10_

Page 1

Woensdag 2 April 2014

Wunderkind het vinger in baie ‘pies’

SNEEUWITJIE EN DIE SEWE ZOMBIES

WIE’S BANG VIR VIRGINIA WOOLF

FEESKATTE

Teks & regie

Nico Gous

C

DIE LELIKE EEND

WIE DRINK WAT?

Regie

DOGMA CH

hristiaan Olwagen glo dis oninteressant om jou gehoor te probeer skok. Dié regisseur van agt en skrywer van vyf dramaproduksies op vanjaar se Absa KKNK het onlangs weer opspraak gemaak by die US Woordfees. Dít nadat mense by Waterpas uitgeloop het en die Jericho Walls-bidgroep glo vir die spelers sou bid. “Ek het gedink Waterpas is baie tame,” het Olwagen gister ná die eerste vertoning van Dogma gesê. Olwagen het sedertdien nog nie weer van die bidgroep gehoor nie, maar hy was verbaas dat niemand gister ten tyde van die debuutvertoning van Dogma uitgeloop het nie. “Ek het gedink ’n play oor Christianity gaan dalk mense offend, maar somehow het mense dit in konteks gesien.” In 2012 het 22 mense op Aardklop by Woza Andries?! uitgestap, maar Olwagen sê hy bedoel nie om kykers te skok nie. “Ek vind dit nie interessant om mense te skok nie.” Olwagen wonder self wat die “resep” vir omstredenheid is. “Ek weet nie meer wat mense skok nie. Miskien is eerlikheid ’n resep vir kontroversie.” Woza Andries?! was die eerste

TROMPIE IS NET UITGEPAAS

RI

ST

WATERPAS

GE

10

krit Krit

IA A N OL W

A

Hy gaan kyk na

LAND VAN SKEDELS SAMSA-MASJIEN

“Miskien is eerlikheid ’n resep vir kontroversie” produksie wat hy geskryf en geregisseer het as meestersgraadstudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Olwagen het nie dié graad voltooi nie, gedeeltelik vanweë die sukses van hierdie produksie. “Dit was net ’n rol-

WENTEL

lercoaster van daar af en ek het nog nie afgeklim nie.” Tot dusver was die meeste van Olwagen se produksies in Afrikaans, maar hy sê hy wil graag in Engels ook skryf. Daarvoor het hy egter finan-

SLAAF

siering nodig. “Daar is meer platforms in Afrikaans, so op hierdie stadium het ek nie die moed of die backing om iets na die nasionale kunstefees op Grahamstad te vat nie.” Hy het in 2008 sy eerste Fleur

RESENSIE: The Tatiana Aarons Experience

du Cap vir die mees belowende student gewen en in 2011 die Rosalie van der Gucht-toekenning. Hy is ook met ’n kykNET Silwerskerm-toekenning vir beste regie, draaiboek en kortfilm vir Toevlug bekroon.

NOG ’N MENING

Kom speel met Tatiana in die tuin van wondere

Onderwerp aan towery of kulkuns Laetitia Pople Ons mislei onsself as ons dink die wêreld is gemaak van atome, dit is eintlik van stories aanmekaar gesit, het ’n wysgeer mos gesê. Gisteraand het ’n mens weer opnuut iets van die oermag van die storie en die verteller daarvan ervaar. Daardie oorrompel-mag van ’n storie só goed vertel dat die gehoor gehou en onderhou is. Die Nederlandse produksie The Tatiana Aarons Experience word genoem realiteitsteater. Die storie ontvou “werklik” voor jou in “real” tyd. Of só wil jy glo. Dit is ’n eenvoudige amper saai storie, tog hang jy aan die Laelander Tom Struyf se lippe. Struyf, die slagoffer in die oorspronklike verhaal, vertel van ’n ontmoeting jare terug in Lissabon. Hy wys beeldmateriaal – bewysstukke van die ontmoetingsplek. Sy hart is op sy mou en jy voel vir die ou. Die paar oomblikke met ’n vrou, Ta-

Vir ’n onderhoud met Olwagen, gaan deur ons Twitter­stroom by @kritredaksie om die skakel te vind.

Tom Struyf in sy wêreld wat hy jou wêreld maak. Foto: LERATO MADUNA tiana, in ’n rooi – of was dit groen kortbroek en rooi of was dit groen bloes – knaag aan hom. Hy reis terug op sy spore. Hy probeer al die moderne middele tot sy beskikking om haar op te spoor: Skype, Facebook, e-pos. Die geheue speel jou parte sodra jy ’n herinnering probeer vaslê, dit weet almal. Die storie vertak in ’n speurtog. ’n Sielkundige word ingeroep wat praat van kognitiewe dissonansie en gedagteteorie – steeds ruik niksvermoedende teatergangers g’n lont nie. Dan ’n speurder en selfs ’n handskrifdeskundi-

ge. Jy dink nóú gryp hy na strooihalms. Die storie maak groot pampoenranke en fyn spinnerakke. Jy die onskuldige teaterganger wat jou ore en oë uitleen vir ’n goeie storie, word diep ingetrek. ’n Mens kan nie te veel verder sê nie behalwe dat Struyf ’n besonder vindingryke teatermaker is, uit ’n ander hoek kan jy hom ook as gevaarlike kulkunstenaar sien. Hoe dit ookal sy, vir negentig minute het jy al snuffelend die storiepad saam met hom uitgedraf soos ’n oorgretige brakkie. En dit wil gedoen wees.

En nou, soos Monty Python sou sê, vir iets heeltemal anders. Die storieverteller Tom Struyf is hier uit die Lae Lande om jou te toets. Hierdie woordborduurder, hierdie glyjakkals van die waarheid, versinsel, goedgelowigheid, gedagte-teorie en die grense van kognitiewe dissonansie gaan goël met jou persepsie. Raait, so dit klink rof, nè? As jy hou daarvan om Oudtshoorn toe te kom net vir die roosterkoek, die lag uit die buik, ’n Duitse bruisdrankie en ’n stroopsoet koeksister vir nagereg, moet jy inderdaad maar verby hou. Maar as jy wonder oor die skaduwêreld van twyfel en selfverwyt, bespreek ’n kaartjie na die wêreld van Tatiana Aarons, of Sheila Vincent. Gaan toets jouself en reis saam met Tom Struyf na Lissabon. Gaan stap saam met hom en gaan soek na Tatiana Aarons, die meisie met ’n voorliefde vir aanvalshelikopters. Wel, so weet sy te vertel, in elk geval. Dis die wonder van wonder, hierdie. Dis die spel met woorde en multimedia, van waarheid en vergissing, van die wis en die onwis – ’n uitdaging, gewis! So gaan speel in die tuin van geloof en ongeloof, as jy die moed het. Pak gerus The Tatiana Aarons Experience aan. Wat jy gaan dink, weet ek nie, maar dat jy gaan dink, is die een waarborg wat staan soos ’n paal bo water. – Jan­ Jan Joubert


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.