8
Omgewingsake
Skilpad is haas se moses
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe, ‘n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na info@klipspringer.co.za
DIT IS WELBEKEND hoe skilpad vir hasie, wat so gespog het dat hy die vinnigste dier was, uitoorlê het in die groot resies. Hasie was oorgerus en het vir skilpad onderskat. En dan was daar die keer wat skilpad vir hasie wat die ander diere se water “gesteel” het in ‘n groot droogte, gevang het deur, met taai gom op sy dop, gemaak het of hy ‘n klip is wat gerieflik langs die water lê vir hasie om op te trap. En so is dit met skilpad – hy word al te maklik onderskat! Soos krappe en slakke, dra die skilpad sy huis saam met hom. Dit is moeisame werk en dit is dus nie snaaks dat ou skilpad nie juis geken word vir uitsonderlike spoed nie. Ons verstaan almal wat bedoel word as iemand ‘n “skilpad” genoem word. En met jou eie huis en dus beskerming by jou, hoef jy natuurlik ook nie vinnig te kan weghardloop vir jou vyande nie. Skilpaaie is reptiele met interessante anatomiese aanpassings vir lewe in ‘n dop. Vir die grootte van hulle lywe het hulle ook relatief klein koppe en dus klein breine. Intelligensie in die gewone sin, en nieteenstaande die mooi stories van hoe skilpad vir hasie uitoorlê het, het hulle dus nie in oorvloed nie. Tog is dit al eksperimenteel bewys dat skilpaaie goeie “geheues” het (maklik gewoontes aanleer en “onthou”). Daar is die storie van die 17de eeuse Italiaanse bioloog Francesco Redi (1626 - 1697) wat na bewering die brein van ‘n skilpad uitgehaal het waarna die stomme dier daarna glo nog vir ses maande gelewe het. Terloops, Redi is ook die eerste wat allerlei eksperimente met slanggif gedoen het en ondermeer gewys dat dit nie gevaarlik is om slanggif te drink nie! Skilpaaie lewe op land (die Engelse noem hulle “tortoises”), in die see (”turtles”) of in varswater (“terrapins”). In Afrikaans is hulle, makliker om te verstaan, onderskeidelik “skilpaaie”, “seeskilpaaie” of waterskilpaaie”, almal natuurlik in sy eie familie ingedeel. Alle skilpaaie moet egter op land kom om te broei want hulle lê hulle eiers in die grond of sand (op seestrande) waar die hitte van die son dit uitbroei. As koudbloedige diere is hulle afhanklik van die atmosferiese temperatuur en natuurlik son en is hoofsaaklik bedags aktief. Baie soorte hiberneer in die winter wanneer dit te koud is en die dae te kort om behoorlik warm te raak. Terwyl landskilpaaie plantvreters is, is see- en waterskilpaaie vleisvreters en leef seeskilpaaie byvoorbeeld hoofsaaklik op bloublasies. Die grootste plaaslike skilpad is die bergskilpad of “leopard tortoise” in Engels, waarskynlik weens die jonger skilpaaie se pragtige gevlekte doppatrone wat herinner aan die vel van ‘n luiperd. Alhoewel bergskilpaaie dikwels teen Karoo-koppies aangetref word, is hulle nie beperk tot berge nie. Miskien verwys die naam eerder na hulle grootte. Die grootste en swaarste bergskilpad wat aangeteken is, was in die Addo Nasionale Park en het na skatting 40 kg geweeg. Hy (of sy) was bekend as “Domkrag” en het glo dikwels onder voertuie probeer inkruip en hulle dan probeer oplig. Bergskilpaaie vreet ‘n wye verskeidenheid van plante, insluitende vygies en dan veral grasse en eenjarige plante. Hulle mis bevat baie saadjies en die ekologiese waarde van skilpaaie lê waarskynlik juis daarin dat hulle ondermeer baie effektiewe verspreiders van plantsade is. In die Fynbos- en Sukkulente S Karoo-areas is die ploegskaa a ploegskaarskilpad (“Angulate Tortoise”) algemeen n. Dit kan tot 2 kg weeg. In die algemeen. b broei-seisoen veg mannetjies dikwels deur mekaar letterlik, teen skilpadspoed, rrond te stoot en selfs om te do o Twee ewe-groot mannedop. tjies stoo ot mekaar om die beurt meters stoot
Die gespikkelde dop van 'n jonger bergskilpad wat aanleiding gee tot die Engelse naam leopard tortoise.
‘n Jong tentskilpad met dop wat nog nie die kenmerkende tent-knoppies van die volwasse skilpad wys nie.
‘n Volwasse karootentskilpad met baie duidelike tent-knoppies.
‘n Jong ploegskaarskilpad by 'n suikerkannetjie-blom in die Sukkulente Karoo. ver met die “verloorder” in tru-rat. Wanneer sy opponent te moeg raak, ruil hulle dan weer rolle om. Kleiner mannetjies vlug gewoonlik eerder as om omgedop te word deur ‘n groter uitdager. Twee ander interessante groepe Karooskilpaaie is die “padlopers” en “tentskilpaaie”. Padlopers het effens platter doppe en kan dus onder klippe en in rotsskeure inkruip waar hulle skuil. Die Namakwalandse gespikkelde padloper is die kleinste landskilpad in die wêreld en volwasse diere is maar 80 mm in lengte. Die Tentskilpad het ‘n hoër dop en by volwasse skilpaaie vorm die dop klein tentvormige keëls. Dit het dikwels pragtige geel en swart sterpatrone met elke “tentjie” op die dop individueel gekleur. Tentskilpaaie kom ook in die Kalahari voor waar ‘n afsonderlike soort bekend as die Kalahari-tentskilpad aangetref word. Veral in die droër dele is skilpaaie relatiewe yl-verspreide alleenlopers en word gewoonlik net gesien wanneer hulle veral in die lente, met die aanbreek van die broeiseisoen, paaie oorsteek. Baie skilpaaie wat rondbeweeg word dikwels beskou as ‘n goeie teken dat reën oppad is. Talle soorte is baie skaars en word ook bedreig deur onwettige versameling vir die troeteldiermark. In sekere gemeenskappe, word gebakte skilpaaie as ‘n lekkerny beskou en dit mag ook druk plaas op getalle. Tans is daar ook kommer oor die effek van die steeds groeiende kraaibevolking op skilpaaie. Veral Witborskraaie dra groot getalle jong skilpaaie na hulle neste.