Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde

Page 27

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Eenheid

2

Vraagteken (?)  Die vraagteken word aan die einde van ’n direkte vraag gebruik: Wat is jou naam?  Daar is drie soorte vraagsinne: 1. Algemene vraagsin, waarop die antwoord altyd “ja” of “nee” is. 2. Spesifieke vraagsin, wat ’n spesifieke antwoord vereis, bv. “Wat eet die kat?” 3. Retoriese vrae kry ook vraagtekens, al word ’n antwoord nie verwag nie. Uitroepteken (!) Die uitroepteken word gebruik om ’n uitroep van ontsteltenis, dringendheid, versoeke, bevele, opgewondenheid, blydskap en waarskuwings aan te dui, bv. Eina! Aandagstreep (–) (langer as ’n koppelteken) Die aandagstreep word gebruik om: 1. Aandag te vestig op dit wat volg, bv. Ek het ure gestudeer en al wat ek kry is – mooi so! 2. Om parentese (inlassin) aan te dui, bv. Die man – mooi en jonk – dra swart skoene. Asterisk (*)  Die sterretjie (*) verwys na ’n aantekening wat elders in die stuk is.  Dit kan ook op ’n skeiding dui.  Drie sterretjies aan die einde van ’n leesstuk kan aandui dat tyd verloop het of dat ’n gedagtesprong plaasgevind het. Hakies en parentese ()  Die hakies rondom ’n frase/woord beteken dit is ekstra inligting, bv.: Piet sal Donderdag (oor twee dae) in Suid-Afrika land.  Kommas of aandagstrepe kan ook gebruik word: Piet sal Donderdag, oor twee dae, in Suid-Afrika land. Piet sal Donderdag – oor twee dae – in Suid-Afrika land.

Doen navorsing en kyk watter uitsonderings daar op elke reël is. Die uitsonderings is baie keer juis die woorde waarmee jy sukkel tydens skryfwerk en spelling! Indien moontlik, kry ’n Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) en/of Skryf Afrikaans van A tot Z (Dalene Müller) in die hande.

© Impaq

24


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.