Gr 7 afrikaans huistaal handleiding

Page 20

Handleiding G07 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

Toe die skoot klap, kyk Nols vir ’n oomblik om. ’n Paar kinders, jonger as hyself, draf in groepies skuins agter hom. Party glimlag ontspanne, waai vir hulle maats wat langs die roete staan en hulle luidrugtig aanmoedig. Hoekom hardloop hulle? Dink hy, hulle het tog nie ’n kans nie. Dan kyk hy nie meer om nie. Daar is niemand agter hom nie, dit besef hy gaandeweg. Vroeg in die wedloop het die laastes hom verbygeskiet en hom agtergelaat. Eers het hy hulle probeer inhaal, toe hy hulle nog kon sien; toe was hy skielik aIleen, met net die geluide van die veld om hom en die helpers wat soos bakens staan, hom water aanbied en dan wys hoe ver hy nog moet gaan. Sy bors begin brand asof iemand ’n kool vuur daarop druk en sy hart voel asof dit by sy mond wil uitspring. Linkervoet, regtervoet ... vorentoe ... vorentoe. Hy voel hoe die harde, klipperige grond sy voetsole skaaf, maar dit maak nie meer seer nie. Dis of elke tree wat hy gee, iets in hom wakker skud totdat hy van niks anders bewus is nie, net die vaaI grond en die bossies wat skroei in die oggendson. En sy ore hoor niks nie, behalwe ’n voël êrens op ’n tak en die geritsel aan die dor grasspriete langs die pad. Dis of sy voetstappe saamsing en die gedagtes van vanoggend kom weer in hom op: vandag sal Pa sien ... ’n Hardloper verskyn skielik in sy gesigsveld. Dis ’n ou man en hy hardloop gemaklik, met die lang, rustige hale van iemand wat gewoond is aan inspanning. Nols hoor hom diep asemhaal en ’n oomblik vergeet hy van die lam gevoel in sy bene. Die man groet met ’n breë glimlag. "Hoe Iyk dit, sal ons saam draf?" Nols huiwer. Hy wil nie met ’n ou man opgeskeep wees nie. Hy het gister besluit, vandag, is hy op sy eie. Hy is juis agter en sal sy skene moet oplig as hy onder die eerstes wil eindig. "Ek sien jy wil eerder alleen draf," sê die man. Hy het tot teenaan Nols gekom. ’n Wedren soos dié is nie iets wat ’n mens alleen kan aanpak nie, seun. Jy het ander mense nodig om jou aan te spoor." Hulle is nou langs mekaar en hulle voetstappe val reëlmatig op die kaal grond. Die man is nie oud nie, dit sien hy nou; omtrent so oud soos sy pa. Maar sy hare is grys langs die slape en sy skouers is ietwat geboë. "Ek neem al jare deel," vertel die man. "Ek het Oom nog nooit gesien nie," se Nols. "Ek neem aI jare deeI," herhaal die man. "Vanjaar hier, volgende jaar miskien op ’n ander pIek. Ek was al oral.” "Het Oom al eerste gekom?" "Toe ek jonger was, ja." "Hoekom hardloop Oom dan nog?" Die man lag. "Party mense sê dis ’n gewoonte," sê hy en na ’n rukkie kyk hy na Nols. "Hoekom hardloop jy?" Nols kan nie antwoord nie. Sy ontmoeting met die man het sy moegheid ’n tydlank verdryf, maar hy voel dit meteens weer. Die ondraaglike seer van sy bene het opgekruip tot in sy skouers. Hy probeer dink aan die skool waar die landloop netnou saI eindig, aan sy ma en pa, en oom Lammie wat net een storie ken, maar dis of sy gedagtes halfpad breek. Hoe 17

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.