Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Skeppende Kunste
Fasiliteerdersgids
Graad 8
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Í2(È-A-CRA-FG01PÎ
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE:
Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER:
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK:
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE:
Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT:
Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING:
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD:
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.
STUDEER / HERSIENING:
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
SAMPLE
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Skeppende Kunste bied blootstelling aan en die studie van ’n reeks kunsvorms. Die hoofdoel is om leerders in kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel.
In Graad 7, 8 en 9 word twee ure per week aan Skeppende Kunste toegestaan. Leerders gaan net twee kunsvorms bestudeer. Impaq bied aan leerders die geleentheid om van graad 10 tot 12 Dramatiese Kunste en Visuele Kunste as vakke te neem. Ons gaan dus net hierdie twee kunsvorms van graad 7 tot 9 behandel en bestudeer. Dit is volgens die KABV-bepalings. Leerders moet ’n minimum van 10 lesure per kwartaal aan elke kunsvorm spandeer.
Die lesse in die Studiegids is so uiteengesit dat daar aan elke les ’n bepaalde tydsduur toegeken is. Fasiliteerders en leerders kan dit organiseer soos dit hulle pas. Dit is fasiliteerders en leerders se besluit hoe die werk gedoen word. Die enigste vereiste is dat al die temas deur die kwartaal gedek sal word.
Die eerste les van elke kwartaal behels ‘n opwarmingsroetine. Dit is belangrik dat leerders elke week ten minste 15 minute aan die roetine spandeer. Dit moet ’n totaal van 2,5 ure in die kwartaal beslaan. Daar word met elke kwartaal oefeninge tot die roetine bygewerk, maar verder bly dit dieselfde.
Die lesse is so uitgewerk dat die teorie behandel word en dan in die daaropvolgende les word dit prakties toegepas. Fasiliteerders moet leerders se Studiegids saam met die Fasiliteerdersgids bestudeer.
G08 ~ Skeppende Kunste
ASSESSERINGSVEREISTES
Let wel: Daar is geen kwartaaltoetse nie, maar wel ’n Junie-eksamen asook ’n Novembereksamen.
Dramatiese Kunste word in ’n aantal onderwerpe verdeel:
Onderwerp 1 – Dramatiese ontwikkeling
Dit behels stemontwikkeling en fisiese ontwikkeling
KABV vereis dat leerders elke week aan die begin van elke dramales 15 minute hieraan spandeer. Dit moet in totaal
2,5 ure per kwartaal beslaan
Onderwerp 2 – Drama-elemente in toneelskepping
Dit behels die vorm en ontwikkeling van die toneel en die verkenning van relevante temas. Vereiste kontaktyd is 6.5 ure per kwartaal vir hierdie tema.
Onderwerp 3 – Interpretasie en uitvoering van gekose dramatiese vorms
Die interpretasie en uitvoeringtegnieke van volksverhale. Besinning
oor eie opvoering. Voorgestelde kontaktyd: 6,5 ure per kwartaal.
Onderwerp 4 – Waardering en besinning
SAMPLE
Skryf ’n resensie oor ten minste EEN opvoering of film. Kontaktyd: 1 uur
Onderwerp 5 – Media en loopbane
Verken verskillende loopbane in drama. Kontaktyd is 1 uur per kwartaal.
Die onderwerpe word egter tussen die kwartale verdeel en sal duidelik by elke les aangedui word. Jy kan dus jou lesse elke week self beplan en dit hang van jou af hoe vinnig of stadig jy daardeur werk.
G08 ~ Skeppende Kunste
Kwartaal 1 – Onderwerp 1 (2,5 ure)
Onderwerp 2 (6,5 ure)
Onderwerp 4 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 1
Kwartaal 2 – Onderwerp 1 (2,5 ure)
Onderwerp 3 (6,5 ure)
Onderwerp 4 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 2
Kwartaal 3 – Onderwerp 1 (2,5 ure)
Onderwerp 2 (7 ure)
Onderwerp 4 (30 minute) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 3
Kwartaal 4 – Onderwerp 1 (2,5 ure)
Onderwerp 3 (6 ure)
Onderwerp 5 (1,5 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 4
SAMPLE
G08 ~ Skeppende Kunste
INLEIDING
VOORWOORD
Skeppende Kunste bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Impaq bied aan die leerder die geleentheid om van graad 10 tot 12 Dramatiese Kunste en Visuele Kunste te neem. Daarom bestudeer ons slegs hierdie twee kunsvorme van graad 7 tot 9.
Die spesifieke doelstellings van kuns is om:
- Kreatiewe individue te ontwikkel.
- Leerders aan dramatiese en visuele kunste bloot te stel.
