2017 junie 8 courant

Page 16

16

GANSBAAI COURANT

8 Junie 2017

Legio jeugprojekte het u hulp nodig Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum se vele projekte, hoofsaaklik onder die jeug, het al legio geword. Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug. Die dryfveer agter Ikamva is Yolande Sauls, wat ook een van die stigterslede is. Yolande is ook ‘n geordende pastoor in haar gemeente, Kingdom of God Ministry International (KOGMI). Ikamva se bestuur vra nou weer die gemeenskap en sakelui se ondersteuning vir bepaalde projekte. Projekte wat tans geloods word en waarvoor ondersteuning benodig word, is Dwelmvoorkoming, Tuisversorging (Home Based Care), Nasorgskool en Crèche

Ikamva se bestuur doen ‘n beroep by sakelui om betrokke te raak by hulle legio jeugprojekte. Op die foto glimlag ‘n paar van hulle bestuurslede: voor van links - Mandolene Phillips, Norman Sauls, Sarah Esaub en Nadeema Baartman. Agter van links Lezel Murtz, Yolande Sauls, Rialet Wood, Ena Geldenhuys en Mercia May. (Early Child Development) (ECD). “Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap en besighede om by enige een van hierdie projekte in te skakel,” sê

FINALE GEïNTEGREEDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) VIR 2017/18 – 2021/22 Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 25(4) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Munisipaliteit se Finale Geїntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2017/18- 2021/22 soos goedgekeur deur die Raad op Woensdag, 31 Mei 2017 op ons webtuiste (www.overstrand.gov.za) asook by die onderskeie Munisipale Kantore en Biblioteke binne die Overstrand gebied beskikbaar is. FINAL REVIEWED INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) FOR 2017/18 – 2021/22 Notice is herewith given in terms of section 25(4) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Final Integrated Development Plan for 2017/18 – 2021/22 as approved by Council on, Wednesday, 31 May 2017 is available on our website (www.overstrand.gov.za) as well as at the various Municipal Offices and Libraries within the Overstrand area.

Yolande. “Ons vra dat u u harte sal oopmaak, veral by Vroeë Kinderontwikkeling waar die nood hoog is en dit staan almal vry om ook van hierdie dienste gebruik te maak.” Ikamva bestaan reeds sowat 12 jaar en lewer effektiewe dienste in die onderskeie gemeenskappe. Hulle spog met professionele bestuurslede wat aan die stuur van sake staan. Aanvanklik het Ikamva net in Blompark onder die jeug gewerk, maar mettertyd het hul fokus verskuif na die Groter Gansbaai, Beverley Hills, Masakhane, Pearly Beach, Stanford, Buffeljachts en Baardskeerdersbos.

Ikamva se hoofdoelwit troon soos ‘n ligstraal uit: die bemagtiging van die jeug en vroue, asook die bekamping van alle vorme van misdaad soos perlemoensmokkel, dwelm- en alkoholverslawing, tienerswangerskappe en ander misdade onder die jeug. Ikamva se kantore is in die Blompark Gemeenskapsaal en vir enige navrae oor die onderskeie projekte kan hulle by 028 384 2144 geskakel word. Die volgende persone kan ook gekontak word: Yolande Sauls by 072 453 8065, Rialet Wood by 072 230 7567 en Ena Geldenhuys by 083 506 4927.

ISICWANGCISO NGOKUTSHA SOKUGQIBELA SOPHUHLISO OLUDIBENEYO (IDP) SIKA 2017/18 - 2021/22 Isaziso sinikwa ngokwe sahluko sama 25(4) somthetho wezenqubo zoomasipala, ka 2000 (Umthetho 32 ka 2000) ukuba isicwangciso ngokutsha sokugqibela sophuhliso oludibeneyo sika 2016/17 ngokwamkelwa libhunga, Ngolwesithathu umhla, 31 Meyi 2017 lifunyanwa kwi webhusayithi (www.overstrand.gov.za) nakwii-ofisi ezahlukeneyo zikamasipala naku-mathala encwadi kuyo yonke iOverstrand. C GROENEWALD, MUNISIPALE BESTUURDER Munisipaliteit Overstrand Municipality Posbus 20/PO Box 20, HERMANUS, 7200 Kennisgewingnommer: 87/2017 Notice Number

REGISTRATI Registrati r 1983 013561 07 E quiries 028 384 1514


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
2017 junie 8 courant by GANSBAAI COURANT - Issuu