Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE

Page 15

Fasiliteerdersgids G10 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde

Eenheid

1

Om die rymskema van ’n gedig te bepaal, moet jy die volgende doen: • • • •

Onderstreep die laaste woord in ’n versreël. Ken die alfabetletter “a” toe aan die eerste woord en aan elke versreël (van die strofe) waar die woord ook soos daardie woord klink. Doen so voort met die volgende rymwoorde en kyk of jy ’n patroon sien. Vergelyk jou rymskema nou met die inligting by nr. 3.4 en sien of jy ’n rymskema kan vasstel.

Voorbeeld: Duiwe Bali se singende duiwe Omsingel die maan in hul vlu En hang, ’n tros donkerblou druiwe Aan die hoë prieel van die lug.

a b a Kruisrym b

I.D. du Plessis

4.

Die herhaling van woorde/sinskonstruksies/versreëls/strofes het onder meer die volgende twee belangrike funksies: a) Dit beklemtoon ’n sekere aspek. b) Dit ondersteun progressie.

5.

In elke gedig is daar ’n spreker aan die woord. Die spreker is nie die digter van die gedig nie. Behalwe natuurlik wanneer die gedig dit uitdruklik sê of biografiese inligting bevat. Die digter skep ’n spreker in die gedig en stel die spreker aan die woord. ’n Mens kan gewoonlik baie duidelik uit die gedig aflei wie/wat die spreker is. Soms praat die spreker in die gedig met iemand. Dié iemand word die aangesprokene genoem. Wanneer die spreker in die gedig in ’n gesprek met homself gewikkel is of ’n stilswyende tweede party, word dit ’n monoloog of alleenspraak genoem.

6.

Die meeste gedigte bevat progressie. Progressie is die ontwikkeling wat in ’n gedig voorkom wanneer die gegewens in die gedig tot ’n klimaks oploop.

7.

Wanneer ’n digter ’n woord uit sy normale sintaktiese posisie haal (die gewone sinsorde omkeer), word dit inversie genoem. Inversie word meestal vir beklemtoning gebruik – die woord word in die bevoorregte posisie aan die einde van die versreël geplaas waar dit die klem ontvang. Dit word agterplasing genoem. As die woord eerste in die sin staan, is dit voorplasing. Wanneer inversie bloot ten doel het om ’n rymprobleem op te los, is dit rymdwang.

© Impaq

13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 10 AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS LETTERKUNDE by Impaq - Issuu