www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly sponsored by WALMART ELEKTRIES
Bulletin
19 April 2013
3
Plasie-akteurs by nasionale toneelspel Vyf belowende jong akteurs van die Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie aan ‘n opwin-
dende nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge deelgeneem. Die kompetisie word jaarliks deur die Hoërskool Bellville georganiseer. Die eerste ronde in ons streek is by die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane gehou, waar leerlinge van Stanford, Heuwelkruin en Merensky, asook die tuisskool deelgeneem het. Sowat 610 leerlinge het aan landwye uitdunrondes deelgeneem. Merensky is baie trots op Caro-Lee Kotzé, wat een van die sestig gekose kandidate is wat in Mei aan die volgende drie uitkloprondes by die Kunstekaapteater in Kaapstad gaan deelneem.
Die junior babbelkouse (gr 1-3) van die Laerskool Tzaneen wat na die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars deurgedring het, is (voor) Wessel de Kock, Sumari Vorster en Keynan Fox. Agter is Jacques Minnaar en Maynard Kleynhans. De Kock en Minnaar het die skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
Jeanne-Mari de Jonge van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Modelcup se’ Champions of Champions’ in Gauteng deelgeneem. Jeanne-Mari het die Vossie-naam hoog gehou en vyfde geëindig, in die ouderdomsgroep 12-15 jaar. Haar Youtube-video het gewen, nadat sy die meeste besoeke aangeteken het. Sy het nasionaal in die tweede posisie geëindig, vir die 2012/2013-termyn.
Die gr 4- en gr 5-redenaars van die Laerskool Tzaneen wat hul plekke in die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars verseker het, is (voor) Helandré Venter, Elsje Kriel en Franco Venter. Agter is Rinus Jacobs en Jana Oberholzer. Venter en Jacobs hetl die skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
SW Warmenhoven, Clarissa, Mikhe Coetzee en Jayson was die vier ander toneelspelers (saam met Caro-Lee Kotzé|) wat aan die landwye nasionale ronde van die toneelspelkompetisie deelgeneem het.
Die senior redenaars (gr 6 en gr 7) van die Laerskool Tzaneen het aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde deelneem. Hier staan LT de Jager, James Vorster, Suné Minnaar, Doran Kleynhans en WC Kriel. De Jager en Vorster het hul skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
Mia de Jager Die hokkiespanne van die Hoërskool Ben Vorster het in Potchefstroom aan die eindronde van die PUK-reeks deelgeneem. Die o.14 A-span het gelykop met een doel elk teen Lichtenburg gespeel en deel die eerste plek. Die o.14 B-span het hul wedstryd teen Lichtenburg (2-1) verloor en is dus tweede. Die o.15 A-span het ook gelykop (2-2) teen Lichtenburg gespeel en was gesamentlik eerste. Die o.15 B’s het teen Lichtenburg verloor was dus tweede. Die o.16 A’s was vyfde in die reeks, deurdat hulle
Delmé Barkhuizen met Frikkie Meyer afgereken het Bennie Shipalana, Nicole Machimang and Blessings (1-0). Die B-span het getriomfeer Mabilo Shikwambana (back) entertained the guests deur met 3-0 teen Oos-Moot te with song during the Vossies’ cultural evening. wen en het so die vyfde plek in die reeks gehaal. Die tweede span het teen Oos-Moot met 3-1 gewen, om uiteindelik derde op eindig derde in die reeks. Vossie-hokkie die punteleer te eindig. Die eerste span het dan derde in die PUK-reeks gekom. het in ‘n ongelooflike harde wedstryd Twee hokkiesterre wat vereer is, is Mia teen Lichtenburg in ‘n geweldige tempo de Jager, die kaptein van die o.14Agespeel, maar die Vossies se verdedi- span, en Delmé Barkhuizen, die kaptein gers het vasgeskop. In die tweede helfte van die o.15A’s. Hul spanne het in die teken die Vossies die wendoel aan en PUK-reeks mooi gewen.
Vyf redenaars van die Laerskool Tzaneen het in ‘n span aan die Super12-kampioenskappe in in Pretoria deelneem. Hier is Suné Minnaar, Lumé Jacobs, Roehan Steenkamp en Anya Robinson.