Matriekboekie 2020

Page 1

LAAI DOKUMENT HIER AF


Aan die super akademiese groep van 2020

Beste Matrieks

Toe 2020 begin, sal ek nog die dag onthou toe ek met jule gesels het en ons saam besluit het dat julle die nommer 1 akademiese skool in Gauteng en SA gaan wees…

Julle staan aan die vooraand van ‘n splinternuwe fase in julle lewens - ‘n blink toekoms wat vir elkeen van julle wink! Dankie vir die uitstaande groep wat julle vir vyf jaar lank was, dankie vir mooi herinneringe wat ek altyd sal koester. Julle het ons skool verryk met julle baie sterk insette, uitstekende hoë prestasies, intense meelewing en onvoorwaardelike toewyding. Waar elkeen van julle julself bevind, onthou en bid elke dag Jabes se gebed:

Maar min het ons geweet dat Covid -19 ons planne heeltemal omver gaan gooi. Soos ek altyd vir julle gesê het: Wins Lombarie sê : There is no such thing as perfection but in striving for perfection you achieve excellence. ‘n Beter matriekgroep in Covid kon ek nie voor vra nie, dit klink dalk seker baie sleg, want julle is so baie voorregte ontneem… MAAR… Aanlynskool en teams en virtuele klasse het ons nuwe normaal geword en julle as ‘n groep het dit heelhartig aangegryp sonder om mismoedig daaroor te raak. Ek is nog steeds vol vertroue dat hierdie een van die beste, indien nie die beste uitslae, in die geskiedenis van die skool gaan wees. Dankie vir vyf ongelooflike jare en die twee jaar wat ek die voorreg gehad het om julle pappa te wees. Weet verseker ek sal die groep nooit vergeet nie Die lag, glimlagte en natuurlik… die protokol van julle eerste groep. Onthou altyd julle leuse, Ons bou in geloof, en dat wanneer jy mismoedig raak om te weet waar jou hulp vandaan kom.

“Stort asseblief U seën oor my uit.” God seën jou altyd met ‘n doel. Hy wil jou met Sy goedheid seën, en dan deur jou na ander toe vloei. Om God se guns te vra is sodat ons Hom beter kan dien en ‘n seën vir ander mense kan wees. “Vergroot asseblief my grondgebied.” God vergroot gewoonlik jou grondgebied deur die INVLOED op mense se lewens te vergroot wat jy reeds het gaan maak ‘n verskil. “Neem my asseblief onder U beskerming.” Wanneer jy bang of onseker voel, vra die Here om Sy hand oor jou te hou. “Weerhou asseblief onheil van my.” Oorwin versoekings deur dit te vermy. Vra die Here om die bose van jou af weg te hou. Mag julle drome waar word, mag julle lewe in liefde en mag toekomspaaie vol vreugde en Jesus se genade wees.

Matriek 2020 ek salueer julle en onthou eenmaal ‘n Klofie altyd ‘n Klofie Groete

Ek groet julle met die volgende: “For I know the plans I have for you,” declares the Lord,” plans to give you hope and a future.” – Jeremiah 29:11

Pappa D

Juf. Hartley


Geagte Matrieks, Na al hierdie tyd kyk ek terug na die afgelope vyf jaar. Dankie vir dit wat julle vir my beteken het as julle graadhoof. Langs die pad het ‘n paar maats ander keuses gemaak en ander het weer by ons aangesluit. Julle is ‘n baie besonderse groep en ek is dankbaar om met julle geassosieer te word. Ek is jammer dat hierdie jaar wat op baie terreine die hoogtepunt van julle skoolloopbaan moes wees so ‘n antiklimaks was. Ek glo en vertrou dat julle soos baie ander oud-Klofies ‘n verskil daar buite gaan maak. “On this road called life, you have to take the good with the bad, smile with the sad, love what you got, and remember what you had. Always forgive, but never forget, learn from your mistakes, but never forget. People change. Things go wrong. But just remember, the ride goes on.” – Geleen “Don’t be afraid of being outnumbered. Eagles fly alone. Pigeons flock together.” Groete

Mnr. Neels de Klerk

Van my kant af… Baie sterkte vir jou lewe voorentoe! Ek hoop dat die vyf jaar van jou lewe wat jy in Hoërskool Waterkloof deurgebring het, die opwindendste vyf jaar van jou lewe was. Jy het die voorreg gehad om die beste daarvan te maak. Leef nou elke dag met vreugde. Dit maak nie saak waar in die wêreld jy jou tentpenne inslaan nie. Onthou net dat jy die bepaler is van jou eie geluk. Jy is die kans gegun om tot ‘n jong volwassene te ontwikkel wat die wêreld daar buite met oop arms kan aanpak. Jy moet net elke geleentheid wat na jou kant toe kom, aangryp. In ons wêreld is daar vir almal plek en dit is waarom jy sonder twyfel gelukkig kan wees en jou pad kan loop met ywer en plig. Dit hang alles van jouself af… 2020 was ‘n jaar waarin jy so baie kon leer en het jy ook so baie geleenthede gemis. In my hart weet ek dat hierdie jaar jou sterker gemaak het en jou in geloof laat bou het. Ek wil nie totsiens sê nie, daarom sê ek vir jou mooi loop… dit beteken dat jy asseblief mooi moet kyk waar jy gaan, moenie seerkry nie. Maak asseblief seker dat ander nie op jou trap nie. Loop regop en met trots Ek gee baie om en as jy loop, dan sien ek jou weer, want dit klink nie so finaal nie. Ek dra jou in my hart, gedagtes en in gebed. Jy is spesiaal en uniek en jy sal altyd ‘n spesiale plekkie in my hart hê. So… mooi loop GRAADHOOF

Juf. Ruda Kleynhans


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Liewe graad 12’s, hierdie jaar het julle voorberei om groot probleme te kan hanteer en julle het dit reggekry deur vlerke te kweek! Ons hoop julle gaan die ongewone jaar van 2020 nooit vergeet nie en dat julle spore vir altyd in die musiekdepartement gaan agterbly. Ons gaan julle mis!

Juf. Bosman

Liewe Matriek 2020 MAG JY… Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie Nooit ophou wanneer jy verloor het nie Nooit bly lê wanneer jy geval het nie Nooit haat wanneer jy seergekry het nie Nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie ALLES WAT MOOI IS VIR JOU TOEKOMS.

Juf. Leandré Eksteen

Grade 12 2020 “The powerful play that is life goes on and you may contribute a verse.” – Walt Whitman. We exist in life to find our verse, our purpose. May your verse be filled with joy, passion, love and great success. Best wishes

Juf. Roos


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Liewe Matrieks Ek wens jou net die beste toe vir die toekoms. Mag jou lewe in dinamiese ewewig wees met ons Vader. Ps 20 :5 “Mag Hy jou gee wat jou hart begeer en al jou voornemens laat geluk” Liefde

Juf. Carin de Beer

Dear Grade 12 students I wish you the very best for a bright and successful future. Remember the words of Clement Stone: “No matter how carefully you plan your goals, they will never be more than pipe dreams unless you pursue them with gusto.” Good luck with the final exams!

Juf. Ria Potgieter

Liewe Matrieks 2020 Ek seën jul op jul toekomspad met die woorde van Psalm 36 :10 en 11 “Want by U is die fontein van die lewe In U lig sien ons die lig. Laat U goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, En U geregtigheid vir die opregtes van hart “ Seënwense

Juf. Suna Steyn


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Dear Homies Class of 2020 If I could turn back time, I would take your group all over again. It has been such a pleasure and privilege to see your development into independent thinkers and well-adjusted adults. I am so proud of you. Thank you for always trying your best, despite all the challenges of your matric year. Challenges in life provide layers of experience that one can tap into for the rest of one’s life. Remember, perfection is cold, clear and unmoving. Life, on the other hand, is warm, muddled, complicated ‌and good. Celebrate life and put your hand in that of our Maker. I will miss you, but I am excited on your behalf for the next phase in your lives! Love

Juf. Coetzee

Hi julle slim matrieks: onthou om jou lewensbrug na die regte bestemming te bou. Alle voorspoed vir jul jare vorentoe:

Mnr. Vorster

Dear Matrics What a privilege to have taught such a special group in the past three years. You proved your strength by overcoming all the obstacles that 2020 challenged you with! As far as your future is concerned, I agree wholeheartedly with dr Seuss: And will you succeed? Yes, indeed, yes indeed! Ninety-eight and threequarters guaranteed! Go well, I will miss you!

Juf. Alma van der Walt


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS “Success is not the key to happiness.Happiness is the key to success.If you love what you are doing ,you will be successful- Albert Schweitzer. Onthou,drome word ook waar,droom dit net.

Juf. Ina Davies

Dear Grade 12s “The only way to do great work is to love what you do. If you haven’t found it yet, keep looking. Don’t settle.” – Steve Jobs Thank you for the light and joy you brought to 2020! May God bless you abundantly on the road ahead! Love

Juf. Ingrid Knoetze

Liewe Matrieks 2020, Dankie vir twee jaar se harde werk en vasbyt! Sterkte met julle lewenspad vorentoe. Mag julle suksesvol wees in julle studies en gelukkig in julle beroepe. Onthou Colin Powell se woorde: “There are no secrets to success. It is the result of preparation, hard work and learning from failure.”

Juf. Theron


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Liewe matrieks Julle was my eerste Graad 8 groep en ek het vir party van julle skoolgegee vir 5 jaar. Vir 5 jaar het julle my elke dag gevul met blydskap en ‘n gevoel van rede. Vir my Geskiedenisgroep, woorde kan nie beskryf hoe baie julle vir my beteken het vir 3 jaar nie. Ek gaan julle vreeslik baie mis en ek wens julle alle sterkte toe met julle pad vorentoe. Onthou om die nodige wysheid toe te pas in alles wat julle aanpak en God aan jou sy toe te laat in alles wat jy besluit. Ek is lief vir julle

Juf. Vanessa Hills Ek gaan julle mis! Filippense 1:3 “Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.” Onthou: die adel van die mens is nie wat jy het nie, maar eerder wat jy gee.

Juf. Jean-Mari Redelinghuys

Hallo Matrieks Die lewe na skool veroorsaak altyd bietjie onsekerheid. Ek wil net vir julle sê dat julle nie bang hoef te wees nie. Aanvaar uitdagings en werk deur moeilike tye want dit sal van jou ‘n sterker mens maak. In die wyse woorde van Master Oogway: Yesterday is history. Tomorrow is a mystery, but today is a gift! That is why it is called the present.” Lewe in die oomblik en maak die beste van jou “NOU”. Werk hard en droom groot! En laastens aan my 12/4 voogklas. Ek is hartseer dat ek julle eers in graad 11 gekry het. Ek wens ek kon bietjie langer saam met julle die pad gestap het. Julle is amazing en ek glo elkeen van julle gaan baie vêr kom in die lewe! Ek gaan julle mis!

Mnr. Brand


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Teorie (s) + Inoefening (aa) = Sukses (g) Baie sterkte met die eindeksamen, ek het volle vertroue in julle. Glo in God, glo in jouself, gryp elke geleentheid, gee van jouself en geniet die lewe.

Juf. Christine Hare

Graad 11 en 12 het vinnig verby gegaan. Die Engelse uitdrukking sê mos “Time flies when you’re having fun!” Ek groet julle met die bekende woorde van Captain James T Kirk: “Boldly go where no man has gone before.” May the Force be with you.

Mnr. Gerhard Strydom

Liewe Matrieks Dankie vir elkeen van julle wat my pad gekruis het. Dit is ‘n voorreg om met kinders soos julle te kon werk. Mag dit met elkeen van julle goed gaan vorentoe. Wees sterk, wees vasberade. Moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Josua 1:9)

Juf. Annette van den Berg


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS “You have to love dancing to stick to it. It gives you nothing back, no manuscripts to store away. No paintings to show on the walls and maybe hang in museums, no poems to be printed and sold, nothing but that simple fleeting moment when you feel totally ALIVE!!” Author unknown. My dear grade 12’s. It has been a wonderful dance journey and a crazy way to end it! Who could have imagined a year like this? But we have made it, and you have shown utter dedication and commitment to yourselves and your beloved art form. You never gave up and you never moaned. You showed TRUE dance resilience, even when times were tough and we all felt down. I am supremely proud of your achievements and growth, both emotionally and physically. You all have a special place in my heart and deserve all the accolades and distinctions coming your way! I hope to see you in 2021 and I love you too bits and pointe shoes!! REMEMBER: “If you are dating a dancer, raise your hand. If not, RAISE your standards!”

Juf. Michelle Naude Hallo matrieks 2020, Met ‘n jaar wat vroeg al op sy kop gedraai is met die verskyning van die corona virus, is julle jaar kort geknip en baie nuwe vaardighede moes aangeleer word. Selfdissipline moes aan die orde van die dag geplaas word en sport was ‘n onderwerp wat julle ontneem is. Nietemin het julle staande gebly en die matriekklas van Kloof vir 2020 het as beter mense aan die ander kant uitgekom . Die positiewe gesindheid van julle as mense en die bereidwilligheid wat julle gewys het om harder en slimmer te werk ten spyte van al die teleurstellings, gee my hoop vir die toekoms van ons land. Julle generasie het gewys dat mense alles kan oorkom. Baie sterkte vir die toekoms en onthou om altyd jou gedagtes en oë op GOD, ons Skepper te hou en alle besluite en bekommernisse by sy voete neer te lê. SY GENADE IS VIR JOU GENOEG.

Mnr. Japie Claassens


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Liewe Matrix 2020 Jaar 2020 het gemaak dat dit `n jaar is wat ons nooit sal vergeet nie. Ongeag die uitdagings aan julle gestel, het julle gewys julle gaan nie ingee of opgee nie. Watter reis watter einde ten spyt sal ek julle nooit NIE ONTHOU NIE! Mag elkeen op sy gekose pad geseën word en die wInd van agter en nooit van voor kry nie. Al my liefde

Juf. H de Villiers (GVS)

Graad 12’s (Bokkies) “Die bamboes wat buig is sterker as die eikeboom wat weerstand bied” Japanese spreekwoord Kies jou gevegte in die lewe. As jy teen alles baklei word jy nie altyd ernstig opgeneem nie. Maak seker dat as jy iets sê jy gehoor word. Dis tyd vir ons om totsiens te sê. Ek los julle met die woorde van Friedrich Nietzche (NIE KELLY CLARKSON NIE!): “What doesn’t kill you makes you stronger”. Na ‘n rowwe jaar het jul sterker daar uitgekom. LEEF! GENIET! GAAN GROOT!

Juf. Retha Beste Matrieks, Julle is een ongelooflike groep. Dankie vir julle harde werk. Ek sal julle altyd onthou as die groep wat so positief kon bly ten spyte van al die uitdagings in julle finale jaar. Wees trots op jouself. Baie sterkte met jou toekoms. Ek gaan julle regtig baie mis.

Juf. Vicki van der Walt


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Dit was werklik in die lewe ewigheidswaarde het is gratis. Met vreugde, omgee, geloof en positiwiteit kan jy almal om jou se lewens verryk. Dankie vir `n mooi jaar!

Juf. Siele

Die beste jare van jou lewe is nou agter die rug, maar nog beter jare lê vir jou voor. Van julle weet presies wat julle met julle lewe wil doen en van julle weet nog nie so mooi hoe om jou droom ‘n werklikheid te maak nie. Dit is oukei! Solank jy vashou aan jou droom, want as jy daaraan vashou, sal jou droom genoeg by jou spook sodat jy dit wel een of ander tyd ‘n werklikheid maak. Gee alles wat jy het om dit te doen wat jy graag wil doen, sodat jy so gelukkig kan wees soos wat net jy kan wees. Jy kan van alles vergeet en alles laat gaan, maar moet nooit van jou Skepper vergeet of Hom laat gaan nie. Geniet die volgende reis! Groete

Juf. Imke Liewe Matrieks van 2020 Mag jy jou volwasse lewe instap met selfvertroue, leergierigheid en avontuurlustigheid. Voor jou lê n blink toekoms wat net geleef kan word as jy die eerste stap neem. So wees braaf, gaan voluit en wees getrou aan jouself.

Juf. Marike


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS Liewe Matrieks 2020 Welgedaan met ‘n jaar vol uitdagings! Dankie vir julle harde werk die afgelope drie jaar. Mag dit goed gaan met elkeen van julle en mag al jou drome waar word. Geniet die grootmenswêreld.

Juf. Hester van der Westhuizen

Liefste Matrieks Ek is seker julle sal saamstem ons het ‘n rare jaar beleef. Tog het julle positief gebly en kop bo water gehou. Ek is ongelooflik trots op julle, my trane sit sommer vlak. Mag julle elke geleentheid wat julle kant toe kom, met albei hande aangryp en besef daar is goud in julle opgesluit. Julle kan enige struikelblokke oorkom en kaalvoet oor die Drakensberge loop. My wens is dat eendag as jy terugkyk oor jou lewe, jy met sekerheid kan sê: Dit was goed. Gaan julle baie mis, daar is ‘n leë plek in my hart en ek hoop net vir julle geluk en voorspoed. Onthou altyd waar jou krag vandaan kom. Ek salueer julle.

Juf. Heidi Ribbens Liewe gr. 12’s van 2020 Na ‘n jaar soos hierdie, glo ek julle is gereed om aanpassings en verandering wat oor jou pad kom, makilker te hanteer. Leef elke dag voluit, droom groot en gebruik geleenthede om as mens te groei. Wees goed vir ander mense, daar kom dalk ‘n tyd wat jy hulle ook gaan nodig kry. Vir die wat in my IT klas was, dit was ‘n voorreg om saam met julle ‘n pad te stap. Kom deel gerus in die toekoms julle verhale. Mag dit met elkeen van julle baie goed gaan. Liefde

Juf. Carina Taute


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE ONDERWYSERS GRAAD 12 ONTWERPERS My liefste kinders, ja julle is almal my kinders. Wanneer ek aan julle dink is dit met vreugde in my hart. As ek kon sou ek elkeen van julle as my eie aangeneem het.Ek wil baie dankie sê vir julle lojaliteit teenoor my; al julle liefde en omgee.Julle is een groepie wat ek nooit sal vergeet nie.Dankie vir bitter harde werk wat julle soms sonder nagrus gelaat het en die “aanhouer wen” wat ek julle geleer het en julle blymoedig toegepas het. My wens aan almal van julle is dat elkeen van julle groot hoogtes in julle lewe sal bereik.Dat julle altyd sal onthou waar julle krag vandaan kom as jy moedeloos is en dat God julle ryklik sal seën. Ek is ongelooflik trots op julle. Al my liefde.

