1
Handleiding G07 ~ Afrikaans Huistaal
Eenheid
Post-lees: Gebruik die soekleestegniek om die vrae te beantwoord. 1. 2. 3. 4. 5.
Wie is die twee hoofkarakters in die kortverhaal? (2) Wat het Volstruis gehad wat Heisib graag wou hê? (1) Watter verskoning het Heisib gebruik om vir Volstruis na sy huis toe te nooi? (2) Hoe het Heisib die ander geleer hoe om vuur te maak? (3) Wat dink jy is die les wat hierdie verhaal ons wil leer? (2) Totaal: 10
Les 4: Taalstrukture en -konvensies KERNINHOUD Enkelvoudige sin: ’n Enkelvoudige sin het net een onderwerp (wie), gesegde (doen), voorwerp (wat) en die sin kan altyd uitgebrei word bv. Nols het aan die wedloop deelgeneem. Tydsvorme Teenwoordige tyd: Nols hardloop landloop. Verlede tyd: Nols het landloop gehardloop. Onthou die reëls: Die werkwoord skuif na die einde van die sin en “ge” word vooraan die werkwoord gesit. “het” word in die werkwoord se ou plek in die sin gevoeg. Toekomende tyd: Nols sal landloop hardloop. Onthou die reëls: Die werkwoord skuif na die einde van sin, maar niks word bygevoeg nie. Die woord “sal” word in die werkwoord se ou plek in die sin bygevoeg. Sinsoorte Stelsin: Is ’n sin waarin ’n stelling gemaak word. Die sin eindig met ’n punt (.) bv. Nols se pa is onredelik. Vraagsin: ’n Sin waarin daar ’n vraag gevra word. Die sin eindig met ’n vraagteken (?) bv. Hoekom hardloop Nols landloop? Uitroepsin: ’n Sin wat iets uitroep. Die sin eindig met ’n uitroepteken (!) bv. Pasop Nols, jy gaan val! Bevelsin: ’n Sin wat ’n bevel gee. Die sin eindig met ’n uitroepteken (!) of ’n punt (.) bv. Maak jou skoenveter vas!/Gaan drink water.
© Impaq
22