Jaarblad: Hoërskool Gimnasium

Page 54

Potchefstroom Gimnasium

Redenaars

Nadat uitdunne oor ‘n tydperk van vier dae gehou is, is 5 junior- en 5 seniorsprekers gekies om aan die ATKVredenaarskompetisie deel te neem. Ses sprekers, naamlik Telani Niewenhuizen, Milandré Stafford, Lené Prinsloo, Carissa Smit, Werner Esterhuizen en Liza Maree het deurgedring na die ATKV semi-finaal. Werner Esterhuizen word gekies om in Hartenbos tydens die ATKV-finaal sy stem te laat hoor. Tydens die interskole redenaars het Gimmies skoonskip gemaak. Ons het die jaar die seniorkompetisie gereël en dit is by ons skool aangebied. By die juniorafdeling verower Lené Prinsloo die 3de plek en Telani Niewenhuizen die 1ste plek. By die seniorafdeling verower Marlie Burger die 3de plek, Janus Kruger die 2de plek en Carissa Smit is die algehele wenner. Gimmies het elf sprekers vir die Radikale Redenaars-kompetisie ingeskryf. Agt van hierdie sprekers is gekies om aan die Noordwes-finaal deel te neem. Telanie Nieuwenhuizen, Liza Maree, Zandré Barnard en Zandelle Meyer is gekies vir die nasionale finaal. Zandré Barnard en Zandelle Meyer is as nasionale wenners aangewys.

Interskolewenners

Voor: Lené Prinsloo, ­Marlie Burger, me. Sunèlle van Heerden (organiseerder), ­­Carissa Smit. Agter: Janus Kruger, Telanie ­Nieuwenhuizen.

ATKV Voor: Caerie Bothma, ­Milandré Stafford, me. Sunèlle van Heerden ­(organiseerder), C ­ arissa Smit, Georgia Bothma. Tweede ry: Lené Prinsloo, ­Marlie Burger, Werner ­Esterhuizen, Janus Kruger, Telanie Nieuwenhuizen, Liza Maree.

54 | Kultuur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.