir die armoedekrisis en so help om hoop te skep. As organisasie is Helpende Hand reeds in die regte posisie om kragte, talente en hande te organiseer om ‘n verskil te maak. Maar om suksesvolle oplossings vir armoede te kry, gaan baie meer nodig wees as net die hulp wat Helpende Hand aan die gemeenskappe gee. Elkeen wat kan sal hulle deel in hierdie krisis moet doen deur verantwoordelikheid te vat vir mense in hulle gemeenskap.

Wat is die oplossing? Helpende Hand kyk na die Afrikaanse armoedekrisis deur die bril van opheffing deur opleiding. Hierdie manier van probleemoplossing verskil heeltemal met die staat se oplossing van opheffing deur toelaes en die sogenaamde liefdadigheidsbenadering waar mense uit jammerte kos en klere vir bedelaars en werkloses gee. Die probleem word ongelukkig vererger as dit die enigste vorms van hulp is wat die mense kry. Die rede hiervoor is dat armoede baie meer is as net ʼn leë maag, min klere of ʼn sinkhuisie maar sluit ook die volgende in: • • •

Geestelike armoede Maatskaplike armoede Kulturele armoede

Wanneer mense in nood dus slegs gehelp word deur skenkings van klere en kos,

word hulle totaal afhanklik daarvan om hulp te ontvang en hou hulle op probeer om vir hulself te sorg. Helpende Hand het ʼn hele aantal projekte waar daar nie net na basiese behoeftes van armes gekyk word nie, maar ook na totale opheffing van die gemeenskap op alle vlakke van armoede. Deur ʼn proses van hoop wil Helpende Hand mense ondersteun, oplei en motiveer om weer hulself te kan help om met ʼn nuwe hoop elke dag se uitdagings te kan aanpak en dan self weer iets vir die gemeenskap beteken. Samewerking tussen gemeenskappe, vennote en Helpende Hand is die wenresep vir sukses. Op dié manier is ons ʼn helpende hand wat hande vat met die gemeenskap om hulle by te staan om werklik ʼn verskil maak.

Wie is Solidariteit Helpende Hand? •

Helpende Hand is ʼn gemeenskapsinisiatief wat fokus op opheffing deur opleiding en dus geestelike, kulturele en maatskaplike nood aanpak. Helpende Hand funksioneer binne die Solidariteit Beweging as ʼn artikel 21-maatskappy wat sy eie fondse genereer.

Helpende Hand se embleem is ʼn kinderhandjie met ʼn groen diamant as die fokuspunt. Die oranje handjie is ʼn simbool van Helpende Hand se betrokkenheid by die toekoms van ons kinders en dat ons almal moet hande vat om ʼn impak in ons gemeenskap te maak. Die kleur oranje simboliseer warmte, entoesiasme, oplossings, omgee en dinamika. Dit is alles eienskappe wat met Helpende Hand geassosieer kan word en waarop ons voortbou. Die groen kleur van die diamant simboliseer groei en die diamant simboliseer ʼn kosbare skat waarmee die toekoms oopgesluit kan word. Die diamant wat Helpende Hand aan jongmense wil gee, is die geleentheid om goeie opleiding te ontvang. Deur goeie opleiding in skaars en kritiese vaardighede kan enige jongmens in hierdie land vir hom-/haarself ʼn toekoms skep. Die groen diamant is ook simbolies daarvan dat Helpende Hand deel is van ʼn groter Solidariteit-familie.

67


Wat bied Helpende Hand spesifiek vir jongmense? •

Afrikaanse Kosblikkieprojek - Afrikaanse kleuters word ondersteun in hul totale ontwikkeling om uiteindelik te verseker dat hulle betyds en volledig skoolgereed sal wees teen die tyd wat hulle Graad 1 bereik. • Afrikaanse Skooltassieprojek – Skooltassies met skryfbehoeftes word aan behoeftige graad een kindertjies uitgedeel sodat hulle ook gereed kan wees om te leer saam met al die ander maatjies. • Beroepsleidingdienste – daar is verskeie projekte aan die gang om te verseker dat jongmense weet waar daar vir hulle ʼn toekoms in Suid-Afrika is en hoe om volgens hul roeping ‘n verskil in die land te maak. • Afrikaanse Beursinstituut – die beursplatform van Helpende Hand groei elke dag en bied aan honderde studente die geleentheid om verder te studeer deur beurslenings.

Waar kan jy meer uitvind? Die meeste inligting oor Helpende Hand se projekte en dienste word in die elektroniese nuusbrief aan lede en belangstellendes gestuur. Jy kan ook op die volgende maniere op hoogte bly van Helpende Hand se aksies: • Besoek ons webwerf. • Teken in op Helpende Hand se elektroniese nuusbrief vir die nuutste nuus! • Maak Helpende Hand jou vriend op Facebook en sluit aan by die HH-groep. • Skakel ons of stuur ʼn e-pos as jy ʼn idee het oor hoe om ʼn verskil te maak of om te help. • Luister weekliks na Lindie Stydom se Program van Hoop op Maandae en Bobaasberoepe op Donderdae. Albei programme word uitgesaai op Solidariteit se internetradiostasie. Vorige programme kan ook afgelaai word van die argiewe.

Hoe kan jy vandag nog betrokke raak? •

• •

• •

Kom bied jou hande aan deur ‘n EBW of Lewensoriëntering skoolprojek te gebruik om een van die gemeenskappe waar Helpende Hand werk, te help. Begin jou eie opheffingsprojek deur bv. ʼn groentetuin in ʼn behoeftige area te begin. Raak betrokke by ‘n kleuterskool in jou omgewing en gaan wys net jy gee om. Leer die kleuters iets nuuts van geloof of kultuur en gee jou liefde . Vat enige skenkings na jou naaste landswye Helpende Hand tak of kom bring dit na die Helpende Hand Skenkingstoor in Kloofsig, Centurion. Laat weet mense wat ʼn skenking kan maak van die huidige nood onder ons mense. Raak betrokke by ‘n Helpende Hand-tak in jou gemeenskap en vertel ander van Helpende Hand se landswye projekte.. Laat die entrepreneur in jou ontwikkel, daag jou vriende uit en maak vandag nog ʼn verskil!

Kontakbesonderhede Adres: Tel:

DF Malanrylaan, Kloofsig, Centurion 012 644 4390 OF 0861 25 24 23

E-pos vir navrae: diens@helpendehand.co.za Web: www.helpendehand.co.za Radio: www.solidariteitradio.co.za

Bank besonderhede: Rekeningnaam: Solidariteit Helpende Hand Bank: ABSA – Centurion tak Rekening nommer: 4072250017

68

“Dit is nie wat jy doen of hoeveel jy gee wat tel nie. Wat saak maak is hoeveel liefde jy insit in wat jy doen.” Moeder Theresa








Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.