Jan 2014 saam january 2014

Page 1

SAAM OP DIE PLANKE! Regisseer toneelstukke op laerskool

deur

Patrick Coyne Vertaal deur Ilze Br端ggemann


©Patrick Coyne 2013 Eerste uitgawe: 2009 (in Engels) Osborne-Porter Literary Services

Hierdie uitgawe: BK Press BK Press 2013

ISBN 978-1-920584-04-7 This book also available in English, titled Share the Stage. Bladontwerp en uitleg: Ginny Porter Illustreerder: Gail Gillings Hierdie boek is gebaseer op herinneringe en werklike gebeure. Alle regte voorbehou Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer in ’n herwinstelsel geberg of ingevoer word, in enige vorm of op enige manier elektronies, meganiese deur fotokopiëring, opname of andersins versend word nie. Enige persoon wat enige ongemagtigde daad ten opsigte van hierdie publikasie uitvoer, mag aanspreeklik wees vir kriminele vervolging en siviele skadevergoedingseise.


Erkennings

E

k skuld ’n laat bedanking aan die personeel van Atholton Primary School, Umhlanga Rocks, wat op soveel maniere met die produksie van Die Sterrekinders gehelp het. Ek wil ook graag ’n besondere en hartlike hulde ter herinnering van daardie verhoogbestuurder par eksellente bring, Varian ‘Mac’ McKellar. As enige van die oorspronklike besetting hier sou lees, aanvaar weer my innige dank vir jou bydrae, die herinnering wat die toets van tyd deurstaan het … Met betrekking tot die hoofstuk oor Interhuis toneelstukke, wil ek die personeel van Gordon Road Girls’ School, Durban, bedank wat verantwoordelik was vir die riglyne wat hulle vir die organiseerders, akteurs en beoordelaars opgetrek het en wat ek tesame met ’n paar van my eie bykomstighede, aangehaal het. Ek skuld veral vir Lynn Ellis, die voormalige onderwyseres in bevel van Spraak en drama by Gordon Road, hartlike dank dat sy die manuskrip van hierdie boek deurgelees het en ’n paar nuttige voorstelle gemaak het. Ek bedank ook my skoondogter, Rosanne Hurly-Coyne, vir haar voorstelle. Graag wil ek my dank aan Ilze Brüggemann uitspreek vir die Afrikaanse weergawe van hierdie boek, asook Gary Watkins wat hand bygesit het met die vertaling van die lirieke. Ten slotte spreek ek my hartlike dank aan Ginny Porter van Osborne-Porter Literary Services uit vir haar aanmoediging, harde werk en waardevolle insigte. Sonder haar sou hierdie boek nie so vinnig in druk verskyn het nie. Ook bring ek graag hulde aan Ginny vir haar briljante boek- en voorbladontwerp.


Voorwoord deur Garth Anderson akteur en regisseur

N

a my mening is Saam op die planke! Regisseer toneelstukke op laerskool ’n uitmuntende hulpmiddel vir enige onderwyser wat poog om ’n toneelstuk op skool te regisseer, of dit nou ’n interhuis toneelstuk is of ’n volle opvoering. Dit bevat goeie riglyne vir enige regisseur en sou selfs handige bystand verleen aan regisseurs van beginnerswerk.

Die Sterrekinders is van ’n baie hoë gehalte. Dit is ’n opwindende toneelstuk en behoort skoliere se verbeelding te verryk en (al is dit nie die punt nie) hulle selfs oor die hemelruim en sy moontlike inwoners te laat nadink. Ek hoop onderwysers sal dit as ’n baie goeie voorbeeld neem en dat ander skole dit self sal gebruik. Ek moet erken, ek bewonder Patrick Coyne se dapperheid om SES volwasse karakters in die opvoering in te skryf. Hy was ’n genie om soveel karakters te kry! Die voorgestelde reëls vir interhuis opvoerings is nie noodwendig op elke skool van toepassing nie, maar is uitstekende voorbeelde. Ek hoop werklik dat Saam op die planke! goeie verkope sal hê. Die boek verdien dit. Die uitgewer moet dit aan skole regdeur die land aanbeveel. Garth Anderson


Inleiding

L

aat my toe om jou ’n idee te gee van my standpunt aangaande die ontsaglike veld van toneelkuns vir kinders.

