Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE

Page 20

Fasiliteerdersgids G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde

5. 6. 7.

8.

9. 10.

Eenheid

1

Ons tref twee soorte halfrym aan: alliterasie en ... Wanneer ’n digter ’n woord doelbewus verander om in die rympatroon te pas. Watter beeldspraak kom in die volgende uittreksel van ’n gedig voor? “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …” (Uys Krige) Wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning. “Miaauw” is ’n voorbeeld van ... “’n Mollige meisie in plaas van ’n vet meisie” is ’n voorbeeld van ...

AKTIWITEIT 1: MEMORANDUM Merk die woordspeletjie na aanleiding van die onderstaande memorandum. Sien ook die ingekleurde dele van die letterdoolhof. ONTHOU: Die woorde kan ook horisontaal, vertikaal en diagonaal weggesteek wees. Leerders mag ’n kleurpen gebruik om die woorde mee te identifiseer. LEIDRADE ANTWOORDE 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

8.

9. 10.

© Impaq

Hoe die gedig se woorde op die papier lyk, word tipografie genoem. Wanneer die sin sonder onderbreking oor die einde van ’n versreël loop. Enjambement ’n Vraag waarop daar nie ’n antwoord verwag word nie. Retoriese vraag So gelukkig soos ’n vis in die water is ’n voorbeeld van ’n vergelyking. Ons tref twee soorte halfrym aan: alliterasie en assonansie. Wanneer ’n digter ’n woord doelbewus verander om in die rympatroon te pas. Rymdwang Watter beeldspraak kom in die volgende uittreksel van ’n gedig voor? “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …” (Uys Krige) Personifikasie Wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning. Inversie “Miaauw ...” is ’n voorbeeld van klanknabootsing. “’n Mollige meisie in plaas van ’n vet meisie ...” is ’n voorbeeld van eufemisme.

18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.