Handleiding 1/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
3.
Wat is die Afrikaanse woord vir die volgende? Soek in die storie. 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5
Eenheid
1
mouse listen bell night king
Aktiwiteit 11: Oorronding en ontronding Het jy al gehoor as iemand die woord “deur” as “deer” sê? Of wat van mense wat “leuwe” in plaas van “lewe” sê? Oorronding en ontronding In Afrikaans skryf ons woorde meestal soos wat dit klink. Sommige vokale en tweeklanke word gerond uitgespreek, soos “lui”, “leeu” en “rond”. As jy die woord sê, is jou lippe rond.
Wanneer geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word (as jou lippe “plat” is), vind ontronding plaas, byvoorbeeld: • “deur” word uitgespreek as “deer” • “huis” as “hys” • “kruip” as “kryp” • “suur” as “sier” • “lui” as “ly” Oorronding vind plaas wanneer klanke gerond uitgespreek word wat nie eintlik gerond moet wees nie, byvoorbeeld: • “ma” word uitgespreek as “mô” • “lewe” as “leuwe” • “tye” as “tuie”
Vir die nuuskieriges: Wat gebeur as “muur” ontrond word en as “mier” uitgespreek word? Beantwoord die vrae in jou werkboek.
Is die woorde oorrond of ontrond? Skryf slegs “oorronding” of “ontronding” neer.
1. 2. 3. 4. 5.
“luister” uitgespreek as “lyster” “geweet” uitgespreek as “geweut” “skeur” uitgespreek as “skeer” “muur” uitgespreek as “mier” “lug” uitgespreek as “lig”
17
© Optimi