1
Handleiding G07 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
AKTIWITEIT 6: Taal in konteks In elk van die volgende sinne is EEN of MEER WOORDE wat met ’n hoofletter geskryf moet word en waar leestekens uitgelaat is. Skryf die sinne korrek oor. Elke fout tel ’n halwe punt. 1. 2. 3. 4. 5.
Prof. van der berg se huis is in kerkstraat oorkant die rivier. (2) Hy is ’n neef van dr Van Wyk, die pa van ds. du rand (2) Ek hoop tannie kyk mooi na my honde finkel en meraai. (2) vakansies gaan ons altyd wildtuin toe en sien baie wild leeus bokke, kameelperde, olifante en renosters (2) Marietjie vra “hoe ver moet die atlete hardloop, meneer theron?” (2) Totaal: 10
Les 5: Skryf en aanbied KERNINHOUD Kenmerke van ’n opstel Formaat: Elke opstel het ’n gepaste titel. Die titel sê in kort waaroor die opstel handel. Inleiding – die inleiding is bondig en gee kortliks weer waaroor die opstel gaan. Inhoud – die inhoud brei meer uit oor die punt/e waaroor die opstel gaan, dit word opgedeel in paragrawe. As daar meer as een hoofpunt is, is een goeie, treffende sin genoeg en die res van die paragraaf word dan om daardie sin gebou. Slot – dit is die afsluiting van die opstel, dit is ook kort en bondig. Ons gaan gou kortliks kyk na verskillende soorte opstelle: Die opstel handel oor die aanbied van ’n reeks gebeure in ’n Verhalende opstel sinvolle volgorde. Die opstel word gewoonlik in die verlede tyd geskryf bv. ’n storie, fiksie of gebeurtenis uit die verlede. Beskrywing word dikwels gebruik om atmosfeer en stemming te Beskrywende opstel skep. Iemand of iets word gewoonlik beskryf op so manier dat die leser die onderwerp intens kan ervaar. Die opstel verteenwoordig ’n argument vir of teen iets. Die Argumenterende opstel is gewoonlik eensydig en stel die skrywer se standpunt. opstel Die opstel is meer gebalanseerd en verteenwoordig verskeie Beredenerende kante van ’n argument (anders as die argumenterende opstel). opstel Bespiegelende opstel Hierdie opstel is gewoonlik die skrywer se gevoel, perspektief en gedagtes rondom ’n sekere onderwerp. Die opstel is gewoonlik meer persoonlik.
© Impaq
24