3 minute read

ASSESSERINGSVEREISTES

Next Article
VOORWOORD

VOORWOORD

ASSESSERINGSVEREISTES

Assessering behoort sowel informeel asook formeel te wees. Leerders moet gereelde terugvoering ontvang om die leerervaring te verbeter.

1. Informele of daaglikse assessering

Die doel van die assessering vir leer is om deurlopend inligting oor leerders se prestasie in te samel wat gebruik word om leer te bevorder. Dit behels die daaglikse monitering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies en informele klaskamer interaksies.

Die aktiwiteite wat in die lesse geplaas is, is ʼn wyse van informele assessering. Dit hoef nie nagesien te word nie, en tel nie enige punte nie. Dit is net belangrik om leerders se antwoorde met hulle te bespreek. Dit help die leerders om ʼn beter begrip en insig in die lestema te kweek.

2. Formele assessering

Formele assesseringstake sluit in toetse, take, projekte, eksamen en praktiese demonstrasies of opvoerings. Alle formele assesseringstake word in die portefeuljeboek uiteengesit en die memorandums vir hierdie assessering kan in die portefeuljememorandumboek gevind word.

a. Assessering in Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW) Daar word van die leerders verwag om vier assesseringstake te voltooi. Dit vorm 30% van die totale punt vir die jaar.

Taak 1 Taak 2 Taak 3 Taak 4

Toets Werksopdrag/ gevallestudie Projek Jaareindeksamen

b. Assessering in Liggaamlike Opvoeding Die Liggaamlike Opvoedingstaak (LOT) word geduurnde al vier die kwartale gedoen. Daar word verwag van die leerders om elke week aan die liggaamlike aktiwiteite deel te neem. Leerderdeelname en uitvoer van bewegings in die LOT word geassesseer deur middel van klaswaarneming en aan die einde van die kwartaal sal daarvan verslag gedoen word.

Kwartaal 1, 3 en 4 word geassesseer op grond van die tabel hieronder:

Assesseringsinstrument vir LOT

VLAK BEPERK TOEREIKEND BEKWAAM UITSTEKEND Kriterium 1: Gereeldheid van deelname (20 punte)

0% = 0 punte 1 – 5% = 1 punt 6 – 10% = 2 punte 11 – 15% = 3 punte 16 – 20% = 4 punte 21 – 25% = 5 punte 26 – 30% = 6 punte 31 – 35% = 7 punte 36 – 40% = 8 punte 41 – 45% = 9 punte 46 – 50% = 10 punte 51 – 55% = 11 punte 56 – 60% = 12 punte 61 – 65% = 13 punte 66 – 70% = 14 punte 71 – 75% = 15 punte 76 – 80% = 16 punte 81 – 85% = 17 punte 86 – 90% = 18 punte 91 – 95% = 19 punte 96 – 100% = 20 punte

Kriterium 2: Uitkoms van die uitvoer van bewegings (10 punte)

Benodig aansienlike aandag. Lei glad nie tot die gewenste uitkoms nie. (0 – 2 punte) Benodig aandag en afronding, veral in bewegings wat nie tot die gewenste uitkoms lei nie. (3 – 5 punte) Doeltreffend, effektief en gepas. Bewegings lei meestal tot gewenste uitkoms. (6 – 8 punte) Uitsonderlike vaardigheidsvlakke. Bewegings lei altyd tot die gewenste uitkoms. (9 – 10 punte)

Kwartaal 2 word geassesseer op die assesseringstabel soos gegee in hierdie fasiliteerdersgids by die spesifieke les. Dit assesseer spesifieke doelwitte wat die leerder moet bereik. Die LOT-take tel ook 30% van die totale punt per kwartaal.

c. Assessering in Skeppende Kunste Die belangrikste doel van Skeppende kunste is dat leerders ten volle betrokke moet wees by die leerervaring om kreatiwiteit, uitdrukking, kommunikasie op verskillende maniere en die genot van die kunste te ontwikkel.

Skeppende Kunste-jaarplan:

KWARTAAL 1: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste) KWARTAAL 2: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste) NB: Teen die middel van die jaar moet beide bane geassesseer wees. KWARTAAL 3: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste) KWARTAAL 4: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste) NB: Teen die einde van die jaar moet beide bane vir die tweede keer geassesseer wees om vordering aan te dui.

Kodes en persentasie vir rekordhouding en rapportering

Prestasiekode Beskrywing van vaardigheid Persentasie

7 6 5 4 3 2 1 Uitmuntende prestasie 80 – 100 Verdienstelike prestasie 70 – 79 Beduidende prestasie 60 – 69

Voldoende prestasie 50 – 59

Matige prestasie 40 – 49

Basiese prestasie

30 – 39 Ontoereikende prestasie 0 – 29

This article is from: