Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde

Page 17

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

1.

2. 3.

Eenheid

1

Hasie en Skilpad leef nou in die tegnologiese era. Hul besluit om weer ’n wedren te hou om te kyk wie die vinnigste is. Skryf die dialoog neer wat voor die tyd tussen hul plaasvind. Jy is Rooikappie se ma en wil nie hê sy moet die wilde bos ingaan net om kos vir haar ouma te neem nie. Skryf die dialoog neer wat tussen julle plaasvind. Jy wil na ’n ander skool se matriekafskeid toe gaan en jou ouers weier. Skryf die dialoog neer waarin jy hul oortuig waarom hulle jou wel moet toelaat om te gaan.

Les 4: Taalleer: Skryftekens Skryftekens

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13.

Koppelteken (-) Redes vir die gebruik van die koppelteken: Om die opeenhoping van klinkers te voorkom, bv. na-aap. Om dubbelsinnigheid te vermy, bv. ru-gare (teenoor “rugare”, wat na die are in jou rug verwys). By aardrykskundige name waar ’n windrigting saam met ’n plek gevoeg word, bv. Suid-Afrika/Wes-Kaap. Samestellings met eiename, bv. Naudé-huis, oud-Springbok, voor-BTW-prys. Koppelings van lang samestellings, bv. woonstelblok-parkeerterrein (die koppelteken word tussen die twee begrippe geskryf). Samestellings met afkortings, simbole, syfers en getalle, bv. A-span, model C-skool. Herhalingsamestellings, bv. sing-sing, speel-speel. Gekoppelde bepalings, bv. sieps-en-braaiboud. Verbindings met -hulle, bv. ma-hulle. Koppelteken as weglating van ’n woord, bv. vark- en hoenderhok, i.p.v. varkhok en hoenderhok. Koppeling met die woord “en”, bv. kaas-en-wynonthaal. Telwoorde, bv. tweeduisend-en-tagtig. Woorde van vreemde herkoms, bv. mise-en-scène, ad hoc-komitee.

Deelteken (ë, ö, ï) Redes vir die gebruik van die deelteken: 1. Dui ’n nuwe lettergreep aan. 2. Nie by woorde wat eindig op “ieel”, “ieer” of “ieet” nie, bv. finansieel. 3. Indien die woord verbuig word, gebruik jy wel die deelteken, bv. finansiële. Kappie (ê, ô) Redes vir die gebruik van die deelteken.  Dui ’n lang uitgerekte vokaal aan, bv. wêreld.  Die kappie verleng die vokaal, bv. affêre, brûe, sekondêr, maar nie by ster en vlermuis nie. Ver word bo vêr verkies, wat ter wille van tradisie erken word. © Impaq

14


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde by Impaq - Issuu