FAMNEA - August 2015, Volume 12, Issue 2

Page 16

WOONPLEKKE VAN WELEER

Outeur: Simon du Plooy

Die Marico “There were features about the Marico Bushveld that were almost too gaudy. That part of the country had been practically derelict since the Anglo-Boer War and the rinderpest. Many of the farms north of the Dwars Mountain range had been occupied little more than ten years before by farmers who had trekked into the Marico from the Northern Cape and the Western Transvaal. The farmers there were real Boers”

W

eer eens ’n gebied sonder vasgestelde grense, want nêrens kon ’n beskrywing van presies waar die Marico begin en/of eindig gevind word nie. Ruweg kan dit omskryf word as die area wat begrens word deur die area noord van die N4 roete vanaf Rustenburg, oor Zeerust tot by die Lobatse grenspos, daarvandaan met die Botswana-RSA grens tot by Derdepoort, en dan in ’n suidoostelike rigting, wes van Pilanesberg reservaat verby tot by die N4 wes van Rustenburg – die wêreld van Herman Charles Bosman en Patrick Mynhard se Oom Schalk Lourens met sy jerepigo. Die Marico Bosveld verwys weer na die noordwestelike segment van die gebied tussen Pilanesberg en die RSA-Botswana grenslyn. HISTORIES Marico, wat ook as Madikwe, Madikwa,Marikwa, Mariqua, Marique, Melekwe, Maligwa, Madisho, en Madigo voorkom, is algemeen bekend as ’n streeknaam. Maar wat beteken die naam Marico? Een verklaring is dat dit afgelei is van Melekwe ( Golekwe- dit kronkel en draai). Voor die koms van die Voortrekkers was die gebied hoofsaaklik bewoon deur die Bakwena en Bahurutsi’s in die suidelike Marico, asook die Barolongstamme van Molema, Montshiwa, Mosete, Motshabi en ander kleinere groepe soos die Bala- en Balitistamme. Met Moselikatse se koms vanaf 1817 het hy die plaaslike inwoners aan

16

Die Marico in die konteks van die die Groot Trek. Bron: Geskiedenis Atlas van SA

sy gesag onderwerp. Effektief beteken dit dat veral die manlike lede eenvoudig uitgewis is en die vrouens en kinders in sy krale opgeneem is. Die gevegte tussen Moselikatse en die plaaslike stamme, asook die plaaslike stamme onderling, het gelei tot die naam Marico, oorspronklik Madigo, “daar was bloed”. (Madi- bloed). Gronum verwys in “Boere en Jagters in die ou Marico” spesifiek na ’n geveg (voor die koms

van Moselikatse) tusssen die Bahurutsi’s woonagtig by die huidige Enselsberg en die Mathaphane-stam vanuit Rustenburg se omgewing. Volgens oorlewering was die geveg ’n absolute bloedbad – so hewig dat die rivier rooi van die bloed was – vandaar Madigo wat Marico geword het. Daar is ook ’n bewering dat die betekenis sy oorsprong het in die Slag van Mosega (1837) toe die Trekkers FAMNEA - Kwartaalblad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
FAMNEA - August 2015, Volume 12, Issue 2 by Elrie Visser - Issuu