eNONGQAI

Page 57

Skielik begin die musiek .... Die paar cleaners en barmans kyk gesteurd op ... Met die dat hulle konsentrasie onderbreek word ... en Neelsie begin "JIVE"!!! Man, dis rondte tol draaie, dis double steps ook .... onthou skielik Volkspele steps en bring DIE ook in..... .... plesierig, sê ek vir julle!!! Plesierig!!!! Vergeet skoon van die hoë hakke ...... DIT was 'n fout ..... Smaail ek so onderlangs vir die mannetjie, flikker die wimpertjies .... swaai die boudjies ... waai met die handjie soos net Queen Liesbet kan .... Met die volgende waai verloor ek my balans ..... SKREE soos 'n maervark met die valslag ... Saam met die nodige F.... F.... woorde soos ons almal goed bekend is mee. Mannetjie NIKS impress nie!!!! Ek probeer nog beduie dat ek KAALVOET sal dans .... praat van my ancestors .... Kaalvoet oor die berge ..... Ek meen, as jy kaalvoet oor die berge kan, kan ek mos maar kaalvoet dans !!!! IN TEAZERS .... OP 'N VERHOOG SONDER DORINGS ... EN KLIPPE .... Nee!!, mannetjie dink nie ek's oulik nie! .... Beduie ek mors sy flippen sus en so tyd ... ..... 'n Cleaner of twee cheer my .... Vat ek die paar flinterlappies en gooi dit sommer op die verhoog .... en so al in my "nude state" stap ek terug kleedkamers toe ... trek aan, ... vermy die meisiekind se meewarige kyke .... vat my handsak en stap op die wolke uit!!! "MY FIFTEEN MINUTES OF FAME!!!!” Neelsie, baie dankie dat jy hierdie kosbare stukkie met ons gedeel het. Mag ek net vra: Het die mannetjie jou toe darem betaal vir jou moeite Toemaar, as dit nog die oorle Lolly Jackson was, dan was jy beslis vandag ‘n paaldanser – Sarie van Niekerk.

10.2 Dis soos ek die saak sien - deur Fanie Bouwer Suid-Afrika is ’n wonderlike land. Daar is net mooi niks wat ons nie kan regstel nie, reken ek. Ons het darem nog nie oorlog soos hierbo in Afrika nie – ek dink aan Etiopië, Soedan en Somalië. Ons finansies is ook beter as Griekeland en Spanje sin. Wat is ons prioriteite dan? Dienslewering is dadelik die belangrikste ene wat ek kan aan dink. Hierdie probleem het ’n maklike oplossing: die regering moet maar net sorg dat hulle dienste lewer! Hulle moet net meer skouer aan die wiel sit. Dit het die boere van vroeg in die

57


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.