Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
Eenheid
1
Dialoog
Twee of meer mense voer ’n gesprek met mekaar. Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief/oogpunt. Elke spreekbeurt word op ’n volgende reël geskryf. Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker, maar geen aanhalingstekens nie. Ekstra inligting word tussen hakies aangedui (voordat die spreker praat), bv.: Anna (met dringendheid): ... Skets ’n scenario/situasie voordat die dialoog geskryf word. Dialoë is ’n goeie begin vir ’n skryfprogram omdat dit gesproke Afrikaans is. Dit hoef nie net ’n gesprek tussen mense te wees nie, jy kan selfs ’n dialoog tussen twee diere of twee voorwerpe neerpen. Trek ’n vertikale lyn langs die sprekers se name en skryf dan hul woorde só dat dit netjies in ’n blokvorm aangebied word. Dit is die formaat van die dialoog.
Byvoorbeeld Slak: Oppas! Kyk mooi waar jy met jou groot pote trap! Rooijakkals: Wie se pieperige stemmetjie is dit? Slak: Gmff. Jou lummel! As jy nog een tree met jou linkerpoot gee, trap jy my skulp stukkend. Rooijakkals: Wie se skulp? Oooo, nou sien ek jou, ou Slakkie. Slak: Uiteindelik! Jy weet seker my skulp is my woning óók. Daarsonder kan ek nie leef nie. Rooijakkals: Nou hoe kan jy met jou woning op jou rug rondloop? Slak: Jy sien, my skulp is hard en beskerm my liggaam. Rooijakkals: Hoe so? Slak: Ek kan my spiervoet en my kop in my skulp intrek. Die res van my lyf bly altyd in my skulp. Jy kan maar sê ek het ’n permanente woning op my rug. Wat van jou? Waar skuil jy? Rooijakkals: …
AKTIWITEIT 3 Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en beplan, skryf ’n konsep, redigeer en skryf ’n finale dialoog van 180 – 200 woorde. NB: Alle aspekte van beplanning tot die finale produk MOET gedoen word. In vraestel 3 van die eksamen kry jy vir elkeen van die aspekte punte. Moet dit dus nie afskeep nie.
© Impaq
13