Die Pos 7 November 2014

Page 28

Naboomspruit-rolbalklub gereed vir die seisoen Marietjie Steenkamp Die Naboomspruit-rolbalklub op Mookgophong het die nuwe seisoen afgeskop met ’n baan wat spog met lowergroen setperke. Op Saterdag, 18 Oktober, het die klub ’n byeenkoms aangebied waar twee amateurs saam met twee gesoute spelers in ’n span moes deelneem. Twee matriekleerders van Hoërskool Hans Strijdom, Jolinda Pinto en Mart-mari Janse van Vuren, het saam met Johan Visagie en Attie Roux gespeel en was die wenners van die kompetisie. “Die meisies het dit baie geniet en sal kan getuig dat dit nie net ’n spel vir oumense is nie,” het Ina Visagie, een van die klublede, gesê. Sy het ook daarop gewys dat plekke soos Tzaneen, Polokwane en Mokopane al

A

Spelers van die rolbalklub op Mookgophong op dié klub se lieflike groen setperke tydens ’n wedstryd. Die klub het in Oktober ’n byeenkoms aangebied om jongmense bewus te maak van die spel.

Krieketkoors loop hoog in die Bosveld

B

Andries van der Heyde Die Limpopo Impala-liga, waartydens krieketspanne van Bela-Bela, Mogol, Modimolle, Loskop en Mahwelereng teen mekaar meeding, is weer in volle swang. Die Limpopo Strikers van Bela-Bela se seisoen het stadig afgeskop nadat hul wedstryd teen Mahwelereng uitgereën het. Die Strikers het op Saterdag, 25 Oktober, teen Mogol uitgestap. Mogol het tydens hul eerste paar boulbeurte die Strikers se paaltjies laat tuimel, maar die kolwers het kopgehou. Mike Marshall en Tohan van Rensburg het tydens hul kolfbeurt die wenlopies aangeteken en die Strikers het op 52 lopies teenoor 51 vir Mogol geëindig. Die Strikers het ook op Saterdag, 1 November, teen Nylstroom-klub in die vierde ronde op Settlers meegeding. Nylstroom het eerste gekolf en Jan Makololo van die Strikers het binne 24 lopies twee paaltjies laat tuimel. Nylstroom het punte opgebou, maar boulers Gerhard Odendaal en Theuns Botha het hulle weer laat terugsak. Francois Boonzaaier, wat tydens sy boulbeurt ses paaltjies vir 11 lopies aangeteken

Die Limpopo Strikers-krieketspan van Bela-Bela het tydens die eerste rondes van die Limpopo Impala-liga teen Mogol- en Nylstroom-krieketklub gewen. Op die foto is die Strikers in ekstase nadat hulle vir Mogol gewen het. het, het Nylstroom se kolfbeurt geëindig. Nylstroom kon slegs 79 lopies kry. Met min lopies om bymekaar te maak, het Mark Maguire en Mark Stavrakis, wat vir die Strikers se kolfbeurt geopen het, 65 lopies aangeteken. Maguire is uitgevang en Odendaal het die Strikers na hul oorwinning gelei deur die wenlopies aan te teken. Maguire, spanorganiseerder van die Strikers, het aan Die Pos gesê hulle hoop om vanjaar die trofee huis toe te bring. Die Strikers is tans heel bo-aan die punteleer. Vir navrae en om in te skakel by die span, bel vir Maguire by tel. 083 718 3325 of stuur ’n epos na mark@sateambuilding.co.za(.)

DAKKAPPE DAK TEËLS SINK ALLE DAK BENODIGDHEDE

ROOF TECHNOLOGIES BLUE RIBBON QUALITY Tel: (014) 792 0605 Faks: (014) 792 0684 Sel: 082 451 0313

oral af! Ons lewerNYLSTROOM

heelwat jonger lede het wat teen Mookgophong aan kompetisies deelneem. “Die jongste deelnemer teen wie ek al deelgeneem het, was ’n gr. 7-seun en ons moes regtig ons beste gee om hom onder te kry,” het Visagie vertel. Sommige van die klublede is al in hulle tagtigs en geniet steeds die spel. Die Naboom-rolbalklub het tans 37 lede en nooi voornemende spelers om aan te sluit. Die klub bestaan reeds sedert 1976. Die klub nooi veral graag jonger mense uit om saam te kom speel. Klublede is tans besig om hul slag te wys in die sake-liga. Sake-ondernemings van Mookgophong meet tydens dié liga kragte teen mekaar. Die kompetisie word oor vier rondtes aangebied.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.