eNONGQAI Vol 5 No 10

Page 96

Willem van Zyl: Ja Pottie jou getalle is goed maar huidiglik is daar vir elke 10 brigadiers 200 Genl Majoors Mickey Friedenthal: Ehhhh, ʼn vraag is sy onder kontrak of kan sy enige tyd daai mauerse pensioen vir 2 of 3 jaar serk vat en loop, my bediende se sy wil die pos oorneem Jaco Rassie Erasmus: Wow!!! Dankie vir die goeie inligting en kommentaar. Callie van Greunen: Dis jammer, maar die verval is " Komkommer" wekkend!! Cornelius Nieuwoudt; Die goed lyk soos kersfeesbome met al die medaljes wat nie eers verdien is nie. dis soos julle se. (For Show ). Danie van Niekerk: Dankie Brigadier vir die verduideliking.....ai ou Callie....ek moes nou maar weer lekker "smile" vir jou inset......met verwysing na die "kontantrooftog" se kommentaar...ha ha. 

1.2 Pottie Potgieter

Pottie Potgieter Kom ons probeer maar weer. Vrydag, 2014-09-12, 09H58 [Jammer ek het al amper klaar geskryf, toe FB ewe skierlik nie van my geskrif hou nie en alles weg gegooi het. So nou skryf ek maar in ‘n woord verwerkingspakket en sal dit dan kopieer en plak.] Baie goeie more aan al die vriende van alle geslagte sowel as enige van die ander wat die inset lees. Gister so deur die dag het dit my weer opgeval dat daar lede is wat nie ‘n bydrae kan lewer of ‘n opmerking of aanmerking kan maak sonder dat hulle kru of, na my oordeel, ontoepaslike taak gebruik nie. En nee, ek is nie preuts nie en kan self, in die korrekte geselskap ook ‘n stout grappie vertel, maar ek het dit nog nooit nodig gevind om kru taal in elke vertelling of kommentaar te gebruik nie. Ek wil dus baie graag ‘n beroep op u doen dat u in gedagte moet hou dat daar dames op die forums is asook mans wat nie aan die alewige gebruik van die tipe van taal gewoond is nie. Ek voel altyd so asof ons, wat geneig is om onsself as die “Ridders van die Goue Ster” voor te hou, werklik glo dat die ridders van ouds, so sou opgetree het. Hulle was per slot van sake ware here wat baie gesteld was op hulle voorkoms en gedrag. Ek wonder soms of diegene van oordeel is dat die tipe optrede en taal hulle groter

96


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.