1 minute read

Angue Cross slaap op trommel voor

Links: So het dit gelyk die voor die volgende dat se weeklikse inspeksie, want alle moes perfek wees. Brig. Duveen Botha het ‘n wit handskoen aangetrek en gesoek vir stof.

Advertisement

Dit is algemene kennis wat student in die polisiekollege alles doen om tog nog hul weeklikse inspeksies te slaag. Daai beddens wat so perfek opgemaak moes wees was net ‘n yslike groot kopseer. Hier is hoe Angue Cross dit gedoen het met ‘n klompie kommentare wat op die foto op Facebook verskyn het.

Erna Bester

Daar was so paar van ons wat in die sitkamer geslaap het Ek het een aand die telefoon gaan antwoord toe iemand skree hier kom die sersant. Ek duik nog in die donker vir my bed toe het iemand die matras afgehaal. Vol bloukolle van arms tot bene deur die gate.

Edna Bouwer

So baie dit gedoen om asseblief net nie more oggend weer so te sukkel om daardie hoeke 90 grade te kry Lekker harde taai tye.

Adele Myburgh

Die vloer bokant ons was leeg, so in die aand het ons teen die trappe opgesluip en ‘n matras gaan haal en langs jou opgemaalte bed op die grond geslaap… tot ons uitgevang was… toe slaap ons verder op die trommels. eerder soos 75 grade gelyk. Was nog nooit ‘n oggend mens nie.

Erika Buys

Ek dink almal het iewers ‘n nag of twee so deurgebring

Bo-op opgemaakte bed geslaap met die keelkrap koberse bo-oor my. Soggens voor inspeksie net my laken oorslag gestryk

Chantel Versfeld

Iemand in my peloton het haar bed met spelde vasgemaak. So toe die adjudantoffisier besluit sy gooi alles om was dit baie funny want toe kom alles saam.

Lizette Esterhuizen

Ongelooflik dat ons so bang was vir inspeksie. Onthou nog hoe van my onderklere met die “offisierstokkie” uit die kas gegooi is…as dit nie na hul sin was nie …. Maar nee ek het darem gewaag om op my bed te slap.

Wendy Nel

Yes!! Was easier than polishing floors on our knees. Also tried sleeping on trommel and ironing boards.