Bulletin_121012

Page 20

Bulletin

12 October 2012

Plasies maak amok by Bokkieweek Paul Treu en Heyneke Meyer, kan ons dalk met spelers kom help? Die SA Bokkieweek se nasionale toernooi vir sewesrugby is onlangs naby Pretoria gehou, en elf van die twaalf spelers in die span van Verre-Noord (Limpopo) was van die Hoërskool Merensky. Verre-Noord het in hul groepwedstryde Stellaland met 14-7 geklop, maar sleg teen Suidoos-Transvaal met 42-5 verloor. Hulle het teen Hoëveld in ’n naelbytstryd met 12-7 verloor. Suidoos-Transvaal en Hoëveld was die twee spanne wat na die eindstryd om die titel deurgedring het, met Suidoos-Transvaal wat gewen het. Verre-Noord het na die eindstryd om die plaat deurgedring, toe hulle in die halfeindronde NoordTransvaal met 14-12 uitgestof het. Hulle het in die eindstryd teen Noord-Vrystaat in ’n taai stryd met 7-5 geklop, en sodoende derde in die toernooi geëindig. Daar was darem een Tzaneener wat die eindstryd gehaal het. Mnr Sakkie Meyer was die skeidsregter wat dié wedstryd beheer het. Die Plasies wat in die span was, is Diaan van Rooyen (kaptein), Jece Swart, Jacques Meyer, Jacques Coston, Ruan van Wyk, Johan Wagner, Wian Espach, JP du Toit, Armand Geldenhuys, Carel O’Neill en Marno van Wyk. Van Rooyen en Swart is vir die Bokkies se Gazelle-span gekies, terwyl O’Neill vir die Bokkies se nasionale A-span gekies is. Jean Aucamp jean@bulletin.us.com

Beetge word nasionale keurder

Me Charmain Beetge, hoofafrigter van netbal van die Hoërskool Ben Vorster, is tydens ’n onlangse vergadering van die bestuur van SA Skolenetbal as ’n nasionale keurder aangewys. Sy is tans ook ondervoorsitter van skolenetbal in Limpopo en is sedert 2002 betrokke by Ben Vorster as afrigter van die eerste netbalspan.

LINKS: Diaan van Rooyen, Carel O’Neill en Jece Swart met die Philip Oelofse Plaat-wisseltrofee. Die drie Plasies het die Bokkies se nasionale spanne gehaal. BO: Jacques Meyer, een van Merensky se spoedvrate, duik oor vir sy drie teen Hoëveld. Foto’s: Wikus Swart

Unicorns treated at Loftus A team of eleven Grade 2 pupils from Unicorn Preparatory School in Tzaneen was selected to play Tag Rugby at a regional schools tournament at Loftus Versfeld in Pretoria last week. The tournament took place two days ahead of the Springboks and Australia’s clash in the Rugby Championship Tournament and the Tag Rugby final was played as a curtain raiser in the stadium ahead of the big game. The Unicorn team, performing extremely well, lost out on a spot in the finals in the semi-final round. All of the participating schools were treated to a visit to and coaching clinic by some of the Australian players. The Unicorn team was also invited into the stadium to support the final Tag Rugby game, meet the Springbok mascot Bokkie and then stay on to watch the Spingboks play. RIGHT: At the back are Angus LoughorClarke, Tiaan Joubert, Mr Jason Scriven (coach), Isabella Drewitt, Louise Cooper, Christian Kruger, Michael Scriven and Devon Coad. In front are Hendrik Botes, Valley Ngobeni, Emeka Ezenwugo and Christiaan Swart. Photo supplied


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin_121012 by Far North Bulletin - Issuu