Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
Eenheid
1
Voorspel waaroor die inhoud gaan handel. Aktiveer bestaande kennis oor die onderwerp. Bestudeer die vrae in detail en maak seker jy verstaan wat by elke vraag gevra word, sodat jy weet waarna om te luister. Bepaal die luisterdoel: om inligting te versamel. Watter inligting wil die spesifieke luisterteks weergee?
Tydens luister Luister aandagtig terwyl die leesstuk die eerste keer voorgelees word. Terwyl daar gelees word, ontleed die: o Boodskap- EN o Spreker o Spreker se bewyse, argumente en emosionele trant. Skryf notas in potlood neer by die verskillende vrae wat moontlik tot die antwoord kan lei. Maak afleidings en bevestig voorspellings. Besin oor die inligting in die leesstuk en evalueer jou moontlike antwoorde en moontlike probleme. Post-luister Beantwoord die vrae.
AKTIWITEIT 1 Jou fasiliteerder gaan vir jou ’n kort teks uit ’n tydskrif voor lees. Probeer om soveel inligting as moontlik aan die fasiliteerder te herhaal nadat dit gelees is.
Les 2: Begripslees Hierdie les handel oor die leesproses en -strategieë wat gebruik word om literêre en nieliterêre tekste te verstaan en te waardeer. Die leesproses Die volgende drie leesaktiwiteite help jou om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede te ontleed. Pre-lees stel die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Volg die volgende stappe tydens pre-lees: Vluglees en soeklees tekskenmerke: titels, opskrifte, subopskrifte, onderskrifte, visuele elemente en grafiese inligting, byvoorbeeld lettertipe en nommers, uitleg,
© Impaq
8