Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde

Page 8

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

VOORWOORD In hierdie handleiding gaan elke faset van jou Afrikaans Huistaal-studie behandel word. Elke les word afsonderlik hanteer, sodat daar duidelike onderskeid tussen luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, en die praatproses is. Deur die jaar sal daar van jou verwag word om verskillende portefeuljetake te voltooi, wat jou jaarpunt sal uitmaak. Jou jaarpunt tel uiteindelik 25% van jou totale punt vir Afrikaans Huistaal. Die portefeuljetake kan in die portefeuljeboek gevind word. Alle ander aktiwiteite is daar gestel om jou te help met die voorbereiding vir die eksamens. Buiten die taalaspek, gaan 12 gedigte, die roman Droomdelwers en die drama Siener in die suburbs behandel word. In elkeen van die bogenoemde genres moet jy uiteindelik langvrae sowel as kontekstuele vrae kan beantwoord. Hierdie afdelings word in vraestel 2 van die eksamen geassesseer. Vraestel 1 gaan fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis. Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word. Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel, want dit is eintlik net ’n samestelling van al jou mondelingpunte deur die jaar. Vir elke afdeling van Afrikaans Huistaal kan jy ’n unieke manier gebruik om te leer, maar dit bly belangrik om alles wat jy leer oor en oor in te oefen. Onthou om die volgende by elke afdeling te doen: Begripslees: Lees altyd eers jou vrae deur en identifiseer presies wat van jou verwag word. Let op hoeveel punte elke vraag tel en maak seker dat jy genoeg skryf om daardie punte te verdien. Die antwoorde word d.m.v. soeklees uit die teks gevind. ’n Groot wenk is om te onthou dat die vrae se antwoorde gewoonlik op mekaar sal volg, so as jy die eerste en die derde vraag se antwoord gekry het, maar sukkel met die tweede vraag se antwoord, sal daardie antwoord waarskynlik naby aan die antwoorde wees wat jy reeds gekry het. Opsomming: Doen die opsomming presies volgens die stappe in die handleiding. Moet nooit die getal woorde wat jy gebruik oorskry nie, aangesien jy punte vir die gebruik van te veel woorde sal verloor. Gee spesiale aandag aan taalstrukture en -konvensies sodat jy nie onnodig punte verloor nie. Oefen, oefen, oefen! Voltooi elke aktiwiteit in die handleiding getrou nadat die gegewe leerwerk hanteer is. Jou fasiliteerder sal saam jou die antwoorde nagaan.

© Impaq

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde by Impaq - Issuu