In die eerste plek het ek dit nog altyd verkies om met die ouderdomsgroep waarna soms verwys word as ‘senior primêr’ te werk, dit wil sê, vanaf 8 of 9 tot twaalf of dertien jaar. Dís nou vrugbare grond om die saad van toneelkuns in te plant! En hoe anders ’n mens hulle moet behandel vergeleke met hoërskoolkinders ... Dan sou dit seker behulpsaam van my wees om van die begin af te sê dat my persoonlike smaak in toneelkuns nogal konserwatief is, dalk selfs tradisioneel. Die spelers is op die verhoog – hier, en die gehoor is in die ouditorium – daar, en dié twee sal nooit bymekaar uitkom nie, nie as ek enigiets daarmee te doen het nie. Die voorverhoog is so ver as wat die akteur mag beweeg en dit is tot waar jy die wol oor die gehoor se oë kan trek. Ek is nie van plan om ‘teater in die rondte’ of ‘gehoor deelname’ in hierdie boek te bespreek nie, nie omdat ek glo dit hoort nie in skoolproduksies nie, maar omdat dit nie deel vorm van my benadering en ondervinding nie. Wat ‘toneel’ en ‘dekor’ betref: wel, ek verkies eenvoudige agtergronde, dit wil sê, groot, geverfde seildoeke wat opgerol kan word en maklik vir verskillende bedrywe verander kan word. Of, indien jy bekwame en entoesiastiese houtwerkers onder die personeel of ouers het, en indien jou toneelstuk daarby pas, kan ’n mens selfs van ’n boksstel gebruik maak, d.w.s. ’n kamer met drie mure waar die gehoor die vierde muur vorm. Die gordyn is nie noodsaaklik nie, al help dit. Sommige skole kom reg met verdonkering om die einde van ’n toneel of bedryf aan te dui. In hierdie geval het gehore dit al aanvaar dat toneelhulp gesien, maar nie gehoor hoef te word nie.


Laastens, die soort toneelstuk. Ek sal alleenlik my persoonlike voorkeur bespreek en dit is ’n een- of drieakter. Dit kan musikale tussenbedrywe soos kooritems en solo’s of selfs dans tussenbedrywe bevat – alles hulpmiddels vir die hoofintrige. Dit is nie as sulks ’n musiekblyspel nie. Wat ek bedoel is dat dit nie ’n toneelstuk is waar die musiek en liedjies die aksie heeltemal oorheers nie en waar gesproke reëls in die minderheid is nie. Die feit dat ek hierdie soort toneelkuns verkies beteken nie dat ek meen ander het minder waarde nie. As produksiebestuurder van skool toneelstukke, moet jy doen wat vir jou die maklikste is. Die kinders sal jou opregtheid en entoesiasme aanvoel, dit respekteer en op jou reageer. Andersyds is baie van die dinge wat ek omtrent produksie tegnieke gaan sê maklik van toepassing op ander teatertipes. Produksiebestuurder of regisseur? In professionele produksies is die regisseur die een wat vir die akteurs sê hoe hulle hulle rolle op die verhoog moet vertolk, terwyl die produksiebestuurder die een is wat toesig hou oor die hele vertoning, insluitend die besonderhede van publisiteit, finansies, besprekings, die spelers se kontrakte, hoe lank die speelvak gaan wees, en so meer. In skole, is die produksiebestuurder dikwels die een wat die meeste van die bykomende donkiewerk doen asook om die akteurs op te lei. In Deel II van hierdie boek verskyn die drieakter, Die Sterrekinders, wat jou ’n idee sal gee van die manier waarop ’n produksiebestuurder sy of haar eie toneelstuk kan skryf wat by die skool en sy begroting pas.


DEEL EEN Hoofstuk Een WATTER TONEELSTUK?

D

aar word gesê dat ’n mens sonder ’n gehoor nie ’n toneelstuk het nie. Maar sonder ’n toneelstuk, die regte een, begin jy nie eens om ’n teater te hê nie. Die eerste noodsaaklike stap is dus om ’n toneelstuk te kry wat jou sal prikkel en besiel, en op sy beurt weer jou kinders, die toneelstuk wat by jou beskikbare talent pas en op jou verhoog asook in jou begroting pas.

Alles klink dalk nogal vanselfsprekend, maar enigiemand wat ’n skooldrama aangepak het sal saamstem dat die moeilikste stap is om die regte toneelstuk in die hande te kry. Soveel so dat ek ’n hele hoofstuk daaraan gewei het. Wat volg mag betwisbaar blyk te wees, maar dit is gebaseer op my ondervinding oor die jare heen. Vir die doel van hierdie boek gaan ek die produksie van ’n ‘suiwer toneelstuk’ bespreek, dit wil sê, dit is nóg ’n musiekblyspel nóg ’n fantasie. Suiwer drama is realisties. Dit wil sê, die kinder akteurs speel nie die rol van diere, feetjies nóg mitiese skepsels, nóg die rol van volwassenes nie.

'n Lang Graad 7meisie kan haar as 'n volwasse vrou voordoen, maar talle seuns van dieselfde ouderdom is korter ...

1


Dit is waar jou probleme begin. ’n Lang Graad 7 meisie kan soos ’n volwasse vrou lyk – mits die ander akteurs die rol van kinders vertolk en almal korter as sy is. Maar die hoofprobleem met dié van ’n volwasse man is dat die meeste seuns se stemme nie breek totdat hulle die primêre skool verlaat het nie. Hierbenewens, is seuns in Graad 7 kort vergeleke met meisies van dieselfde ouderdom. Primêre seuns kan dus gewoonlik nie die rol van volwasse mans speel en realisties klink en lyk nie. Dit beteken dat jou keuse van ’n toneelstuk reeds drasties beperk is. Dit beteken dat die enigste toneelstukke wat jy op die planke kan bring dié is wat karakters bevat wat almal kinders is. Bestaan daar sulke drieakters? ’n Toneelstuk wat gebaseer is op ‘The Lord of the Flies’ dalk. Ek het dit nog nie gesien nie … ’n Verhaal waar daar geen volwassenes vir ’n tydperk van drie bedrywe verskyn nie moet seldsaam wees. Oplossing? Wat van toneelstukke waar die Dramatis Personae uit beide kinders en volwassenes bestaan? Maar, om realisties te wees, sal jy beide kinder én volwasse akteurs in jou rolverdeling moet hê. Waar gaan die volwasse akteurs vandaan kom? Maklik: Gebruik hoërskool leerlinge – langes – wat jy by jou vriendelike plaaslike hoërskool geleen het. Of gebruik onderwysers of ouers in die volwasse rolle. Probleem opgelos? Nie in die minste nie! Die Drama-afdelings van die meeste biblioteke bevat ’n paar toneelstukke waarin beide volwassenes en kinders in hul karakterlyste voorkom. Daardie uitmuntende klugspel deur John Dighton, ‘The Happiest Days of your Life’, is ’n goeie voorbeeld. Maar daar is maar net twee kinders in hierdie toneelstuk en hulle vertolk relatief klein rolle. Dit is gewoonlik die geval. Dramaturge blyk ongeneë te wees om toneelstukke aan te pak met meer kinders as volwassenes, en kinders in belangrike rolle daarby. Wel, as daar nie eintlik sulke toneelstukke bestaan nie, wat moet ’n mens maak? Dit oplossing is natuurlik om SELF die TONEELSTUK TE SKRYF … ek is daartoe gedrewe en hoop van harte dat die

2


finale produk nie so pynlik vir die gehoor was soos dit vir my was om die ding te skryf nie … Maar, of jy dit wil glo of nie, is daar groot voordele aan verbonde om hierdie drastiese stap te neem. In die eerste plek is jou rolverdeling soveel makliker. Jy het tog sekerlik die toneelstuk met jou beskikbare akteurs en talent in gedagte geskryf. In die tweede plek hoef jy jou nie te kwel oor die moontlike onkoste verbonde aan opvoerregte nie. In die derde plek moet elke onderwyser wat lief is vir drama op een of ander stadium in sy of haar lewe ten minste probeer om ’n toneelstuk te skryf. Die vierde voordeel is dat die opvoer van jou eie toneelstuk, om te sien hoe dit vorm aanneem en op die verhoog lewe kry, ’n ervaring wat opwindend, skeppend en ten minste die grootste pret is. Ek het dit behulpsaam en dikwels insiggewend gevind om die intrige met ’n groep redelik intelligente senior leerlinge te bespreek terwyl ek besig was om te skryf. Hulle sal lig werp op die manier waarop hulle ouderdomsgroep op ’n gegewe situasie sou reageer en raad gee oor die hedendaagse sleng en slagwoorde. Hou egter net in gedagte dat indien jou toneelstuk sy waarde met die tyd gaan beproef, dit in ’n redelik datumlose idioom geskryf moet word. Waar kom jou idees vandaan? Dit is die soort vraag wat skrywers altyd in die gesig staar en wat moeilik is om te beantwoord. As ek ’n bietjie raad hier kan gee, doen wat talle suksesvolle dramaturge aanbeveel. Skep eers jou karakters met jou beskikbare talent in gedagte. Plaas hierdie karakters dan in jou verbeelding in verskeie situasies en kyk hoe hulle vaar. In die tweede deel van hierdie boek het ek dit gewaag om die eerste suksesvolle drieakter te druk wat ek vir ’n skoolopvoering geskryf het, asook herinneringe oor waarom ek sekere kenmerke van die toneelstuk gekies het en hoe dit afgeloop het. As dit die soort toneelstuk is wat vir jou geskik is, voer dit op. Skryf volgende jaar jou eie.

3


Hoofstuk Twee ROLVERDELING VAN DIE TONEELSTUK

K

om ons aanvaar dat jy op ’n toneelstuk afgekom het of dit self geskryf het en dat jy ook my raad gevolg het en dit realisties gehou het deur beide kinders en volwassenes in die karakterlys in te sluit. Jy sal maar so vroeg moontlik met die oudisies en rolverdeling moet begin. Indien die toneelstuk byvoorbeeld in Mei opgevoer gaan word, is Februarie nie te vroeg om te begin nie. Laat my nog ’n moontlik teenstrydige stelling maak. Ek glo vas in dubbele rolverdelings vir die kinders, dit wil sê, Rolverdeling A en Rolverdeling B, vir die hoofrolspelers, maar nie noodwendig vir diegene wat benodig word vir massatonele of vir die koor nie, as jy ’n koor benodig. Hierdie rolverdelings sal op afwisselende aande van ’n vier- of sesaand speelvak optree. Twee kinders vir elke sleutelkarakter is ’n noodsaaklike versekering teen siekte of ander onwelkome noodgevalle wat dalk tydens die repetisies kan kop uitsteek. As produksiebestuurder sal jy waarskynlik die dag seën waarop jy hierdie voorsorgmaatreël getref het. Nog ’n voordeel hiervan is dat dit ’n aangename wedywery tussen die twee rolverdelings skep en ter selfdertyd ontslae raak van die sogenaamde ‘prima donna’-sindroom. Dit verdubbel ook jou gehoor, verdriedubbel dit selfs! Dit is wat gebeur wanneer trotse ouers dit nie kan weerstaan om die aand op te daag wanneer hulle kinders nié optree nie, net om te kyk hoe die ander akteurtjies regkom … Een nadeel, vanuit die oogpunt van die produksiebestuurder, is dat dit die aantal repetisies verdubbel wat vir die hoofrolspelers benodig word. ’n Ander nadeel is dat dit moeilik kan wees om so iets in ’n klein skooltjie reg te kry. Oudisies sal gehou moet word, nie net vir die volwassenes nie, maar ook vir die kinders. Die gebruik van ’n

4


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.