Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
2.
Eenheid
1
Misdaad Dwelmgebruik onder jongmense lei in baie gevalle tot misdaad. Hul het geld nodig om dwelms te koop en sal enige iets doen of steel om hul behoeftes te bevredig. Die drang na ’n dwelmmiddel raak so oorweldigend dat dit alle logiese redenasie oortref. Tieners raak ook in baie gevalle by misdaad betrokke onder groepsdruk. In baie gevalle moet jy ’n misdaad pleeg om te wys dat jy een van die groep is. Dit is veral ’n groot probleem op die Kaapse Vlakte onder die jeug daar. Daar is al bespiegel dat baie jongmense kies om deel te wees van ’n bende uit vrees. Hulle voel veilig in die bende se beskerming en sal enige iets doen om deel daarvan te wees.
3.
Ongesonde seksuele gedrag Huisgenoot se peiling in 2012 het aangedui dat van die respondente tussen 12 en 16 jaar oud al ’n derde van hulle seksuele omgang gehad het. 65% van die kinders was maar 13 jaar oud toe hul dit vir die eerste keer gedoen het. Dit gebeur in baie gevalle op partytjies waar jou vriende jou aanmoedig om dit te doen. Dit kan ook gebeur dat jou meisie of kêrel druk op jou plaas, en dit kan ook as ’n tipe groepsdruk gesien word.
4.
Afknouery en rebelse gedrag Groepsdruk lei dikwels daartoe dat ander persone wat anders is as die groep afgeknou en geboelie word. Die persoon se selfbeeld word afgeknou en hy of sy word minderwaardig behandel. Kinders toon rebelse gedrag teenoor hul gesagspersone soos bv. ouers en onderwysers. Jy kan dalk voel jy is baie “cool” en “groot” as jy so optree en jou groep bewonder jou vir jou rebelsheid. Jy toon geen respek vir ander mense nie. DEFINIEER
Groepsdruk: Die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Dwelm: Dit is enige chemiese, natuurlike of mensgemaakte middel wat tydens inname ’n verandering meebring in die wyse waarop die persoon voel en optree. Dwelmgebruik: Dit is wanneer jy dwelms gebruik, maar dit nie oor ’n lang termyn doen nie. Dwelmmisbruik: Dit is wanneer jy dwelms oor ’n lang tydperk gebruik en afhanklik daarvan raak.
19
© Optimi