Juf. Anne-Marie Grobler Liewe gr 12 Ek wens vir jou ‘n geseënde en suksesvolle gr 12eksamen toe Ek bid dat GOD vir jou VREDE sal gee as jy bekommerd is VREUGDE sal gee as jy hartseer is SELFBEHEERSING sal gee as jy kwaad word WYSHEID sal gee as jy besluite moet neem INSIG sal gee as jy moet keuses maak GEDULD sal gee as jy moet wag LIEFDE sal gee vir jou medemens al hou jy nie so baie van almal nie… Dat jy…. GETROU sal wees aan Sy Woord NEDERIG sal wees ter wille van HOM GOEDHARTIG sal wees teenoor die wat Hy oor jou pad bring VERGEWE die wat jou te na kom En dat Sy GENADE vir jou genoeg sal wees

Juf. Tinka


ons bou in geloof

BOODSKAPPE VAN DIE HOOFDOGTER & HOOFSEUN

Kan julle glo, die dag het aangebreek! Na vyf jaar se harde werk en uithouvermoeë word ons uiteindelik beloon. In 2016 het ons almal as klein Druppeltjies hier aangekom. Skrikkerig en verlore maar vol hoop vir die toekoms. Alhoewel ons geen idee gehad het hoe die toekoms gaan lyk nie en daar niks was wat ons kon voorberei daarvoor nie, het elkeen van ons uitgesien na hierdie dag. Die dag wat ons as jong volwassenes uit hierdie skool kon stap om alles wat hierdie skool ons gemaak het in die wêreld daar buite te gaan uitleef. Dis met ‘n seer hart wat ek julle vandag groet, maar ek sou hierdie pad saam met geen ander groep wou stap nie. Al die lag, al die seer en al die oorwinnings saam met julle is vir my so kosbaar en ek sal dit vir niks verruil nie. Ek sal julle elke dag weer van vooraf kies. Of jy vandag met ‘n swaar hart hierdie skool verlaat en of jy nie nog ‘n dag langer kan wag om jou lewe van vryheid uiteindelik te begin nie, hoop ek dat jy nooit sal vergeet waar jou wortels geplant is nie. Ek hoop dat jy sal terugkyk op herinneringe wat jy by hierdie skool gemaak het. Ek hoop dat jy die lesse wat jy hier geleer het vir ewig sal koester. Ek hoop dat elke liewe tree van hierdie pad, die moeite werd was. Liewe Matriek. Mag respek, integriteit en lojaliteit vir ewig in jou karakter sigbaar wees en mag jy altyd bly bou in geloof. Sterkte met jou pad vorentoe en onthou altyd waar jou krag vandaan kom.

Gailyn Wessels

Liewe Matrieks So hier is ons nou. Aan die einde van ons hoërskoolloopbaan. Van ons is bly om die volgende fase van ons lewe aan te pak en van ons voel hartseer dat ons tyd met Hoërskool Waterkloof op is. Hoërskool het vinniger verby gegaan as wat ek verwag het, ons het klomp vriende gemaak langs die pad sowel as klomp herinneringe gebou. Ons het laagtepunte saam aangepak en ons het saam hoogtepunte geniet. Ek kon nie vir ‘n beter groep vra om al hierdie dinge saam te beleef nie. Ek sal enige iets gee om nog een keer saam met julle in die vierkant te sit, om saam met julle op die sportveld uit te draf en alles te gee en om een laaste keer saam met julle die Klofiecall te sing. Sterkte met die eksamen, ek weet elkeen van julle gaan goed doen, want volgens my is julle die beste graad in die land.

Xander Mac Gregor


ons bou in geloof

Graad 12 - 1



ons bou in geloof

Graad 12 - 2



ons bou in geloof

Graad 12 - 3



ons bou in geloof

Graad 12 - 4



ons bou in geloof

Graad 12 - 5



ons bou in geloof

Graad 12 - 6



ons bou in geloof

Graad 12 - 7



ons bou in geloof

Graad 12 - 8



ons bou in geloof

Graad 12 - 9



ons bou in geloof

Graad 12 - 10



ons bou in geloof

Graad 12 - 11



ons bou in geloof

SOSIAAL





Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.