Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14.
Eenheid
2
Wat is die hoofoorsaak dat die sikloonseisoen in Maart/April eindig? Wat gaan die hoofoorsaak wees, volgens paragraaf 7, dat die winter vinnig begin? Noem die twee tekens vir goeie reën. Landboutoestande het verswak. Skryf in jou eie woorde wat die gevolg van die swak landboutoestande, volgens paragraaf 9, gaan wees. Wat beteken die woord “weidingstoestande” in paragraaf 10? Verklaar die oorsaak en gevolg van die weidingsprobleme op lewende hawe. Stel dit in jou eie woorde. Boere moet kan beplan. As die prys van mielies duur is, wat is volgens jou die gevolge op die koper? Bewys uit die teks dat die skrywer se opinie wel as belangrik beskou kan word.
Les 7: Beredenerende opstel
Die skryfproses soos uiteengesit in les 3 moet hersien word.
Argumenterende/beredenerende opstel Argumenterende opstelle stel ’n argument vir óf teen iets (“Waarom vroue beter bestuurders as mans is”). Beredenerende opstelle gee argumente vir én teen iets en die skrywer se standpunt word gewoonlik in die slot gestel (“Is vrouens beter bestuurders as mans? Ja en nee, maar my standpunt is ja”). Argumenterende opstelle bevat subjektiewe redenering; die verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou; dit is eensydig; die slot stel die skrywer se standpunt duidelik. Beredenerende opstelle is meer gebalanseerd; dit bevat beide kante van ’n argument; die struktuur word deeglik en versigtig beplan; dis hoofsaaklik objektief, maar die skrywer kan ook persoonlik raak; dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings; die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
© Impaq
22