Boland Sold 20140116

Page 19

SUZUKI SWIFT: NUWE STANDAARDTOERUSTING

Kraakvars aansig en meer waarde QUICKPIC Suzuki se gewilde Swift-luikrugmotor wat in 2011 bekendgestel is, het pas ’n aantal verbeteringe vir die 2014-modeljaar ondergaan. Die meerderheid veranderinge is op ’n varser voorkoms gerig, maar die lys standaardtoerusting is ook aangepas. Die 2014 Swift baat by ’n deftiger binneruim, met Bluetooth-koppeling wat nou deel word van die GLSweergawe se standaardmondering. Dié stelsel laat nie net toe dat versoenbare toestelle soos selfone draadloos aan die motor se klankstelsel gekoppel kan word nie, maar buiten telefoonoproepe kan musiek van slimfone en Bluetooth-toegeruste toestelle ook deur die klankstelsel gespeel word. Nog ’n toevoeging wat byval sal vind is togsnelheidsbeheer, wat eweneens by die GLS-model se lys standaardkenmerke gevoeg is. Die stelsel word gerieflik deur middel van kontroles op die meerfunksiestuurwiel beheer. Daarbenewens spog die GL en die GLS-weergawes van die nuutste Swift met nuwe, meer moderne doekstofbekleedsel, wat verder tot die luikrug se hedendaagse beeld bydra. Die mees ooglopende verandering aan die 2014 Swift is die splinternuwe sierrooster, wat met ’n herontwerpte voorste buffer gepaard gaan. GLS-weergawes word voortaan met LED-dagryligte toegerus, terwyl die luginlate van die GL-modelle met nuwe sierstroke omring word. Die derde, hooggeplaaste remlig agter maak ook van ’n helderder LED-eenheid gebruik. Die volgrootte naafdoppe van die GL-model is heeltemal herontwerp, terwyl die GLS met splinternuwe allooiwiele toegerus is. Die 2014 Swift-

Die 2014 Swift baat by ’n deftiger binneruim, met Bluetooth­koppeling wat nou deel word van die GLS­weerga­ we se standaardmondering. FOTO: QUICKPIC modelreeks kry ook ’n nuwe kleur, wat as Luminous Blue Metallic bekend staan. Die 2014 Swift-reeks maak steeds van dieselfde doeltreffende, brandstofingespuite viersilinder-kragbron gebruik. Die sogenaamde K14Beenheid se maksimum-kraglewering beloop 70 kW by 6 000 r/min, met ’n gepaardgaande wringkragpiek van 130 Nm by 4 000 r/min. Suinige brandstofvebruik bly ’n hoogtepunt van die hele Swift-reeks. Die vyfgang-handratweergawes behaal ’n verbruiksyfer van net 5,5 F/ 100 km in die gekombineerde siklus, met ’n gepaardgaande CO²-uitlaatgasvlak van 132 g/km. Die GLS Outomaties, met sy seepgladde outomatiese viergangratkas, spog met ’n gekombineerde siklusverbruiksyfer van 6,2 F/100 km, met CO²-uitlaatgasvlakke van 147 g/km.

Die 2014 Suzuki Swift bied ’n keuse van twee afwerkings. Die Swift GL koppel bekostigbaarheid aan bogemiddelde vlakke van standaardtoerusting. Onder die hoogtepunte tel kragstuur, ’n hoogteverstelbare stuurwiel, elektries-beheerde ruite voor en agter, afstandbeheerde sentrale sluiting, en lugversorging. Die lys sluit ook elektries-verstelbare buitespieëls, hoogteverstelling vir die bestuurdersitplek, en ’n meerfunksie-ritrekenaar in wat inligting soos die buite-temperatuur, brandstofverbruik en reikafstand vertoon. Die agtersitplek is 60/40 verdeel en kan platgevou word om meer pakplek te bied. ’n Handige nutshaak op die agterste sitplekleunings bied slim bergplek vir inkopiesakke. Veiligheid word ook deeglik aangespreek: GL-weergawes spog met

twee lugsakke voor, asook ABS-sluitweerremme. Die Swift GLS is nog deftiger, en bied ook die keuse van ’n outomatiese of ’n handratkas. Wat voorkoms betref, word die GLS-model veral deur sy nuwe allooiwiele van 16 duim onderskei, asook deur die voorste misligte en die nuwe LED-dagryligte. Binne word Bluetooth en togsnelheidsbeheer by die GLS se uitvoerige lys standaardtoerusting gevoeg. Die leerraamstuurwiel kan vir hoogte en reikafstand verstel word, en bied kontroles vir die klankstelsel en die nuut bygevoegde togsnelheidsbeheer. Wat veiligheid betref, word die getal lugsakke na ses uitgebrei, met syen gordynlugsakke wat by die voorste lugsakke gevoeg word. Die GLS se lys bykomend kenmer-

ke sluit outomatiese klimaatbeheer in, asook ’n USB-sok waarmee geheue-stokkies en musiekspelers aan die klankstelsel gekoppel kan word. ’n Sleutellose bedryfstelsel laat toe dat die Swift met die blote druk van ’n skakelaar aan- en afgeskakel kan word, terwyl die deure ook oop- en toegesluit kan word. Die lewendige Swift Sport bly grotendeels onveranderd, en bied steeds al die ontwerp- en binneruimkenmerke wat dié unieke verrigtingsmodel van die gewone Swiftreeks onderskei. Die Sport baat egter by die toevoeging van Bluetooth-koppeling en togsnelheidsbeheer tot die Swiftreeks. Dit geld ook die kontroles vir die togsnelheidsbeheer op die stuurwiel. Die Sport is die Swift-reeks se atleet, en word deur ’n toergierige viersilinder-enjin van 1,6 liter aangedryf. Die eenheid bereik sy wakker maksimum-kraglewering van 100 kW by 6 900 r/min, gekoppel aan ’n wringkragpiek van 160 Nm by 4 400 r-min. Die Sport word as standaard met elektroniese stabiliteitsbeheer (ESC) toegerus, wat nie net veiligheid en traksie baat nie, maar ook afgeskakel kan word vir diegene wat ’n selfs meer opwindende bestuurservaring wil geniet. Pryse vir die nuwe Swift begin by R165 900 en eindig by R223 900 vir die Swift Sport. Die pryse sluit metaalverf in, asook die Suzuki Complete-pakket, wat alle fasette van naverkope-diens behels. Die Suzuki Swift-reeks word deur ’n omvattende waarborg van drie jaar/100 000 km gedek, asook roesweerdekking van ses jaar. Boonop is ’n diensplan van drie jaar/60 000 km ook standaard, tesame met ’n AA-bystandsplan van drie jaar.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.