Die Pos 31 Januarie 2014

Page 3

NUUS / NEWS

diepos.linmedia.co.za

DIE POS/THE POST

STAAL

B A

Die Pretoriusgesin het onder meer dié antieke Statebybel in die brand verloor. Die Statebybel was vir jare in die familie.

Die Pretorius-gesin van Vaalwater se motorhuis en woonstel het afgebrand nadat ’n kragopwekker vermoedelik ’n kortsluiting veroorsaak het. Op die foto sit Pieter Duvenhage hand by om die brand te probeer blus.

Groot skade nadat huis op Vaalwater afbrand Marlene Vermaak Marlene Vermaak ’n Gesin van Vaalwater het groot skade gely nadat hul motorhuis en woonstel afgebrand het. Dié voorval het op Dinsdag, 21 Januarie, by Mike en Anette Pretorius se huis plaasgevind. Volgens Mike Pretorius was hulle sonder elektrisiteit en op ’n kragopwekker aangewese (sien berig oor kragprobleem op Vaalwater op bl. 11). Die kragopwekker het volgens Pretorius skaars 45 minute lank geloop voordat tuinwerkers hom met hul desperate gille uit die huis laat kom het. “Ek vermoed dat die kragopwekker ’n kortsluiting veroorsaak het,” het Pretorius aan Die Pos gesê. Volgens Pretorius was dit ongeveer 15:30 die middag toe hy by die motorhuis aangehardloop gekom het. Die vlamme het toe reeds dakhoogte gebrand. “My eerste gedagte was om die voertuie te red.” Pretorius kon daarin slaag om sy dogter,

C

Minette, se Nissan Livina betyds uit die motorhuis te trek, maar kon nie sy vrou se Nissan X-Trail red nie. Dié voertuig is binne minute deur die vlamme verswelg. Volgens die Pretorius-familie, wat al vir meer as 20 jaar op Vaalwater woon, is hulle ongelooflik hartseer oor die waardevolle antiekstukke wat hulle in die brand verloor het. Een van dié antiekstukke is ’n familie Statebybel en was volgens Pretorius sy hart se punt. “Die boek se eerste handtekening is in 1642 gemaak, en is al jare lank in my familie,” het hy gesê. Sy vrou se antieke klavier — ’n Otto Bach wat al byna 70 jaar oud was — het ook in die slag gebly. Die Pretorius-gesin is egter baie dankbaar teenoor almal wat fluks gehelp het om die brand te probeer blus. “Ons wil baie dankie sê. Ons is totaal oorweldig deur die gemeenskap se reaksie, en ieder en elk se bydrae word waardeer.” Selfs lede van die Modimolle-munisipaliteit het vrywillig kom hand bysit tydens die brand.

Die eienaar van dié voertuig het besluit om van nader kennis te maak met Obaro op Vaalwater. Volgens die bestuurder van die voertuig, Karabo Mosima, het hy die pad byster geraak nadat ’n hewige reënstorm uitgebreek het. Dié fratsongeluk het by die vierrigtingstop op Vaalwater plaasgevind.

P A L I S A D E S

STAAL

31 Januarie, 2014

Bladsy 3

STAAL

Fabriek NYLSTROOM Tel : 014 717 5541. Faks : 014 717 4684 Dawie : 072 698 3321 Van Riebeeckstr 59

NABOOMSPRUIT Tel & Faks : 014 743 3385 Hans van Rensburgstr 119 biglnaboom@telkomsa.net

Besoek ons vir die beste pryse! Ons • PALISADE OMHEININGS • VENSTERRAME • DIEFWERING • DEURRAME • VEILIGHEIDSHEKKE • WELDING ACC • HEKMOTORS • VOLLE REEKS NUWE STAAL EN SINK.

verskaf:

• MIELIEMEEL • MIELIE SEMELS • KORING SEMELS • GEEL MIELIES • VEE-VOERE • VOËLSADE • HOENDERKOS • HONDEKOS

GROOT VOORRAAD TEEN SAKPAS PRYSE!!!

S T A A L V E N S T E R S


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.