- Basiese kunsopvoeding aan leerders te bied
- Kunstalent en aanleg te ontwikkel.
- Leerders met die nodige basiese vaardighede vir verdere studie in Skeppende Kunste toe te rus
- Bewustheid van kuns en verskillende kulture te ontwikkel.
- Leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel
- Kunsgeletterdheid en kunswaardering te ontwikkel.
- Lewensvaardighede te ontwikkel.
JAARPLAN
1 1 Opwarming in drama
2 Monoloog
3 Resensie
4 Graffiti en letterwerk
5 Skep van eie graffiti
6 Rol van die kunstenaar in die gemeenskap: Kunsvlyt
7 Skep van ’n knypbakkie
8 Geskiedenis van die Griekse mitologie
2 9 Opwarmingsroetine
10 Inheemse gedigte
11 Modes van die hede en verlede
12 Kunstenaar as sosiale kommentator
3 13 Opwarmingsoefeninge
14 Die genres in drama 15 Figuurtekeninge
16 Loopbane in kunste 17 Oppervlakversiering 4 18 Opwarmingsroetines
19 Dialoog, prosa en storievertelling
20 Die vorme van media
21 Tonale tekening
G08 ~ Skeppende Kunste
SAMPLE
EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur
LEERDOELWITTE:
Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:
’n Toneelstuk wat verband hou met sosiale kwessies te ontwikkel en uit te voer.
Krities kan besin oor die skepping en opvoering van ’n toneelstuk.
Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap kan herken en ’n bespreking daaroor voer.
Kunselemente en ontwerpbeginsels in kreatiewe letterwerk soos graffiti kan identifiseer
Jou eie letterwerk of graffiti te skep.
Die belangrikheid van funksionele houers vanuit die mitologie kan identifiseer.
Jou eie mitologiese funksionele houer kan skep.
INLEIDING
Die eerste deel van die eenheid sluit opwarmingsoefeninge vir drama in. Dit stem ooreen met die opwarmingsroetines wat in graad 7 gedoen is. Dit is dus ’n hersiening van die vorige jaar se werk. Daar is oefeninge wat bygevoeg word. Die KABV vereis dat leerders 15 minute per week aan die opwarmingsroetine sal spandeer.
In die voorwoord is gemeld dat Skeppende Kunste in onderwerpe ingedeel is. Die onderwerpe is in lesse verdeel, sodat leerders en fasiliteerders nie deurmekaar raak nie.
Daar is ook by elke les ’n tydstoedeling en dit maak dit vir leerders en fasiliteerders makliker om ’n rooster op te stel, sodat al die lesse in die kwartaal gedek word
Die drama in die eenheid fokus veral op die sosiale kwessies wat in ons land voorkom. Enige sosiale kwessie kan aangespreek word
Leerders gaan dan ’n toneelstuk skep, wat een van hierdie kwessies aanspreek. Ons gaan ook krities kyk na ’n film wat relevant tot vandag is en dit ontleed.
Visuele Kunste fokus in hierdie eenheid op veral twee temas. Die eerste tema is die rol wat die kunstenaar in die gemeenskap speel en hoe veral letterwerk en graffiti gebruik word om hulle boodskap uit te druk.
SAMPLE
Die tweede tema gaan oor die gebruik van verskillende funksionele houers, en veral houers vanuit die mitologie. Leerders gaan ook leer hoe om hul eie houer te skep en met mitologiese figure te versier.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Alle nuwe terminologie word in die DEFINIEER blokkie uiteengesit.
Onderwerp 1: Dramatiese ontwikkeling (2,5 ure)
1.1 Les 1: Opwarmingsoefeninge vir drama
AKTIWITEIT 1:
Die assessering tel nie vir punte nie. Dit is net ’n lekker aktiwiteit vir leerders om te doen.
Laat leerders die bewegingspeletjies uitskryf en dit dan vir hul maats aanbied.
Die gegewe prentjie kan as ’n riglyn dien om leerders ’n idee te gee van hoe om die speletjie te begin.
(www.wikispaces.com)
Moontlike voorbeelde vir die fasiliteerder:
Prentjie 1: Hardloop 5 minute om op te warm.
Prentjie 2: Doen sterspronge. Herhaal vyf keer
Prentjie 3: Doen wawiele buite op die gras. Doen vyf wawiele.
Prentjie 4: Kry ’n sokkerbal. Skop die bal 10 minute lank vir mekaar
Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5ure)
Voorgestelde hulpbronne: Koerante en tydskrifte – enige artikels oor sosiale kwessies in Suid- Afrika.
