Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE

Page 17

Fasiliteerdersgids G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde

Eenheid

1

10.

STYLFIGURE

10.1

Inversie (omgekeerde woordorde) Wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning.

10.2

Simbool ’n Teken/voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig. Byvoorbeeld, ’n kruis is ’n tradisionele simbool, wat soos beeldspraak na die werklikheid verwys, maar ook ’n dieper betekenis kry omdat dit na iets anders verwys. Kruis: Tradisionele simbool wat met Christenskap geassosieer word, maar het ook ’n dieper betekenis, bv. dit dui moontlik op liefde, opoffering, ens.

10.3

Onomatopee/klanknabootsing Woorde wat die klanke van ’n geluid weergee, bv. sis, miaau, woef, kadoef, ens.

10.4

Ironie Ironie is ’n vorm van humor. Dit is gebaseer op die gebruik van woorde wat die teenoorgestelde van hul letterlike betekenisse bedoel. Met ander woorde, dit is wanneer jy die teenoorgestelde sê van dit wat jy bedoel. Voorbeeld: Die skepper van ’n goeie dieet is self oorgewig.

10.5

Kontras (ook antitese of teenstelling genoem) ’n Stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word om ’n sekere effek te bereik, bv. hoe meer haas, hoe minder spoed.

10.6

Satire (spot) ’n Manier om spottend die foute en dwaashede van individue of die wanbestuur van ’n samelewing oop te vlek; ’n hekelende/spottende manier van kritiek lewer.

10.7

Sarkasme Om op ’n skerp, bytende manier met iemand te spot om seer te maak of met minagting op iemand se foute te wys.

10.8

Antiklimaks Die omgekeerde van ’n klimaks of ’n hoogtepunt. Dit is die teenoorgestelde van dit wat die leser verwag en is gewoonlik ’n onverwagse teleurstellende uiteinde met ’n komiese of skokkende effek.

10.9

Eufemisme ’n Vorm van taalgebruik wat versagting uitdruk of gebruik word om nie gevoelens seer te maak nie, bv. lang vingers hê (steel), of idiome oor die afsterwe van iemand, bv. “hy het die tydige met die ewige verwissel” i.p.v. “hy is dood”.

© Impaq

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.