8
18 Maart 2016
www.bulletin.us.com
Nuwe bemarkingsbestuurder vir die Vossies Die Hoërskool Ben Vorster het Farmer’s Weekly se voormalige redakteur, me Alita van der Walt, opgeraap as bemarkingsbestuurder, nadat sy en haar gesin in Februarie na Tzaneen
verhuis het. Sy was die eerste vroulike redakteur van dié 105-jaar oue landboutydskrif. “Ons het lank gesoek na ‘n persoon wat aan ons verwag-
tings voldoen. Om iemand van Alita se kaliber te kon werf, is ‘n groot pluspunt vir die skool. Gehaltebemarking behels meer as om te loop en spog oor prestasies. Die Hoër-
skool Ben Vorster bied kinders die geleentheid om hul volle potensiaal te ontdek en uit te leef, met die ondersteuning van ‘n professionele en passievolle onderwysers- en
Gemeenskap dra die Vossies hy van die ongeluk verwittig is. “Oos- Moot het onmiddellik hulp aangebied en ons besluit om aan die sportdag te onttrek, heelhartig ondersteun, het Denysschen gesê. “Ons is baie dankbaar vir elke gebed en boodskap van ondersteuning wat ons ontvang het. Dit bewys hoe ‘n gemeenskap hul verskille opsy kan plaas en laer kan trek, wanneer een van hul lede in nood is.” Die ongeluk het op Saterdagoggend omstreeks 06:00 net na die Mookgopong-afrit in die rigting van Kranskop gebeur. Die Vossies se wintersportspanne was in vyf gehuurde Netshituni-busse en ander skoolbussies op pad Pretoria toe, om teen Oos-Moot se rugby-, netbal- en hokkiespanne kragte te meet. ‘n VW Polo het ‘n vragmotor verbygesteek op ‘n stuk van die pad waar padherstelwerk aan die gang was. Die Polo en die bus het
Boodskappe van ondersteuning stroom steeds in, na die busongeluk waarin die Hoërskool Ben Vorster se wintersport-spanne Vrydag betrokke was. Teen Maandagoggend was daar meer as 67 000 boodskappe op die skool se Facebook-blad. Nuus van die ongeluk het soos ‘n veldbrand op sosiale netwerke versprei, terwyl die skool ouers deurlopend ingelig het op die skool se Facebook-blad en via D6 School Communicator. “Die reaksie van die gemeenskap was oorweldigend,” sê sport-organiseerder André Hay. “Minute na die ongeluk is ons oorval deur skole wat busse wou stuur om ons gestrande kinders op te laai. Hulp is tot deur die Blou Bulle en die Valke se onderskeie rugby-unies aangebied.” Skoolhoof Chris Denysschen was reeds by Oos-Moot, die skool waarheen die Vossies op pad was, toe
reg van voor gebots. Die insittendes van die Polo is op slag dood. Van die leerlinge het slegs ligte beserings opgedoen. Netshituni Coaches het ‘n bus van Thohoyandou gestuur, om die gestrande leerlinge op te laai. Die sportbyeenkoms is afgestel en al die busse het omgedraai terug na Tzaneen. By hul aankoms is die getraumatiseerde leerlinge deur ‘n dokter en predikante ingewag, wat die kinders ligaamlik en geestelik versorg het. “Ons is ons Hemelse Vader innig dankbaar dat geen kind ernstig beseer is nie,” het Denysschen gesê. “Dit was ‘n groot skok vir die betrokke kinders en ons harte gaan uit na die familie van die afgestorwe insittendes van die Polo. Enige kind of ouer wat berading of meer inligting benodig, moet die skool asseblief kontak”’
afrigterskorps. “Alita gaan die Vossies help om ook op bemarkingsvlak hierdie gehaltetoewyding en professionaliteit te handhaaf,” sê skoolhoof Chris Denysschen.
WonderWoorde woeker Die Hoërskool Merensky se kreatiewe skrywers het onlangs hul eerste byeenkoms vir 2016 gehou. Soos in die verlede, beoog die groep om nie alleen meer van die skryfkuns te leer nie, maar ook om ‘n spogpublikasie die lig te laat sien — waarin ‘n keur van hul pennevrug sal verskyn. ‘n Eerste keuringsopdrag is tydens die eerste byeenkoms van die jaar bespreek en
voorgelees. Die skrywers moes ook advertensies vir bepaalde produkte skryf en sinne met allitererende klanke bou. Die groep sien uit na die volgende byeenkoms, wanneer ‘n poësie-opdrag die fokuspunt sal wees. Hier is Anize Basson, Elzette van Dyk, Fumo Chabalala, Laryn Prins en Michaela Viljoen tydens die byeenkoms met ‘n bespreking besig. Jade Barnatt was afwesig.
