Fasiliteerdersgids G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
10.10
Hiperbool ’n Stylfiguur of vorm van taalgebruik wat doelbewus oordryf; om iets erger of groter te maak as wat dit werklik is, bv. ’n eindelose pad.
10.11
Woordspeling Dit is die doelbewuste gebruik van ’n woord om terselfdertyd ’n ander toepassing van die woord ook te aktiveer; dit het dikwels te doen met die letterlike en figuurlike toepassing van ’n woord of gesegde. Dit word meestal op ’n humoristiese wyse gebruik om die leser te verras en daarop te wys dat sekere woorde op verskillende maniere gebruik kan word en dikwels misleidend kan wees. Dit kom veral in grappe en advertensies voor, soos die grappies van “Die lewe is ’n kaaskrul.”
10.12
Sinekdogee Sinekdogee is wanneer daar na ’n gedeelte van iets verwys word in plaas van die geheel, bv. “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: “Gee ons vandag alles wat ons nodig het.”
10.13
Metonimia Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer daar na een saak verwys word wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv. Die ketel kook. Dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief. Hy het eintlik die drank in die bottel lief.
10.14
Antonomasia (naamsverwisseling) Om iets aan te dui deur ’n kenmerkende eienskap te noem, dikwels die gebruik van ’n eienaam as ’n soortnaam om ’n algemene begrip uit te druk, bv. “Blink klippies” i.p.v. diamante of “’n mens moet ’n Salomo wees”.
10.15
Onderbeklemtoning ’n Manier om iets te beklemtoon deur dit met terughouding te stel; nie al die feite of die volle waarheid te noem nie.
10.16
Retoriese vraag Dit is ’n vraag waarmee ’n mens jou mening uitspreek en waarop jy nie ’n antwoord verwag nie omdat dit vanselfsprekend is, bv. hoe kan ’n moeder haar kind vergeet?
10.17
Litotes Iets word beklemtoon deur die ontkenning van die teenoorgestelde, of deur verkleining of versagting, bv. sy’t ’n klein ou lyfietjie.
© Impaq
16