Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
Eenheid
1
ikone, illustrasies, grafieke, tabelle, kaarte, diagramme, tuimelkieslyste, sleutelwoordsoektogte, ens. Maak voorspellings deur die inligting te gebruik wat jy uit vluglees en soeklees verkry het. Hanteer belangrike woordeskat wat onbekend mag wees.
Tydens lees moet jy: ’n Begrip van die teks kry. Die betekenis van onbekende woorde en beelde uitvind. Leesbegripstrategieë gebruik om: verbintenisse te skep, begrip te verstaan, inligting in die teks te kry om vrae te kan beantwoord, afleidings te maak, hoofgedagtes te identifiseer en taalstrukture te herken. Post-lees stel jou in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer: Beantwoord die vrae oor die teks. Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord jou eie opinie.
Jy moet tussen die volgende aspekte kan onderskei.
© Impaq
Feit en mening: Feite word op statistiek en bewyse gebaseer terwyl menings ’n opinie van ’n saak is. Direkte en geïmpliseerde betekenis: Direkte betekenis is die direkte woorde en hul betekenis, terwyl geïmpliseerde betekenis die onderliggende betekenis is, wat die persoon eintlik wou sê. Denotasie (denotatiewe betekenis): Letterlike betekenis van woorde. Konnotasie (konnotatiewe betekenis): Figuurlike betekenis van woorde. Die rede waarom sekere inligting weggelaat is: Om spanning te bou/om juis die teendeel te wys/om kontras uit te wys/om die leser self ’n opinie te laat vorm. Manipulerende taal: Woorde wat gebruik word om ’n persoon te manipuleer om die spreker se standpunt in te sien/te aanvaar. Emosiebelaaide taal: Taal wat vol emosie is, soos “Dit breek my!” i.p.v. “Dit maak my seer.” Partydigheid: Die spreker is duidelik ten gunste van ’n spesifieke persoon/groep mense. Stereotipering: ’n Spesifieke eienskap word aan ’n hele groep mense toegeken, of hul dit verdien of nie. Afleidings maak: Die leser moet self die eintlike opinie/betekenis kan aflei.
9