Plasies herdenk ontstaan van skool Imke, die Vossies is vir jou! Me Martie Tremper hier saam met Michelle Stevens en Ruurd Jacobs (leerlingraadslede wat die portefeulje Tradisie behartig).
Op Woensdag 2 Maart het die Hoërskool Merensky met groot fanfare die skool se ontstaan herdenk. Die jaarlikse geleentheid is ‘n hoogtepunt op die skool se jaarkalender, aangesien oud-Plasies — tot groot vermaak
Die leerlingraadsparade met hoofleiers Xané du Toit, Freddie Lubbe, Bianca Spies, Joe Raspel, Michelle Stevens en Ruurd Jacobs is hier te sien, voor die afsluiting van die program.
van huidige leerlinge — staaltjies en kosbare herinnerings kom deel. Vanjaar het ‘n oud-leerling en -onderwyser, me Martie Tremper, ‘n kort, maar kragtige boodskap gelewer. Daarna het almal ‘n spesiale
multimedia-vertoning oor interne wetenswaardighede geniet. Die leerlingraad het tradisioneel Plasie-eenheid en -gees met baniere uitgebeeld en almal het met oorgawe Merensky in Union gesing.
Wolkberg Akademie in Tzaneen se leerlinge gaan volgende maand aan die derde ronde van die jaarlikse BCVO Nasionale Bybelkennisolimpiade deelneem. Hierby is die graadgroepe van wie sukses in die strawwe kompetisie verwag word.
Van supergirl tot ‘n seerower… het die Vossies hul harte en hande oopgemaak. Daar was ‘n sprankel in Vossieland se atmosfeer met die Vossiesse spesiale temadag om geld ten behoewe van klein Imke Geldenhuys van Tzaneen, wat ernstig
siek is weens kanker, in te samel. Die Vossies het cowboy’s, seerowers, Disney-karakters, hippies en super hero’s genooi, om te help om geld in te samel. Elke Vossie se hart gaan uit na Imke, haar ouers (oud-Vossies) en haar nuwe tweeling-sussies.
Two Stanford Lake College pupils received special awards in the category Culture during the school’s recent prize-giving function. Maryam Kollia received half colours for her success in music (Trinity: Gr 1 Piano), whilst Ryan Davidson (Service to Culture) was awarded with full colours. Mathabo Malesa (Trinity: Gr 4 Piano & ABRSM: Gr 1 Theory) was also awarded but absent when the photos were taken.
Plasies kan somme maak AJ Fourie, Donovan van Tonder, Joshua Labuschagné, Herman Grové, Angus Dalrymple-Hay en Eugene Pieterse het as assistente by die jaarlikse Malumadag by die Hoërskool Merensky opgetree. Die dag is deur byna 400 boere en ander rolvertolkers in landbou bygewoon en het van sover as Mpumalanga en Gauteng gekom.
Bo: Graad 4: Tamar de Meyer, Joubert Fleischmann, Andreas Honiball, John-Henry Schwab en Snyman Smit.
Graad 5: Timon Mocke, Willem Smit en Marney Kleinhans.
Links: Graad 7: Jayden Smit, Joshua Lordan, Jahdin Fleischmann en Kay-Lee Jansen.
Merensky se admin verf Gauteng blou… Dit was onlangs Plasieland se administratiewe dames se beurt om weg te breek. Die eindbestemming was Monté Casino in Fourways, Johannesburg, waar die dames hulself bederf het met ‘n massering, aandete en die musiekblyspel Singing in the rain as die
kersie op die koek. Sondag is daar inkopies gedoen en gefliek. Hier is die groep by Monté Casino: Mee Charmaine Buys, Anngelene de Beer, Eileen Elbrecht, Fransie le Roux (adjunk-hoof: akademie), Linda Badenhorst, Liezl van Kasterop, Mari Weber, Theresa Erasmus en Liezel Hermann.
Die eerste ronde van die SA Wiskunde Olimpiade is deur vyf junior en elf senior leerlinge van die Hoërskool Merensky geskryf. Die volgende Plasies dring deur na die tweede ronde, wat op 11 Mei gehou word: Bianca Prinsloo (gr 8), Stefan Corbett (gr 9), Rose Khosa (gr 9), Xander Botha (gr 10), Nkateko
Shikhati (gr 10), Carmi Venter (gr 10), Marlu Mc Lean (gr 11), Belinda Nzadi (gr 11) en Chelsea Schlebusch (gr 11). Hier is (bo) Bianca Prinsloo, Rose Khosa, Chelsea Schlebusch en Carmi Venter. Onder is Nkateko Shikhati, Belinda Nzadi, Marlu McLean, Stefan Corbett en Xander Botha.