Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde

Page 18

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Eenheid

1

Klemtekens/aksenttekens Daar word twee tekens onderskei: 1. Gravis (ˋ) Die gravis word gebruik om verwarring uit te skakel, bv. appèl en appel. Dit word ook gebruik by woorde van vreemde herkoms, bv. crèche en enkellettergrepige woorde soos nè. 2. Akuut (´) Die akuut dui beklemtoning aan, bv. géén. Afkappingsteken (’) Redes vir die gebruik van die afkappingsteken: 1. Die meervoud en verkleining van letters, bv. a’s en a’tjie. 2. Die meervoud en verkleining van selfstandige naamwoorde wat eindig op beklemtoonde “a”, “i”, “o” en “u”, bv. pa’s, Israeli’tjie, skadu’s. 3. Die meervoud en verkleining van persoonsname en vanne, wat eindig op die onuitgesproke letters “e” en “s”, bv. Marais’s, Cilliers’tjie. 4. Om elisie (die wegval van ’n klank) aan te dui, bv. g’n (geen), daar’s (daar is). 5. Die meervoud en verkleining van letters, getalle en syfers, bv. a’s, 11’s, 9’tjie.

Doen navorsing en kyk watter uitsonderings daar op elke reël is. Die uitsonderings is baie keer juis die woorde waarmee jy tydens skryfwerk en spelling sukkel! Indien moontlik, kry ’n Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) en/of Skryf Afrikaans van A tot Z (Dalene Müller) in die hande.

AKTIWITEIT 4 Die onderstaande vrae is gebaseer op die leesstuk “Bekkige bedelaars amuseer én frustreer met stories en versoeke” in aktiwiteit 2. Anders as by begripslees, sal jy nie die antwoorde in die leesstuk kry nie en kan jy in die eksamen tyd bespaar deur net na die leesstuk terug te gaan indien jy nie die konteks van ’n woord verstaan nie of as jy ’n sinoniem of antoniem moet gee, om seker te maak dat dit wel binne konteks van die leesstuk korrek is. 1. 2. 3. 4. 5. 6.

© Impaq

Gee die vroulike vorm van “akteurs” in paragraaf 1. Gee ’n sinoniem vir die woord “Sommige” in paragraaf 1. Waarom is die koppelteken gebruik in die woord “parkeerterreine en -strate” in paragraaf 2? Verklaar die gebruik van die parentese in paragraaf 2. Waarom is die woord “Tygervallei-sentrum” met ’n koppelteken geskryf? Gee die basis van die woord “verbeeldingrykste” in paragraaf 3.

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde by Impaq - Issuu