Die Pos 4 Oktober 2013

Page 22

Bladsy 22

MOTORPOS

DIE POS/THE POST 4 Oktober, 2013

Beste ‘GPS’ sit links voor

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

Paul Smith Ek het myself nog altyd as redelik rof en manlik beskou. Wanneer ek in die vreemde bestuur, is ek nie die tipe wat aanwysings vra nie — regte mans verdwaal nie, hulle ry net ’n bietjie ompad. Straks was ek lank nie te vinde vir ’n GPS nie — ek ken mos die paaie, en as dit moet, kan ek altyd ’n kompas met ’n naald en ’n glas water maak. Toe ek onlangs agterkom dat ek al hoe meer ompaaie begin ry, het ek myself tot by die Makro-toonbank gedwing en ’n Garmin-model uitgekies — die ander produk se naam het net te veel na dom-dom geklink. Dié skermpie met die vriendelike stem werk toe nogal oulik, maar skielik het ek besef dat ek nog altyd die beste navigasiesisteem hier langs my gehad het. My tradisionele navigasiestelsel wys selfs oop parkeerspasies by winkelsentrums aan. Haar stemmetjie is egter minder vriendelik as ek ’n verder parkeerspasie verkies. Sy

maak haar bene so styf as die naald verby die spoedgrens gaan, en as die motor voor ons skielik rem, waarsku sy deur hard op ’n denkbeeldige rempedaal aan die passasierskant te trap. As ek regtig mooi bestuur, rus sy haar kaalvoete op die instrumentbord, en as daar skoene aangetrek word terwyl die lippies in die sonskerm se spieëltjie bekyk word, is die bestemming naby. Afritte word geluidloos met ’n stywe hand in die aanbevole rigting aangedui, en enige verkeerde paaie of gevaarsituasies met ’n plat palm reggestel. My stelseltjie het my al selfs daarop gewys dat ek soms in die verkeerde rat bestuur en waarsku my getrou waar gereelde spoedlokvalle is. My navigasiestelsel is só gevorderd, dat sy ander padgebruikers dikwels op hul foute wys. Selfs musiekkeuses, volume en die lugversorger word outomaties deur my sisteempie beheer. Ná amper 14 jaar kan ek skaars sonder my navigator bestuur. Die enigste ding wat ek nog nie kon uitvind nie, is waar is die af-knoppie?

Motorskou net om die draai Paul Smith ’n Tipiese GPS-stelsel is beslis ’n aanwins vir elke motorbestuurder.

TaalPOS ’n Mens DOEN ’n aanbeveling; nie MAAK ’n aanbeveling nie.

Motorliefhebbers moet onthou dat die Johannesburg Internasionale Motorskou weer vanjaar vanaf 16-25 Oktober by Nasrec aangebied word. Hierdie is die grootste geleentheid in die

MotorPos

’n ARGUMENT is ’n rede of opvatting. ’n Woordestryd lei tot ’n RUSIE.

• Herstel en Diens op alle Petrol, Diesel voertuie asook vragmotors • Spesialiste in foutopsporing, herstel en diens van alle BMW, Mercedes, VW, Honda, Ford, Mazda, Toyota, Citroën, Peugot, Volvo-modelle • Invoer en installering van Petrol / Diesel enjins. • Voertuig fout diagnosering sentrum vir alle nuwe model voertuie • Sleutel kodering op sekere nuwe model voertuie • Herwin radio kodes • Alle werk word gewaarborg

PIETER CLAASSENS Stasie/Lilian Ngoyistraat 75, Nylstroom Tel: (014) 718 - 4004/3 Faks: 086 543 2379. Sel: 082 928 1088

Austin Enjin Sentrum

In bedryf sedert 1981 Stasiestraat 66, Nylstroom

PJ MOTORS

EXPORT TREKKERS BK

• Oordoen/diens van Diesel bakkies • Oordoen/vervang van Turbo's • Oordoen van Dieselpompe • Oordoen van alle diesel enjins Alle fabrikate van bakkies, trokke, trekkers.

Whitey 082 325 1398 Lidia 072 151 8570

NYL BRAKE & CLUTCH (Bestaan in Nylstroom sedert 1989) Ons Spesialiseer in alle

Skakel ons of kom sien ons, vir die beste pryse • Ingenieurswerke - Petrol & Diesel enjins • Pressuretest van tops en blocks • Draaiwerk • Herbouing van petrol of diesel enjins • Onderdele Kwaliteit, hoë gehalte, kliënte diens en tevredenheid is ons leuse!

• Herbou en verkoop van nuwe drukplate en koppelaarplate • Herbou en verkoop van nuwe remskoene • Sny van dromme • Sny van vliegwiele • Doen motors, trekkers tot vragmotors BESOEK ONS GERUS VIR UITMUNTENDE DIENS Gratis kwotasies

Kontak Jacques: 014 717 1335 / 082 550 6606

TREKKERS TE KOOP EN GEVRA. • HERSTELWERK • IMPLEMENTE CJ STEENKAMP: 014 717 1142 / 082 499 4561 cj@wiltinnet.co.za

B

B

PrPropshaf opshaf opshaftsts

BALANSEER EN OPBOU VAN PROPSHAFTS

BLADVERE, ONDERSTEL EN KOMPONENTE FANIE: 083 390 1924 SCHALK: 071 877 3791 TEL/FAKS: 014 717 4886 NELSON MANDELA STR., MODIMOLLE (OORKANT PNP)

motorbedryf se dagboek, en word slegs elke twee jaar aangebied. Al die vervaardigers wat in die mark meeding en talle vervaardigers en verspreiders van bykomstighede sal daar wees. Verskeie nuwe en konsepmodelle word vertoon en die terrein word ook vir swaarvoertuig- en motorfietsuitstallings gebruik.

MotorPos verskyn elke eerste Vrydag van die maand in Die Pos. Laat weet gerus vir Paul Smith van 4x4-byeenkomste, nuwe modelle, besparingswenke, nuwe onderdele, motorsportbyeenkomste, motorfietsritte. Paul Smith: 082 891 6426 of epos: kudupop@absamail.co.za(.)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.