4 minute read

Vrouepolisie: Gedenkdiens En

Sarie van Niekerk

GEDENKDIENS EN KRANSLEGGING: PROVINSIALLE BYEENKOMSTE

Advertisement

Hierdie is vir die aandag van alle vrouepolisielede: Soos meer as drieduisend van julle al weet beplan ons om (DV) op20 Maart 2022 die 50ste herdenking van die eerste vroue wat as volwaardig opgeleide polisiebeamptes met hul opleiding in die polisiekollege in Pretoria begin het. Ek het nooit so ‘n oorweldigende reaksie verwag nie! Alle verwagtinge is oortref, veral nadat ons die Facebookblad: SUID-AFRIKAANSE POLISIE: VROUE 1972 -1994 oopgemaak het, het die dames oorweldigend gereageer. Die opgewondenheid onder die dames wat reeds kontak gemaak het, is so oorweldigend dat ek geen ander keuse het as om die volgende voorstel aan almal voor te lê. Ek het dit ook reeds op die Facebokblad geplaas. Die Facebookbad 1972 tot 1994 is, is maar net omdat dit die groepe is wat die moeilikste opgespoor word. Maar alle dames is welkom van alle jare tussen 1972 tot nou. Aangesien daar dames van ver af is wat reeds gesê het hulle sal beslis so iets wil bywoon, selfs van Namibië en Ierland, ek dit nie vir almal moontlik is om na Pretoria te reis vir die geskiedkundige geleentheid nie, het ek gedink hoekom nie provinsiale byeenkomste hou nie. As daar een of twee dames bereid is om ‘n byeenkoms in hul eie provinsie te hou, dan gaan dit die geleentheid aan meer mense bied om dit by te woon. Die idee is nie om die ander provinsies uit te skuif nie dit is net om meer mense die geleentheid te gee om deel aan die verrigtinge te hê. Elke provinsie kan die geleentheid op hul eie manier vier, maar onthou net enige persoon uit enige provinsie bly steeds welkom om die hoofverrigtinge wat in Pretoria gehou sal word wat sal bestaan uit ‘n gedenkdiens en kranslegging by die Polisiegedenkteken by die Uniegebou in Pretoria, te kom bywoon. Ek wil voorstel dat die provinsies wat hul eie vieringe gaan hou iets soortgelyks doen en dan daarna ‘n lekker braaivleis waar daar sommer net lekker gekuier kan word Dames onthou net julle bly steeds deel van die hoofgroep, deel van die Facebookblad en sal steeds al die inligting ontvang wat daagliks op die blad aangaan en enige aankondigings wat daar gemaak sal word. Ek sal help waar ek kan as julle hulp nodig het maar ek is oortuig daarvan dat elke provinsie oor die vermoë beskik om ‘n baie suksesvolle gedenkfunksie aan die bied Julle almal kan nog steeds lekker stories oor julle lewe in die polisie skryf. Van die dag dat julle in die kollege aangeland het totdat julle uit is aan die einde van jul loopbane, bedank of afgetree het. Onthou net asseblief ALLE dames is welkom om enige van die verrigtinge by te woon dienendes ook en ook van ons anderskleurige dames, hulle is tog net so deel van die vrouepolisie soos ons almal. Ek vra julle om asseblief alle stories wat julle skryf saam met lekker foto’s uit julle dae aan my te stuur. Neem tog asseblief ook foto’s van julle gedenkbyeenkomste met foto’s sodat ons ook kan sien hoe lekker julle gekuier het en moet nie vergeet om foto’s te neem nie. Skryf ook ‘n lekker storie oor die dag. Hoekom dan al die stories skryf en al die foto’s stuur? Eerstens was Hennie Heymans so goed gewees om elke maand vir ons spasie te gee vir artikels en foto’s in die elektroniese Nongqai. Die eerste paar stories het reeds in die Maartuitgawe verskyn en in April gaan daar weer ‘n paar stories en foto’s wees. Na Maart volgende jaar gaan Hennie en myself alles wat ons deur die jaar ontvang het, of dit in die Nongqai verskyn het of nie, in ‘n gedenkalbum saamvat wat julle vir jul nageslagte kan bewaar. Julle kan al die stories en foto’s vir my stuur by sniekerk@axxess.co.za

Dankie dames en laat die stories en foto’s instroom. Laat weet my hoe voel julle oor die provinsiale byeenkomste en hou ons op die hoogte van alles wat julle gaan doen. Oud-polisiegroete, Sarie van Niekerk sniekerk@axxess.co.za 083 516 0660 011 740 176

1972: DIE EERSTE POLISIEDAMES

Sarie van Niekerk

Die voorlopers en ysbrekers! ‘n Geskiedkundige foto van die eerste polisievroue. Identifikasie deur HBH, van links na regs: AO ‘Jorrie’ Jordaan (later brigadier), AO Hendrik Freij (later offisier in Soweto), onbekend, kapt Paul Bothma (later brigadier), maj Nel, BO van die SAP-kollege, brig van Heerden, lt.kol. Duveen Botha (later brigadier), kol TP van der Walt (SSO: SAP-kollege) en AO Potgieter—die res is onbekend.

NONGQAI TRUST

DOELEINDES VAN DIE TRUST

PURPOSE OF THE TRUST

Die doel van die Trust is om ten behoewe van The purpose of the Trust is to act on behalf of enige persoon (of hul families) wat sorg, any person (or their families) who need care, berading en ondersteuning nodig het ten opsigte counselling and support due to post-traumatic van post-traumatiese stres; sielkundige onder- stress; psychological support; care and treatsteuning; sorg en behandeling, of fisiese ment, or physical injury that he or she has sufbesering wat hy of sy opgedoen het as gevolg fered as a result of their involvement in crime van sodanige persoon se betrokkenheid by prevention, combating crime or exposure to the misdaadvoorkoming, misdaadbekamping of combating of crime or related actions, or former blootstelling aan misdaadbestryding of verwante members of the South African Police force. optrede, of voormalige lede van die SuidAfrikaanse Polisiemag.