3 June 2011
Bulletin
23
Fietsryklub ’n ware dryfveer vir Tzaneen Jean Aucamp Die Tzaneen Fietsryklub was onlangs die gasheer van die gewilde Fairview Hotel Magoebaskloof Challenge, wat jaarliks in die omgewing van Tzaneen gehou word. Op die eerste dag is die padwedren gehou en was Allan Gordon in die tweede algehele plek in die 70 km-wedren. Hy was die wenner van die mansafdeling. Vernon Harms was vyfde in die wedren en derde in die subveterane afdeling vir mans. Dick Rood was vyfde in die afdeling. Gerrit Agenbach was in die algehele vyftiende plek, maar hy was die wenner van die meestersafdeling. Weber De Wet was in die 29ste algehele plek, maar het sodoende die grootmeestersafdeling ingepalm. Annelize Hugo was die tweede dame oor die wenstreep, maar sy was die wenner van die meestersafdeling vir dames. Dorothy Rood was in die 46ste algehele plek, maar sy het sodoende die subveterane afdeling vir dames ingepalm. In die 45 km-padwedren het Christelle Nel in die twaalfde algehele plek geëindig, maar dit was goed genoeg om aan haar die oorwinning in die subveterane afdeling vir dames te besorg. Ally Lougher-Clarke was tweede in die afdeling. Landi Rood was in die 21ste algehele plek, maar sy het die juniordames-afdeling ingepalm, met Tarryn Brent in die tweede plek. Op die tweede dag was dit die beurt van die bergfietsryers. In die 45 km-wedren het Tarryn Brent die afdeling vir junior dames ingepalm en Monica Roode die afdeling vir veterane dames. Lowrina Dando was die tweede veterane dame en Annelize Hugo was die wenner van die meestersafdeling vir dames. In die 20 km-wedren het Gerrit Agenbag die vyfde algehele plek ingepalm, wat genoeg was om aan hom die oorwinning in die meestersafdeling te besorg. Christelle Nel was in die twintigste algehele plek en derde in die afdeling vir subveterane dames. Die Tzaneen Fietsryklub bestaan reeds baie jare, maar het ongeveer sewe jaar gelede doodgeloop. In Januarie 2010 het ’n aantal fietsryers egter die behoefte aan ’n klub in Tzaneen wat eksklusief vir fietsryers bedoel is, raakgesien en die klub weer in die lewe geroep. Hulle het met 28 lede afgeskop en aanvanklik net as ’n klub vir padfietsryers bekend gestaan. Dit het egter in die middel van die jaar verander, toe gehoor gegee is aan diegene wat graag ook aan
BO: Alan Gordon, Landi Rood by me Marinda Thomas van Fairview Hotel, Annelize Hugo, Ally Lougher-Clarke en Christelle Nel.
bergfietswedrenne wou deelneem. Die klub het toe nog vinniger gegroei en daar word nou geskat dat 80% van die lede aan padfiets- en bergfietswedrenne deelneem. Vandag bestaan die klub uit 126 lede en hulle word gereeld in hul lemmetjiegroen(vir padfietsryers) en rooi hemde (vir bergfietsryers) gesien. Die klub se gewild- BO: Tarryn Brent (wat ook kranig in die kleure van haar skool Stanford Lake College deelneem), Gerrit Agenbag, Weber heid het saam met De Wet, en Dorothy en Dick Rood. sy ledetal gegroei en lede word op datum met gebeure gehou. Saterdae kom lede vir ’n lekker gesellige klubrit bymekaar, terwyl lede gedurende die week op hul eie oefen. Wedrenne op die land se fietsrykalender trek altyd die klublede se aandag. Sedert Januarie 2010 het Tzaneen Fietsryklub by wedrenne soos die Argus in Kaapstad, die Pick ’n Pay 94.7 in Johannesburg, die Amashova (of die Tour de Shova) in Durban en ons eie Magoebaskloof Challenge, geskitter. Die klub spits hulle nie net op wedrenne toe nie, maar het ook in 2010 die inisiatief geneem om ’n pretrit in die aand, die Nite Ride for Cancer, te reël. Hulle het met hierdie geleentheid R7 150 bymekaar gemaak BO: Hilsky Klinkert en aan die Tzaneen Care Group geskenk. Skakel gerus vir Piet Roode by 082 457 van Letsitele het tydens die Fairview 0570 en sluit by hierdie wenklub aan. Hotel Magoebaskloof Challenge êrens grond gekoop... REGS: Piet Roode en sy vrou Monica neem gereeld op hul tandemfiets deel.
Twee kry Limkleure Twee rugbyspelers van die Laerskool Tzaneen, Tertius du Plessis en Barend Lombard, is vir Limpopo gekies. Hulle het op 14 Mei in Polokwane aan proewe deelgeem en is daarna in die span opgeneem.
This week’s fitness tip Ettienne van Wyngaardt (Fitness specialist)
When starting an exercise program there is a few things you must know, especially when working out with weights. Always train the larger muscle groups first, like the legs, chest and back before the smaller muscles in the shoulders and arms. Perform compound exercise movements (more than one movement) first, such as squats, chest press and bent over rowing, before do-
ing isolation movements such as machine leg extensions and leg curls. Save triceps, biceps and abdominal exercise until the end of your workout. Many of the smaller muscles are used as synergists with the larger muscles, so they generally get a workout before you have even started on them. That way you won’t tire so easily.
Die Laeveld Derby tussen Tzaneen se spogskole, Ben Vorster en Merensky, word môre by Ben Vorster gehou. Die aksie begin 08:00.