Handleiding G07 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
1
AKTIWITEIT 5: Taal in konteks 1. Gebruik die storie “Nols se oorwinning” en skryf voorbeelde neer, uit die teks, van die volgende soorte sinne: a) Stelsin (1) b) Vraagsin (1) c) Uitroepsin (1) d) Enkelvoudige sin (1) 2. a) b) c)
Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd: Oom Lammie is ’n goeie atleet. Mamma maak vir my ’n toebroodjie. Nols hardloop verby baie atlete.
(1) (1) (1)
3. a) b) c)
Skryf die volgende sinne oor in die teenwoordige tyd: Ouboet was ’n goeie atleet. Baie atlete het aan die wedloop deelgeneem. Mamma het reggestaan met ’n bottel water by die wenstreep.
(1) (1) (1)
Totaal: 10 KERNINHOUD Wanneer word hoofletters gebruik? Aan die begin van ’n sin. Eiename word altyd met n hoofletter gespel. Name van plekke, riviere, berge, ens. Ons gebruik leestekens om ons te help om sinne beter te verstaan en makliker te lees:
Punt: aan die einde van ’n sin en na sommige afkortings. Komma: tussen twee of meer selfstandige naamwoorde en voor die voegwoorde maar en want. Dubbelpunt: word gebruik wanneer ’n opsomming, lys of verdere verduidelikings verskaf word. Dit word ook gebruik by direkte aanhalings. Kommapunt: dui ’n pouse aan wat langer is as ’n komma maar nie so lank soos ’n punt nie. Dit word ook gebruik as ’n lang lys items volg bv. Inkopielys; brood, melk, suiker, ens.
23
© Impaq