Gr 12 afrikaans huistaal handleiding taalkunde

Page 14

Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

15. 16. 17. 18.

19. 20.

21.

22.

Eenheid

1

Vlokkie se ander streek is dat hy gek is na een van TygerBurger se verslaggewers. As hy haar sien, roep hy altyd: “Hallo, Bokkie!” wat “Bokkie” natuurlik terstond op die vlug laat slaan. Reaksie. ’n Mens se reaksie op bedelary hang in ’n groot mate af van hoe jy die dag voel. Soms gee jy, ander kere baklei jy met die bedelaars en soms jak jy hulle af. Daar is kere dat ’n mens eenvoudig voel jy moet maar gee. Een bedelaar in die omgewing van “die oog” op Bellville se kerkplein het die uwe eendag getakel met ’n unieke versoek. Pleks van die gewone onsin, het hy op die man af gevra: “Mevrou, ek sal nou nie lieg nie. Ek soek vyf rand vir wyn.” Reg of verkeerd, teen eerlikheid het “mevrou” geen verweer nie. Wanneer iemand ook seep, tandepasta of ’n tandeborsel versoek, kan ’n mens dit moeilik weier. As jy egter Lux aanbied en die bedelaar verkies Palmolive, wonder jy wat van die Engelse spreekwoord “beggars can’t be choosers” geword het. ’n Vriendin se raad is eenvoudig. As jy iemand uit die hoek van jou oog op jou sien afpyl, draai om en kyk hom of haar in die oog. Dan vra jy doodluiters: “Jong, het jy nie dalk vir my ’n rand of twee nie. Ek het dit nodig vir petrol (of vir my drie kinders by die huis, of wat ook al).” Dis gewaarborg om die wind uit enige bedelaar se seile te haal. En wie weet, dalk is jy eendag gelukkig om ook só ’n paar sent ekstra te maak. (Kortstraat, Bellville, 6 Oktober 2000)

1.

2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12.

13. 14.

© Impaq

Dui aan of die volgende stellings feite of menings is. Motiveer jou antwoord deur uit die teks aan te haal. 1.1 Al die bedelaars in die Kaap se strate is oorspronklik. 1.2 Daar is slegs enkele bedelaars in die Kaap se strate. Wat impliseer die skrywer met die parentese in paragraaf 2 waar sy vra hoekom almal altyd op pad Worcester toe is? Verduidelik die ironie in die woorde in paragraaf 2 “… ’n paar sent om vir die gesin kos te koop …”. Waarom word die verhaal in paragraaf 3 as die “verbeeldingrykste storie” gesien? Hoe word die inhoud van paragraaf 5 beklemtoon? Watter emosie ervaar die aanhoorder van die storie in paragraaf 6? Word die frase “met die verkeerde kant van ons land se mense kennis gemaak” denotatief of konnotatief bedoel? Motiveer jou antwoord. Watter universele eienskap van mense word in paragraaf 7 aangespreek? Noem twee dinge wat die aanhoorder in paragraaf 9 laat wonder het of die spreker wel die waarheid praat. Wat beteken die uitdrukking in paragraaf 10: “… mense ingeloop het …”? Watter karaktereienskap van homself gebruik Vlokkie in paragraaf 12 om die mense te oortuig as hy bedel? Wat is die verbinding tussen paragraaf 12 en 13? a) Aaneenskakelend b) Kontrasterend c) Redegewend Korrigeer die taalkundige fout van Vlokkie se sin in paragraaf 13. Lei af wat die betekenis van die woord “slenteraars” is, soos dit in paragraaf 14 gebruik word. 11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.