Bulletin 160701

Page 14

14

1 July 2016

www.bulletin.us.com

Die volgende leerlinge van gr R tot gr 3 in die Laerskool Duiwelskloof het puik gevaar in did Tzaneen Eisteddfod: agter is Nauta Van der Gryp (80%), Amoré Coetzee (85%), Stiaan Malherbe (86%), Luandie Marx (78%) en Zanelle Strijdom (83%). In die ry voor hulle is Morongwa Malatji (79%), Anita Grobler (81%), Du Toit Badenhorst (87% en 89%) en PL van Zyl (82%). Tweede van voor is Palesa Moremi (80%), Morubula Moloto (82%), Tayyiba Bhuiyan (85%) en Ayanda Maswanganyi (80%). Voor staan Louis van der Gryp, Nuelle Badenhorst en Jurie Strijdom.

Die leerlinge op dié foto van die Laerskool Duiwelskloof het in die groep van gr 4 tot gr 5 aan die Tzaneen Eisteddfod deelgeneem: agter staan Juzelle Strijdom (82%), Alec Pienaar (88%), Zahrah Khan (82%) en Lilly-Luis Pieterse (95%). In die middelry is Mckayla Lauterbach (85%), Drikus du Toit (95%) en Josua Retief (80%). Voor is Paulinah Pola (81%) en Andonia Botha (87%). Annika du Toit (87%) was afwesig toe die foto geneem is.

Die volgende groep Klofies het ook aan die Tzaneen Eisteddfod met groot sukses deelgeneem, in die groep vir gr 6 tot gr 7. Agter is Precious Moseamedi (88%), Singa Murhombo (79%), Annalene Rood (86%), Kgadi Mahlane (78%) en Marleo-né Griessel (82%). In die ry voor hulle is Odire Mahowa (76%), Ariane Pienaar (84%), Khutso Moroatsehla (85%) en Charmaine Ramokhola (78%). In die tweede ry van voor is Tabassum Bhuiyan (78%), Lethabo Mahasha(76%), Joné du Toit (86%), Adél Grobler (82%) en Nusrath Bhuiyan (82%, 85%, 82%), en voor is Tebogo Malatji (78%) en Enya Botha (83%).

Opedag by die Vossies Wat sal boeresport nou sonder toutrek wees!

Die oliebol-punt was die ‘soetste’ punt by die boeresport

Die Hoërskool Ben Vorster se opedag vir laerskole is onlangs gehou. Die openingseremonie het die besoekende gr 7’s vasgenael in hul sitplekke gehou — van die vuurdanse tot by die verskeie ander aktiwiteite. Die graad 7’s kon ‘n voorsmakie kry van die Vossie-gees. Die besoekers het vet pret gehad by die verskeie besoekpunte. Daar was punte waar hulle van al die ‘ernstige’ dinge van die Hoërskool-ervaring, soos akademie, kennis kon neem; en daar was ook die boeresportpunte waar spanwerk en geesdrif hoogty gevier het. Die tema van die dag was ‘Olimpiese Spele’, wat gepas by die skool se leuse, ‘Stry tot oorwinning’, aangesluit het. Die besoekers kon deel in die Vossie-familie se spanwerk deur die

Olimpiese Spele se simbool op die rugbyveld te help vorm. Elke kleur het ‘n element van Vossie-wees — akademie, sport, kultuur, koshuislewe, sosiaal en

godsdiens — gesimboliseer. Vir die afsluiting het almal gekyk hoe honderde ballonne, in die kleure van die Olimpiese Spele, losgelaat is.

kompetisie (asook in Namibië) en word al vanaf 1971 aangebied. Die kompetisie groei jaarliks. Dit het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te ontdek, aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Die beste inskryFreddie Luibbe wing word in die jaarlikse Poort-publikasie opgeneem en albei leerlinge se bydraes gaan in die volgende uitgawe van die Poort-publikasie verskyn.

Die Hoërskool Ben Vorster se Toekie Vorster-meisieskoshuis se nuwe koshuisraad vir 2016/2017 is aangewys. Die meisies is, voor: Jozette Oosthuizen, Marna Booyens, Miha de Jager, Cheny Lourens, Ntsakisi Maluleke en Melissa Naudé. Agter staan Caroline Mokumo, Hesti Mari Vorster, Mercia Vorster, Chrisli Roodt, Emje de Nysschen, Shanon Mulder en Charlize Engelbrecht.

Like us on facebook!

Skye Zatschokwitsch van die Hoërskool Ben Vorster gaan dié maand nog aan die Wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste in Los Angeles deelneem. Skye het ‘n goue medalje vir sy vuurdanse gedurende die SA kampioenskappe verower.

Die sakresies was groot pret

Skryf vir Poort en wys hoe dit hoort Twee van die Hoërskool Merensky se matriekleerlinge het ‘n besondere eer te beurt geval. Uit honderde inskrywings is Klarissa Nel se prosastuk Vrugtevreter aangewys as een van die nasionale wenners in die jaarlikse Poort-skryfkompetisie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Freddie LubKlarissa Nel be se Die dag toe die voëltjies fluit en die klippies sing is een van die leerlinge wie se werk skryfmeriete toon. Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n landwye

Angie Nel, ‘n talentvolle pianiste van die Hoërskool Merensky het aan die South African Championships of the Performing Arts in Johannesburg deelgeneem. Sy het vier klaviersolo’s, in verskeie kategorieë, gelewer en is beloon met een silwer en drie goue medaljes.

Die leerlinge van die Laerskool Dr Annecke in Letsitele het ‘n muntlegging ten bate van die mediese koste van klein Imke gehou en ‘n pragtige bedrag van R6 602 ingesamel.

Stefan Corbett (gr 9) van die Hoërskool Merensky het na die eindronde van die ATKV se redenaarskompetisie deurgedring, in die kategorie Afrikaans Huistaal onvoorbereide toesprake vir gr 8 en gr 9, en sal nou aan die eindronde op 12 Augustus by die ATKV se Buffelspoort-oord deelneem. Ander Merensky-redenaars wat onder die toptien in Limpopo geplaas is, is Bianca Spies (vierde) en Marlu McLean (vyfde) in die afdeling vir voorbereide toesprake, gr 10 tot 12. Suandrie Corbett was sesde in die kategorie vir voorbereide toesprake vir gr 8 tot 9. Lize-Ri Snyman het agtste gekom in die onvoorbereide toesprake vir gr 8 tot 9.

Plasies unlock IT Gates Merensky High School announced the results of this year’s Computer Applications Olympiad. This annual competition was held in May. This project is initiated by IT Professionals SA and underwritten by NetLearn (E-learning, the way forward). The olympiad tests the application of logical thinking whilst using the Microsoft Office

Hanro Nieuwoudt

Marlu McLean

Suite: Word, Excel, Access and HTML. Merensky pupils did exceptionally well in this national competition. Two Gr 12 pupils, Wikus van Kasterop and Michelle Stevens, were placed first and second respectively in Limpopo. Marlu McLean and Hanro Nieuwoudt (Gr 11) both received a bronze medal.

Michelle Stevens

Wikus van Kasterop

Visit our website at www.bulletin.us.com for the latest news & to view our photo gallery


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin 160701 by Far North Bulletin - Issuu