17 November 2016
GANSBAAI COURANT
27
Laerskool sluit op hoë noot af Laerskool Gansbaai het sy atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit met die aanbieding van hul vyfde jaarlikse Agri Atletiekbyeenkoms. Vyf skole het aan die byeenkoms deelgeneem, nl Laerskool Gansbaai, Laerskool Bredasdorp, Gansbaai Primêr, Laerskool Okkie Smuts en De Bron Primêr. “Met hierdie suksesvolle aanbieding en ons atlete wat
goed presteer het, het ons die atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit,” het mnr Eben van der Merwe, skoolhoof, gesê. “Dit was ook die ideale geleentheid vir die Ouer-onderwysersvereniging om hul jaarlikse Mini-basaar te kon aanbied.” Mnr Albert Myburgh, v e r t e e n wo o r d i g e r v a n Overberg Agri Versekering, was die eregas en Laerskool Gansbaai se atlete het nie teleurgestel nie.
Leerders in die Grondslagfase, Intermediêr en Senior Fase moes deurlopend deur die jaar aan die volgende kriteria voldoen het: Hulpvaardigheid, mededeelsaamheid, betroubaarheid, gehoorsaamheid, goeie taalgebruik, voorbeeldigheid, vriendelikheid, selfdissipline, bedagsaamheid, geen oortredings op gedragskaart, uitstekende gedrag in die klas en op die speelgrond: Die Barnard Trofee (onder) word gedeel deur vlnr: Franco Bambata (Gr 3), Jaco van Staden (Gr 2) en Arnold Swart (Gr 1). Die Schönken Trofee word gedeel deur: Marlie du Toit en Rianke Gunter (bo).
Voor vlnr Janu Slippers (o/14) eerste in 70m hekkies (nuwe rekord); AJ Bosch (o/12) derde in die 80m en eerste in die 70m hekkies; Adrian Hage (o/13) tweede in 70m hekkies; Corné Coetzer (o/14) derde in 70m hekkies. Agter vlnr Veno van Vuuren (o/12) derde in 100m; JurieJohann Groenewald (o/13) eerste in die 600m, derde in die 100m, eerste in 1200m, tweede in 80m, eerste in 70m hekkies; Dehan Botha (o/13) derde in 100m en tweede in die 80m.
Voor vlnr Luphelo Dyoli (o/10) derde in die 1200m; Hayward Valentine (o/12) derde in die 70m hekkies, tweede in die 600m, tweede in die 1200m; Curshall Aploon (o/10) derde in 80m. Middel vlnr Gené Cornelius (o/11) eerste in 600m en tweede in 100m; Asakhe Dunjwa (o/10) derde in 70m hekkies; Nel Stieger (o/10) tweede in die 100m; Alex Nicholson (o/10) tweede in die 70m hekkies; Johandré Wessels (o/10) tweede in die 70m hekkies. Agter vlnr Daniel Hanekom (o/11) derde in die 70m hekkies; Madelle Swart (o/11) derde in die 600m; Karli-Mari Geldenhuys (o/11) tweede in die 80m en tweede in die 70m hekkies; Ralph Smit (o/10) eerste in die 600m (nuwe rekord), tweede in die 100m en eerste in die 70m hekkies (nuwe rekord).
Hoofweg 1, Kantoor nr 3
Kontak: 028 384 1333 (Tel / Faks) 082 487 3106 (Sel) Leibrandt van Niekerk
Vir GRATIS kwotasies van u motor-, huishoudelik– en bateversekering. Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer