Gesondologie

Page 1



INLEIDING

Verbruikerstegnologie het die wêreld soos wat ons dit ken op sy kop kom keer. Die selfoon rewolusie, tesame met die internet fenomeen, het gesorg dat ons meer dinge vinniger kan doen as wat ons ooit kon droom. Ons het ontslae geraak van meeste instansies, en onnodige middelman interaksies, omdat hulle eenvoudig net oorbodig geraak het in 'n wêreld waarbinne ons in 'n oogwink met enigiemand kon praat of enigiets kon uitvind. Die groot vraag is dus, watter areas van ons lewens gaan tegnologie volgende omkeer? Een van die vinnigste ontluikende areas waar nuwe uitvindsels en tegnologiese toepassings teen rasse skrede ontwikkel word, is die fiksheids- en gesondheidsindustrie. Ons het behep geraak met die monitering en diagnosering van ons eie fisiese welstand, en net soos enige ander sosiale media verskynsel, is ons te genee om dit met die wêreld te deel. Van die onskuldige GPS funksie in jou selfoon wat wys waar, hoe vinnig en hoe vêr jy gehardloop het, tot die skrikwekkende digitale monitering van jou suurstof opname ratios deur elektroniese biometriese implantings op sellulêre vlak - die nuwe area waar tegnologie die vinnigste groei, is nie meer buite ons nie, maar nou reeds binne-in ons eie liggame. Welkom by die nuwe wêreld van gesondheidstegnologie.


TENDENSE Self-diagnose Net soos reisagentskappe en gedrukte media, is die geneeskunde besig om die knie te buig voor die allemagtige tegnologie. Die tradisionele besigheidsmodel van doktors en ander geneeskundige instansies maak net nie meer sin, gegewe die moontlikhede van moderne tegnologie nie. Waar self-diagnose via verbruikerstegnologie aanvanklik 'n gevaarlike speletjie was, is die nuutste toepassings en sagteware verbasend in die kol - keer op keer. Meer en meer professionele medici is ook besig om geloofwaardigheid aan tegnologiese self- diagnose toe te ken, deur die gebruik van hulle eie sagteware en toestelle in die spreekkamer. Weereens geld die goue reël: in die nuwe wêreld gaan dit nie soseer oor wat jy weet, as dat jy weet waar om dit uit te vind nie. Elektroniese en digitale self-diagnose is die groot gelykmaker tussen doktors en pasiënte, op dieselfde manier as wat Wikipedia en Google die speelveld kom deurmekaar krap het tussen lektore en studente. Hier is 'n paar voorbeelde: AliveCor versprei 'n doelgemaakte kassie vir jou iPhone, wat die meegaande sagteware in staat stel om 'n hoë-kwaliteit EKG van die eienaar te neem en te vertoon. Die app gee jou ook die geleentheid om die data op te laai vir die gebruik van jou eie doktor of hospitaal. "Imagine the cost savings impact technology can have for health care— and a patient’s life. If, for example, a patient with diabetes is able to track changes or patterns in blood sugar levels and correlate them with particular behaviors, a phone call or electronic communication with his or her physician may prevent a hospital admission or clinic visit." http://www.foxnews.com/health/2014/06/25/real-time-ecg-from-yourfingertips/ Tydens die mees onlangse Apple konferensie het die tegnologie reus hulle eie weergawe van gesondheidstegnologie bekend gestel, onder die naam


HealthKit. Basies bestaan dit uit 'n versameling programme en apps wat op jou mobiele toestelle leef, en te enige tyd vir jou kan vertel hoe gesond, fiks en aan die gang jy nou eintlik is. Deur middel van 'n megaande drabare toestel [horlosie of armband] kan jy op aanvraag hê tot die nuutste statistieke rakende jou bloeddruk, suurstofopname, hartklop, cholesterol en meer. http://asia.nikkei.com/Business/Trends/Apple-flexes-healthcare-muscles-withnew-wearable-device "Intel joins the likes of Samsung, Sony and Google in pioneering “ wearable technology” that can monitor health and be used to control other devices. Take up of products such as Samsung’s Galaxy Gear watch has so far been subdued but analysts predict the field could be a growth area. Juniper Research forecasts that shipments of devices such as smart watches could reach 130 million by 2018, 10 times more than last year." Dis asof die tegnologiese maatskappye enige tipe hardeware sal omskakel in 'n self-diagnoserende toestel. Van Intel se oorfone wat jou hartklop meer effektief as enige stetoskoop kan meet, tot Meme se brille wat uitputting, konsentrasie vlakke en kalorie verbranding dophou, wil dit voorkom asof ons verveel gaan word deur ons eie mediese data. "Until now, glasses have only been used to see the outside," said Jin's president Hitoshi Tanaka at a press conference in Tokyo earlier this month. "But now we can see what's going on inside the user." http://www.details.com/blogs/daily-details/2014/05/these-genius-glasses-willtrack-everything-from-your-mood-to-your-energy-level.html http://www.independent.co.uk/news/business/news/intel-unveilspulsemonitoring-headphones-9044142.html



Die rol van die geneesheer verander Net soos reisagente, dosente, onderwysers en ander inligtingskundiges, sal medici moet besef dat die inligting wat hulle pasiënte voorheen duisende rande voor betaal het, nou meer bekombaar en bekostigbaar is as ooit. Om die mediese beroep van uitwissing te red, sal hulle hulle nuwe rol moet verstaan, en 'n vars besigheidsmodel moet ontwerp om steeds relevant te bly in pasiënte se lewens. Daar is reeds heelwat ontwikkeling in hierdie area, en tegnologies gestremde medici kan net inskakel op enige of alle platvorms wat reeds hierdie probleem ondervang. Soos byvoorbeeld: Dokters sal moet aanvaar dat gesondheidstegnologie pasiënte aansienlik meet ingelig, krities en bewus gaan maak. Ten einde steeds 'n waardevolle diens te lewer, sal hulle 'n manier moet vind om sin te maak van die data wat pasiënte reeds besit, en dit om te skakel in relevante en hiper- persoonlike behandelings wat ook vir die pasiënte sin maak. Die tyd dat slegs die dokter gekwalifiseerd is om mediese raad te gee, is vir eens en vir altyd verby. "What data can tell us about how to treat patients is about to explode. Combine that revolution with the human intuition of doctors, and treatment is going to get better, more personalized, and more effective." http://www.fastcoexist.com/3031136/data-and-yourdoctor-are-coming-together-to-revolutionize-healthcare Dokters besef dat die voordele wat tegnologiese ontwikkeling vir kommunikasie inhou, is nie te versmaai nie. In plaas van om hulle praktyke in isolasie te bedryf, is dokters al hoe meer geneig om aanlyn netwerke te skep waar hulle oor en weer raad kan kry, advies kan gee, en kan leer. Dr Josh Landy se app, Figure 1, is spesifiek ontwerp vir hierdie doel. "Realizing the potential, Landy decided to create an app called Figure 1, the Instagram for Doctors. The app lets users upload medical photos, explore others, and discuss them with the network of medical professionals. In medicine in particular, you will often wait for a consultant to come and see the patient in person because they need to see some specific aspect with their own eyes," Landy said. "This is no substitute for caring for a patient, but now instead of saying there is a red rash, you can say this is what it looks like. Now everybody has that capability in their pocket all day long." http://www.businessinsider.com/figure-1-instagram-fordoctors-2014-6


Ongelooflike mediese prosedures Die persepsies van wat moontlik is in die mediese industrie is besig om vinnig te skuif. Grense word toenemend oorgesteek tussen mens, masjien en tegnologie. Die wetenskap maak dit vir ons toenemend moontlik om vinniger te herstel, beter te funksioneer en oor die algemeen gesonder te leef as wat ons ooit kon droom. Het jy ooit gedink dat jy hierdie dinge sou kon beleef: Google se nuutste ontwikkeling, Smart Connect, laat gebruikers toe om 'n kontaklens te dra wat nie net jou diabetiese vlakke meet nie, maar ook dit na buite kan kommunikeer via 'n mikro stroombaan wat op die kontaklens ingebou is. "The two companies said they will create a smart contact lens that contains a low power microchip and an almost invisible, hair-thin electronic circuit. The lens can measure diabetics’ blood sugar levels directly from tear fluid on the surface of the eyeball. The system sends data to a mobile device to keep the individual informed." http://www.forbes.com/sites/leoking/2014/07/15/googlesmart-contact-lens-focuses-on-healthcare-billions/ Biobots is die interessante tegnologiese ontwikkeling van minirobotte - vervaardig van kunsmatige weefsel, en aangedryf deur die ligaaam se eie elektriese velde. Hierdie biobots kan gebruik word om enige inwendige prosedures te verrig, of kan as 'n deurlopende diagnostiese stelsel aangewend word. "You can imagine biobots reaching someplace inside the body to remove a small bit of tissue for minimally invasive surgery," says study coauthor Taher Saif, a mechanical engineer at the University of Illinois at Urbana-Champaign. Also, "instead of having drugs going all over the body, maybe designed to specifically go after some chemical targets, you can have a biobot with neurons and sensors to more intelligently go after specific targets." http://www.popularmechanics.com/science/health/med-tech/ these-tiny-robots-are-powered-by-living-tissue-16951028


Ligaamlike verbetering en vervanging Mediese tegnologiese vooruitgang hoef nie slegs komplimenterend te wees tot ons eie liggamlikheid nie. Die mees onlangse ontwikkelings vervang selfs van die mees kardinale dele van ons fisiese bestaan, waaronder bloedselle, ledemate en meer. 3D drukwerk het in die afgelope paar jaar orals posgevat. Nooit het ons gedink dat 'bioprinting' ook aan die orde van die dag sou wees nie. Met gevorderde bioprinting tegnieke kan enige liggaamsdeel tot op mikro-biologiese vlak gedupliseer word. In praktyk, as jy die bloedselle van 'n individu kan herproduseer, kan jy enige organe, ledemate of ander ligaamlike parte namaak. "Imagine being able to walk into a hospital and have a full organ printed -- or bioprinted, as we call it -- with all the cells, proteins and blood vessels in the right place, simply by pushing the 'print' button in your computer screen," says University of Sydney researcher, Luiz Bertassoni. "We are still far away from that, but our research is addressing exactly that. Our finding is an important new step towards achieving these goals." http://www.wired.co.uk/news/archive/2014-07/03/3dprinting-blood-vessels Die nuutste studies het dit onlangs moontlik gemaak vir 'n paar uitgesoekte pasiÍnte om die eerste gebruikers te wees van 'n bioniese pankreas. As jy hierdie spesifieke orgaan met tegnologie beter kan instel en beheer, beteken dit dat enige diabetes leier, sonder inspuitings hulle insulien vlakke kan monitor en verander. "It is like a dream for a diabetic. It takes away the responsibility. It takes away the high blood sugar and the low blood sugar. It prevents damage to the body and it makes you feel better all the time.� What made the wearable, bionic device possible was the invention of the smartphone,. It was specifically the iPhone 4, with a low-energy Bluetooth signal that could be used to help the various components of the device communicate." http://www.nbcnews.com/health/diabetes/bionic-pancreasastonishes-diabetes-researchers-n130956



GEESTELIKE ERVARINGS Natuurlik het al hierdie nuutste tegnologiese ontwikkelings, wat uiteindelik die biosfeer oorsteek, 'n geweldige impak op hoe gewone gelowiges dink en voel oor hulle liggame, en die geestelike implikasies daarvan. Ook daaroor word wyd en syd bespiegel en geskryf, soos die volgende artikel... "There is probably a way to worship God through web browsing, but the less our body is tied to our daily life, the less we’re able to use it as a way to worship God with our lives. We can’t ignore the body’s importance in Scripture. We shouldn’t ignore its importance to our spiritual life. Because our bodies—knuckles and noses, hipbones and heels— were knit together. Fearfully and wonderfully made. “We are his masterpiece. He has created us anew in Christ Jesus, so we can do the good things he planned for us long ago” (Ephesians 2:10)." http://www.relevantmagazine.com/god/practicalfaith/physical-health-spiritualissue#ijEXEVDzjqmgEGL6.99


TOEPASSINGS

AFWEN OF OPWEN Met die tendens van gesondheidstegnologie, bring dit na vore dat mense ouer gaan word en dus langer gaan leef. Die dae is verby van aftree op 65 en wag om nie meer impak te maak nie. Len Sweet help ons in sy boek A Well Played Life. Hy verduidelik dat ons in drie ouderdomsgroepe leef: First Agers (0-30 jaar), Second Agers (30-60 jaar), Third Agers (60-90 jaar). Hy gaan verder deur aan te dui dat in elke ouderdomsgroep, is daar ’n spesifieke doel en strewe: First Agers streef na hoe om in God se vreugde te leef. So soek hulle na wie hulle is. Die Second Agers fokus op hoe hulle die uitkyk en vreugde in hulle verhouding met God behou binne die gejaagde lewe van werk, familie en kerk. Hoe kan my verhouding met God my vreugde gee in my familie, kerk, gemeenskap, en die skepping. Die Third Agers is dan nie wanneer die lewe afwend en stadig aan die stop raak nie, maar opgewen word en vorentoe momentum begin kry. Dit is die ouderdom waar “The older I get, the more complex my theology becomes, but the more simple my faith is.” Hierdie mense in die gemeente is dan die wysheidsleraars [sages] om hulle pad van geloof te deel met die vorige twee generasies. Hierdie realiteit beteken twee goed vir ons as gemeente: ons sal eerstens met die lidmate moet sit en hulle help om hulle identiteit nuut te ontdek nadat hulle nie meer voltyds werk nie. Om die Third Agers te help om nie die res van hulle lewe te sien as ’n afwending en wag totdat hulle niks meer werd is vir die samelewing nie, maar om eerder te sien dat die res van die tyd wat God hulle gee, is die tyd wanneer hulle die meeste impak kan hê. Hulle gaan die langste en beste tyd nog hê wat voorlê. Indien hulle hulle identiteit en betekenis as mens in hulle voltydse werk gekry het (as Second Agers), dan gaan daar ’n baie lang tyd van frustrasie voorlê. Moontlike vrae: Hoe help die kerk senior lidmate om nogsteeds impak te maak met hulle lewens na ‘aftrede’? Word daar gepraat van die ‘seniors’/‘bejaardes’/‘afgetredes’? Is daar dalk nie beter name vir die ouderdomsindeling nie? Gee ons geleentheid vir die senior lidmate om hulle wysheid, wat hulle deur die jare opgebou het, te deel en terug te ploeg in die gemeente en jonger generasie?


Sien ons die seniors, of die mense wat ‘afgetree’ het, as ou mense wat ons slegs moet bedien tot hulle nie meer hier is nie? Of sien ons hulle as ’n kardinale deel van die gemeente se opbou en geestelike grooi? Die tweede aspek wat hierdie langer oud wees vir ons gemeente behels, is om die First Agers te help om hulle identiteit te ontdek in God. Om hierdie ouderdom mense te help om hulle verhouding met God as lekker en vreugdevol te sien. So ook om die Second Agers toe te rus om hulle identiteit en verhouding wat in vreugde gevind is te behou binne die druk en gejaag van die wêreld. Moontlike vrae: Hoeveel van julle mense wat katkisasie of kleingroepleiers is, is Third Agers? Hoe kan ons meer Third Agers betrokke kry in die geestelike opbou van die gemeente?


IS ONS REG OM LANGER TE LEEF? Verder moet ons as kerk ook vrae hoe ons die mense kan help om finansieel voor te berei vir die feit dat hulle langer gaan leef. Is daar genoeg voorbereiding gemaak om ’n pensioen te hê van 65 tot 90? Hoe kan ons die Second Agers al begin help en toe rus om goeie finansiële voorbereiding te maak. Moontlike vrae: Bied jou gemeente kursusse aan wat fokus op finansiële beplanning?

DIE ROL VAN DIE KENNER VAL WEG Ons sien in hierdie tendens dat mense hulle eie mediese kenners raak. Die krag en moontlikheid om jouself te diagnoseer is in die verbruiker se hande. Dit beteken ook natuurlik dat die idee van ’n kenner herdefinieër moet word. Elke persoon wat die nodige hardeware, slimfoon of apps het, kan hulself diagnoseer. Dus hoef hulle nie die kennis van ’n mediese dokter te soek nie. Wat is die rol wat spesialis kenners dan nou speel in die kerk? Die tendens van gesondehiedstegnologie laat ons besef die mense se siening van kenners verander en die rol van kenners en spesialiste in die sameweling is aan die verander. Die mag en krag wat as kennis gesien word, verskuif nou na die gebruiker toe, na die alledaagse, elkedaagse gebruiker van gesondheidstegnologie. Die vraag is dan nou wat die rol van die kenner, spesialis en leraar in die plaaslike gemeente? Moet die rol dalk nie eerder iets word van ’n fasiliteerder nie? Hoe kan die geestelike leier die gelowiges help om vreugdevolle betekenis in hulle verhouding met God, hulle familie, vriende en kennisse vind? Moontlike vrae: Hoe kan ons die gelowiges help om verantwoordelik met die mag van kennis om te gaan? Daar is ’n groot verskil tussen kennis en wysheid. Hoe lyk ’n wyse omganger van kennis? Hoe word die leraar se rol as kenner of spesialis in die plaaslike gemeente gesien? Hoe kan die leraar of geestelike leier se rol lyk as geestelike fassiliteerder?


Hoe word die gelowiges se rol as geestelike spesialis gesien in die gemeente?

ONDERSTEUN OF ONDERBREEK DIE KERK GESONDHEID? Met hierdie tendens van gesondheidstegnologie is dit direk eweredig die impak van sport en geleenthede om ’n gesonde lewe te leef. So sien ons meer en meer mense wat op bergfietste ry, of mense wat draf. Met hierdie moontlikheid om die krag en meting van ons gesondheid in ons eie hande te hê, maak dat daar meer en meer mense is wat hulle gesonde lewe wil uitleef deur fiets te ry en te draf. So sien ons die lyn tussen gesondheid en ontspanning wat verdwyn. Mense sal ontspan deur iets te doen wat hulle gesondheid verbeter. Hoekom dit belangrik is vir die plaaslike gemeente, is dat die rol van die plaaslike gemeente in sy/ haar lewe van fiksheid en sport kan ondersteun of onderdruk. Word daar skuldgevoelens gepreek indien die mense Sondag oggend fiets ry in plaas van by die erediens is? Moontlike vrae: Hoe lyk ons plaaslike gemeente se sportliefhebbers? Ry hulle fiets, draf hulle of wat doen hulle vir gesondheid en ontspanning? Hoe kan ons as plaaslike gemeente die groepe en mense ondersteun? Skep dalk fietsry of draf klubs.


TEN SLOTTE Ons kan duidelik sien dat die wêreld van mediese ontwikkeling, tegnologie en sielkunde ’n interessante teëlaarde skep vir ’n nuwe verstaan van veroudering, ongeskiktheid, gesondheid en dies meer. Die verantwoordelikheid van die kerk is om gelowiges te help om ’n gesonde perspektief te kweek op ons eie menslike sterflikheid, en op wat dit is wat ons mens maak. ’n Behoorlike verstaan van ons eie identiteit, en die interaksie tussen liggaam, siel en gees, is kardinaal ten einde die storie van Jesus eerlik en betekenisvol te kan uitleef ten aansigte van ’n honger en desperate wêreld.





Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.