AgriBulletin Febuary 2011

Page 23

23

Februarie 2011

Blinkswart bromvoëls is 'n kyk werd deur Louise Labuschagne Mabula se eie “kuiken” maak al of hy ’n bromvoël is. Dís nou “baby”Jac, een van dié reservaat buite Bela-Bela se blinkste bewaringsuksesse. Jac,

Die bromvoël in al sy glorie. Foto: Mabula

wat aan die twee jaar raak, is deel van Mabula se Bromvoël-bewarings- en navorsingsprojek wat pas deur die Leeupoort Roofvoël Bewarea vereer is. Hy is die reservaat se eerste kuiken wat daar uitgebroei het. Die ander “bromvoëlbabas” wat die projekspan by Mabula tans onder hulle vlerk het, kom hoofsaaklik uit die Krugerwildtuin en van die Association of Private Nature Reserves (ASNR). Daar is tans tien waarvan vier nog in spesialis-broeikaste by die Johannesburgse Dieretuin en die Loskopdam-reservaat is. Dié kuikens is gewoonlik dié wat die wyfies nie grootmaak nie. Hoewel hulle twee eiers lê, versorg die wyfie net een van die kleintjies. Dit is waar Mabula met sy projekspan en surrogaat-bromvoëlgesin tot die redding van die spesie kom. Hulle kry die tweede kuiken om te help grootmaak. Dit kan tot agt jaar neem voordat die voëls weer hervestig kan word. Kitsfeite oor die bromvoël is dat die getalle onder druk is; die wyfies is stadige broeiers; gemiddeld bereik net een kuiken elke nege jaar volwassenheid; daar is volgens skatting sowat 1 500 en dis sowat agt jaar voordat ’n bromvoël geslagryp is. Dít terwyl sowat 70% van die voëls se habitat oor die laaste vyftig jaar weens ’n gebrek aan

onder meer groot bome om te broei, sekondêre vergifting en eksotiese voëlhandel verlore is. Mnr. Arnaud le Roux van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en ondervoorsitter van die Leeupoort Roofvoëlbewarea, het aan AgriBulletin gesê so ’n projek soos dié van Mabula maak hom opgewonde omdat dit “skaars en bedreigde spesies kan terugplaas in historiese verspreidingsgebiede. As die mens bedreigde spesies kan vrywaar van uitwissing of die afname kan stuit, is dit beloning genoeg. “’n Bonus op ’n suksesvolle projek, is as die voëls aanteel.” Hy het onder meer verwys na Jac by Mabula as bewys van die suksesverhaal van die projek. Hy stap al rond, vang akkedisse en verbeel hom hy is ’n bromvoël al is hy nog pikswart soos dit ’n kuiken betaam. Hulle kry eers hul rooi versiersels op vier, vyf jaar. Volgens Le Roux kan die bromvoël nie in ’n Johannesburg hervestig word nie, by Mabula in die Bosveld het dit ’n kans. Mabula se projekbestuurder, me. Kate Meares, is by passievol verby oor bromvoëls. Vir haar is dit “100% of niks. Dit is beloning genoeg om met só ’n intelligente spesie in die projek te kan werk”. Hulle het onder meer weggedoen om die bromvoëlkleintjies met sogenaamde “spookpakke” wat soos die voëls lyk, te hanteer en te voer. Volgens Meares is die voëls net te slim om hulle te laat bluf. “Ons voer hulle weliswaar in stilte met sagte bromvoëlgeluidjies wat voedingsgedrag stimuleer, maar nogtans. Hulle weet ons is mense. As hulle die ware Jakob in die veld sien, maak dit hulle opgewonde.... ”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
AgriBulletin Febuary 2011 by Far North Bulletin - Issuu