Nongqai Vol 10 No 2A

Page 129

potlood ontwerp en is genoem die Vlieënde potlood. As bomwerpers, het Geallieerdes darem die Wellingtons gehad. Dit was ʼn stadige vliegtuig en bykans uitgedien. Vliegtuie deur die Duitsers as bomwerpers gebruik, was die Dornier en Stuka duikbomwerpers (U87). Min Italiaanse vliegtuie is in hierdie stadium opgemerk. Vliegtuie deur die Geallieerde magte in die woestyn aangewend, die begin van 1942, was die Boston ligte bomwerper en die Glen-Martin Maryland, ʼn Amerikaanse Vegter-bomwerper. Laasgenoemde is deur die Suid-Afrikaners in 24 Eskader gevlieg. Fred-hulle is alreeds gedurende hul eerste nag by die spoorweg-eindpunt vanuit die lug aangeval. Aangesien die trein aan die beweeg gebly het, het daar slegs ʼn paar trokke agtergebly. Die troepe se vervoer na die front, het in daardie stadium nog nie opgedaag nie. Daar was egter geen verliese of ongevalle tydens die aanval nie. Die volgende dag het Duitse krygsgevangenes vanaf die front aangekom. Hulle is in stilstaande beestrokke gelaai om na die agterhoede verskuif te word. Die gevangenes was bestem om na Amerika verskeep te word. Dit sou nie raadsaam wees om hulle na Suid-Afrika te stuur nie, as gevolg van die OB bedrywighede, voortspruitende uit hulle simpatie met Duitsland. Die soldate wat nog op vervoer na die front gewag het, het maar in die skaduwees van die trokke bly sit. Fred onthou dat hy aan een van hierdie gevangenes ʼn asperien gegee het, met water uit sy eie waterbottel. Hy het hom die kritiek van sommige van sy makkers op die hals gehaal, veral aangesien hy net een bottel water gehad het en die vraag ontstaan het wat hy sou doen as hy nie meer water sou hê nie. Wel, hy het hom nie in ʼn waterkrisis bevind nie en hy was nie spyt oor die humanitêre daad wat hy verrig het nie. Dit was November 1941 en die aankoms van die krygsgevangenes, het die vermoede dat die offensief in alle erns begin het, bevestig. Daardie selfde middag is die manne na die Fort Capuzzio area verskuif. Die hoofmag wat voor hulle uitbeweeg het, het Halfaya-pas en Bardia in hul offensief oorgeslaan maar die plekkies, veral Halfaya Pas was maar ʼn doring in die vlees. Hulle het naamlik 6 Franse skeepskanonne met ʼn baie lang trefafstand opgestel en die hele kuspad was onder hul beheer. Solum en Bardia was hawens wat die Geallieerdes broodnodig gehad het. Bevel is dus aan Fred-hulle se troepe uitgereik om te begin met “Operasie skoonmaak” in hierdie areas. Hulle het stelling buite Halfaya-pas ingeneem en daarin geslaag om een van hulle syferfonteine genaamd Punt 207 in te neem. Die peloton moes konsolideer en daar bly vir ingeval die vyand sou probeer om die fontein te ontset. Halfaya-pas was op die platorand en omring van berge en valleie. Die Duitsers was deeglik daar ingegrawe en het van daar op Fred-hulle losgebrand met daardie groot kanonne. Fred-hulle was so naby aan hulle, dat hulle snags moes beweeg. Geen trokke is daar gelaat nie, want hulle is gedurig onder skoot gehou. Die Duitsers het ʼn gewoonte daarvan gemaak om teen dagbreek op hulle los te brand. Die arme manne het letterlik in loopgrawe en frontskuilings geleef. Vroeg een oggend, net na dagbreek, is Fred-hulle deur die Duitsers aangeval. Hulle was duidelik opsoek na water en Fred-hulle was in beheer van Punt 207. Die Duitsers was so goed verskuil, dat dit selfmoord sou wees om Halfaya-pas aan te val. Dit was dus die heeltyd die intensie om hulle te dryf tot op ʼn punt van oorgawe. Wel, die waternood het hulle toe gedwing om tot die offensief oor te gaan, met ʼn tenk en infanterie. Dit het gebeur, nadat hulle reeds die oggend, soos gewoonlik op die Geallieerdes losgebrand het. Fred en van sy manne was op patrollie uit toe die koeëls om hulle val. ʼn Koeël het naby Piet Mulder oopgebars. Van die skrapnel van die koeël het ʼn gat in sy

129


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.