2 minute read

Aktiwiteit 214: Beantwoord vrae

7. Die verteller gly op ’n hoop skedels. Waar dink jy kom dit vandaan?

Leerders se eie antwoord. Dit is die skedels van mense wat voor hulle na die skatte kom soek het. (Die leerders behoort dit te kan aflei van die woorde: “Ander seerowers?”.)

8. Waarom dink die verteller dat hulle die uil daar moet los?

Leerders se eie antwoord. ’n Storm het uitgebreek en die golwe word al hoe hoër en die wind waai al harder – hy lei af dat dit is omdat hulle die uil gevat het.

9. Wat gebeur as die uil terug is in die kissie?

Die storm bedaar.

10. Wat bedoel die verteller met sy laaste woorde: “Darem het ons nou ’n goeie storie om te vertel!”?

Al het hulle nie die goue uil (of skatte) saam met hulle gevat nie, het hulle steeds die avontuur gehad en kan die storie vir mense vertel.

Bonus

• Het jy van die storie gehou? Verduidelik. Leerders se eie antwoord met goeie motivering. • Is daar enige iets wat jy omtrent die storie sou verander? Verduidelik. Leerders se eie antwoord.

Aktiwiteit 214: Beantwoord vrae

20 minute

Leerders lees weer deel 2 van “Die goue uil” en beantwoord die vrae in hul werkboek.

1. Som kortliks op wat in deel 2 van die storie gebeur. Onthou, jy moet net die hoofgebeure gee.

Leerders se eie opsomming, byvoorbeeld: Binne-in die houtkissie is skatte van goud en ’n goue standbeeldjie van ’n uil. Pierre skop die skedel, wat breek. Die twee broers hardloop uit die grot en sien dat ’n storm uitgebreek het. Die verteller (jonger broer) gaan sit die standbeeld terug in die kissie en die storm bedaar.

2. Soeklees om die antwoorde te kry. Onthou, jy soek na spesifieke woorde in die teks om die antwoord op te spoor.

2.1 Waarvan is die uil se oë gemaak? Oniks 2.2 Vir wie was die goue uil heilig? Die Muiscas (of Muisca-stam) 2.3 Wie sê: “Wel, dit was nou ’n mors van tyd.”? Pierre

3. Uit wie se oogpunt word die storie vertel? Die jonger broer / Die verteller

4. In paragraaf 2 staan dat Pierre “in verwondering” na die goue uil staar. Waarom staar hy in verwondering?

Dit is die goue uil waarna hulle gesoek het. / Niemand het gedink dat die goue uil ooit gevind gaan word nie, maar hulle het. / Hy kan sy oë nie glo nie.

5. Waarom skommel die bootjie op die water?

Daar het ’n storm uitgebreek (daar was ’n storm) en die golwe is groot.

This article is from: