Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE

Page 24

Fasiliteerdersgids G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde

Eenheid

1

INHOUD Die reën word in hierdie gedig as ’n jong vrou voorgestel. Sekere menslike eienskappe word gebruik om tot lewe te besiel (gepersonifieer). WOORDVERKLARINGS Die dans van die reën Eugène Marais (Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woestyn) 1 2 3

wink (r. 5) – beweging van die kop, oë of hande om vir iemand te wys om nader te kom. bruilof (r. 9) – huweliksfees (troue). grootwild (r. 10) – groot diere, bv. olifante, renosters elande, gemsbokke, ens. dam op (r. 11) – water se vloei word gestuit. kleinvolk (r. 15) – klein diertjies, bv. goggas of molle. vuurpluim (r. 20) – pluim is ’n veer/bossie vere as sieraad. ’n Bossie vere van vuur (sonskyn) versier haar kop. berggier (r. 20) – waar die son sak (berg se rante) karos (r. 22) – mantel van gebreide velle van skape of beeste

4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

O die dans van ons Suster! Eers oor die bergtop loer sy skelm, en haar oge is skaam; en sy lag saggies. En van ver af wink sy met die een hand; haar armband blink en haar krale skitter; saggies roep sy. Sy vertel die winde van die dans en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot. Die grootwild jag uit die vlakte, hulle dam op die bultop, wyd rek hulle die neusgate en hulle sluk die wind; en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete, en hulle kruip nader en sing saggies: “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!” En haar krale skud, en haar koperringe blink in die wegraak van die son. Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier; sy trap af van die hoogte; sy sprei die vaal karos met altwee arms uit; die asem van die wind raak weg. O, die dans van ons Suster!

(Uit: Versamelde gedigte deur Eugène Marais, Van Schaik Uitgewers)

BESPREKING Vir die San is reën geweldig belangrik en daarom hou hulle gedurig die wolke dop, veral hoe dit byeenkom, beweeg en weer verdwyn. Die gedig is ’n goeie voorbeeld van vrye vers. Die opnoem van verskillende dinge is een van die hoofkenmerke. Die vryeversvorm sluit aan by die primitiewe sfeer wat deur die inhoud opgeroep word, juis ook omdat dit meer ongekunsteld en informeel is. © Impaq

22


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE by Impaq - Issuu