2.1 Les 2: Navorsing oor sosiale kwessies en die skepping en opvoering van ’n dramatiese monoloog
Die les is slegs teoreties. Die teorie word in die daaropvolgende lesse toegepas. Fasiliteerders moet die les saam met leerders bestudeer.
3.1 Les 3 : Resensie
Die les is teoreties. Leerders moet die gegewe resensie bestudeer.
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Versamel tydskrifte en koerante en lees die resensies van die verskeie resensente wat daarin verskyn.
Dit sal jou ’n goeie idee gee van hoe ’n resensie lyk en wat die resensent as belangrike aspekte van die film of opvoering beskou.
Gee leerders leiding wanneer hulle resensies bymekaarmaak Tydskrifte soos Huisgenoot het goeie resensies. Bespreek die verskillende resensente se sienings met leerders
AKTIWITEIT 2:
Hierdie aktiwiteit tel vir assessering. ’n Sosiale kwessie is gekies soos armoede, werkloosheid, Vigswesies, ens. Les 2 in die Handleiding verduidelik wat ’n monoloog is. Assesseer leerders volgens die verduideliking asook hoe hulle dit oordra. Gebruik die riglyne in die rubriek hieronder om die assessering te bepunt:
1)Die storielyn is duidelik en word maklik gevolg
2)Die teks is relevant tot die sosiale kwessie wat aangespreek word
3)Die karakter word duidelik uitgebeeld en die leser kan met hom/haar identifiseer
4)Die plek en tyd waarin die toneel afspeel word duidelik in die teks weerspieël
5)Daar word ’n klimaks bereik en daar word ’n oplossing vir die probleem gebied
1 SWAK 2 GOED 3 UITSTEKEND
TOTALE PUNTE
SAMPLE
Uitvoering 5 punte
Totale punte / 20
Totale punte = ( 20/2 = 10 punte )
VISUELE KUNSTE
Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur)
Voorgestelde hulpbronne: Foto’s in boeke, tydskrifte en koerante van die alledaagse lewe, bv. kreatiewe letterskepping in populêre kultuur en graffiti.
4.1 Les 4: Die rol van die kunstenaar in populêre kultuur: letterwerk en graffiti
Die les behandel slegs teorie. Die teorie word in Les 5 toegepas.
Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure)
Voorgestelde hulpbronne en materiale: Voorbeelde of prente van die alledaagse lewe en graffiti. Gekleurde ink, merkpenne, enige ander tekenmateriale.
5.1 Les 5: Gebruik die beginsels van kuns- en ontwerpelemente om jou eie graffiti te skep
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Bied leerders die geleentheid om op die Internet oor graffitikunstenaars navorsing te doen. Die kunstenaars wat hieronder gelys is, is bekende graffitikunstenaars. Gebruik dit as riglyn om leerders te help in hul navorsing:
Banksy
Jean-Michael Basquiat
Keith Haring
Shepard Fairey
John Fekner
AKTIWITEIT 3:
Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Dit is ’n lekker, prettige aktiwiteit vir leerders.
Leerders kan eksperimenteer met verskeie tekenmedia. Hulle kan vetkryte, pastelle en ander medium gebruik.
Leerders kan ook enige grootte papier gebruik. Gebruik die voorbeelde van graffiti gegee in die Studiegids.
Die onderstaande is ’n voorbeeld van graffiti gedoen deur kinders :
SAMPLE
(www.blogspot.com)
Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur)
Voorgestelde hulpbronne: Foto’s, prente en voorbeelde van ’n verskeidenheid houers met verskillende funksies en vorms.
6.1 Les 6: Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap en kunsvlyt as funksionele en dekoratiewe ontwerp
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Raadpleeg die Internet en tydskrifte vir inligting. Die webtuiste www.mieliestronk.com bied goeie inligting.
Kortlikse inligting vir die fasiliteerder:
Dit is onseker waar pottebakkery ontstaan het. Daar is geskiedkundiges wat beweer dat dit sowat 9000 – 10000 jaar terug iewers in die Midde- Ooste ontstaan het.
Die meeste inheemse stamme het in die vroeë tydperke kleivoorwerpe geskep om in alledaagse lewe te gebruik.
Hulle het voorwerpe benodig om water en kos in te stoor. Hulle het ook plat kleibakke gemaak, om hulle koring en mielies in fyn te maal.
Die Grieke en Romeine het pottebakkery as kunsvorm begin aanwend. Hulle het die potte versier en dit ook as versierings gebruik. Die Grieke het ook hulle gebruiksartikels versier.
SAMPLE
In die moderne tyd is pottebakkery nie slegs ’n stokperdjie vir baie mense nie, maar ook ’n bron van inkomste.